Jan Steyn Preek 7 Februarie 2016. Veltog 2 Teks: Mattheus .

2y ago
76 Views
2 Downloads
241.42 KB
5 Pages
Last View : 2d ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Cade Thielen
Transcription

Jan Steyn Preek 7 Februarie 2016. Veltog 2Teks: Mattheus 5:4, 2 Korintiërs 7:8-12Tema: Hoe kan jy geseënd wees terwyl jy treur?Inleiding:Ons hou nie van pyn en van hartseer en van treur nie. Ons wil lyding en hartseer en pynsoveel ons kan liewer heeltemal vermy. Ons wil so vinnig as moontlik daaroor hardloopsodat ons net weer kan aangaan met ons lewens. Moenie die kinders na oupa se begrafnistoe neem nie, dit sal hulle net ontstel. Ons wil hulle nie aan die dood blootstel nie. Ons wilnie loop deur die vallei van die doodskaduwee nie- die ou vertaling van Psalm 23- ons wildeur hierdie vallei sprint! Moenie te lank treur oor jou egskeiding en jou huwelik wat verbyis nie, begin so gou as moontlik weer date. Kry daardie slaappil wat jou darem snags van jouverlies laat vergeet. Ontvlug uit jou verlies of vermy dit. Dis menslike natuur om dit te soekwat lekker en vreugdevol is en om weg te beur van lyding en hartseer. Iemand skryf die leweis eerder hierdie gejaag na gelag. In sekere godsdienstige kringe word selfs gevra: moetkinders van die Here nie maar altyd lag nie, moet dit nie altyd met hulle goed gaan nie? Soasof iemand wat geestelik sterk is of liewer naby aan die Here leef nie behoort te huil nie.Die Bybel lyk dit my praat anders oor hartseer en verlies. Dis seker een van die moeliksteverse in die hele Bybel wat ons vanoggend gelees het: Geseënd is dié wat treur, want hullesal vertroos word. Dit klink my of die Bybel eenvoudig hier aanneem dat ons almaleenvoudig een of ander tyd gaan treur en dat dit vir enige kind van die Here nie vreemdhoef te wees nie. En of die Bybel ons wil leer dat ons nie van ons pyn en hartseer moetweghardloop nie.Watter soort treur praat die Bybel van?Eerstens is daar die alledaagse of gewone treur wat deel van ons lewens elke dag is. Ditkry jy eenvoudig by alle mense- of hulle glo of nie. Dood en verlies is deel van ons almal selewens. My ma of my pa sterf, my kind se beste maatjie verhuis Gauteng toe. Ek word

gediagnoseer met kanker. Ek verloor my werk. Het jy al gesien hoe n tiener kan treur ashulle selfoon wegraak of iets oorkom?Die tweede soort treur is geestelike treur. Dis waaroor Paulus in 2 Kor. 7 geskryf het:Droefheid of treur volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei. Ons sien ditby Petrus: Toe hy Jesus die derde keer verloën het die haan gekraai en hy het Jesus sewoorde onthou dat hy Hom sou verraai na die haan drie maal gekraai het. Petrus lees onshet buitekant toe gegaan en bitterlik gehuil of getreur. Sy trane of treur was van opregteberou en dit het hom die leier wat hy was in die vroeë kerk gemaak. Geestelik treur kry jynet by kinders van die Here. Dis veral hierdie soort treur wat Mattheus 5 by ons wilaanmoedig. Hierdie treur is baie keer oor die werk wat sonde nog in my eie lewe doen endat ek dit toelaat. Dis die treur oor die eie-ek wat so maklik in my opstaan en eenvoudigmense en verhoudings om my groot skade aandoen. Dis treur omdat ek so sukkel om totGod se eer te leef. Dis natuurlik ook treur oor die stukkende toestand van die wêreld ommy. Om te treur oor die onreg en nood wat my omring. Die Bybel leer ons tog om bly tewees saam met hulle wat bly is en treur saam met hulle wat treur. In hierdie soort treurstaan die Here sentraal. Dit gaan hieroor dat ek deur die treur myself raaksien soos wat ekis, maar ook sien soos wat God my sien, dat ek ander mense sien soos wat God hulle sien endie wêreld sien soos wat God dit sien. Dis hierdie heilige hartseer deur God se Geesaangebring wat ons laat treur soos wat God self treur oor die stukkendheid van ons eielewe, van mense om ons se lewens en die stukkendheid van die wêreld wat ons omring.Hierdie soort treur maak ons lewens oop vir die grenslose nood van die wêreld om ons. Ditmaak ook ons lewens oop vir die Heilige Gees.Die derde soort treur is die sondige soort treur. Dis waarvan Paulus in 2 Korintiers 7 praatdaarvan as droefheid volgens wêreldse oorwegings wat die dood bring. Dis nou as jyhierdie misstap by die skool of die werk gepleeg het of jou huweliksmaat verneuk het en jyword uitgevang. Nou is jy nie hartseer oor jy verkeerd gedoen het of oor jou sonde nie, jy ismeer magteloos hartseer oor jy uitgevang is en oor jy nou die gevolge van jou dade moetdra. Enige kamtige droefheid of treur wat ander mense hierdie rat voor die oë draai ofprobeer manipuleer is hierdie sondige treur. Jy kan ook met hierdie sondige soort treurbesig wees as jy God probeer manipuleer om vir jou sekere dinge te gee en Hy dit nie doennie. Dan is jou treur magtelose woede teenoor God. Jou trane kan ook magtelose woede

