Graad: 4 Vak: Natuurwetenskappe En Tegnologie Kwartaal Een Formele .

1y ago
20 Views
5 Downloads
881.27 KB
18 Pages
Last View : 8d ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Harley Spears
Transcription

GRAAD: 4VAK: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIEKWARTAAL EENFORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1Naam:Klas: Datum:Skool: er sepunt30Leerder %

“Naam van Skool”Natuurwetenskappe en TegnologieFormele AssesseringstaakPraktiese Taak nr. 01Kennisafdelings: Lewe en Lewende dinge & StruktureKwartaal 1InhandigingsdatumOnderwerp: Toestande wat nodig is vir sade om te ontkiemNaam van Leerder:Punte: 30Graad 4KlasInstruksies1.2.3.4.5.Jy sal die prakties in die klas onder toesig voltooi.Voltooi al die opdragte in jou NWT oefening boek.Nommer al die afdelings in jou oefeningboek soos op hierdie taakblad.Gebruik ‟n pen om jou antwoorde te skryf.Alle sketse moet in potlood gedoen word.Hoof Proses en Ontwerp Vaardighede:*Toegang tot inligting *Herroep van Inligting *Waarneming *Vergelyk *Meet *Sorteer *Klassifiseer*Identifiseer probleme *Vra van vrae *Voorspelling *Hipotese stelling *Beplan Ondersoek *Uitvoervan ondersoek *Aanteken van Inligting * Interpretasie van Inligting *Kommunikasie (Plot ‟nstaafgrafiek, Teken ‟n tabel, waarnemings)* Evalueer (Stel EEN manier voor hoe die ondersoekverbeter kan word om meer akkurate resultate te kry)Agtergrond InligtingSade ontkiem wanneer hulle van die volgende voorsien word: Water Lug Die regte temperatuur LigNOTA: (meeste) sade benodig nie lig om te ontkiem nie. As ‟n ontkiemende saad aan sonlig blootgestel word, sal die vitamien inhoud vandie saailing verhoog. Die saad is ‟n belangrike deel van ‟n plant se lewensiklus. Die belangrikste voedingstof om ontkieming te begin, is water.NOTA: VEILIGHEID: Hierdie ondersoek moet onder die toesig van jou onderwyser gedoen word.Verseker dat leerders: Saamwerk as ‟n groep met die groep se lede. Veilige laboratorium praktyke verstaan en daaraan voldoen wanneer ‟n aktiwiteitin die laboratorium of klaskamer uitgevoer word. Nie hul vingers in hul monde sit tydens hierdie aktiwiteite Hulle hande was en afdroog na elke aktiwiteit Alle toerusting en materiaal korrek en verantwoordelike hanteer om die aktiwiteitte voltooi Deel skêre en merkpenne indien nodig Beskermende klere en veiligheidsbrille dra, bv. handskoene, voorskote, ens.indien nodig Verantwoordelik van afval ontslae raakGr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 1

Skoon en netjiese werkstasies het en onmiddellik enige gestorte vloeistowweopveeBydra tot die versameling van basiese toerusting by die huis, bv. houers(deurskynende plastiekhouers of glasbottels van dieselfde grootte, soos konfytbottels, babakos-bottels, mayonnaise bottels, inlê bottels, ens.)DOEN: (in ’n groep)1.Ondersoek die struktuur/bou van ’n boontjiesaad (Opsionele aktiwiteit)Lys van materiale / toerusting Boontjiesade Water Tangetjie (Tweezers) Houer om die sade in te week (deurskynende glas of plastiek bottels) Wit piering of teel Vergrootglas Papier handdoekMetodeInstruksies vir die leerders: In julle groepe: Week genoeg boontjiesade vir die hele groep oornag by kamertemperatuur Verwyder die geweekte boontjies uit die water die volgende oggend en maakdroog met papierhanddoek Bestudeer en vergelyk die binne en buitekante van ‟n boontjiesaad Gebruik die onderstaande diagram om die verskillende dele van die saad teidentifiseer.SaadhuidHilumMikropilum Soek na ‟n ovaal merk op die kant van die boontjie. Dit word die hilum genoemReg onder die hilum, is ‟n klein kolletjie. Dit word die mikropilium genoem.Gebruik ‟n tangetjie om die buitenste vel van die saad te verwyder. Dit word diesaadhuid genoem.Waarom is die saadhuid so belangrik vir enige saad? Dit beskerm dieinwendige dele van die saad en verhoed dat die saad uitdroog.Verdeel die saad in twee. Wat word elke helfte van die saad genoem?Gebruik ‟n vergrootglas om die binnekant van die saad te bestudeer. Maakaantekeninge om jou waarnemings te verduidelik.Teken en benoem die hoofdele van die saad wat jy bestudeer het.Stal die sketse uit teen die mure en bespreek die sketse in groepe.Die saad vorm spruite. Wat beteken die woord „spruite‟? Begin groei.Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 2

