Aanbevole Klasleesboeke Vir Graad 7-11 - Klaskameraad

3y ago
120 Views
6 Downloads
785.11 KB
9 Pages
Last View : 1m ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Oscar Steel
Transcription

Aanbevole klasleesboeke vir graad 7-11TitelSkrywer & kort beskrywingAl wat ek weet(studiegids beskikbaar)Marita van der 551367HT7-8EATR1551287HT8-9EAT’n Eg Suid-Afrikaanse tienerverhaal oor ’nsukkelende pa-en-seun-verhouding en diereddende krag van woorde. Marita van der Vyverskryf oortuigend en boeiend oor die wêreld vanperformance poetry en die hoofkarakter, Gabriel,se pogings om ná sy ma se dood sin te maak vandie wilde draaie wat die lewe partykeer met ’nmens gooi.Naaswenner: LAPA- jeugromankompetisie 2015.ISBN: 9780799378993As mens geluk kon proe(studiegids sal voor 2019beskikbaar wees)Zelda BezuidenhoutArnelia is vasbeslote om ’n nuwe blaadjie by haarnuwe skool om te slaan. Toe sy en haar nuwevriende ’n ou goudgeel kombi in ’n mobieleeetplek omskep, is dit die begin van ’n wipwaavontuur vol vriendskap en romanse. ’n Heerliketienerverhaal propvol humor en deernis, watbewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.Naaswenner: LAPA- jeugromankompetisie 2017.ISBN: 9780799389470Die perfekte brander en anderverhale (kortverhale, studiegidssal voor 2019 beskikbaar wees)Saamgestel deur Adinda Vermaaken Marieta NelStories oor die pyn en vreugdes van verlief wees.Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagingsvan jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of ’ntraan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voelom sestien te wees. Hierdie versameling bevat 27stories deur van die bekendste skrywers inAfrikaans, en ’n paar opwindende nuwe stemme.ISBN: 9780799383805Dinge wat ek nie van skapegeweet het nie (studiegids salvoor 2019 beskikbaar wees)Jaco JacobsAs jy op die ingewing van die oomblik ’n skaapby ’n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weerdieselfde wees nie . Hierdie humoristiese,hartroerende tienerboek sal jou anders laat kyk nadie dinge wat die lewe die moeite werd maak.ISBN: 9780799384512Oor ’n motorfiets, 'n zombiefliek(gratis studiegids beskikbaar,daar is ook ’n fliek van dieboek gemaak – Nul is nie niksnie)Jaco JacobsMartin Retief se hele lewe verander toe sy pa eenmiddag stilhou om aandete te koop. Maar danontmoet Martin vir Drikus. Drikus wat aan ’n siektely en sy eie zombiefliek wil maak. Wat volg is ’navontuur vol skouhoenders, skelms, mooi meisies,wiskunde, kammabloed en zombies.ISBN: 9780799362404

Die sewentiende veerNanette van Lara werk in haar vrye tyd by ’n tatoeëersalon, enwonder soms oor die pa wat sy nooit gehad hetnie. Alex het in ’n kinderhuis grootgeword en het ’nvreemde fassinasie met uile. Lara weet dit nog nie,maar haar en Alex se stories is op die punt om virewig verstrengel te word. En alles begin met ’nboks vol briewe wat sy in ’n hoededoos op haarma se kas ontdek.Naaswenner: LAPA- jeugromankompetisie 2017.ISBN: 9780799389418Ek was hier (gratis studiegidsbeskikbaar)Nanette van RooyenFrankie is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sywonder oor Milan, die geheimsinnige, stil ou inhaar klas met die swart hare en bleek vel. En sywonder oor die papier-rot en die Banksy-boek watsy een oggend buite haar venster kry. Milan neemkitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soosPink Floyd en Led Zeppelin en maak snags stensils.Hy wonder wat deesdae met hom aangaan – is hysiek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin dieoomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesienhet.Wenner: LAPA- jeugromankompetisie 2011.ISBN: 9780799354966’n Goeie dag vir boomklim(gratis studiegids beskikbaar)Jaco JacobsMarnus beland saam met Leila bo in ’n boom in ’ndesperate poging om te keer dat dit afgekapword. En uiteindelik kry Marnus ’n kans omraakgesien te word ’n Humoristiese,aangrypende grootwordverhaal vol onvergeetlikekarakters.ISBN: 9780799373967’n Hart vol sandAnzil Kulsen’n Boeiende jeugroman wat enersyds ’n blik biedop die realiteite wat jong mense op ’n klein,plattelandse gemeenskap in die gesig staar, maarterselfdertyd ook ’n vermaaklike verslag is van ’njong, bedorwe stadsmeisie se ervaring van eersteliefde en haar ontdekking van haar kultureleerfenis.ISBN: 978079936674713 Spookstories (kortverhale)Francois Bloemhof, Jaco Jacobs &Fanie ViljoenGlo jy in spoke? Is daar regtig allerleibangmaakgoed wat in die nag rondloop? Maakdig toe die gordyne, kom in jou bed, trek die duvetstyf om jou skouers en laat die 13 stories inhierdie boek jou koue rillings gee!ISBN: 9780799346572Aksieheld AustinFanie ViljoenEwald is baie opgewonde toe hy die rol vanAksieheld Austin in ’n fliek losslaan. Maar iets is niepluis op die filmstel nie. Dit lyk asof ’n regte skurkdie rolprent probeer saboteer. As Ewald die fliek wilred, sal hy so dapper soos ’n REGTE aksieheld moetwees .ISBN: 9780799366327