teenoor ander mense wees wat jou te na gekom het of iets slegs aan jou gedoen het, maarhulle het net soveel mag dat jy nie kan wraak neem op hulle of hulle kan terugkry nie. Danlei jou treur en trane tot net meer frustrasie en bitterheid. Sondige treur kan ook daardietrane van opstand teen jou ouers of die skool wees omdat jy nie toegelaat word om te maaksoos wat jy wil nie. Sondige treur is daardie huil wat niks meer as selfbejammering is nie,daardie huil wat net bly vaskyk in jou eie pyn. By die sondige soort treur staan raai wie in diemiddelpunt? Ek self.Hoe kan dit gebeur dat mense wat treur en selfs baie diep treur salig of geseend kanwees?Dit kan gebeur omdat hulle vertroos sal word. Dit staan hier in die passief: Sal vertroosword. Dit beteken dat jy nie jouself gaan hoef te troos nie en maar jou eie trane moet afveenie. Jy gaan vertroos word. Deur God. Dis wat die passief hier beteken. Ek gaan vertroosword. Dat God saam met my in my treur en my trane is. In Psalm 34:19 leer die OuAfrikaanse vertaling ons: Die Here is naby die wat gebroke van hart is en Hy verlos dié watverslae is van gees. Daar is hierdie onverwagte skat of blessing in ons hartseer en ons treurdie troostende teenwoordigheid van die Here self.Die tweede gedagte hoekom treurendes geseënd kan wees is omdat dit waaroor ons treurons na ons lewens laat kyk soos wat tye van voorspoed en feasting nie kan doen nie. Eklees dit hierdie week: Sorrow can change you, with feasting you stay the same. As ek treuren stukkend en hartseer is en op my kniee is, vra ek oor die rigting waarin my lewe gaan,wat my prioriteite is en daaruit vloei baie keer die veranderings wat ek moet aanbring ommeer tot God se eer te kan lewe.Ek het al daarna verwys: Geestelike of bybelse treur gee my God se insig of hart vir myself,vir ander mense en vir die wêreld. Dit vul my met omgee- die engelse woord compassion.So skryf iemand daaroor: The more closely a Christian lives to God, the more he wil mournover all that dishonours him.Die vierde gedagte is dat as jy geestelik treur oor die toestand van jou eie lewe, andermense se lewens en oor die stukkendheid van die wêreld, ek dit doen nie alleen in die

Here se troos nie, maar in Sy krag. Dit laat my dink aan hierdie vers in die Bybel. Ons treurnie soos mense wat geen hoop het nie. Ons weet en glo God het nie net die hart om oorstukkende mense en die stukkende wêreld te huil nie, maar ook die krag om hierdiestukkende wêreld meer heel en beter en mooier te maak. En God gee ons Sy krag en SyGees sodat ek en jy nie net saam met Hom sal treur nie, maar ook in Sy krag en saam metHom te gaan werk om die wereld om ons en mense se lewens te verander. As ons saam metGod treur, sal ons ook saam met Hom trane afvee en troos en bou waar dit stukkend engebreek is.AmenOns gaan vanoggend bietjie saam treur oor hoe stukkend ons deel van die wêreld lyk. Onsgaan vanoggend biddend treur oor die volgende:Dana Snyman-storie oor water NG Kerk WInburgDroogte wat diere laat sterf en boere en hul plaas werkers in desperate situasies plaas.Droogte en tekort aan water wat die infrastruktuur van veral klein plattelandse dorpevernietig.Dat ons sal hoor wat die Here in hierdie tyd van skaarste en droogte vir ons uitskree. Onstreur omdat ons soms so doof vir SY stem is.Dorpe wat nie drinkwater het nie- ook dat hierdie gevaar Malmesbury bedreig.Ouers vir wysheid om kinders te lei en stuur deur moeilike en uitdagende tye met baieversoekingsOnderwysers wie se moed baie laag is en wat baie uitdagings in die gesig staar,byvoorbeeld groot klasse en beperkte middele.

