KINDERKERK LES: Funaand – Bou Die Bybel

2y ago
120 Views
3 Downloads
722.42 KB
10 Pages
Last View : 12d ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Duke Fulford
Transcription

KINDERKERK LES: Funaand – Bou die BybelDoel van les:Ons hou ‘n funaand met interaktiewe speletjies om die kinders bietjie meer te leer oor dieBybel.Ysbreker: Boks soek: Maak vooraf vir elke groep ses boksies wat genommer is van 1-6. Asjy vier groepe het, sal daar 24 boksies wees. In elke boks, sit die legkaart wat ooreenstemmet die nommer in die lys van Bybelverhale wat later kom. Knip die prente rofweg op, omlegkaart te maak. Pak die bokse deurmekaar regoor die vertrek. Elke groep stuur 1 kind op ‘nslag, om in die vertrek rond te loop, en te soek na die bokse in die regte volgorde. Met anderwoorde die eerste kind soek vir boks 1, kry dit en bring terug groep toe, dan gaan die tweedekind en soek vir boks 2 en so gaan dit aan tot al die bokse gevind is. Die leier hou dan die bokseby hulle totdat dit tyd is om dit te gebruik.Inleiding: Storie – Die eienaar se gidsDaar was eendag ‘n man met die naam Kobus. Op ‘n dag het Kobus baie opgewonde opgestaan.Dit was die dag wat sy splinternuwe kar afgelewer sou word. Hy het nog nooit ‘n kar gehad nie,maar hy het sommer geweet om ‘n kar te hê sal hom help op baie maniere.Hoe dink julle sou om ‘n kar te hê vir Kobus help?Kobus het baie hard gewerk en vir lank geld gespaar net sodat hy ‘n nuwe kar kon koop. Toeuiteindelik is die oomblik hier. Die man wat die motor aan Kobus verkoop het, het voor sy huisgestop met die blink nuwe kar.“Wil jy hê ek moet jou wys hoe die kar werk?” het die verkoopsman gevra.“Ag nee wat, ek is seker ek sal weet hoe.” het Kobus geantwoord.Die verkoopsman sê toe “Ok, maar as jy hulp nodig het, daar is ‘n spesiale boek oor karreonder die sitplek wat jou sal help.”Die verkoopsman is daar weg en Kobus het opgewonde na die deur van die motor gehardloopom dit oop te maak, maar dit wou nie. Dit was vir hom snaaks, want by die winkel het die deursonder probleme oopgegaan. Kobus het al om die kar geloop en deur die vensters gekyk engedink dat die sitplekke darem sag lyk om op te sit.Net toe kom sy vriend Johan daar aan.“Dis ‘n mooi kar Kobus. Maar hoekom loop jy al om ditin plaas van om in te klim?” het Johan gevra. Kobus antwoord toe dat hy die kar nou net gekryhet, maar dat daar fout is met die deure.Johan het gelag en gevra: “Fout met die deure? Het jy al probeer om dit oop te sluit.”Kobus het skaam met een van die sleutels probeer om die deur oop te sluit, maar maak niesaak hoe hard hy probeer het nie, die deur wou glad nie oop nie.

Johan sê toe: “Jy gaan daardie sleutel breek. Dis in elk geval die kattebak se sleutel.Probeer ‘n ander een.”Uiteindelik het Kobus die deur oopgesluit gekry en toe sit hy agter die stuurwiel. “Kom onsluister bietjie radio.” Het Johan gesê.Na baie gesukkel, het Kobus die radio aangekry, maar hy het nie van die liedjie gehou watspeel nie. Hy het probeer om van stasie te verander, maar kon nie. “Kobus, jy moet hierdieknoppie druk.” het Johan gesê.“Kobus, het jy nie die boek gelees wat jou wys hoe als in die kar werk nie?” het Johan gevra.“Ek het nog nie tyd gehad nie. Kom ons ry nou eers bietjie met my nuwe kar.” sê Kobus.“Nou goed, maar ek hoop jy weet wat jy doen.” sê Johan.Net toe het Kobus weggetrek, maar agteruit. Hoe meer hy knoppies druk en die stuurwieldraai, hoe meer het die kar net aangehou agteruit ry in ‘n boom vas!“Hoekom het jy nie gestop nie?” skree Johan“Ek het nie geweet hoe nie!” huil Kobus.Vra: Weet julle dat God ook vir ons ‘n spesiale boek gegee het vir ons lewens? Wie dinkhulle weet wat ons daardie boek noem? Die Bybel. Nes Kobus, probeer baie mense om ophulle eie dinge te doen. Hulle lees nie die Bybel nie en weet nie hoe God wil hê, ons dingemoet doen nie. Net soos Kobus, eindig dit dan ook baie sleg vir hulle. So ons gaan hierdiekwartaal meer van die Bybel leer, en julle gaan sien hoe wonderlik die Bybel is.Aktiwiteit 1: Die Toring van Babel-Aktiwiteit: ek gaan vir julle ‘n puzzel gee, julle moet dit aanmekaar sit, en die kindersmoet probeer raai watter Bybeldeel dit is.-Storie: Genesis 11:1-9: Voordat die mense so oor die aarde gebly het, het hulle almalbymekaar gebly. Almal het net een taal gepraat. Die mense het vir mekaar gesê: “Komons bou ‘n stad met ‘n hoëe toring. Die toring moet regtig hoog wees. Dit moet sommeraan die hemel raak. As ons dit regkry, sal ons beroemd wees.” God het geweet as diemense dit regkry, sal hulle dink hulle het Hom nie meer nodig nie. Hy het hulle toeverskillende tale laat praat, sodat hulle mekaar nie meer kon verstaan nie, en die toringnie verder kon bou nie. Hulle het weggetrek na verskillende plekke en die stad Babelgenoem wat deurmekaar beteken.-Uitdaging: Kry LEGO blokkies en bou ‘n toring.Aktiwiteit 2: Jakob se droom met die leer