Betower - die drama(FET-skooluitgawe met vrae enaktiwiteite agterin)Fanie 27HT7EATR135727HT8-9EATR1651609EATNadia het ’n geheim. Dit is die rede waarom sy indie Magoebaskloof moet gaan bly. Hier ontmoetsy vir Poenk. Bos-Poenk. Geheimsinnige Poenk.Poenk wat haar leer hoe paddaeiertjies ruik. Wathaar wys wat daar kleure soos ritselgroen,bangmaakgroen, fluistergroen, kieliegroen enflikkergroen bestaan. Poenk wat vir haar gedigtelees en vir haar sprokies vertel. Poenk wat self ’ngeheim in hom ronddra. Verwerking van dienaaswenner in LAPA se jeugromankompetisie(2011).ISBN: 9780799375398Die meisie op die dakCecilia SteynEstelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens dieding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens syhoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoetEstelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuisse dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haardalk weer in wonderwerke kan laat glo.ISBN: 9780799377248Die rooikop, die leeu en diehandgranaatAnnelie FerreiraDie afgelope tyd voel dit vir Adele asof ’n groothand haar wêreld gevat en dit geskud het. Sedertdie begin van die jaar vaar sy skielik vrot in kuns. Bydie huis voel dit asof dinge ook skielik verander. Endit alles begin die middag toe sy van die skool afkom en ’n leeu in hulle tuin ontdek .ISBN: 9780799383614Die swakste restaurant in dieheelal (kortverhale)Jaco JacobsKom eet by die swakste restaurant in die heelal,vind uit hoe om toonkonfyt te maak, of gee virtannie Breggie ’n soentjie – as jy dapper genoeg is.GIGGEL, GIL, BRUL, PROES, SNORK en SKATER vandie lag met hierdie versameling skreeusnaaksestories uit die pen van Jaco Jacobs. Hierdie bundelkortverhale bevat tien stories wat gewaarborg isom jong lesers se lagspiere oortyd te laat werk.ISBN: 9780799388817DromersFanie ViljoenDans is Byron Carelse se hele lewe. Dit is sy energie,sy passie, sy geluk . sy vonk. Wanneer die ritme sylyf beetkry, vergeet hy van die probleme wat bydie huis op hom wag.Sy beste vriendin, Tasha, sê altyd hy moenietoelaat dat ander mense sy vonk steel nie. Maar syweet nie van die dinge wat by sy huis gebeur nie.En dalk is dit beter so. Wat sal sy van hom dink?ISBN: 9780799383621Ek jyNerine Ahlers & Alet SteenkampNadat haar vorige ou haar verkul het, besluitAnnabelle sy stel nie meer in ouens belang nie.Maar dan ontmoet sy ’n blouoog-hunk wat haarlaat twyfel . Moet sy dalk weer ’n ou ’n kans gee,of gaan sy weer seerkry?ISBN: 9780799362817