Ons polisiediens wat onder permanente druk werk en net te min hande het en baie ledewat nie voldoende opgelei is nie. Ons treur oor hulle wat moedeloos en uitgebrand is.Vir die komende plaaslike verkiesings. Dat Christen politici veral eerlik en met integriteitsal optree. Ons treur oor die vuilspel wat daar ook sal wees om politieke punte aan teteken.Ons commit onsself om saam met die Here te bly treur vir ons land, maar om ook in Sykrag op te staan en te doen wat ons kan om daardie stukkie van hierdie land waarin ek blyen werk mooier en genadiger te maak.

Die Bybel lyk dit my praat anders oor hartseer en verlies. Dis seker een van die moelikste . Die tweede soort treur is geestelike treur. Dis waaroor Paulus in 2 Kor. 7 geskryf het: Droefheid of treur volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei. . Hierdie treur is baie keer oor die werk wat sonde nog in

Related Documents:

QRP Fox Hunt 0200Z-0330Z, Jan 6 NCCC Sprint 0230Z-0300Z, Jan 6 PODXS 070 Club PSKFest 0000Z-2400Z, Jan 7 WW PMC Contest 1200Z, Jan 7 to 1200Z, Jan 8 SKCC Weekend Sprintathon 1200Z, Jan 7 to 2400Z, Jan 8 Original QRP Contest 1500Z, Jan 7 to 1500Z, Jan 8 Kid's Day Contest 1800Z-2359Z, Jan 7 ARRL RTTY Roundup 1800Z, Jan 7 to 2400Z, Jan 8

historically elevated (and is expected to remain so). 150 250 350 450 550 650 750 850 950 Jan-07 Jan-09 Jan-11 Jan-13 Jan-15 Jan-17 Jan-19 Jan-21 /MT High-Analysis Phosphate Global Net Price Calculated from Published Weekly Spot Prices 0 100 200 300 400 500 600 700 800 900 1,000 Jan-20 Jul-20 Jan-21 Jul-21 Jan-22 /MT Global DAP/MAP Benchmark .

Lake Erie ‐ Niagara River Monthly Hydrology: 2004‐2013 relative to 1926‐2013 0 50 100 150 200 250 2004 Jan 2005 Jan 2006 Jan 2007 Jan 2008 Jan 2009 Jan 2010 Jan 2011 Jan 2012 Jan 2013 Jan Basin Precipitation [% of LTA] ‐0.30 ‐0.20 ‐0.10 0.00 0.10 0.20 0.30 0.40 0.50 Water Level [m from LTA] ‐1,000 ‐500 0 500 1,000 1,500

Domestic and regional forces shaping Asia Asian consumer demand to support future growth Note: (1) HSBC Global Research Industrial output, 2000-20091 Asia recovery1 90 100 110 120 130 140 150 160 170 180 Jan-00 Jan-01 Jan-02 Jan-03 Jan-04 Jan-05 Jan-06 Jan-07 Jan-08 Jan-09 90 95 100 105 110 115 EM Asia G3 USA Helping lift personal incomes and .

Dave Balcombe - Tooled Up Dave Balcombe - White Arches David Bray - The Engine Arrangers David Bray - The Lancaster Boys Derwood Pamphilon - Katy's Kitchen Eileen Murray - The Look Ferg Cowhig - Causeway Hut Gillian Steyn - 375 Around the Bend Gillian Steyn - Banish the Betrayer karen smalley - Harriet k

Hello. My name is Case Van Steyn. I operate 3 dairies in south Sacramento County with family support. EXHIBIT My story is similar to many other dairy farmers in CA and dairy farmers who have testified here. My parents came from Holland to try to chase the American dream of a job, secur

Wiskundige Geletterdheid 1 NOORD-KAAP DEPARTEMENT VAN ONDERWYS WISKUNDIGE GELETTERDHEID LOCK IN LEERDER NOTAS FEBRUARIE 2020 . Wiskundige Geletterdheid 2 . BTW in Suid-Afrika het met ingang van 1 April 2018 na 15% verhoog. Die volgende toon hoe die handelaar die nuwe verhoogde BTW verkeerd bereken het:

answer choices you are marking on your answer sheet.-4-GO ON TO THE NEXT PAGE Language Arts – Reading Time — 25 minutes 19 Questions GO ON TO THE NEXT PAGE -5-GO ON TO THE NEXT PAGE A violent storm has threatened the first voyage of the ship Nan-Shan. This excerpt from a work of fiction portrays several crew members, including the first mate, Jukes, as they confront the storm. Jukes was as .