Hoop, Glo & Lééf - Radio Pretoria

3y ago
65 Views
7 Downloads
7.28 MB
40 Pages
Last View : 23d ago
Last Download : 2m ago
Upload by : Mya Leung
Transcription

LééfHoop, glo &in AfrikaansklankkoeranttsharSó klop ons nuuAfrikaansLourens: Vreeslose* Cerneelsvegter teen verengelsingkuier by die koning van* OnsAfrikaansekinderboekeMengelmoeskardoes* vanmusiekmeningstrippel op* Taalal meer tongeSkildklierKlein orgaanmet grootimpakREFORMASIE:Ná 500 jaarbrand vlamsteeds hoogVASBYT-TYDSKRIF HERFS 2017www.pretoriafm.co.za 104.2 MHz DStv-oudiokanaal 887woordspeletjies boeke sakpaskos kortverhaal

HERFS 2017INHOUD456812161821FOKUSLaat ons lééf terwyl ons leweWat’s nuut op Pretoria FM?VASBYTER222427Cerneels Lourens:Verbete vegter teen verengelsing28Mengelmoeskardoes van musiekmenings30Taal trippel op al meer tonge32Reformasie: Ná 500 jaar brand vlam steeds34Jaco Jacobs: SA se kinderboekkoning38Koffie, kuier en kos saam met Kraal39WARMPATATTONGVALHISTORIESE DAGBOEKWOORDMEESTERBOEKRAKOP DIE LUGKlankkoerant: Só klop ons nuushartElke staalreus vertel ’n storiePretoria FM-span kuier rond én staan bontGESONDHEIDABC van jou skildklierBREINBIELIESToets jou kennis met ons woordspeletjiesKORTVERHAALDie liefde is mos ’n vreemde dingKUIERKOMBUISSakpaskos vir die hele gesinWÊRELDWYD‘Ek bly ’n Afrikaner, al is dit in Brisbane’BOEKEVATSing tot eer van die opgestane Here Hoop, glo & LÉÉF in Afrikaans