Ondersoek Toestande wat nodig is vir sade om te ontkiem2.DOEN: (in ’n groep)DOEL: Wat wil jy uitvind met hierdie ondersoek?DOEN: (individueel)Vraag(a) Wat is die doel van hierdie ondersoek?(b) Wat beteken die woord “ontkiem”?(c) Watter toestande is gunstig vir sade om te ontkiem?()()(2)DOEN: (in ’n groep) Beskryf hoe jy ‟n billike toets sal uitvoer vir hierdie ondersoek. Jy mag opskriftesoos hieronder gebruik:3.oOns sal doenoOns sal hierdie toestand veranderoOns sal hierdie toestande dieselfde houoOns sal meetoOns dink sal gebeurVoorspellingDOEN: (individueel)1. Voorspel wat sal gebeur as jy:(a) Moenie die grond natmaak nie. Watter veranderinge, indien enige, sal jy in jouwaarnemings verwag en hoekom?(b) Plaas die saadhouer in ‟n donker plek nadat die sade geplant is. Watterveranderinge, indien enige, sal jy in jou waarnemings verwag en hoekom?(c) Plaas ‟n deksel op die houer nadat die sade geplant is. Watter veranderinge,indien enige, sal jy in jou waarnemings verwag en hoekom?(d) Plaas die houer in ‟n koue plek nadat jy die sade geplant het. Watterveranderinge, indien enige, sal jy in jou waarnemings verwag en hoekom?(2)(2)(2)(2)DOEN: (in ’n groep)4.Hipotese – (raai die antwoord) Bespreek in pare en besluit op ‟n gepaste hipoteseDOEN: (individueel) Formuleer ‟n gepaste hipotese vir hierdie ondersoek. Skryf jou hipotese so:(3)Wanneer .[ek dit doen], ,sal , .[iets] .gebeurGr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 3

5.Beplan die ondersoekLys van Materiaal / Toerusting Houers om die sade in te plant (bv. helder en deurskynende plastiekhouers ofglasbottels van gelyke grootte, bv. konfytflesse, babakos bottels, mayonnaisebottels, inlê bottels, ens. wat leerders in staat sal stel om die groei van dieboontjieplant waar te neem) Alternatiewelik kan deurskynende “zip lock”toebroodjie sakkies gebruik word. Potplantgrond Water Lepels Koerantpapier om die werkoppervlakke te bedek. Boontjiesade of enige ander saad wat vinnig ontkiem, bv. ertjie, koring, ens. ‟n stukkie tou of wol, 30 cm lank ‟n Liniaal, gemerk in millimeters Spuit botteltjie of ekstra bottel om sade nat te lei. Koki penne, penne of potlode om mee te merk Skêr Plakkers of kleeflintMetodeInstruksies aan die onderwyser Berei ‟n werkplek of stasies voor in die klaskamer waar die leerders in groepekan werk om hul sade te plant. Deel die leerders op in groepe van twee tot vier leerders elk. Plaas materiaal en toerusting by elke stasie. Ken aan elke groep TWEE toestande wat hulle moet gebruik om die sade teontkiem, soos volg:Toestande Alle groepeGroep 1Groep 2Groep 3Toestand AGeen water lug korrektetemperatuurLos grond droog(sonder water).Plaas op ‟nsonnige plekToestand Bwater lug korrektetemperatuurSonnige en warmplekkieToestand Cwater lug sonder ligToestand Dwater sonder diekorrekte temperatuurIn ‟n donker kasIn ‟n yskas (in diepersoneelkamer)NOTA: Leerders kan ander gepaste toestande gebruik om die sade te ontkiemHerinner leerders aan die veiligheidsmaatreëls wat hulle moet volg wanneer hulledie ondersoek uitvoer.Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 4

