DIE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: ‘n KWALIFIKASIE OP VLAK .

3y ago
85 Views
2 Downloads
667.98 KB
41 Pages
Last View : 2d ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Matteo Vollmer
Transcription

DIE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT:‘n KWALIFIKASIE OP VLAK 4 VAN DIE NASIONALEKWALIFIKASIERAAMWERK (NKR)

Department van OnderwysSol Plaatje HuisSchoemanstraat 123Privaatsak X895Pretoria 0001Suid-AfrikaTel: 27 12 312-5911Faks: 27 12 321-6770Pleinstraat 120Privaatsak X9023Kaapstad 8000Suid-AfrikaTel: 27 21 465-1701Faks: 27 21 461-8110http://eduction.gov.za 2005 Departement van OnderwysISBN 1-77018-107-5ii

INHOUDAKRONIEMEviHOOFSTUK 1: BEKENDSTELLING VAN DIE BELEID VIR DIENASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS)11.DOEL VAN DIE DOKUMENT12.TIPE KWALIFIKASIE13.TOELATINGSVEREISTES VIR DIE NKV GRAAD 10–12(ALGEMEEN)34.BEVORDERINGSVEREISTES VIR GRAAD 10–1235.TYDSDUUR EN ALGEMENE VEREISTES VAN DIE6.NKV GRAAD 10–12 (ALGEMEEN)3VERANDERING VAN VAKKE IN GRAAD 10, 11 EN 124HOOFSTUK 2: BEVORDERINGSVEREISTES VIR DIE NKVGRAAD 10–12 �LS59.VEREISTES VAN DIE NSS5iii

10.VOORBEHOUDSBEPALINGS711.BEVORDERINGS- EN SERTIFISERINGSVEREISTES812.KONSESSIES10HOOFSTUK 3: ASSESSERING1313.ASSESSERING IN GRAAD 10 EN 111314.ASSESSERING IN GRAAD 121315.REKORDHOUDING EN RAPPORTERING1316.AANVULLENDE EKSAMENS14HOOFSTUK 4: TYDSTOEWYSING1617.INLEIDING1618.TYDSTOEWYSING AAN VAKKE16HOOFSTUK 5: HERROEPING VAN BELEID EN OORGANGSMAATREëLS1819.HERROEPING VAN BELEID1820.OORGANGSMAATREëLS1821.AANVANG EN DATUM VAN IMPLEMENTERING19iv

DEFINISIES20BYLAAG A: NASIONAAL GOEDGEKEURDE VAKKE WATAAN DIE VEREISTES VAN DIE NKV GRAAD 10-2 (ALGEMEEN)VOLDOEN23BYLAAG B: NASIONAAL GOEDGEKEURDE VAKKE WATAAN DIE VEREISTES VAN DIE NKV GRAAD 10-2 (ALGEMEEN)VOLDOEN25BYLAAG C: ERKENNING VAN VAKKE WAT NIE IN DIENASIONALE KURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-2(ALGEMEEN) GELYS IS NIE31BYLAAG D: VAKKODERING VIR ASSESSERINGSDOELEINDES33v

AKRONIEMEAOO Algemene Onderwys en OpleidingAOOS Algemene Onderwys- en OpleidingsertifikaatTVLO Taal van leer en onderrigNKV Nasionale KurrikulumverklaringNKR Nasionale KwalifikasieraamwerkNSSNasionale Senior SertifikaatSAKO Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheidvi

HOOFSTUK 1BEKENDSTELLING VAN DIE BELEID VIR DIENASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS)1.Doel van die dokument(1)Hierdie beleid verskaf ‘n uiteensetting van die regulasies, reëls envoorvereistes vir die toekenning van die Nasionale Senior Sertifikaat(NSS) op Vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR). DieNSS sal toegeken word vir die bereiking van die uittreeleeruitkomstesoos gestipuleer in die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Graad10-12 (Algemeen).(2)Hierdie beleid is gebaseer op die norme en standaarde waaraan alleassesseringsliggame ingevolge artikels 3(4)(l) en 7 van die Wet opNasionale Onderwysbeleid, 1996 (Wet No. 27 van 1996) en artikels6(A) en 61 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet. No. 84 van1996), uitvoering moet gee.2.Tipe kwalifikasie(1) Die NSS is ‘n 130 krediet-sertifikaat op Vlak 4 van die NasionaleKwalifikasieraamwerk (NKR).(2) Voltydse, deeltydse en privaat kandidate het toegang tot hierdiekwalifikasie. Hierdie kandidate sal vakke aanbied soos gekies uit die lys inBylaag A. Vir hierdie doeleindes word voltydse, deeltydse en privaatkandidate soos volg gedefinieer:

(a)Voltydse, deeltydse en privaat kandidate(i)‘n Voltydse kandidaat is ‘n leerder wat vir onderriggeregistreer het en wat die NKV Graad 10-12(Algemeen) program in ‘n voltydse hoedanigheid in ‘nopenbare of onafhanklike skool of enige andergeregistreerde inrigting aanbied en wat vir sewe (7)vakke ingevolge die NKV Graad 10-12 (Algemeen)programvereistes geregistreer het. Sodanige kandidaatmoet aan alle interne assesseringsvereistes van die NKVGraad 10-12 (Algemeen) voldoen, insluitende diemondelinge en praktiese vereistes waar van toepassing.(ii)‘n Deeltydse kandidaat is ‘n leerder wat nie voltydseonderrig ontvang nie en vir ‘n maksimum van ses (6) vandie sewe (7) vereiste vakke in ‘n enkele eksamensittingmag registreer. Deeltydse kandidate verbonde aan voldoen aan die interne assesseringsvereistes van dieNSS en, waar van toepassing, ook bewys lewer vanpraktiese werk gedoen.(iii)‘n Privaat kandidaat is ‘n leerder wat by ‘n privaatinstansie wat nie onderrig in ‘n voltydse hoedanigheidaanbied nie, geregistreer het. ‘n Privaat kandidaat magvir enige aantal vakke vir een eksamensitting registreer.Privaat kandidate moet voldoen aan die interneassesseringsvereistes van die NSS en, waar vantoepassing, ook bewys lewer van praktiese werk gedoen.2

(2)Ingevolge hierdie beleidsdokument moet die NSS-kwalifikasie:(a)‘n beplande kombinasie van Leeruitkomste verteenwoordig watoor ‘n gedefinieerde doel of doelstellings beskik, en is daaropgerig om kwalifiserende leerders van toegepaste bevoegdheid en‘n basis vir verdere leer te voorsien;3.(b)waarde toevoeg aan die kwalifiserende leerder;(c)die gemeenskap en die ekonomie bevoordeel;(d)aan die doelwitte van die NKR voldoen;(e)waar van toepassing, internasionaal vergelykbaar wees;(f)geїntegreerde assessering toepaslik inkorporeer; en(g)die reëls vir die toekenning van die kwalifikasie aandui.Toelatingsvereistes vir die NKV Graad 10–12 (Algemeen)Die minimum toelatingsvereiste vir Graad 10 is ‘n amptelike Graad 9skoolrapport wat aandui dat die leerder tot Graad 10 bevorder is, of ’nAlgemene Onderwys- en Opleidingsertifikaat (AOOS) vir Basiese Onderwysen Opleiding vir Volwassenes(BOOV), of ‘n NKR Vlak 1-Sertifikaat, of ‘nerkende ekwivalente kwalifikasie verwerf op NKR Vlak 1.4.Bevorderingsvereistes vir Graad 10 – 12Die vereistes soos in hierdie dokument gestipuleer is van toepassing op dieuitreiking van ‘n NSS. Dit is ook die bevorderingsvereistes vir Graad 10 en 11.3