FOKUSLaat ons lééf terwyl ons lewe“Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van diedinge wat ons nie sien nie. Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van dieou tyd met soveel lof getuig is. Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord vanGod geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.”Met hierdie woorde somHebreërs 11:1-3 diewese van die Christelikelewe op. Om te glo, isom hoop te hê en sekerte wees van daardie hoop – om met oortuigingskrag te werk aan dinge wat nogonsigbaar is.Dit is geloof wat die helde uit diegeskiedenis onderskei van mense wie sebydrae bloot van verbygaande aard is.Ons het ook hedendaagse helde. Mensewat glo aan iets wat hulle nie kan sien nie,maar sterk genoeg daaraan glo dat hulleonvermoeid daaraan werk. Wat daarinslaag om ʼn prentjie te sien waar ander netonsekerheid sien.In hierdie herfsuitgawe van onstydskrif bring ons hulde aan sulke helde.Ons kuier saam met Cerneels Lourens,ʼn siggestremde prokureur van Noordweswat man-alleen die regering aangevat hetweens hulle versuim om behoorlike wetgewing oor taal ooreenkomstig die grondwetlike voorskrifte daar te stel. Cerneelsse liefde vir Afrikaans en sy hoop op ʼntoekoms waarin Afrikaans sy volwaardigeplek kan inneem, het hom gedryf om hierdie goeie stryd, met baie onsekerheid maarook met groot vrug, te stry.Ons gesels oor die 500-jarige herdenking van die Reformasie of Hervormingwaarin die Duitse monnik Martin Luthersentraal gestaan het. Luther se geloofhet hom eweneens gedryf om, ten spytevan die gevaar van vervolging, die Bybelin die taal van sy volk te vertaal. Hy hetvyf-en-negentig stellinge teen ʼn kerkdeurvasgespyker om te verklaar dat ons heilslégs in geloof, slégs deur genade, slégsin die Woord, slégs in Christus en slégstot eer van God gevind kan word en nie indie menseverering, beeldediens en aflaatbriewe van daardie tyd nie.Dan gaan kuier ons in die wonderwêreld van Afrikaanse kinderboeke en4ons sien hoe ons taal lewe kry in die gedagtewêreld van ons kinders.Ons stel jou ook voor aan verskeieplatforms wat opnuut bewys dat Afrikaansinderdaad lééf in die harte en op die lippevan sy vele besondere sprekers.En dan vertel ons jou meer van Klankkoerant, Pretoria FM se nuusprogram watbesig is om gaandeweg landwyd uitgesaaite word namate ander gemeenskapsradiostasies soos Overvaal Stereo in dieNoord-Vrystaat en Noordwes, LichvaalStereo, MedFM in Bloemfontein, KosmosStereo in Middelburg, Perron FM in dieKaap en vele meer deel word van onsnetwerk om vreeslose en onafhanklikenuusberiggewing in Afrikaans te bied.Hoop, glo en lééf in Afrikaans! Methierdie leuse het Pretoria FM homselfopnuut twee jaar gelede bekend gestelas ʼn netwerk wat oor vyf provinsies heen,van nege verskillende senders af, uitsaai.In die afgelope twee jaar kon ons deurdie harde werk van ons personeel endireksie, maar veral danksy die genadevan ons Hemelse Vader, daarin slaag omVAS BY T h e r f s 2017 w w w. pr etor iaf m. co. z aons te ontworstel aan ʼn toestand waarinons bloot moes vasbyt en stoei om teoorleef na ʼn bestaan