6.Voer die ondersoek uitDOEN: (in ’n groep)Stappe om ‟n ondersoek uit te voer: Werk in ‟n groep, soos deur jou onderwyser aangedui. Week genoeg boontjiesade oornag in water by kamertemperatuur. Verwyder die geweekte boontjiesaad en droog af met handdoekpapierNOTA: Moenie die sade vir langer as 24 uur week nie, hulle kan vrot. Maak houers byna vol met potplantgrond en maak die bokant van die grondgelyk. (‟n Gelyke oppervlakte vergemaklik natlei)NOTA: Elke groep moet presies dieselfde houers gebruik. Gebruik ‟n potlood om ‟n plant-gaatjie in die grond aan elke kant van die houer temaak. Die gaatjie moet so gemaak word dat die boontjie teen die kant van diehouer gedruk word. Plant drie tot vier sade in een houer, nie dieper as die dikte van die saad, nabyaan die bokant van die grond. Sien die foto hieronder.Plant ’n saad Lei die grond goed nat, maar nie deurweek nie. Laat die grond droog (sonder water) vir Toestand A. Hou die potplantgrond goed dop sodat dit nie uitdroog nie. Skryf plakkers op die houers soos hieronder:Ontkiemende boontjiesade OndersoekToegewysde toestande:Datum:Name van groeplede: Elke groep moet die houers met sade op ‟n plek sit met toestande soos aan diegroep toegewys.Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 5

Bestudeer die houers elke dag vir enige veranderings aan die sade. Vergelykjou waarnemings met die foto‟s hieronder.Ontkiemende boontjie sade7.KommunikeerDOEN: (individueel)Teken waarnemings op Voltooi en hou rekord al die waarnemingsGebruik die tabelle hieronder om rekord te hou van die daaglikse waarnemings My saad was blootgestel aan (Kies die toepaslike blokkie)Geen water lug korrektetemperatuurLos grond droog(sonder water).Plaas op ‟nsonnige plekwater lug korrektetemperatuurSonnige enwarm plekkiewater lug sonder ligIn ‟n donkerkaswater sonder diekorrektetemperatuurIn ‟n yskas (in diepersoneelkamer)Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 6

(a) Watter gedeelte van die saailing groei heel eerste uit die saad?(b) Wat het met die saadhuid gebeur?(c) Wat gebeur met die saad blare?(d) Wat gebeur met die blare?Meet die lengte van jou saailing elke tweede dag soos volg: Gebruik die stukkie wol/tou om die lengte van die saailing te meet. Gebruik die liniaal om die lengtegroei te meet. Skryf die lengte van die stingel neer in die tabel in millimeters. Hou boek van die aantal saailinge wat elke dag spruit.Toegekende toestandeRekordGeen water lug korrektetemperatuurLos grond droog(sonder water).Plaas op ’n sonnigeplekwater lug korrektetemperatuurSonnige enwarm plekkiewater lug sonder ligIn ’ndonkerkaswater sonderdie korrektetemperatuurIn ’n yskas (in diepersoneel-kamer)Die datum waaropdie sade in diehouers geplant is.Die datum waaropdie plant bo diegrond verskyn het.Hoeveel dae hetdie saad geneemom te ontkiem?(Dag 1)Die datumwanneer dieeerste blaar bo diegrond verskyn het.Dag 3 (lengte vansaailing)Dag 5 (lengte vansaailing)Dag 7 (lengte vansaailing)Dag 9 (lengte vansaailing)Dag 11 (lengte vansaailing)Dag 13 (lengte vansaailing) Maak ook sketse om die stadiums van die saad se ontkieming te illustreer. Benoem die sleutel strukture Verduidelik hoe hierdie sleutel strukture die plant help met die lewensiklus vanontkieming en groei. Teken ‟n staafgrafiek om jou data weer te gee.Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES(6)Bladsy 7