5.Tydsduur en algemene vereistes van die NKV Graad 10–12 (Algemeen)(1)Die tydsduur van die NKV Graad 10-12 (Algemeen) program is driejaar, naamlik Graad 10, 11 en 12. Om ‘n NSS te verwerf moet ‘nleerder:(a)Die programvereistes vir Graad 10, 11 en 12 afsonderlik esseringstandaarde vir al drie jare bemeester het; en(b)Voldoen aan die interne assesseringsvereistes vir Graad 10, 11en 12 en die eksterne assesseringsvereistes vir Graad 12 soosbedoel in die Vakverklarings en Vakassesseringsriglyne van dieonderskeie vakke in Bylaag A gelys.6.Verandering van vakke in Graad 10, 11 en 12(1)‘n Leerder mag een of meer vakke in sy of haar Graad 10-jaarverander.(2)‘n Leerder mag ‘n vak in Graad 11 of 12 verander indien dieskool dit as in die beste belang van die leerder sou ag om vanvakke te verander. Die skool mag so ‘n beslissing slegs agtigde.4

HOOFSTUK 2BEVORDERINGSVEREISTES VIR DIE NSS GRAAD 10 – 12 (ALGEMEEN)7.Organiseringsvelde(1)Die NKV Graad 10-12 (Algemeen) gebruik die 12 erk(NKR)organiseringsdoeleindes en registrasie op die diedissiplinesenberoepsvelde in die wêreld en is daarom ontwerp om ‘n raamwerk teverskaf vir die organisering van kwalifikasies op ‘n samehangende engekoördineerde wyse.(2)Die organiseringsvelde genoem in Bylaag A, word gebruik virklassifiserings- en groeperingsdoeleindes.8.VakkombinasiereëlsDie goedgekeurde vakke vir die NKV Graad 10-12 (Algemeen) in Bylaag A isin twee hoofkategorieë in Bylaag B gegroepeer, naamlik Groep A en Groep B.‘n Leerder moet, onder sekere omstandighede, soos bedoel in paragraaf 9, viervakke uit Groep A kies, naamlik twee amptelike tale, WiskundigeGeletterdheid of Wiskunde en Lewensoriëntering, en ‘n minimum van enigedrie vakke uit Groep B.5

9.Vereistes van die NSS(1)Onderworpe aan paragrawe 1, 11 and 20, sal ‘n NSS uitgereik wordaan ‘n kandidaat wat aan die volgende vereistes voldoen het:(a)Nie minder as sewe (7) vakke, soos volg uit Bylaag B gekies,aangebied en voltooi en aan die interne en eksterneassesseringsvereistes daarvan voldoen het:(i)Vier vakke van Groep A soos volg gekies:Twee (2) amptelike tale gekies uit Bylaag B, Tabel A1,met dien verstande dat een van die twee amptelike taleaangebied word op Huistaalvlak, en die ander taal, òf opHuistaal- òf Eerste Addisionele Taalvlak, en met dienverstande voorts dat een van die twee tale die taal vanleer en onderrig is (TVLO).(ii)Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid gekies uitBylaag B, Tabel A2.(iii)Lewensoriëntering uit Bylaag B, Tabel A3.(iv)‘n Minimum van enige drie vakke gekies uit Groep BBylaag B, Tabelle B1-B8.Die minimum van drievereiste vakke kan, bo en behalwe die twee ampteliketale, soos bedoel in paragraaf 9(1)(a)(i), ‘n maksimumvan twee addisionele tale, gelys in beide Tabelle A1 enB4, insluit.6