wat veel meer inhou:ʼn Bestaan waar ons nie bloot oorleef nie,maar voluit lééf!Dit is juis daarom dat die tema vangeloof en hoop, maar veral van lewe, sosentraal staan in hierdie en toekomstigeuitgawes van ons tydskrif.Ons hoop op ʼn toekoms vir ons taalen ons mense. Ons glo onwrikbaar aan ʼnHemelse Vader wat alles deur sy woordgeskep het en ons in Christus vrygemaakhet. Juis daarom lééf ons met ʼn vertrouedat daar inderdaad vir ons mense, onstaal en ons kinders ʼn toekoms is.Dum vivimus, vivamus. Laat ons lééfterwyl ons lewe.WILLIE SPIESBesturende direkteur Redakteur

FOKUSWat’s nuut op Pretoria FM?OGGENDKlankkoerant Oggenduitgawe spog met ’n nuwe aanbieder, Estel Cronjé. Saammet Hennie Koortzen kuier hulle elke weekoggend saam met jou van 06:00 tot09:00. Nuusleser Anton Meijer bring vir jou die nuus van die dag, verkeersinligting, dieweervoorspelling en lekker musiek om jou oggend op die regte noot te begin.PRETORIA FMTel: 012 543 0120 Faks: 086 667 1259E-pos: bestuur@pretoriafm.co.zaWebadres: www.pretoriafm.co.zaPosadres: Posbus 75653, Lynnwoodrif, 0040BESTURENDE DIREKTEUR REDAKTEURWillie SpiesSTASIEBESTUURDERHennie KoortzenOPERASIONELE BESTUURDERWilbrie FourieMEDEWERKERSDawid Brand, George de Bruin,Sarina Frauenstein, Jaco Jacobs,Johan Myburg, Ilze Nieuwoudt,Christo Pretorius en Suné van Heerden.VASBYT word namens Pretoria FMuitgegee deur Aksent Media. Uitleg, ontwerp, taalversorging deur Aksent Media.MIDDAGMD Greyling skuif agter die mikro-foon in van 14:00 tot 16:00. Hy bied ’ngoed gebalanseerde joernaalprogram op’n ligter trant aan, wat kyk na allerlei inligting, kuns, kultuur en lekkergeite so na jousmaak. Luister saam en maak jou tuis!Sarina Frauenstein is die nuweaanbieder van Klankkoerant Laatmiddag, weeksdae van 16:00 tot 18:30. Sygesels met woordvoerders oor aktuelenuusgebeure en Esmarie Yssel hou jou ophoogte van die jongste nuus.DRUKWERKXXXXINTEKENARETeken in teen slegs R80 vir twee uitgawes perjaar. Faks jou naam, van, volle kontakbesonderhede, posadres en bewys van betaling na086 667 1259 of pos dit na Posbus 75653,Lynnwoodrif, 0040. Pretoria FM-bankbesonderhede: Absa-rekeningnommer:90148524; takkode: 632005.Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die uitgewer elders gebruik wordnie. Pretoria FM of die uitgewer aanvaar geenverantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enigeaansprake wat deur adverteerders gemaak wordnie. Pretoria FM onderskryf nie noodwendig enigemening in redaksionele inhoud uitgespreek nie.AANDMartin Jansen, die naguil, is weeksaande aan die beurt van 22:00 totmiddernag. Dan speel hy tydlose treffersen gesels met interessante mense. Martinis die man wat sal seker maak dat jy elkeoomblik van wakker wees geniet.Tel: 082 445 4513 aksentmedia@vodamail.co.zaSaterdagaande tussen 22:00 en middernag is dit Heinrich Marnitzwat jou geselskap hou. Hy bring sy fyngekeurde musiek saam wat jou nostalgiessal maak en vertel daarmee saam ookallerhande interessanthede.Vir ons volledige programskedule, besoek www.pretoriafm.co.zawww.preto ri afm.co .za he rfs 2017 VASBY T5