NOTA: Onthou – wanneer jy die grafiek teken, is die tyd (dae)op die X-as (ons kannie aan tyd verander nie) en die groei, in millimeters, is op die Y-as.8.EvalueringDOEN: (individueel)Interpreteer Waarnemings Beskryf jou waarnemings gedurende die ondersoek. Interpreteer jou waarnemings. Aanvaar of verwerp die gekose hipotese deur ‟n algemene gevolgtrekking teskryf wat jy uit die ondersoek kan maak.9.(2)(2)Gevolgtrekking en VerbeteringDOEN: (individueel)(a) Stel EEN manier voor hoe jy hierdie ondersoek sal verbeter om meer akkurateresultate te kry.(b) ‟n Leerder het sade op ‟n klam handdoekpapier in ‟n petribakkie gesit. Nog ‟npetribakkie is gevul met water en sade. Die petribakkies is bedek en aandieselfde toestande as die eksperiment blootgestel. Na ‟n paar dae, het dieleerder waargeneem dat die sade wat in die water gelê het, nie ontkiem het nie,maar die sade wat in die handdoekpapier was, het wel ontkiem. Wat is diebeste verduideliking wat jy kan gee vir hierdie resultate?(c) As 5 van tien sade ontkiem het, watter persentasie van die sade het ontkiem?(2)Self Assessering KontrolelysVermelde funksies Bereik?Ja, of Nee,?Verbeterings wat ek kan doenAlle instruksies is noukeuriggevolg.Alle vrae is deur mybeantwoord.Tabelle is geteken, korrekbenoem en volledig ingevul.Ek het netjies gewerk en ‟nskoon werkstasie agtergelaat.Die werk in my oefeningboekis netjies en volledig.Ek het al die vraebeantwoord.Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 8

Formele Assessering RubriekKriteria:PuntDoel van die ondersoek is korrekDie woord “ontkieming” is gedefinieerToestande wat sade laat ontkiem, is genoemTen minste TWEE voorspellings is akkuraat gedoen‟n Gepaste hipotese is geformuleer / beskryf‟n Staafgrafiek is akkuraat met die aangetekende data getrek.Waarnemings / data is akkuraat in die tabel aangeteken.Waarnemings van die ondersoek is akkuraat beskryfDie eerste gedeelte van die saailing wat uit die saad groei, iskorrek geïdentifiseer.Wat met die saadhuid gebeur, is verduidelik.Wat met die saadblare gebeur, is verduidelik.Wat met die blare gebeur, is verduidelikSketse wat die hoofstadiums met die ontkieming van die saadillustreer, is gemaak en geskikte byskrifte is gegee.Hoe die sleutel strukture die plant help met die lewensproses vanontkieming en groei, is duidelik beskryf.Die gekose hipotese is aanvaar of verwerp deur ‟n algemenegevolgtrekking wat van die ondersoek gemaak kan word.‟n Rede waarom waarnemings akkuraat gemaak moet word, isvoorgestel.EEN manier waarop die ondersoek verbeter kan word om beterresultate te verkry.Die korrekte rede is gegee waarom die sade wat bedek is metwater, nie ontkiem het nie.Berekening van % sade wat ontkiem het, is korrek.Kommentaar:Handtekening: m:Punt:/30Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 9