10.Voorbehoudsbepalings(1)‘n Kandidaat wat aan die minimum programvereistes van die NSS, soosbedoel in paragraaf 9, voldoen het, mag meer as die vereiste minimumvan sewe (7) vakke aanbied, met dien verstande dat hy of sy aan dievolgende vereistes voldoen:(a)Die addisionele vakke moet vir al drie jare van die NKVprogram, naamlik Graad 10-12, aangebied word.(b)Daar moet voldoen word aan al die assesseringsvereistes van dievereiste vakke asook die praktiese assessering waar vantoepassing, vir al drie (3) jare van studie, naamlik Graad 10-12.(2)Nie meer as een taal sal uit dieselfde groep aangebied word nie,naamlik:(3)(a)isiXhosa, isiZulu, SiSwati and isiNdebele; en(b)Sepedi, Sesotho en Setswana.Dieselfde taal sal nie as ‘n Huistaal en ‘n Eerste Addisionele of TweedeAdddisionele Taal, of as ‘n Eerste en Tweede Addisionele Taalaangebied word nie.(4)‘n Kandidaat mag nie beide Wiskunde en Wiskundige Geletterdheidaanbied nie.(5)‘n Maksimum van een vak, ontwikkel en geassesseer deur ‘ngeakkrediteerde assesseringsliggaam, en goedgekeur deur die Ministervir hierdie doel, mag aangebied word ten einde aan die vereistes vandrie (3) Groep B-vakke, soos bedoel in paragraaf 9(1)(a)(iv), te7

voldoen. Sodanige vakke is in Bylaag C gelys.Addisionelegoedgekeurde vakke sal van tyd tot tyd by Bylaag C gevoeg word.(6)Waar ‘n kandidaat meer as een Praktiese Musiekprogram van een vandie gelyste Musiekasseringsliggame, naamlik die Associated Board ofRoyal Schools Praktiese Musiekeksamen of Trinity College of LondonPraktiese Musiekeksamen of Unisa Praktiese Musiekeksamen voltooihet, sal slegs die hoogste prestasievlak wat aan die kandidaat deurdaardie assesseringsliggaam toegeken is, vir die NSS erken word.(7)N1-N3 Nasionale Sertifikaat-, Nasionale Intermediêre Sertifikaat- enNasionale Senior Sertifikaatvakke, soos gelys in die tegniese geOnderrigprogramme in die RSA, Verslag 191 (2001/08), sal nie vir dieNSS oorweeg word nie. Dit is van toepassing op alle leerders wat virdie NKV Graad 10 –12 (Algemeen) in 2006 registreer.(8)Inrigtings wat deeltydse kandidate toelaat om vakke met ‘n praktiesekomponent aan te bied, moet verseker dat aan alle praktiese vereistesvan die NSS, soos uiteengesit in die Vakassesseringsriglyne, voldoenword.11.Bevorderings- en sertifiseringsvereistes(1)Onderworpe aan die voorvereistes van paragraaf 16(4)(d) en (e) vandie Wet op Gehalteversekering vir Algemene en Verdere Onderwys enOpleiding, 2001 (Wet No. 58 van 2001), en onderworpe aan paragaaf 9van hierdie dokument, sal ‘n NSS aan ‘n kandidaat wat aan dievolgende bevorderingsvereistes voldoen het, toegeken word:(a)Ten minste 40% in die vereiste amptelike taal op Huistaalvlak,soos bedoel in paragraaf 9(2)(a)(i) hierbo, behaal het.8

(b)Ten minste 30% in die ander vereiste taal op ten minste EersteAddisionele Taal vlak, soos bedoel in paragraaf 9(2)(a)(i)hierbo, behaal het.(c)Ten minste 30% in Wiskundige Geletterdheid of Wiskunde,soos bedoel in paragraaf 9(2)(a)(ii) hierbo, behaal het.(d)Ten minste 40% in Lewensoriëntering, soos bedoel in paragraaf9(2)(a)(iii) hier bo, behaal het.(e)Ten minste 40% in een van die oorblywende drie vakke en tenminste 30% in twee vakke, soos bedoel in paragraaf 9(2)(a)(iv)hierbo, behaal het.(f)‘n Maksimum van een kondonering per vak per graad met ‘n“Ontoereikende prestasie”-beoordeling sal vir òf ‘n Groep A- òf‘n Groep B-vak toegelaat word en sodanige vak sal beskou wordasof dit behaal is met ‘n beoordeling van 30%, met dienverstande dat ‘n kondonering slegs een maal toegepas magword.(g)Leerders wat een van die volgende Musiekprogramme, siekeksamen of Trinity College of London PraktieseMusiekeksamen of Unisa Praktiese Musiekeksamen aanbied,moet aan die volgende vereistes voldoen:(i)Die Associated Board of Royal Schools PraktieseMusiekeksamen: ten minste 65%.(ii)Trinity College of London Praktiese Musiekeksamen:ten minste 65%.9