VASBYTERcerneels lourensVreeslose vegter teen verengelsingTaalaktivis, prokureur, sakeman, siggestremde. Dié vier woorde som Cerneels Lourens(55), een van Suid-Afrika se grootste strydrosse vir die behoud van Afrikaans as taal, in ʼnneutedop op. SONJA CARSTENS het met dié vasbyter gesels oor sy liefde vir die taal.In Februarie het Cerneels die strydteen taaldiskriminasie ʼn stapverder gevat. Hy het ʼn klag teendie Suid-Afrikaanse regering setaaldiskriminasie by die VerenigdeNasies se menseregtekomitee vir burgerlike en politieke regte ingedien.Cerneels sê die Suid-Afrikaanseregering stel Engels onregverdig bo sy10 ander amptelike tale en diskrimineermet dié gebruik teen minderheidstalesoos Afrikaans. Dit kom nadat dié prokureur van Brits in Noordwes vroeër bloedneus gekry het toe die konstitusionele hofin Johannesburg sy aansoek om verlof totappèl teen ʼn besluit van die appèlhof inBloemfontein geweier het.Dit het ʼn einde gebring aan Cerneelsse grootste regstryd tot nog in Suid-Afrikase howe wat begin het toe hy die gelykheidshof in Kaapstad genader het.Cerneels, wat al vele taalseges teendie staat behaal het, het in dié aansoekdie hof gevra om die regering te dwingom al 11 amptelike tale se amptelikheidte erken deur alle wetgewing wat deurdie parlement gevoer word, in elke taalte publiseer. Die hof moes ook die staatgelas om alle bestaande wetgewing in al11 amptelike tale te vertaal. Die aansoekis van die hand gewys en Cerneels hetdaarteen geappelleer.Derduisende rande aan regskostelater, bestaan die woorde “handdoekingooi” steeds nie in dié vasbyter sewoordeskat nie. Tou opgooi sal nooit virCerneels, ook ʼn sakeman met uitgebreidebelange in die eiendoms- en granietbedryf, ʼn opsie wees nie.Van sorgeloos tot blinde kindCerneels het grootgeword in ʼn nasionalistiese huis in Hekpoort in Noordwesmet ʼn sensitiwiteit teen verengelsing. Syoupa en naamgenoot het immers in die6“Ek is besigmet ʼn konsephandves vantaalregte virSuid-Afrika, ietswat ek graag asbloudruk virdie toekoms wilinisieer. Ek glodit is tyd datdaar ʼn koalisievan Afrikaanssprekendesgestig word watdie stryd om diebehoud van dietaal in dietoekoms salbevorder.”Anglo-Boereoorlog geveg.Hy was 16 jaar oud toe sy ouers hom40 jaar gelede op 17 Februarie uit die skoolin Hekpoort moes haal. Retinale loslatingshet Cerneels blind gelaat. Sou dieselfdemet hom vandag gebeur het, sou sy siggered kon word te danke aan gevorderdelasertegnologie, maar destyds was daarniks wat dokters vir hom kon doen nie.Hy het sy skoolloopbaan aan diePionierskool in Worcester in die Wes-Kaapvoltooi. Vandaar is hy na die PU vir CHO,vandag die Potchefstroom-kampus van dieNoordwes-Universiteit, waar hy die gradeVAS BY T h e r f s 2017 w w w. pr etor iaf m. co. z aB.Juris en LLB behaal het, voordat hy bydie kantoor van die staatsprokureur inPretoria sy klerkskap aangepak het.Op 2 Oktober 1989 het Cerneels sy eiepraktyk in Brits geopen. Hy het onder meergespesialiseer in arbeidsreg en op die puntgestaan om sy doktersgraad in dié rigtingaan te pak toe ʼn nuwe gogga hom byt.Die Prokureursorde van die NoordelikeProvinsies en die regstydskrif De Rebushet toenemend begin verengels en dieregte van Afrikaanssprekendes misken.“Daar sou een Engelssprekende persoonin ʼn kursus van die Orde wees en dan sou