Gerook (gratis studiegidsbeskikbaar)Eldridge 608-9HT9-10EATR135887-8HT8-9EATR1551688-9EATCobie het lank uitgesien na die Desemberskoolvakansie. Om ’n paar weke by sy ouma opVaalberg te kom bly, was egter beslis nie deel vansy vakansieplanne nie. Maar dié Weskusdorpie isnie heeltemal so vaal en vervelig soos sy naam sênie . Is dit sy verbeelding, of hou iemand homdop? Wie is die geheimsinnige Lady Zee wat homskielik op Mxit kontak? En is dit waar dat Vaalbergsaans ná sononder in ’n gevaarlike tik-nesverander?ISBN: 9780799362145Gevaarlike lopies(CAPS-skooluitgawe met vrae enaktiwiteite agterin)Jaco JacobsHenk kan nie wag vir die kriekettoer om te beginnie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam metjou vriende die land plat te toer en die eenkrieketwedstryd na die ander te speel!Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie‘n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer bydie span se bussie inbreek? Is daar regtig iemandwat snags in die koshuisgange rondsluip, of is ditHenk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of diekriekettoer in ‘n nagmerrie gaan ontaard ISBN: 9780799359794Kaptein verdwynFanie ViljoenWat sal jy doen as jy onsigbaar kan raak?Kyle is moeg daarvoor dat die skoolboelie op hompik. Toe hy ’n nuwe selfoon kry, laai hy ’n vreemdeapp af – een wat belowe om jou onsigbaar temaak! Kort voor lank verander Kyle in ’n superheld:Kaptein Verdwyn! En hy besluit dit is tyd om dieboelie ’n les te leer ISBN: 9780799379044Kate in harmonieJacolet van den BergKate se lewe word op sy kop gekeer toe haargesin van Johannesburg na ’n plaas in die Paarldistrik verhuis. Maar Kate die stadsjapie is uit diestaanspoor gefassineer deur Harmonie, diebefoeterde hings met die vurige oë. En toeHarmonie se toekoms in die weegskaal beland,moet Kate die dapperste ding van haar lewedoen ISBN: 9780799388756Liefde laat jou Rice Krispiesanders proeTania BrinkMarzanne Odendal is 'n uitgeproke tiener watdaarvan droom om 'n beroemde verslaggewer teword, wat sonder die verpligtinge van 'n man enkinders, eendag rondom die wereld kan reis opsoek na opwinding en avontuur. Maar danontvang sy 'n anonieme liefdesgedig per e-pos enstadig maar seker begin ons heldin se hartverkrummel.ISBN: 9780799340853Koue rillingsFrancois Bloemhof, Jaco Jacobs &Fanie ViljoenOntmoet die Rotman met sy verslete jas en sy oogwat lyk soos ’n ou wond wat lankal gesondgeword het .Kom ry saam op ’n baie spesiale mallemeule, waardie kinders se gille van plesier snags omsit inangsgille .En vind uit wat gebeur as jy laatnag in Slangriviergaan swem .Hierdie versameling grilstories sal jou koue rillingsgee!ISBN: 9780799362107

KondensmelkAnder titels in die Elle-reeks: Koshuiskoffie Blou sjokolade Franse Vlegsel Duinebesies Rocksusters Middernagklub StrikdansChristien aaklig. Dis hoe Elle voel oor dievakansie wat voorlê. En daar is ’n paar baiegoeie redes waarom sy so voel:1.Beskaafde mense hou nie vakansie in ’n tentin die diepste bosse van Botswana nie.2.Sy mis haar twee beste vriende, Estelle enChanelle, en die winkels en partytjies in diestad.3.Zero selfoonontvangs.4.Die familie en haar pa en ma seuniversiteitsvriende, die Mosterts, kom sak enpak saam.5.Die Mosterts se twee irriterende,beterweterige, chauvinistiese,kondensmelkdrinkende seuns, Divan en Alex.Twee dorpsjapies. Twee koshuisbrakke. Wathaar boonop ignoreer. Vir háár, Elle-Belle.Geen normale ou met gesonde hormone hethaar nog ooit geïgnoreer nie.Maar in die bosse van Botswana ontdek Elleboonop ’n nare geheim oor haar ouers . en teenwil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken.ISBN: 9780799347623Kupido.comAnnabel AllersLéa kan dit nie help nie – die hoofseun, PhilipCronjé, laat haar hart tjoklits klop.Nie dat dit regtig saak maak nie, want Léa weet ’nou soos Philip sal nie eens twee keer na ’n vaal,vervelige meisie soos sy kyk nie. Maar dan skephaar beste vriendin, Kaylie, vir haar ’n vals profielop Kupido.com, ’n kletskamer waar jy veronderstelis om die liefde van jou lewe te ontmoet. En kortvoor lank is daar iemand wat met Léa wil gesels –Philip!ISBN: 9780799383829Nova 1: Die Begin (gratisstudiegids beskikbaar)Fanie ViljoenVreemde goed gebeur op die dorpie Nova. Dieweermag is besig met geheimsinnige projekteagter hoë heinings. Lucas en sy vriende hetontmoetings met ruimtewesens en Lucas wordvasgevang in ’n nagmerrieagtige, donkerruimteskip waar aaklige goed met hom gebeur.ISBN: 9780799349801Om te dansNoreen NolteSkaars drie maande terug was Lisa se lewe nognormaal. Hulle was ’n gesin, sy het vriende gehaden sy het geléwe vir ballet. Maar toe veranderalles in ’n oogwink.Ná die bom bars, gaan haar ma vir drie maandeoorsee, en Lisa moet by haar eksentrieke oumagaan bly wat pienk tekkies dra en glo in lysiesmaak. Sy moet probeer aanpas in ’n nuwe skoolwaar alles onbekend is. En sy moet probeer vredemaak met wat gebeur het.ISBN: 9780799380194Ouens is nie pizzas nie!Tania BrinkAnja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in'n pizzarestaurant by die see. Anja steur haar soosgewoonlik nie aan al Zanelle se praatjies oorouens of aan die tydskrifartikels wat sy lees nie soos die een oor ouens en pizzas ISBN: 9780799354942

