Die Bybel En Profesie - Sabbatskool Les

2y ago
28 Views
2 Downloads
273.74 KB
7 Pages
Last View : 2d ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Mara Blakely
Transcription

Les 11* 6–12 JunieDie Bybel en profesieSABBATMIDDAGSkrifverwysings vir hierdie week se studie:Daniël 2:27–45, Johannes 14:29, Númeri 14:34, Daniël 7:1–25; 8:14, I Korinthiërs 10:1–13.Geheueteks:B“En hy het vir my gesê: Tweeduisend-driehonderd aande en mores, dan sal die heiligdomin sy regte staat herstel word.” (Daniël 8:14).ybelprofesie is uiters belangrik vir ons identiteit en sending. Profesievoorsien ‘n interne en eksterne meganisme om die akkuraatheid van God seWoord te bevestig. Jesus het gesê, “ ‘En nou het Ek dit aan julle gesê voordatdit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit gebeur’ ” (Johannes 14:29; sienook Johannes 13:19). Die uiters belangrike vraag is: Hoe word profesiedeur ons korrek geïnterpreteer sodat ons weet wanneer die profesie inderdaad vervul was?Gedurende die Hervorming het die hervormers die historiese metode van interpretasiegebruik. Hierdie metode is dieselfde een wat Daniël en Johannes gebruik het as die sleutelvir hulle eie interpretasie. Die historiese metode sien profesie as ‘n progressiewe endeurlopende vervulling van geskiedenis wat in die verlede begin het en met God se ewigekoninkryk sal eindig.Hierdie week gaan ons die pilare van die historiese profetiese interpretasie bestudeer. “Onsmoet die vervulling van profesie in die geskiedenis sien, die Voorsienigheid se werking indie groot hervormingsbewegings, en die vordering van gebeure in die opstelling van dienasies vir die finale konflik van die groot stryd, bestudeer.” — Ellen G. White, Testimoniesfor the Church, vol. 8, bl. 307, (vry vertaal).*Bestudeer hierdie week se les as voorbereiding vir Sabbat, 13 Junie.200

Sondag7 JunieHistorisisme en profesieDie grondliggende metode wat Sewendedag-Adventiste vir die bestudering van profesieëtoepas, word historisisme genoem. Die gedagte is dat baie van die hoofprofesieë in die Bybel‘n ononderbroke lineêre vloei van die geskiedenis, vanaf die verlede tot die teenswoordigeen die toekoms, volg. Dit is soos jy geskiedenis op skool sou bestudeer. Ons doen dit sowant dit is hoe die Bybel self ook hierdie profesieë vir ons interpreteer.Lees Daniël 2:27–45. Watter aspek van die droom toon ‘n deurlopende, onafgebrokeopeenvolging van magte dwarsdeur die geskiedenis? Op watter manier wys die Bybelself hoe om apokaliptiese (eindtyd-) profesie te interpreteer?Let op dat Nebukadnésar se koninkryk as die hoof van goud erken word. Daaromidentifiseer Daniël Babilon as die eerste koninkryk (Daniël 2:38). Dan sê Daniël, “ ‘Enná u sal daar ‘n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; daarna ‘n ander, ‘n derdekoninkryk .’ ” (Daniël 2:39), “en die vierde koninkryk sal hard wees” (Daniël 2:40). Ditword deur die beeld self ook geïmpliseer dat hierdie koninkryke een na die ander, sonderenige onderbrekings, opmekaar volg, want elkeen van die koninkryke vorm deel van ‘ngroter liggaam, van die kop af tot onder by die tone. Hulle is aanmekaar verbind, net soosdie tyd en die geskiedenis aanmekaar verbind is. In Daniël 7 en 8 word daar, in plaas van‘n beeld, spesifieke diere-simbole gebruik, maar wat dieselfde betekenis het. Daar wordaan ons ‘n ononderbroke volgorde van vier aardse koninkryke gegee (drie in Daniël 8).Hulle begin in die antieke beskawing, en volg deur die geskiedenis tot op die teenswoordigeen tot in die toekoms wanneer Christus gaan terugkom om Sy ewige koninkryk te vestig.Sodoende voorsien die beeld van Daniël 2 en die opeenvolgende visioene van Daniël 7 en8 die fondament van die Protestants-historiese interpretasie van profesie, wat SewendedagAdventiste vandag nog handhaaf.Lees Johannes 14:29. Wat beveel Jesus aan wat ons kan help om te verstaan wat diedoel van profesie is?Watter groot voordeel het ons bo iemand wat dit nie gedurende die tyd van Babilongehad het nie, omdat ons leef nadat soveel geskiedenis reeds ontvou het?201