VASBYTERdie hele kursus in Engels aangebied word.”Dit het gelei tot die stigting van Cerneelsse breinkind, die Vereniging van Regsluivir Afrikaans (VRA), op 8 Junie 2002.TIEN VINNIGE FEITE Taalstryd word fellerToe die destydse minister van justisie,dr. Penuell Maduna, in 2000 aankondigdat Afrikaans as regstaal wegval, hetCerneels besef minderheidstale se skrifis aan die muur indien die stryd teenverengelsing nie feller gevoer word nie.Maar ná drie jaar as uitvoerende hoofsekretaris van VRA kon hy nie sy kollegasoortuig dat die tyd aangebreek het omdie taalstryd deur die howe te voer nie.Cerneels het as bestuurslid uit VRA bedank, maar is tot vandag ʼn lojale lid vandié organisasie.“Ek het gevoel ons kom nêrens metmooipraat en onderhandelings nie en wouhof toe. Dit het op ʼn stemming uitgeloopen my sienswyse is nie ondersteun nie.Toe bedank ek en voer my stryd op mymanier: deur die howe.”Van 2009 tot nou het Cerneels 12 hofaansoeke in die stryd teen verengelsingin verskeie howe gevoer en “kaste metmassas vol briewe, artikels en opinies”geskryf om minderheidstale te beskerm.Tussendeur spreek hy ook gehore oor dieonderwerp in die buiteland toe.“Daar is niemand wat my sake finansier nie. Ek gebruik die geld van sake watek gewen het om die volgende saak aante pak.”Met sy laaste saak het die burgerregteorganisasie AfriForum ingegryp en diekoste vir sy advokaat en die transkripsievan die hofrekord betaal sodat hy na dieappèlhof kon appelleer.“Ek is hulle ewig dankbaar daarvoor,want daarsonder sou ek nie in staat gewees het om die saak verder te voer nie.”Volgende in sy visierDie verengelsing van Afrikaanse skole endie verengelsing van die private sektor isnou in Cerneels se visier. “Dit is húlle watek volgende gaan bykom.”Tussendeur werk hy aan die regstelling van staatsdepartemente se onderskeie taalbeleide en ʼn oorgrens-taalprojekwaaroor hy nie nou meer wil verklap nie.“Ek is besig met ʼn konsephandvesvan taalregte vir Suid-Afrika, iets wat ek Sy middagete vir die afgelope25 jaar is vier Provitas en ʼn koppierooibostee.Hy is versot op biografieë, maarlees nooit net een op ʼn slag nie.Hy is pas klaar met Tony Leonse boek en is tans besig met adjunk-president Cyril Ramaphosaen Jannie Mouton se boeke.Hy speel graag skaak en was opskool ʼn skaakkampioen.Hy praat Duits vlot en sy gunsteling DStv-kanaal is die Duitsetelevisiekanaal.Cerneels sukkel met slapeloosheid en dit is juis in die middernagtelike ure wanneer hy sy navorsingdoen.As hy saans tuis kom, sit hy virtwee ure voor die televisie en wissel deur al die nuuskanale om diewêreld se nuusgebeure op te vang.Al sy boeke word op band geleesen hy gebruik bitter min brailleomdat hy so laat in sy lewe sy sigverloor het.Hy was al 17 keer in die buiteland,is versot op Duitsland en sy gunsteling vakansieplek is sy woonstelin Wildernis in die Wes-Kaap.Cerneels is ʼn voëlkenner en ditis sy stokperdjie om voëls aan hulklanke te herken.Hy het die Bybelvasvra al twee keergewen en geniet dit om ʼn hoofstukin die Bybel op ʼn keer te lees.graag as bloudruk vir die toekoms wilinisieer. Ek glo dit is tyd dat daar ʼn koalisie van Afrikaanssprekendes gestig wordwat die stryd om die behoud van die taalin die toekoms sal bevorder.“Ek het nog baie ysters in die taalvuur,daar is baie wat gedoen moet word. Ekhet onbeperkte energie om Afrikaans astaal te beskerm en te bevorder. Ek is ʼnvasbyter. Ek glo as ʼn mens kop onderstebo loop, dan sien jy nie wyd nie. Sodra jyjou kop oplig, kyk jy met ʼn wyehoeklensna die wêreld. Sodra jy moedeloos is, isjy nie lojaal aan jou voorgangers wat veelgroter uitdagings as jy moes trotseer enAfrikaans tot hier gebring het nie. Touopgooi is nie ʼn opsie nie. Die digitale erahet die net vir die voortbestaan van Afrikaans juis soveel wyer oopgegooi. Noukan mense Afrikaans praat ongeag waarin die wêreld hulle is.”Cerneels glo die sleutel in die voortbestaan van Afrikaans lê deels in diebevordering en die ontwikkeling van Afrikatale. Hy is ʼn voorstander daarvan dat Afrikaanssprekende kinders die Afrika-streektaal van hul omgewing van graad 1 af moetaanleer. “Hoe meer Afrika-tale bevorderword, hoe minder word die aanspraak opEngels.”“Blindwees is ʼn bonus”Die feit dat hy siggestrem is, was volgenshom ʼn bonus in sy regsaksies teen dieregering. “As blinde man is ek as opponent onderskat. Daar is ʼn neiging om teaanvaar dat daar fout is met ʼn gestremdepersoon se verstand net omdat die persoon gestremd is. Dit is die grootste foutwat mense kan maak.”Hy beskryf homself as ʼn baie goeielitigant. “Ek is nie bang vir die hof nie. Ekken my terrein.”Cerneels verduidelik hy leef 100% vandie tyd ʼn normale lewe. Sy vrou, Sarita,is sy oë en beskryf sy omgewing vir hommet haar kunstige ingesteldheid in diefynste besonderhede.Dié pastorale berader kies ook Cerneelsse klere uit en sorg dat niks uit plek is insy huis of by sy werk nie sodat hy hom nieteen meubels vasloop nie.Cerneels maak nie van ʼn gidshond ofʼn gidsstok gebruik nie. “Ek is baie lief virhonde en het my eie, maar soek hulle nieheeldag om my nie. Ek glo ʼn hond se plekis buite.”Cerneels streef daarna om soveel asmoontlik van sy kundigheid vir die toekomsna te laat. Sy seun, Christiaan (26), deel sypa se passie en liefde vir die politiek, maarhet sy eie belangstellings en is nie van planom die taalstryd op te neem nie.“Ek beywer my om meer jongmenseop te lei in taalregte en probeer om mykundigheid só na ʼn nuwe geslag taalaktiviste oor te dra. Ek glo daaraan om nooitmoedeloos te raak met ʼn situasie nie.“Ons mag nooit ophou om positief tedink oor ons land en sy toekoms nie. Onsmoet vasbyt.”ééf, glo, lhoop rikaansin Afwww.preto ri afm.co .za he rfs 2017 VASBY T7