-Akiwiteit : ek gaan vir julle ‘n puzzel gee, julle moet dit aanmekaar sit, en die kindersmoet probeer raai watter Bybeldeel dit is. Kyk of julle dit als op die regte plek op diekarton kan pak.-Storie: Genesis 28:10-17: Jakob was op reis toe iets wonderlik met hom gebeur het. Hyhet gaan slaap en ‘n spesiale droom gehad. Hy het gedroom hy sien ‘n leer wat van dieaarde al die pad opgaan tot in die hemel. Hy het engele op en af sien beweeg op die leer.God het daar drie beloftes aan Jakob gemaak. Klink dit nie wonderlik nie?-Uitdaging: Gee vir elke groep gelyke aantal roomysstokkies en kyk watter groep kan in ‘nminuut se tyd die langste leer op die vloer bou.Aktiwiteit 3: Abraham moet Isak gaan offer-Aktiwiteit : ek gaan vir julle ‘n puzzel gee, julle moet dit aanmekaar sit, en die kindersmoet probeer raai watter Bybeldeel dit is.-Storie: Genesis 22:1-14: Abraham is baie lief vir sy seun, Isak. Maar eendag sê God virAbraham dat Hy wil hê Abraham moet vir Isak gaan offer. Dit was ‘n toets, want God wousien of Abraham altyd na Hom sou luister. Abraham het dit nie geweet nie, en was baiehartseer gewees. Hy het Isak op ‘n stapel hout vasgemaak en net soos hy Isak wou offer,het God hom gekeer. God het toe ‘n ram in ‘n bos laat vassit en Abraham kon die ram aanGod offer.-Uitdaging: Kyk of kinders hout kan pak vir ‘n vuurAktiwiteit 4: Die Skepping-Aktiwiteit: ek gaan vir julle ‘n puzzel gee, julle moet dit aanmekaar sit, en die kindersmoet probeer raai watter Bybeldeel dit is.-Storie: Genesis 1:1-18: Heel aan die begin was net God daar. Toe het Hy die hemel en dieaarde gemaak. Sommer net so, uit niks! Maar niemand kon nog op die aarde bly nie. Daarwas net water op die aarde. Dit was baie donker. Nogtans was God daar, al het die aardeook hoe woes gelyk. Toe het God alles begin maak. Vir ses dae het Hy die gewerk aanallerhande dinge en die sewende dag ook iets gedoen. Elke dag het Hy iets gemaak.-Uitdaging: Gee die sewe prentjies en kyk of die groepe die maak van die skepping in dieregte volgorde kan sit.Aktiwiteit 5: Daniël in die leeukuil-Aktiwiteit: ek gaan vir julle ‘n puzzel gee, julle moet dit aanmekaar sit, en die kindersmoet probeer raai watter Bybeldeel dit is.-Storie: Daniël 6:1-29: Daniël was baie lief vir God. Daar was mense wat baie jaloers ophom, omdat hy baie belangrike werk vir die koning gedoen het, en nie hulle nie. Toe maak