Maandag8 JunieDie jaar/dag-beginselEen van die sleutels van historiese interpretasie is die jaar/dag-beginsel. Baie skrifgeleerdeshet hierdie beginsel deur die eeue heen op die tydprofesieë van Daniël en Openbaringtoegepas. Hulle het dié beginsel van verskeie sleuteltekste, en van die onmiddellike konteksvan die profesieë self, afgelei.Lees Númeri 14:34 en Esegiël 4:6. Hoe word die jaar/dag-beginsel deur God in hierdiespesifieke tekste uitgespel?In hierdie tekste sien ons die gedagte van die jaar/dag-beginsel baie duidelik. Maar hoeregverdig ons die gebruik van hierdie beginsel in sommige van die tydprofesieë soos Daniël7:25 en 8:14, asook Openbaring 11:2,3; Openbaring 12:6,14; en Openbaring 13:5?Drie ander elemente ondersteun die jaar/dag-beginsel in hierdie profesieë van Daniël enOpenbaring: die gebruik van simbole, lang tydperiodes en buitengewone uitdrukkings.Eerstens dui die simboliek van diere en horings, wat koninkryke verteenwoordig, daaropdat waar tydvoorspellings gemaak word, dit ook simbolies verstaan moet word. Die diereen horings moet nie letterlik vertolk word nie. Dit is simbole van iets anders. Daarom,omdat die res van die profesie simbolies en nie letterlik is nie, hoekom dan die tydprofesieëalleen letterlik vertolk? Die antwoord is natuurlik dat ons dit nie moet doen nie.Tweedens, baie van die gebeure en koninkryke waarna daar in die profesieë verwys word,dek ‘n tydvak van baie eeue, wat onmoontlik sou wees indien die tydprofesieë wat ditaandui, letterlik vertolk sou word. As die jaar/dag-beginsel toegepas word, pas die tydmerkwaardig akkuraat by die gebeure, wat nie die geval sal wees indien die tydprofesieëletterlik toegepas sou word nie.Laastens, die buitengewone uitdrukkings wat gebruik word om hierdie tydperiodes tenoem, dui op ‘n simboliese interpretasie. Met ander woorde, die manier hoe tyd in hierdieprofesieë uitgedruk word (bv., die “2,300 aandes en môres” van Daniël 8:14), word nienormaalweg so uitgedruk nie, en wys dus daarop dat die tydperiodes hier simbolies, en nieletterlik nie, vertolk moet word.Kyk na die 70 weke-profesie van Daniël 9:24–27. Ons lees dat “van die uitgangvan die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors”(Daniël 9:25), letterlik 69 weke sal wees, of net een jaar en vier maande en eenweek. Die profesie maak geen sin wanneer dit so vertolk word nie? Maar, watgebeur wanneer ons die Bybel se eie jaar/dag-beginsel toepas, en die 70 weke dan490 jaar word?202