WARMPATATAfrikaanse musiekmengelmoeskardoes van meningsIn ʼn onlangse vlaag kritiek in briewe aan koerante, op nuuswebwerwe en sosialemediaplatforms teen Afrikaanse musiek het sangers, liedjieskrywers en radiostasies behoorlikdeurgeloop. Sangers is beskuldig van “ritmelose, sielverterende en irriterende elektroniesegetjank”; liedjieskrywers het deurgeloop vir “herhalende en niksseggende lirieke” enradiostasies “wat nie tussen goed en sleg kan onderskei nie” moes hoor programopstellers“doen nie navorsing om ordentlike materiaal te bekom nie”. JOHAN MYBURG het harmonieFo to ’s: iSto ckph o to . co m; Sim f y; Yo u Tu bein dié herrie probeer vind.“Die een seordentlik isvir die anderhondvervelig;die een segetjank is virdie ander dietoppunt vantere emosie.

Verdoesel in die klagtes oor diestand van Afrikaanse musiekkom die eeue oue vraag na vore:Wat is goed en wat is sleg, watis reg en wat is verkeerd? Oor smaak, hetdie Romeine dit al uitgemaak, kan ʼn mensnie ʼn finale beslissing vel nie. ʼn Mens sepersoonlike voorkeure bly bloot subjektiewe opinies wat nie reg of verkeerd is nieen nooit so hanteer moet word nie. Bowenal kan smaak nooit afdwingbaar weesnie. Die een se ordentlik is die ander sehondvervelig; die een se getjank is vir dieander die toppunt van tere emosie.Nietemin word die Romeine se wysheidmaklik in die wind geslaan: Dít waarvan jyhou, word sonder meer gelykgestel aan“goed”. Net soos dít waaraan jy nie erg hetnie, meteens kwalifiseer as “vrot”.Maar moenie dink die kwessie oor diegehalte van Afrikaanse musiek is ʼn nuutjienie. Met tussenposes is daar telkens ʼnwelling wat opstoot en oorspoel soos nou.In 2012 het Ilza Roggeband in dié verbandin Huisgenoot kwellings van allerlei aard teberde gebring. Van die sterkste argumentewas dat “die mark oorstroom is met Afrikaanse musiek van swak gehalte”, dat daar“te min komponiste, te min liriekskrywers ensangers is wat vernuwend dink en doen” endat “vernuwing, vernuwing en nogmaals vernuwing nodig is”. Vyf jaar later word steedsbriewe geskryf, grappe gemaak en kritiekgeopper oor eentonige Afrikaanse musiek,met vertakkings van doef-doef tot yl lirieke.Luisteraars, of dan dié wat nie meer willuister nie, praat van afskeid neem van Afrikaanse musiek. Eweso praat sommige vanvoortaan radiostasies ondersteun wat niéAfrikaanse musiek speel nie en daar is ookdié wat meen groter beheer moet toegepasword om te verseker dat gehalte gehandhaaf kan word, dat platemaatskappyemusiek moet keur voordat dit uitgereik word.WARMPATATLirieke is nié poësieAndries Bezuidenhout, skilder, Afrikaanssprekende digter, musikant – indertyd lidvan die Brixton Moord en Roof Orkes enmeer onlangs van die kollektief Die Vrye Radikales – en deesdae solokunstenaar in diesanger-liedjieskrywer-genre, se mening isonomwonde oor keuring soos dié waaraanpoësie deur uitgewers onderwerp word.“Asseblief, hou die poëtiese hekwagters se pote van ons musiek af weg!Die bestaan van swak lirieke is ʼn kleinopoffering om te maak in die belang vanartistieke vryheid,” voer hy aan. Artistiekevryheid sodat musiek kan wees wat dit wilwees. Want ten diepste is lirieke nie poësienie en wíl dit ook nie poësie wees nie.In elk geval is die mag van platemaatskappye wat sou kon keur – enwat dit in die verlede wél gedoen het, sêBezuidenhout – nou daarmee heen. “Ditis deesdae prakties onmoontlik,” sê hy.“Daar is nou musikale anargie.”Daarvoor het die internet en die opkoms van digitale media gesorg. En mettegnologie wat goedkoper geword het,bied dit vir musikante moontlikhede ommusiek goedkoper op te neem en teversprei, sonder dat enigiemand ʼn ooghou oor die gehalte van