(iii)12.Unisa Praktiese Musiekeksamen: ten minste 50%.Konsessies(1)Immigrante(a)‘n Immigrante kandidaat enwoordiger van ‘n vreemde regering geakkrediteerin Suid-Afrika; of(ii)‘n persoon wat:(aa)Vir die eerste keer by ‘n Suid-Afrikaanse skool inGraad 7 of ‘n meer senior graad ingeskryf het, of(bb)sy of haar onderrig in ‘n skool in Suid-Afrikabegin het, en toe ‘n skool buite Suid-Afrika virtwee of meer aaneenlopende jare na Graad 6, ofdie ekwivalent daarvan, bygewoon het.(iii)‘n Immigrante kandidaat, soos hierbo bedoel, mag slegseen (1) amptelike taal op ten minste Eerste AddisioneleTaalvlak aanbied en ‘n beoordeling van 30% in daardietaal behaal, met dien verstande dat ‘n ander vak uitGroep B in die plek van die taal wat nie aangebied is nie,gekies word, met dien verstande voorts dat eistes soos bedoel in paragraaf 11(1)(e).10

(iv)In stede van ‘n ander vak uit Groep B in die plek van dieeen amptelike taal wat nie aangebied is nie te kies, mag‘n immigrante kandidaat sy of haar Huistaal in die plekvan daardie een amptelike taal aanbied, onderworpe aandie volgende:(aa)Indien sodanige taal is op Huistaalvlak in TabelB4 in Bylaag A gelys.(bb)In die afwesigheid van die Huistaal van dieimmigrant in Tabel B4 in Bylaag A, magsodanige kandidaat sy of haar huistaal op die ALevel van die General Certificate of Education(GCE) van die Verenigde Koninkryk, of ‘neksamenwatdeurdieDepartementvanOnderwys as ekwivalent aan Huistaalvlak erkenword vir hierdie doeleindes aanbied.(v)Om as ‘n immigrante kandidaat geklassifiseer te word,moet sodanige kandidaat in besit wees van:(aa)Die relevante amptelike dokumentasie soos deurdie Departement van Binnelandse Sake uitgereiken(bb)Die toepaslike amptelike dokumentasie uitgereikdeur die skool waar die leerder die SuidAfrikaanse skoolstelsel vir die eerste keer betreehet.11

(2)Leerders wat leerstruikelblokke ondervind(a)Die volgende konsessies mag van toepassing wees op leerderswat leerstruikelblokke ondervind:(i)Dowes mag een (1) amptelike taal op Eerste Addisionelevlak aanbied, met dien verstande dat ‘n ander vak uitGroep B aangebied word in die plek van die taal wat nieaangebied is nie, met dien verstande voorts dat sodanigeDowe kandidate voldoen aan die bevorderingsvereistes,soos bedoel in paragraaf 11(1)(e).(ii)Leerders wat wiskundige gestremdhede soos dyscalculiaondervind, mag kwytgeskeld word van die aanbiedingvan Wiskundige Geletterdheid of Wiskunde, met dienverstande dat ‘n ander vak uit Groep B aangebied wordin die plek van Wiskundige Geletterdheid of Wiskunde,met dien verstande voorts dat sodanige kandidaatvoldoen aan die bevorderingsvereistes, soos bedoel inparagraaf 11(1)(e).(iii)Witskrif 6: Spesiale Onderwysbehoeftes: Die Vestigingvan ‘n Inklusiewe Onderwys-en Opleidingstelsel uikelblokke ondervind.12