Perfek (CAPS skooluitgawe metvrae en aktiwiteite agterin)Jaco HT10-11EATR135968-9EATR1651607-8HT9-10EATBlonde hare . Helderblou oë . ’n Skitterwitglimlag . Natasja is perfek. Dit besef Jak dieoomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy isnet ’n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooistemeisie in die skool se aandag trek? Julia, sy bestevriendin, het ’n plan .ISBN: 9780799359831Permanente ink (gratisstudiegids beskikbaar)Carina Diedericks-HugoKaapstad word deur 'n reeksmoordenaar geteister.Die Romeo-en-Juliet-moordenaar se slagoffers isalmal tieners. Verliefde paartjies. En almal word opdieselfde manier gevind: die lyke langs mekaarneergelê, hul hande inmekaargevleg. Die meisieshet 'n steekwond aan die bors en die seuns isvergiftig. Terwyl die polisie probeer om diemoordenaar vas te trek, beland 'n groepieniksvermoedende tieners in 'n gevaarlike web watal stywer span .Naaswenner: LAPA- jeugromankompetisie 2011.ISBN: 9780799352382Skreeu en ander verhale(kortverhale, studiegidsbeskikbaar)Saamgestel deur Adinda Vermaaken Marieta NelSoos ’n vuishou in die maag. So tref hierdie bundelkortverhale vir tieners jou. Van die bekendsteskrywers in Afrikaans span saam vir ’n boeiendeleeservaring. Al die stories in hierdie bundel heteen ding gemeen – hulle is uit die perspektief vanhedendaagse jongmense geskryf en takel kwessieswaarmee tieners hulle sterk kan vereenselwig. Die30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel isgeskryf deur 22 uiteenlopende skrywers – vanbekende skrywers soos Jan van Tonder, RianaScheepers, Martie Preller en Jaco Jacobs totopwindende nuwe stemme soos Lydia du Plessis.ISBN: 9780799370744Spring (CAPS skooluitgawe metvrae en aktiwiteite agterin)Fanie ViljoenHoe ver sal jy gaan om die meisie van jou dromete beïndruk? Wat sal jy doen om jou beste vriendse lewe te red? Rudi en Steven maak ’n snaaksevideo. Die soort dom video wat jy maak om ’nmeisie te probeer beïndruk. Kort voor lank het hullehope aanhangers op YouTube. Hulle kry selfs ’nbynaam – die Vidiote. Maar dan ontmoet hulle virMarco. Marco het planne. Opwindende planne.Gevaarlike planne. Planne om die Vidiote setoertjies beter en waaghalsiger te maak. En danloop dinge skeef .ISBN: 9780799359848Suurlemoen! (gratis studiegidsbeskikbaar, daar is ook ’n fliekvan die boek gemaak)Jaco JacobsDaar is 'n paar basiese reëls wanneer jy jou eersteband begin .1. Besluit vooraf watter soort musiek julle wil maak.2. Neem jou tyd om lede vir jou band te kies.3. Moenie op iemand in jou eie band verlief raaknie.Ons het al die reëls oortree .ISBN: 9780799342352