Dinsdag9 JunieDie identifisering van die horinkieVir eeue lank het die Protestantse hervormers die horinkie van Daniël 7 en 8 as die kerk vanRome geïdentifiseer. Waarom?Lees Daniël 7:1–25 en 8:1–13. Wat is die gemeenskaplike kenmerke van die horinkiein beide hierdie hoofstukke? Hoe kan ons dit identifiseer?Daar is sewe gemeenskaplike kenmerke tussen die horinkie van Daniël 7 en 8: (1) beideword as ‘n horing beskryf; (2) beide is vervolgingsmagte (Daniël 7:21, 25; 8:10, 24);(3) beide tree selfverheffend en godslasterlik op (Daniël 7:8, 20, 25; 8:10, 11, 25); (4)beide teiken God se volk (Daniël 7:25, 8:24); (5) gedeeltes van beide se aktiwiteite worddeur profetiese tyd uitgebeeld (Daniël 7:25; 8:13, 14); (6) beide bestaan tot aan die eindevan tyd (Daniël 7:25, 26; 8:17, 19); en (7) beide sal bonatuurlik vernietig word (Daniël7:11, 26; 8:25). Die geskiedenis identifiseer die eerste koninkryk as Babilon (Daniël2:38), die tweede as Medo-Persië (Daniël 8:20), en die derde as Griekeland (Daniël 8:21).Die geskiedenis is dit eens dat na hierdie wêreldryke, Rome op die toneel sal verskyn. InDaniël 2 vorm die yster wat Rome verteenwoordig deel van die voete van yster wat metklei gemeng is; dit wil sê, tot aan die einde van tyd. Die horinkie van Daniël 7 kom tussendie horings van die vierde dier op, maar bly deel van hierdie vierde dier. Watter mag hetuit Rome ontstaan en sy politieke-godsdienstige invloed vir ten minste 1,260 jaar behou(sien Daniël 7:25)? Net een mag pas by beide die geskiedenis en die profesie in — diepousdom. Die pousdom het sy mag uit die barbaarse stamme van Europa verkry en hetdrie van hierdie stamme ontwortel (Daniël 7:24). Die pousdom was “ ‘ “verskillend .van die voriges” ’ ” (Daniël 7:24) en dit dui sy uniekheid in vergelyking met die anderbarbaarse stamme aan. Die pousdom het “ ‘ “woorde [gespreek] teen die Allerhoogste” ’” (Daniël 7:25) en “selfs tot by die Vors van die leër het dit groot geword” (Daniël 8:11)deur die rol van Jesus onregmatig oor te neem en dit met die pous te vervang. Die pousdomhet die voorspelling van vervolging vervul deur “ ‘ “die heiliges van die Allerhoogste [te]mishandel” ’ ” (Daniël 7:25) en deur “sommige van die leër” op die aarde te laat val en hullete vertrap (Dan 8:10) gedurende die Teen-Hervorming toe die Protestante doodgemaak was.Die pousdom het probeer “ ‘ “om tye en wet te verander” ’ ” (Daniël 7:25) deur die tweedegebod weg te laat en die Sabbat na Sondag te verander.In Daniël 2, 7, and 8, ontstaan nog een mag na Griekeland, en bly voortbestaantot aan die einde van tyd. Watter mag anders as Rome, soos dit nou in sy pouslikevorm voorkom, kan dit wees? Maak nie saak hoe polities verkeerd dit mag weesnie, waarom is hierdie ‘n uiters belangrike lering van die drie-engeleboodskappe,en daarom ‘n uiters belangrike komponent van teenswoordige waarheid?203

Woensdag10 JunieDie ondersoekende oordeelDie profetiese hooftrekke wat ons hierdie week bestudeer het, het oorweldigende steunonder Protestantse historici sedert die Hervorming gehad. Maar dit was eers tydens diebeweging van die Milleriete in die vroeë 1800’s, dat die 2,300 dae en die ondersoekendeoordeel versigtig heroorweeg en bestudeer was. Kyk na die volgende tabel:Daniël 7Daniël 8Medo-Persië (beer)Medo-Persië (ram)Heidense Rome (vierde dier)Heidense Rome (die horing beweeghorisontaal)Babilon (leeu)Griekeland (luiperd)Pouslike Rome (klein horing)-Griekeland (bokram)Pouslike Rome (die horing beweegvertikaal)Lees Daniël 7:9–14; 8:14, 26. Wat gebeur in die hemel soos hierdie teksverse ditaandui?Na die middeleeuse vervolgingsperiode wat in 1798 geëindig het met die inhegtenisnemingen gevangenisstraf van die pous deur Generaal Berthier (Openbaring 13:3), skryf Daniël inhoofstukke 7 en 8 oor oordeel. Die oordeel moet in die hemel plaasvind waar “ ‘die gereggaan sit [het]’ ” (Daniël 7:10) en “ ‘met die wolke van die hemel Een gekom [het] soos dieSeun van ‘n mens . . . tot by die Oue van dae’ ” (Daniël 7:13). Hierdie is ‘n oordeelstoneelwat na 1798 en voor die Tweede Koms van Jesus gebeur. Hierdie oordeelstoneel in Daniël 7stem direk met die herstel van die heiligdom in Daniël 8:14 ooreen. Dit praat van dieselfdegebeurtenis. Volgens Daniël 8:14 duur die tyd wat die “heiligdom in sy regte staat herstelword,” (Dag-van-Versoeningterminologie), 2,300 aande en mores, of dae. Volgens die jaar/dag-beginsel verteenwoordig hierdie dae 2,300 jaar. Die beginpunt van die 2,300 jaar wordin Daniël 9:24 gevind, waar die 70-weke (490 jaar) profesie chatak, “afgesny” (“bepaal”volgens Ou Vertaling) is van die 2,300-dae visioen (Daniël 9:24). Die waarheid is datbaie skrifgeleerdes reg is deur die 2,300-dae (jaar) profesie van Daniël 8:14 en die 70weke-profesie (490 jaar) van Daniël 9:24–27 as twee dele van een profesie te beskou. Dievolgende vers in die 70 weke-profesie, Daniël 9:25, gee die begin van die tydperiode as “‘van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou’ ”. Die datum vanhierdie gebeurtenis is “die sewende jaar van koning Artasásta” (Esra 7:7), of 457 v.C. Deur2,300 jaar vooruit te tel, kom ons by 1844 uit, wat nie lank na 1798 was nie, en voor dieTweede Koms van Jesus. Dit is toe dat Jesus die Allerheiligste vertrek binnegegaan het omSy intreewerk te doen om die hemelse heiligdom te reinig. Bestudeer die tabel in Vrydagse studie.204