HOOFSTUK 3ASSESSERING13.Assessering in Graad 10 en 11(1)Leerders sal intern in ooreenstemming met die vereistes soosgespesifiseer in die Vakassesseringsriglyne, geassesseer word.Dieinterne assesseringspunt toegeken aan assesseringstake wat gedurendedie skooljaar voltooi is, sal 25%, en die jaareindeksamenpunt 75%, totdie groottotaal bydra.(2)Die jaareindeksamenpunt moet, soos in die Vakassessringsriglyneuiteengesit, uit take wat intern opgestel, nagesien en gemodereer is,bestaan.14.Assessering in Graad Vakassesseringsriglyne, 25%, en die eksterne assesseringspunt 75%, totdie groottotaal bydra. Hierdie bepaling is van toepassing op voltydse,deeltydse en privaat kandidate.Die interne assessering sal eksterngemodereer word.(2)Die gewigstoekenning vir assessering van die vak Lewensoriëntering inGraad 12 is egter ‘n uitsondering. Die interne assesseringskomponentsal 100% tot die groottotaal bydra en dit sal ekstern gemodereer word.13

15.Rekordhouding en rapporteringSewe bevoegdheidsvlakke is vir elke vak in die Vakassesseringsriglynebeskryf. Hierdie beskrywings sal onderwysers help om leerders te assesseer enhulle op die regte vlak te gradeer. Die onderskeie prestasievlakke en hulleooreenstemmende persentasie-intervalle word in Tabel 1 hieronder getoon.Onderwysers/eksaminatore mag van puntetoekenning of persentasies na diemetingskode werk, of van die metingskodes na persentasies.TABEL 1: PRESTASIESKAAL VIR DIE NASIONALEKURRIKULUMVERKLARING GRAAD 10-12 nde prestasie80 – 1006Verdienstelike prestasie70 – 795Beduidende prestasie60 – 694Voldoende prestasie50 – 593Matige prestasie40 – 492Basiese prestasie30 – 391Ontoereikende prestasie0 – 29Aanvullende eksamens(1)‘n Aanvullende eksamen sal in die volgende gevalle toegelaat word:(a)Indien ‘n Graad 12 voltydse kandidaat nie aan die minimumsertifiseringsvereistes, soos bedoel in paragrawe 11 en 12, indie finale eksterne eksamen voldoen nie, maar slegs twee vakkebenodig om ‘n Nasionale Senior Sertifikaat te verwerf, mag hyof sy vir ‘n maksimum van twee vakke vir die aanvullendeeksamen gedurende die volgende jaar registreer. Hierdie twee14

vakke moet vakke wees waarin die kandidaat gedurende dievorige Oktober/November eksamen geskryf is.(b)Indien ‘n Graad 12 deeltydse of privaat kandidaat nie aan dieminimum bevorderings- of sertifiseringsvereistes, soos bedoel inin paragrawe 11 en 12, in die finale eksterne eksamen voldoennie, maar slegs een vak benodig om ‘n Nasionale SeniorSertifikaat te verwerf, mag hy of sy vir ‘n maksimum van eenvak registreer vir die aanvullende eksamen gedurende dievolgende jaar.Hierdie vak moet ‘n vak wees waarin diekandidaat gedurende die vorige Oktober/November eksamengeskryf is.(c)In uitsonderlike gevalle waar kandidate medies ongeskik is en asgevolg daarvan afwesig was van een of meer eksterne eksamens,kan die aanvullende eksamen beskou word as deel van dieselfdeeksamensitting.(d)‘n Kandidaat wat sy of haar prestasie in die jaareindeksamen wilverbeter, mag vir ‘n maksimum van twee vakke in dieaanvullende eksamen registreer.(e)Toelating tot die aanvullende eksamen is onderworpe aan dieoordeel van die Departementshoof.(f)In gevalle (a) tot (e) hierbo sal die interne assessering van dieGraad 12-jaar gebruik word, insluitende praktiese/mondelingeassesseringspunte waar toepaslik.15