ONDERWYSER NOTAS Sade ontkiem wanneer hulle van die volgende voorsien word: water, lug, dieregte temperatuur en lig.NOTA: (meeste) sade het nie lig nodig om te ontkiem nie. Blootstelling aan sonlig sal die vitamien inhoud van die saailinge verhoog. Die saad is ‟n belangrike deel van ‟n plant se lewensiklus. Die belangrikste voedingstof om ontkieming te begin, is water. Gedurende die vroeë stadiums van groei, kry die saailing voedingstowwe uit diesaad waar dit gestoor is. Wanneer die saailing groot genoeg is en sy eie blarehet, kan die saailing sy eie voedsel deur fotosintese vervaardig. Verduidelik aan die leerders hoe om soos wetenskaplikes te werk. Hulle moetversigtig met die sade werk om hulle nie te beseer nie, want dit kan hulle groeiaffekteer. Alhoewel leerders in groepe sal werk om die sade te laat ontkiem, gaan elkeleerder apart geassesseer word wanneer die volgende prosesvaardighedegetoets sal word: waarneming, meting en rekordhouding, evaluering,gevolgtrekking en verbetering. Daarom moet elke leerder sy werk individueeldoen waar dit so aangedui word. As alternatief kan sade op ‟n nat papierhanddoek of watte geplaas word en ingepaste houers(deurskynende glas of plastiekhouers of bottels, zip locksakkies) wat kan seël, geplaas word. Hierdie opsie kan ook gebruik word waarleerders ondersoek instel of grond nodig is vir plante om te groei. Die sademoet egter vir 24 uur in water geweek word. Verseker dat die leerders nie diesade opbreek wanneer hulle dit uit die water haal nie. Leerders sal ook ‟nmedisynedrupper / pipet / spuit moet gebruik om die papierhanddoek of wattenat te hou.NOTA: Moenie die sade in water los vir langer as 24 uur nie, hulle sal begin vrot. Herinner die leerders om hul houer soos volg te merk:Ontkiemende boontjiesade OndersoekToegewysde toestande:Datum:Name van groeplede:NOTA: Alle houers van elkeen van die verskillende saad tipes moet aandieselfde toestande blootgestel wees. Vir elke veranderlike moet die toestandedieselfde wees, bv. al tien potte in die „lig‟ eksperiment moet op dieselfde plekneergesit word (dieselfde vensterbank). Hulle moet almal op dieselfde tyd metdieselfde hoeveelheid water natgelei word en moet by dieselfde temperatuurgehou word.Waar water die veranderlike is, moet plante almal blootgestel word aan dieselfdelig- en temperatuur toestande; waar temperatuur die veranderlike is, moet diehoeveelheid water asook die tyd wanneer water gegee word, dieselfde wees. Diehoeveelheid lig wat hierdie potte ontvang, moet ook dieselfde wees. (Dit gaanegter nie die geval wees waar potte in die yskas gesit word nie, hulle gaan in ‟ndonker omgewing wees.Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 10

Lys van Materiaal / Toerusting Houers om die sade in te plant (bv. helder en deurskynende plastiekhouers ofglasbottels van gelyke grootte, bv. konfytflesse, babakos bottels, mayonnaisebottels, inlê bottels, ens. wat leerders in staat sal stel om die groei van dieboontjieplant waar te neem) Alternatiewelik kan deurskynende “zip lock”toebroodjie sakkies gebruik word. Potplantgrond Water Lepels Koerantpapier om die werkoppervlakke te bedek. Boontjiesade of enige ander saad wat vinnig ontkiem, bv. ertjie, koring, ens. ‟n stukkie tou of wol, 30 cm lank ‟n Liniaal, gemerk in millimeters Spuit botteltjie of ekstra bottel om sade nat te lei. Koki penne, penne of potlode om mee te merk Skêr Plakkers of kleeflintMetodeInstruksies aan die onderwyser Berei ‟n werkplek of stasies voor in die klaskamer waar die leerders in groepekan werk om hul sade te plant. Deel die leerders op in groepe van twee tot vier leerders elk. Plaas materiaal en toerusting by elke stasie. Ken aan elke groep TWEE toestande wat hulle moet gebruik om die sade teontkiem, soos volg:ToestandeAlle groepeGroep 1Groep 2Groep 3Toestand AGeen water lug korrektetemperatuurLos grond droog(sonder water).Plaas op ‟nsonnige plekToestand Bwater lug korrektetemperatuurSonnige enwarm plekkieToestand Cwater lug sonder ligToestand Dwater sonder diekorrekte temperatuurIn ‟n donkerkasIn ‟n yskas (in diepersoneelkamer)NOTA: Leerders kan ander gepaste toestande gebruik om die sade te ontkiem Herinner leerders aan die veiligheidsmaatreëls wat hulle moet volg wanneerhulle die ondersoek uitvoer.2.Voer die ondersoek uitDOEN: (in ’n groep)Stappe om ‟n ondersoek uit te voer: Werk in ‟n groep, soos deur jou onderwyser aangedui. Week genoeg boontjiesade oornag in water by kamertemperatuur. Verwyder die geweekte boontjiesaad en droog af met handdoekpapierNOTA: Moenie die sade vir langer as 24 uur week nie, hulle kan vrot. Maak houers byna vol met potplantgrond en maak die bokant van die grondgelyk. (‟n Gelyke oppervlakte vergemaklik natlei)Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 11

