9 - 15 Augustus 2020

3y ago
73 Views
2 Downloads
269.70 KB
9 Pages
Last View : 4d ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Camille Dion
Transcription

Kleuterkerk:9 Augustus 2020Mond Hart Lewe!Romeine 10: 5-15Deel van die sukses van Kleuterkerk is die veiligheid van roetine vir die kleintjies. Veral as die leidsterselke week wissel. Die veiligheid lê vir hul dan in die bekendheid van die roetine. Daarom hou ons elkeSondag dieselfde aankoms aktiwiteite naamlik: vryspel stasies.Daar is drie kiste met speelgoed in naamlik klei kis, Lego’s kis en legkaart kis. Die Lego kan op die matuitgegooi word en die Klei en drukkertjies en die Legkaarte word by die tafeltjies gespeel.Vir kleuters is hulle name ook baie belangrik. Sorg dat die skoenboks met die naamkaartjies voor bydie deur is. Daar is vir elke kind naamkaartjie met hulle ouers se selfoonnommers op. Speld of knip ditvir elke kind vas soos hy of sy kom en merk ook hulle name op die register af.Voorbereiding: Bring verskillende gebruiksartikels saam, goed uit die kombuis, en badkamer en motorhuis.Uitpak & VryspelSorg dat jy 20 minute voor die tyd daar is en pak die drie stasies vir vryspel uit. Sorg ook dat dieskoenboks met die name en die bywoning register en pen gereed is. Laat die ouers die kind se naamop die register skryf.Ontvang die kinders by die deur, speld hulle naamkaartjies aan en lei hulle na die stasies toe virvryspel.Regmaak & DraailoopLaat die kinders die stasies waar hulle tans speel oppak, en neem die kinders wat wil, om draaitjie tegaan maak in die badkamer.Laat die kleuters op die mat gaan sit. Jy as leidster kan op stoeltjie voor hulle gaan sit. Om seker temaak almal bly stil, laat hulle kruisbene sit met hulle handjies in hulle mandjies (in hul skote).Die volgende roetine word voor gestel: Bywoningsregister.Om vir die kleuters erkenning te gee dat hulle gekom het, kan hulle plakkertjie plak op die betrokkeplek op die bywoning trein. LW dis nie trein met datums op wat vir jou sal uitwys watter Sondae jynie daar was nie. Dis doodeenvoudig net ’n trein met trokke waarop die kinders se name staan enhulle geleentheid kan kry om ’n plakker te plak in sy/haar trokkie waarop hul name aangebring is. Verjaarsdag gelukwensing (sing en ontvang kroon met ballon).Indien iemand verjaar het gedurende die week of vakansie, sing almal vir hom/haar “Geluk liewemaatjie” en hy/sy ontvang verjaarsdag kroon (voorsien) en ballon(voorsien). Kollekte – Een van die maatjies neem die geld op in mandjie. Hersieningsmoment.Vra die kinders uit oor wat hulle van die vorige Sondag se kleuterkerkles kan onthou.Bidtyd: Openingsgebed.Vra een van die kinders om te open met gebedGeselstyd:Ons gebruik elke dag klomp goed in en om die huis, kom ons kyk of julle vir my kan sê waarvoormens die volgende goed gebruik: ’n Waslap, ’n handdoek, ’n vurk, ’n klitser, ’n stoel, ’n tafel, ’nmaatband, ’n tang (hou die gebruiksartikels een vir een op en laat die kinders vir jou vertelwaarvoor mens die item gebruik.)Hoe weet ons waarvoor elkeen van die goedjies gebruik word. Ons sien dit as mamma of pappa ofjuffrou of ouma en oupa dit dalk gebruik. So ons sien hoe dit gebruik word en dan weet ons ookhoe om dit te gebruik.Om dus te weet hoe iets werk moet ons ook nie net die item gebruik nie, ons het nog iets nodig.Ons het ons ogies nodig om te kan sien wat dit is, en hoe ons dit moet gebruik. Ons het ons