Donderdag11 JunieTipologie as profesieDie simbole van apokaliptiese profesieë soos dit in Daniël en Openbaring voorkom, het neteen vervulling. Byvoorbeeld, die bokram wat Griekeland gesimboliseer het, verteenwoordignet een koninkryk (Daniël 8:21). Die teksvers self sê dit immers vir ons! Duideliker kandit nie wees nie! Tipologie fokus egter meer op persone, gebeure of stelsels van die OuTestament wat histories werklik bestaan het, maar wat vooruitwys na die groter werklikevervulling in die toekoms. Die gebruik van tipologie as ‘n metode van interpretasie, dateerterug na Jesus en die Nuwe Testamentiese skrywers, en word selfs in die Ou Testamentgevind. Die enigste manier om ‘n tipe en ‘n antitipe te erken, is wanneer die geïnspireerdebybelse skrywer dit identifiseer.Lees 1 Korinthiërs 10:1–13. Na watter gebeure in die geskiedenis verwys Paulus hierterwyl hy die kerk in Korinthe berispe? Hoe is dit vandag op ons van toepassing?Paulus verwys terug na die historiese werklikheid van die Uittog, en ontwikkel ‘n tipologiewat op die ondervinding van die antieke Hebreërs in die woestyn gegrond is. Op hierdiemanier toon Paulus dat God wat Moses geïnspireer het om hierdie gebeure neer te skryf,bedoel het “dat hierdie dinge . voorbeelde vir ons” [moet wees] (I Korinthiërs 10:6), omsodoende geestelike Israel te waarsku om die versoekings in ons lewens in die laaste daete weerstaan.Lees die skrifgedeeltes hieronder en maak ‘n nota van elke tipe en sy antitipiesevervulling soos dit deur Jesus en die Nuwe Testamentiese skrywers beskryf word.Matthéüs 12:40Johannes 19:36Johannes 3:14, 15Romeine 5:14Johannes 1:29In elk van hierdie gevalle pas Jesus en die Nuwe Testamentiese skrywers die tipe enantitipiese verklaring so toe, dat dit die profetiese betekenis uitlig. Op hierdie manierbeklemtoon hulle ‘n groter vervulling van die historiese werklikheid.205

Vrydag12 JunieVir verdere studie:Lees Clifford Goldstein, 1844 Made Simple (Boise, ID: Pacific Press, 1988), een van baieplekke waar daar meer leesstof oor die 2,300 dae-profesieë gevind kan word. Besoek ook:“1844 madesimple.org”.Daniël 7Daniël 8Babilon (leeu)-Medo-Persië (beer)Medo-Persië (ram)Griekeland (luiperd)Griekeland (bokram)Heidense Rome (vierde dier)Heidense Rome (die horing beweeg horisontaal)Pouslike Rome (klein horing)Pouslike Rome (die horing beweeg vertikaal)Die oordeel in die hemelDie reiniging van die HeiligdomDie uiters belangrike punt hier is dat die oordeelstoneel in Daniël 7 wat ná die 1,260 jaarvan vervolging gebeur (Daniël 7:25), op dieselfde gebeurlikheid van die reiniging van dieHeiligdom in Daniel 8:14, dui. En dat hierdie oordeelstoneel in die hemel uiteindelik nadie totstandkoming van God se ewige koninkryk aan die einde van hierdie gevalle wêreldse hartseer geskiedenis, lei. Daarom het ons ‘n kragtige bybelse bewys hoe die Skrif Daniël8:14 en die gebeurtenis wat dit uitlig, as uiters belangrik beklemtoon.Vrae vir bespreking:1. Gaan lees Daniël 2 weer. Let op hoe duidelik die historiese metode hier onthulword: ‘n ononderbroke opeenvolging van wêreldryke, wat in die antieke tyd beginen by die totstandkoming van God se ewige koninkryk, eindig. God gee aan ons diesleutel hoe om hierdie profesieë te interpreteer. Wat sê dit egter oor die toestandvan die Christenwêreld waarvan baie min Christene vandag die historiese metodegebruik? Hoe help hierdie feit om die gepastheid van die Adventisteboodskap aandie wêreld tans te bevestig?2. Hoe goed verstaan jy die 2,300 aande en môres profesie van Daniël 8:14? Indienjy dit nie verstaan nie, hoekom spandeer jy nie tyd daaraan en deel dit dan metjou Sabbatskoolklas nie? Jy mag dalk verbaas wees om te sien hoe deeglik endiepgaande ons interpretasie van hierdie profesie werklik is.3. Lees Daniël 7:18, 21, 22, 25, 27. Let op hoe daar op wat met die heiliges gebeur,gefokus word. Wat doen hierdie mag wat deur die horinkie voorgestel word, metdie heiliges? In teenstelling hiermee, wat doen die Here vir die heiliges? Wat is diegoeie nuus vir die heiliges met betrekking tot die oordeel? Wat beteken die oordeeluiteindelik vir hulle?206