NOTA: Elke groep moet presies dieselfde houers gebruik. Gebruik ‟n potlood om ‟n plant-gaatjie in die grond aan elke kant van die houerte maak. Die gaatjie moet so gemaak word dat die boontjie teen die kant vandie houer gedruk word. Plant drie tot vier sade in een houer, nie dieper as die dikte van die saad,naby aan die bokant van die grond. Sien die foto hieronder. Lei die grond goed nat, maar nie deurweek nie. Laat die grond droog (sonder water) vir Toestand A. Hou die potplantgrond goed dop sodat dit nie uitdroog nie.NOTA: VEILIGHEID: Hierdie ondersoek moet onder die toesig van jou onderwyser gedoen word. Verseker dat leerders: Saamwerk as ‟n groep met die groep se lede. Veilige laboratorium praktyke verstaan en daaraan voldoen wanneer ‟naktiwiteit in die laboratorium of klaskamer uitgevoer word. Nie hul vingers in hul monde sit tydens hierdie aktiwiteite. Hulle hande was en afdroog na elke aktiwiteit. Alle toerusting en materiaal korrek en verantwoordelike hanteer om dieaktiwiteit te voltooi. Deel skêre en merkpenne indien nodig. Beskermende klere en veiligheidsbrille dra, bv. handskoene, voorskote, ens.indien nodig. Verantwoordelik van afval ontslae raak.Laat genoeg tyd toe sodat leerders: Voorspellings kan maak en die nodige inligting kan voltooi. Die tabel teken en voltooi. Die grafiek kan teken en ‟n skets, met byskrifte, maak van die saailinge Al die vrae kan beantwoord.Voorgestelde riglyne vir nasienVraag Wat is die doel van hierdie ondersoek?Om uit te vind of sade water, warmte of lig nodig het om te groei (ontkiem) Wat beteken die woord “ontkiem”?Ontkiem beteken om te begin groei. Noem die toestande wat gunstig is vir ontkieming van sade.Vir ontkieming om plaas te vind, moet sade genoeg water absorbeer Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 12