hande nodig om aan die goed te kan vat. Ons het ons ore nodig om te luister as mamma of pappavir ons vertel wat ons moet doen. So ons moet ons lyfies gebruik om ons te help om met elkeenvan die gebruiksrtikels/goed iets te kan doen.Kom ons luister nou eers, wie van julle was al met vakansie? Wie gaan ons van hulle vakansievertel en wat julle op die vakansie gedoen het? Gee een of twee kinders kans om van hullevakansie te vertel.Ons sou nie geweet het van hulle vakansie as hulle ons nie daarvan vertel het nie. En hulle souons nie van die vakansie kon vertel as hulle nie self daar was om dit te beleef nie. Ons weet nouhulle vakansies was lekker want hulle het dit vir ons gesê.Singtyd:(Die liedere is net voorstelle, indien iets anders meer bekend is kan dit ook gesing word.)Liedboek 550Twee ogies om Gods werk te sienTwee handjies om die Heer te dienTwee oortjies om Sy woord op te vangTwee lippies wat Hom loof met sangTwee voetjies moet sy pad betreeMet een hartjie om aan Hom te geeBybeltyd:In die Bybel leer ons ook dat ons vir mense iets moet vertel. Wie kan raai waarvan moet onsmense vertel? (gee die kinders kans om dinge op te noem) Een ding wat ons beslis vir andermense moet vertel is dat Jesus vir ons baie lief is. Dat God sy Seun Jesus aarde toe gestuur het.Omdat die mense so sondig was kon hulle nie hemel toe gaan nie, maar Jesus het aarde toegekom sodat hy in ons plek vir al ons sondes aan die kruis kon doodgaan sodat ons gered kanword. Dit is iets wat ons nie net vir onsself kan hou nie. Ons moet dit vir ander gaan vertel. Hoorwat staan daar in Rom.10:9 (lees dit vir die kinders voor uit die Bybel) Ons moet dus ons mondegebruik om vir mense te vertel van Jesus wat Here is, net soos die maatjies hulle monde gebruikhet om ons te vertel van hulle vakansie. Maar dan moet ons ook met ons harte glo dat Jesus niemeer dood is nie, want God het Hom ook uit die dood opgewek, en omdat Jesus lewe, kan ons ooklewe. As ons dit glo dan is ons kinders van God en kan ons gered wees.Om te bely, beteken dan dat ons moet sê of vertel van Jesus en daarvoor gebruik ons onsmondjies. En om te glo beteken om seker te wees van iets. Ons glo met ons harte, want dit isdaardie lekker gevoel hier diep binne in jou hart as jy weet wat die waarheid is. En ons weet Jesusis nie dood nie, Hy het opgestaan uit die graf uit en Hy het hemel toe gegaan om vir ons plek tegaan maak om daar saam met Hom te kom bly. Ons weet dit is so, want ons leer daarvan in dieBybel en ons weet dat die Bybel die waarheid is.Doentyd & Leertyd:Vandag gaan ons ’n Bybelversie leer. Dis die versie in Rom.10:9As ons met ons mond bely (sit die handjie langs die mond soos as jy fluister)Dat Jesus (Steek een hand in die lug) die Here is (steek die ander hand in die lug)En met ons hart glo (sit handjies op jou hart) dat God Hom uit die dood opgewek het (buk af enlaat handjies opkom soos iets wat uit die grond uit opkom tot jy weer heeltemal regop staan methandjies in die lug).Sal jy gered word (Steek duime in die lug soos om “sharp” te wys en skud kop op en af soos ja.)Herhaal die versie paar maal tot kinders gemaklik is met al die bewegings en die versie later ken.Laat hulle ook die prente inkleur en huis toe neem.GroettydDankie Jesus dat ek met my mond vir ander kan vertel van U en dat ek met my hart kan glo dat U mygered het. Ek is U kind. Amen.Amen.

Romeine 10: 9

As jymet joumond belydat

JesusdieHere isen met jou

hart glo

dat God Homuit die doodopgewek het

saljygered word!!

Romeine 10: 9As jy met joubely datJesus die Here is enmet jou glo dat GodHom uitdie doodopgewek het,sal jygered word!

Deel van die sukses van Kleuterkerk is die veiligheid van roetine vir die kleintjies. Veral as die leidsters . Bybel en ons weet dat die Bybel die waarheid is. Doentyd & Leertyd: Vandag gaan ons ’n Bybelversie leer. . Laat hulle ook die prente inkleur en huis toe neem.

Related Documents:

Talking Dictionary ARABIC & ENGLISH Arabic-English Audio Books with Voice Recorder Pen: PENpal Starter Set - No Dictionary ARABIC & ENGLISH Augustus and His Smile (bilingual) - Albanian ALBANIAN & ENGLISH Augustus and His Smile (bilingual) - Arabic ARABIC & ENGLISH Augustus and His Smile (bi

served as a soldier while Augustus was emperor. There is nothing a man can desire from the gods, nothing that the gods can grant to a man, which Augustus did not bestow upon the Republic, the Roman people, and the world. The civil wars were ended after twenty years, foreign wars

Students will likely write that Augustus was a powerful and effective leader who also had a touch of humility and compassion. However, they should note that neither source is reliable—the first is written by Augustus himself and the second by a soldier

Augustus, Rome’s first emperor, is one of the great figures of world history and one of the most fascinating. In this lively and concise biography, Karl Galinsky examines Augustus’ life from childhood to deification. He chronicles the mosaic of vicissitudes, challenges, setbacks,

vak EINDE graad 11 13 Desember 2019 24 Januarie 2020 31 Janua-rie 2020 Geen vakveranderinge sal in graad 12 toegelaat word nie. Moderering A Prestasie-assesseringstake sal gedurende die eerste en tweede kwartaal gemodereer word. A Graad 12 mondelinge moderering begin in Augustus 2020. A Graad 12 praktiese eksamen begin in Augustus 2020.

EU Tracker Questions (GB) Total Well Total Badly DK NET Start of Fieldwork End of Fieldwork 2020 15/12/2020 16/12/2020 40 51 9-11 08/12/2020 09/12/2020 41 47 12-6 02/12/2020 03/12/2020 27 57 15-30 26/11/2020 27/11/2020 28 59 13-31 17/11/2020 18/11/2020 28 60 12-32 11/11/2020 12/11/2020 28 59 12-31 4/11/2020 05/11/2020 30 56 13-26 28/10/2020 29/10/2020 29 60 11-31

Cadillac Escalade, Escalade ESV 2020 2020 Cadillac XT4 2020 2020 Cadillac XT5 2020 2020 Chevrolet Blazer 2019 2020 Chevrolet Express 2018 2021 Chevrolet Silverado 1500 2018 2020 Chevrolet Suburban 2020 2020 Chevrolet Tahoe 2020 2020 Chevrolet Traverse 2020 2020 GMC Acadia 2019 2020 GMC Savana 2018 2021

the largest city in Judea. Herod built the largest harbor on the eastern Mediterranean coast, naming it Sebastos (the Greek name of the emperor Augustus). Roman coins identify the city as Pontius Agusti, the Bridge of Augustus. It may have been larger than the port o