Die Bybel en profesie B ybelprofesie is uiters belangrik vir ons identiteit en sending. Profesie voorsien ‘n interne en eksterne meganisme om die akkuraatheid van God se Woord te bevestig. Jesus het gesê, “ ‘En nou het Ek dit aan julle gesê voordat dit gebeur, sodat

Related Documents:

1 skrifgebruik en skrifgesag inhoudsopgawe 1 ons lees die bybel nie in isolasie van ander nie 1 2 god oefen sy gesag uit deur die bybel 3 2.1 die bybel se gesag lÊ in god opgesluit 3 2.2 god kom aan die woord deur die bybel 3 2.3 die bybel is die geskrewe woord van god 4 2.4 god vestig sy koninkryk met die boodskap van die bybel

In die begin van die Bybel, in die Eerste boek, staan wat in die begin gebeur het. Dit staan in die héél eerste versie van die Bybel in die héél eerste boek in die Bybel. Kan jy onthou wat die boek se naam beteken? [Genesis beteken “begin”. Doen teksmemori-sering van Gen. 1:1 met behulp van die moontlikhede op bladsy 10.]

LitNet Akademies Jaargang 17, Nommer 2, 2020, ISSN 1995-5928 359 Wat hou dit in dat die Bybel ’n kanon is? Pieter M. Venter Pieter M. Venter, Universiteit van Pretoria Opsomming Die begrip kanon word in die Christendom gebruik om die gesag van die Bybel aan te dui. Hie

Bewyse uit Bybel self Uitsprake ( 2 Tim 3:16; Heb 1:1; 2 Pet. 1:21) Vervulling van Profesieë Christus haal uit Ou Testament aan Vgl.Wat God sê en wat die Skrif sê ( Rom 9:17& Matt. 19:4) Opstanding weergawes Eenheid Bewyse buitekant die Bybel Ander bronne bevestig (Josefus) Bestaan

hulle eie dinge te doen. Hulle lees nie die Bybel nie en weet nie hoe God wil hê, ons dinge moet doen nie. Net soos Kobus, eindig dit dan ook baie sleg vir hulle. So ons gaan hierdie kwartaal meer van die Bybel leer, en j

Deel van die sukses van Kleuterkerk is die veiligheid van roetine vir die kleintjies. Veral as die leidsters . Bybel en ons weet dat die Bybel die waarheid is. Doentyd & Leertyd: Vandag gaan ons ’n Bybelversie leer. . Laat hulle ook die prente inkleur en huis toe neem.

ons uit die Bybel en uit die voorbeeld van Bybelkarakters hoe om na die Here te luister en dan nuut te gaan leef. CD met aanbiedersgids 0-5 groepleiers in die gemeente PRYS: R350,00 6 en meer groepleiers in die gemeente PRYS: R400,00 Junior Werkboek Graad 1-3 Die tweede

Tank plumb reading within API 650 tolerances easily achievable Less involvement of high capacity cranes Scaffolding costs held at minimum Hydraulic jacks connected to load by a failsafe friction grip system , saves tank if pump/ hose fails Tanks erected with jacks , less susceptible to collapse due to high winds Wind girder/roof in place, as the top shell is erected first .