HOOFSTUK 4TYDSTOEWYSING VIR VAKKE17.Inleiding(1)In terme van artikel 4 van die Wet op die Indiensneming vanOpvoeders, 1998 (Wet No. 76 van 1998) moet alle skoolgebaseerdeopvoeders by die skool wees gedurende die formele skooldag. Elkeskooldag moet ten minste sewe uur lank wees en dus 35 uur per weektoelaat.(2)Die kontaktyd vir die onderrig van die NKV Graad 10-12 (Algemeen)vir Graad 10, 11 en 12, uitgesluit die tyd toegewys aan pouses,saalbyeenkomste en buitemuurse bedrywighede, sal 27,5 uur per weeklank wees.18.Tydstoewysing(1)Die 27,5 uur kontaktyd vir onderrig per week moet soos volg benutword:(a)Tale: 9 uur per week, dit is 4,5 uur per week vir elk van die tweetale;(b)Wiskundige Geletterdheid of Wiskunde: 4,5 uur per week;(c)Lewensoriëntering: 2 uur per week; en(d)Tydstoekenning vir die Groep B-vakke (12,0 uur): 4,0 uur perweek behoort toegeken te word aan elk van die drie Groep Bvakke.16

(2)Tabel 2 bied ‘n opsomming van die tydstoewysings.TABEL 2: OPSOMMING VAN DIE TYDSTOEWYSINGS AAN VAKKE VIRDIE NSS GRAAD 10-12 (ALGEMEEN)VakTydstoew

voorvereistes vir die toekenning van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) op Vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR). Die NSS sal toegeken word vir die bereiking van die uittreeleeruitkomste soos gestipuleer in die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Graad 10-12 (Algemeen). (2) Hierdie beleid is gebaseer op die norme en standaarde waaraan alle assesseringsliggame ingevolge .

Related Documents:

nasionale senior sertifikaat-eksamen aanvullingseksamen - maart 2019 besigheidstudies: vraestel ii . nasionale senior sertifikaat: besigheidstudies: vraestel ii . nasionale senior sertifikaat: besigheidstudies: vraestel ii - aanvullingseksamen bladsy 4 van 5

nasionale senior sertifikaat-eksamen november 2019 besigheidstudies: vraestel i eksamennommer . nasionale senior sertifikaat: besigheidstudies: vraestel i bladsy 3 van 24 . nasionale senior sertifikaat: besigheidstudies: vraestel i bladsy 4 van 24

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AD 12. Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2017 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief. INSTRUKSIES EN INLIGTING . In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon: Gebruik van die korrekte kunsterminologie Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke Skryf en navorsing in 'n geskiedkundige en kulturele konteks .

NOVEMBER 2019 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12. Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2019 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50) 2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B. 3. Skryf in die taal waarin jy .

nasionale senior sertifikaat: afrikaans eerste addisionele taal: vraestel i bladsy 9 van 20 ieb copyright 2017 blaai asseblief om afdeling b opsomming

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. FEBRUARIE/MAART 2018 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 . Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n 12 bladsy-bylae. GRAAD 12 GEOGRAFIE V1 MODEL 2012 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10. Geografie/V1 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. .

Additif très dangereux E249 : Nitrite de potassium . Conservateur chimique. Risques : essoufflements, vertiges, maux de tête, chez les nourrissons les nitrites peuvent provoquer la mort par asphyxie car ils empêchent les globules rouges de transporter l'oxygène, cancérigène. Très répandu dans les charcuteries, les salaisons, le foie gras et le bacon traité, MÊME DANS LES .