Sterkykers (gedigte)Saamgestel deur Jaco 7-8HT8-9EATR145687-11HT7-11EATSkryf ’n liefdesbrief.Bemeester die kuns van hande vashou.Vuisstamp die lewe voluit.Lag soos die mense in advertensies.Raak onsigbaar.Twiet vir iemand ’n vers.Hierdie bundel vars, verrassende gedigte virtieners bou voort op die suksesvolle Toulopers.Bekende digters en skrywers soos Koos Kombuis,Ronelda S. Kamfer, Nathan Trantraal, AnnieKlopper, Fanie Viljoen, Izak de Vries en JacoJacobs span kragte saam met opwindendenuwelinge soos Deon Meiring (hoofsanger van diegroep Glaskas), Solette Swanepoel, Donnay Torren Danie du Toit (sanger en liedjieskrywer van diegroep Spoegwolf) in ’n opwindende digbundelwat spesiaal saamgestel is om hedendaagsejongmense se leefwêreld te weerspieël.ISBN: 9780799372755Sweef en ander verhale(kortverhale, studiegidsbeskikbaar)Saamgestel deur Adinda Vermaaken Marieta NelAl die verhale in Sweef het een ding gemeen - ditis spesifiek gefokus op tieners en hul belewenis vandie wêreld. Daar is stories wat jou sal laat dink endroom, stories wat jou sal laat ril en raai, enbowenal stories wat jou sal laat . sweef.ISBN: 9780799345520Thomas@sms.net (CAPSskooluitgawe met vrae enaktiwiteite agterin)Carina Diedericks-HugoMet hierdie reeks klim Carina Diedericks-Hugo methaar heerlike humoristiese skryfstyl en spannende,eietdse storielyne in die koppe en harte vantieners. Haar wenresep is ’n mengsel van aksie,humor, uiteenlopende karakters en selfs ’n tikkieromanse sodat seuns- en meisielesers ewe sterk bydie reeks kan aanklank vind. Geen wonder datThomas@moord.net al in sy 20ste druk is nie!ISBN: 9780799359817Ook beskikbaar in die Thomas@-reeks(slegs gewone uitgawe, nie skooluitgawe): Thomas@geraamte.net Thomas@moord.net Thomas@nagmerrie.net Thomas@rock-ster.net Thomas@skerpioen.net Thomas@sms.net Thomas@vrees.netToulopers (gedigte, studiegidsbeskikbaar)Saamgestel deur Jaco JacobsDie 54 gedigte in Toulopers is almal splinternuut enis geskryf met tieners van 13 tot 15 jaar in gedagte.Van ernstiger temas tot glimlagverse, van rebelsegedigte tot dolverliefde SMS-poësie – al diebydraes in hierdie bundel is met een doel voor oëgekies: om tot moderne tieners se leefwêreld tespreek.ISBN: 9780749627993

VirusJaco 10-11EATR115727-8EATR1551527HT8EATBly weg van daardie goed wat in die strateronddwaal. Selfs al lyk hulle soos jou familie envriende, jou buurman of buurvrou, die ou of meisieop wie jy jou hart verloor het. As jy gelukkig is,verskeur hulle jou binne sekondes. As jy nie sogelukkig is nie en dit oorleef . wel, dís die scarydeel.ISBN: 9780799344592Vis en Tjips (CAPSskooluitgawe met vrae enaktiwiteite agterin)Jaco JacobsWatter soort ou breek by ’n akwarium in? En verfgraffiti teen die muur? Of gooi bottels en andergemors in die dolfyntenk? Kevin Pieterse, dis wie.Kevin is moeilikheid met ’n hoofletter “M”. As strafvir sy vandalisme moet hy gemeenskapsdiens bydie akwarium doen. Crystal kan nie glo sy moet diehele Desembervakansie in sy gesig vaskyk nie. Sywens hy beland pens en pootjies in die haaitenk.Maar dan ontmoet Kevin vir Ginger die dolfyn. Endit is liefde met die eerste oogopslag .ISBN: 9780799359800WegNerine Ahlers en Alet SteenkampNiekie word in ’n vreemde bed wakker metkneusplekke aan haar gesig en kabelbinders watin haar polse en enkels insny. Sy weet haarontvoerder is van plan om haar dood te maak.Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer haarkêrel, Zack, die raaisel van haar ontvoering oplos.ISBN: 9780799388824Zackie Mostert druk 'n drie(CAPS skooluitgawe met vraeen aktiwiteite agterin)Jaco JacobsGranaatstraat is ’n straat nes enige ander straat.Wel, nie heeltemal nie . Dis immers die straatwaarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is,gebeur altyd iets opwindends.Zackie en Vincent sien baie uit na die rugbytoer.Selfs al speel hulle nie vir die A-span nie. En selfs aldra hulle span se afrigter lipstiffie! Maar dan worddie rugbytoer afgestel, en almal dink dis Zackie seskuld .ISBN: 9780799359824Die leeutemmer se assistantSolet ScheeresMartjie beland saam met ’n leeu in een van diePagel-sirkus se treintrokke – en nadat sy die mensevan die sirkus leer ken, weet sy dat haar lewe nooitweer dieselfde sal wees nie. Hierdie aangrypende,aksiebelaaide verhaal is losweg op die geskiedenisvan die beroemde Pagel-sirkus geskoei.ISBN: 9780799379143