hulle ‘n plan om Daniël dood te kry. Daniël is gevang en in ‘n leeukuil gegooi. Maar God hetDaniël beskerm en die leeus het hom nie geëet nie. Die volgende oggend toe die koningkom kyk, was Daniël nog lewendig. Hy is uit die leeukuil gehaal en die slegte mense watDaniël wou doodmaak, is vir die leeus gevoer.-Uitdaging: Maak ‘n leeu van klei.Aktiwiteit 6: Jerigo se mure-Aktiwiteit: ek gaan vir julle ‘n puzzel gee, julle moet dit aanmekaar sit, en die kindersmoet probeer raai watter Bybeldeel dit is.-Storie: Josua 6:1-23: Jerigo se poorte was toegesluit. Niemand het in of uit die stadgegaan nie. Die Here sê toe vir Josua: “Ek gee Jerigo, sy koning en al sy soldate aan jouoor. So moet julle nou ses dae lank maak: Heel voor moet al die mans loop wat kan oorlogmaak. Dan moet sewe priesters, elkeen met ‘n ramshoring agter hulle loop. Heel laastekom die priesters. Almal moet een keer om die stap loop. Die sewende dag moet jullesewe keer om die stap loop. Die sewende keer moet die priesters op die ramshoringsblaas. Wanneer die soldate die ramshorings hoor, moet hulle kliphard skreeu. Dan sal diemuur rondom Jerigo omval en julle kan sommer in die stad inloop!”-Uitdaging: maak ‘n ramshoring uit ‘n handdoek papier rol.Gebed: Kom ons bid nou saam sê vir dankie vir die Bybel.

PRENTJIES VIR PUZZELS:

hulle eie dinge te doen. Hulle lees nie die Bybel nie en weet nie hoe God wil hê, ons dinge moet doen nie. Net soos Kobus, eindig dit dan ook baie sleg vir hulle. So ons gaan hierdie kwartaal meer van die Bybel leer, en j

Related Documents:

Kopieer die prente van Jesus en die wolk op ander karton en sny dit rofweg uit. Pons gaatjies oral waar sirkels aangedui is. Plak die middelpunt van die tou vas aan die agter-kant van die prent van Jesus. Die twee punte van die toue gaan deur die gaatjies aan die bo- en onderkante van die karton

In die begin van die Bybel, in die Eerste boek, staan wat in die begin gebeur het. Dit staan in die héél eerste versie van die Bybel in die héél eerste boek in die Bybel. Kan jy onthou wat die boek se naam beteken? [Genesis beteken “begin”. Doen teksmemori-sering van Gen. 1:1 met behulp van die moontlikhede op bladsy 10.]

God van die Bybel, die God van die Skepping, die God wat hierdie heelal regeer! Waar Hy Sy weg na die vervulling van die mens se begeerte vir ’n gelukkige, oorvloedige en doelgerigte lewe opsom, inspireer God hierdie woorde aan die einde van die boek Prediker: “Die hoofsaak van alleswat gehoor is, is: Vrees

Psalm 1 Die regverdige en die goddelose. Psalm 8 Wat is die mens dat U aan hom dink. Psalm 23 Die Herder en die Tafelheer . Psalm 46 Bedaar , God is daar 'n Vaste vesting is ons God . . Psalm 121 My hulp van die Here. Psalm 136 Sy liefde hou nooit op nie. Psalm 139 Die Here ken my deur en Deur Psalm 146 Prys die Here van die Heelal .

Vango – Zwischen Himmel und Erde Timothée de Fombelle Tobie Lolness– EinLeben inder Schwebe Timothée de Fombelle, Ill. von François Place In die Wildnis Jon Krakauer Die Fließende Königin (Merle-Trilogie) Kai Meyer Boy 7 Mirjam Mous q Langeweile q Sommerferien ABGELENKT SEIN q Tagträumer; einer sein ABKAPSELUNG Bou ist 16. Bou ist .

Julle kan selfs die “werskaf”- deel voor die les doen en die prente inkleur vir die storie. Plaas dit dan in rame en maak ʼn foto-muur. Die aanbieder stap dan soos ʼn toergids met die kinders deur Gideon se storie. Die Israeliete was terug in die land Israel nadat hulle 40 jaar lank in die woestyn rondgeswerf het, maar hulle het

Die eerste komponent van die ruimtestasie is in 1998 in ‘n wentelbaan om die Aarde geplaas. Die stasie word in fases gebou, soos wat modules een na die ander (gewoonlik ‘n paar maande uitmekaar) die ruimte ingeskiet word. Van die dele is selfs sonder enige bemanningslede met radio-beheerde seine om die Aarde geplaas.

The American Board of Radiology . i The Diagnostic Radiology Milestone Project The Milestones are designed only for use in evaluation of resident physicians in the context of their participation in ACGME accredited residency or fellowship programs. The Milestones provide a framework for the assessment of the development of the resident physician in key dimensions of the elements of physician .