weervoorspelling en lekker musiek om jou oggend op die regte noot te begin. MD Greyling skuif agter die mikro-foon in van 14:00 tot 16:00. Hy bied ’n goed gebalanseerde joernaalprogram op ’n ligter trant aan, wat kyk na allerlei inlig-ting, kuns, kultuur en lekkergeite so na jou smaak. Luister saam en maak jou tuis! Sarina Frauenstein is .

Related Documents:

the end hoop (see Figure 3). Once the anchor eyebolts are attached to the end hoops, place the first (eastern) end hoop on its rebar pins. The second (western) end hoop will be erected later, after the plastic is unrolled (see p.9). When the end hoop is in place on its rebar pins, screw the ends of the wiggle-wire channel to the ends of the hoop.

ART GLO: ART 103: History of Non-Western Art 3: F2 903N ARTH: Elective ART: GLO ART: 104 History of Photography: 3 F2 904: ARTH Elective: 3 ART: GLO ART: 105 Gender and Art: 3 F2 907D: ARTH Elective: 3 ART: GLO ART: 106 Contemporary Art 1945 to Present: 3 F2 902: ARTD Elective: 3 ART: GLO ART: 110 Design I:

other Head and Bass Drum Hoop on the Shell. The batter side Bass Drum Hoop has a Hoop Protector (Fig.4) where the Pedal is to be attached. Position the Bass Drum Hoop so that the Hoop Protector is on the opposite side of the Tom Holder Bracket. Attach the Tension Rods/Hooks in the same way as the front side (Fig.3).

Once dry, press right side down on a Perfect Embroidery Press Cloth. STEP X Remove the hoop from the machine and the design from the hoop. Trim excess stabilizer 1/4”-1/2” from the design

Here is a quick easy gothic hoop design built using the C‐12 or DY‐12 our Quick Hoop Benders. Produces a nice gothic hoop 10 feet wide with high peak profile making it great for snow load areas of the country. It can also be built using either 1 3/8” fence top rail tubing or the less

1. Double-click to open the PREMIER Embroidery System. 2. Click the Change Hoop icon. Notice that you can change the hoop size directly from the Home tab, or from the icon on the top toolbar. 3. In the Universal hoop group, set the hoop size to 150mm x 150mm Un

now is the time to put the decorations on, use the ribbon or leather straps as shown in the images Doily Hoop Art What you do: 1. Choose your doily and hoop. 2. Loosen the screw in the embroidery hoop so that you can put the doily between the inner and outer rings. 3. When the doily is centred, screw the hoop back together. Then

(10 pts) Question: a mass on a rotating hoop. Consider a bead of mass m constrained to move along a vertical hoop of radius R. The hoop is rotating along a vertical axis through the center of the hoop, with constant angular velocity ω.