Zita (gratis studiegidsbeskikbaar)Anzil 1EATR15513610HT10-11EATAlles by haar nuwe skool is vir Zita vreemd. Diekinders, die kos die sport, selfs die skoolwerk. Syverlang terug na Kieriekroek waar sy grootgewordhet - 'n plek wat net soveel kleurvolle karakters hetas wat hy swaarkry het. Dis net die gedagte aanWaldo by die nuwe sk

Liefde laat jou Rice Krispies anders proe Tania Brink Marzanne Odendal is 'n uitgeproke tiener wat daarvan droom om 'n beroemde verslaggewer te word, wat sonder die verpligtinge van 'n man en kinders, eendag rondom die wereld kan reis op soek na opwinding en avontuur. Maar dan ontvang sy 'n anonieme liefdesgedig per e-pos en

Related Documents:

Graad-gids vir ouers Graad 7 1 Graad 7 7.1 Ons visie vir graad 7 Hierdie gids vir Graad 7 is nie ‘n beleidsdokument nie.Elke klas is anders, verskillende onderwysers bied vakke verskillend aan, en

(b) Onderrigtyd vir Graad R, 1 en 2 is 23 uur en Graad 3 is 25 uur. (c) Onderrigtyd vir Tale in Graad R-2 is 10 uur en vir Graad 3 is 11 uur. ’n maksimum tyd van 8 uur en ’n minimum tyd van 7 uur word aan huistaal toegeken. Vir Addisionele Taal word ’

Afrikaans lê die ATKV na aan die hart en ons en die Beter Afrikaans-span nooi jou uit om jou liefde vir en kennis van Afrikaans met dié kompetisie te vier. KATEGORIEË Afrikaans Huistaal Graad 3 Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7 Graad 8 en 9 Graad 10 tot 12 Volwassenes Afrikaans

8 en 9. Graad 7 Graad 8 Graad 9 Onderwerp 3: Interpretasie en opvoering van „n keuse van dramatiese vorms Lys die dramatiese vorms wat in Graad 7, 8 en 9 bestudeer word. Graad 7 Graad 8 Graad 9 Onderwerp 4: Waardering en besinning Dui aan hoe u sal verseker dat u leerders die inhoud en vaa

Skeppende Kunste 6 Lewensoriëntering 7 Wiskunde 8 Natuurwetenskappe 9 Sosiale Wetenskappe 10 Tegnologie 11 6. Hoe jy te werk moet gaan om jou vakke vir graad 10 te kies. 12 7. Assessering: JNA en Sistemiese Assessering vir graad 9 leerders 12 8. Jy is nou op pad na die VOO fase 13 9. Hoe

C Skryfbehoeftes vir die teorie-eksamens (iv) D Hernasien, Punteverslag en Eksaminatorsverslag (iv) NOTAS TOV SOLFANOTASIE: Voorgraad 1 – Graad 3 (v) VOORGRAAD 1 1 . GRAAD 1 4 . GRAAD 2 9 . GRAAD 3 14 . GRAAD 4 20 . GRAAD 5 26

Daar is 60 Loebi die drakie stories, 12 boekies vir elke ouderdomsgroep. Die stories is geskryf as voorlees stories vir kleuters, maar Graad 1 en Graad 2 maats geniet dit om die stories self te lees! Hierdie storie is storie 3 vir die 3-4 jarige kinders in ons aktiwiteitsklub. Koop vir julle Loebi stories hier

Cracknell, P Carlisle : Historic Building Survey and Archaeological Illustration (HBSAI), 2005, 21pp, colour pls, fi gs, refs Work undertaken by: Historic Building Survey and Archaeological Illustration (HBSAI) SMR primary record number: 1593 Archaeological periods represented: PM. Archaeological Investigations Project 2005 Building Survey North West (G.16.2118) {EC17F9C4-61F0-4672-B70D .