VoorspellingVoorspel wat sal gebeur indien jy:(a) Nie die grond natlei nie. Watter veranderinge, indien enige, sal jy verwag om waarte neem?Die sade sal nie ontkiem nie. As hulle egter natgelei word, sal hulle ontkiem(b) Plaas die houer in ‟n donker kas nadat die sade geplant is. Watter veranderinge saljy waarneem en hoekom?Sommige sade het lig nodig om te ontkiem, terwyl ander donkerte nodig het.Sommige sade ontkiem in beide lig en donker toestande. (c) Plaas ‟n deksel op die houer nadat jy die sade geplant het. Watter veranderinge,indien enige, sal jy waarneem en hoekom?Die suurstof wat beskikbaar is, sal baie verminder word en ontkieming sal dalkonderbreek word / nie plaasvind nie (d) Plaas die houer met sade op ‟n koue plek. Watter veranderinge, indien enige, sal jyverwag in jou waarnemings en hoekom?Die aantal sade wat sal ontkiem, sowel as die tempo van ontkieming en die groeivan die saailing sal afneem. Hipotese – (raai die antwoord) Formuleer ‟n gepaste hipotese vir hierdie ondersoek.Hipotese: Bv. As die geplante sade op ‟n warm en sonnige plek; in die koelte; in ‟n donker kasen in ‟n yskas, sal die sade wat op ‟n warm en sonnige plek geplaas is, die meesteen vinnigste ontkiem en die meeste blare vorm. Lees die hipotese noukeurig deur om te kyk of die leerder die hipotese geskryf hetop grond van die toestande wat aan hulle gegee is.7.KommunikeerDOEN: (individueel)Hou boek van waarnemings Voltooi en skryf waarnemings neer Gebruik die onderstaande tabel om die daaglikse waarnemings neer te skryf. My saad was blootgestel aan (Kies relevante blokkie)Gebruik die volgende rubriek om die tabel te assesseer.Kollekteerdata deurmetingTabelleerdata3 PunteLeerder meetbaie akkuraatmet aandag aandetail.Alle relevantedata is duideliken akkuraatGetabelleer2 PunteLeerder is in staatom te meet sonderhulp.1 PunteLeerder benodigvoltydse hulp metmeting0 PunteLeerderneem gladnie deel nieMeeste relevantedata is korrekgetabelleer. Datakan nuttig gebruikwordMinder as diehelfte van die datais getabelleer.Daar is baie foute.Die data kan niegebruik word nie,dit is te onnet,onvolledig ennutteloosLeerder hetgeen datagetabelleernieGr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 13

(e) Watter gedeelte van die saailing is eerste sigbaar?Die wortel. (f) Wat gebeur met die saadhuid?Dit bly agter in die grond of word afgegooi bo-op die grond. (g) Wat gebeur met die saadblare?Hulle bly vasgeheg aan die stingel en word bo die grond waargeneem soos watdie stingel groei. Hulle verwelk soos die saailing groei. (h) Wat gebeur met die blare?Hulle vou oop en word groter. Meet die lengte van jou saailing elke tweede dag, soos volg: Verseker dat leerders elke tweede dag die lengte van hul saailinge korrek meet. Tabelleer die lengte van die stingel (in millimeters) in die tabel. Teken die aantal saailing wat daagliks spruit aan. Verseker dat leerders elke tweede dag die lengte van hul saailinge korrek meet.Teken die aantal saailing wat daagliks spruit aan. Maak sketse om die hoofstadiums van ontkieming te illustreer. Benoem die sleutel strukture.Eerste blareJong stingelSaadhuidPrimêre wortelDie hoofstadiums in die ontkieming van die boontjiesaadKriteria vir die nasien van die diagram:OpskrifProporsie, vorm en grootte korrekTen minste TWEE dele benoemTotaal1124Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 14

Verduidelik hoe die sleutel strukture die plant help met die lewensproses vanontkieming en groei. Die saailing se wortels beweeg afwaarts in die grond om die nuwe plantjie te anker enabsorbeer water en minerale soute uit die grond Die wortels stoor ook ekstra voedsel vir toekomstige gebruik. enige een Die stingel ondersteun die plant Hulle vervoer water en minerale soute van die wortels na die res van die plant envervoer ook voedsel vanaf die blare na die res van die plant. enige een Blare absorbeer sonlig wat die plant gebruik om voedsel en suurstof te vervaardigd.m.v. fotosintese. Teken ‟n staafgrafiek om jou data te illustreer.Nasien van ’n staafgrafiekNOTA: Onthou – wanneer jy die grafiek teken, is die tyd (dae)op die X-as (ons kan nieaan tyd verander nie) en die groei, in millimeters, is op die Y-as.Rubriek om die grafiek te assesseer:KriteriaKorrekte opskrif vir staafgrafiekX-as en Y-as is korrek benoemGepaste wydte en intervalle vanstaweGepaste skaal vir Y-asTeken van die grafiekeMaksimum punt11Punt behaal11:2:Totaal11 tot 6 stawe korrek getekenalle stawe korrek geteken6Voorbeeld om die teken van ’n staafgrafiek te verduidelik.Lengte van Ontkiemde Boontjiesaadin millimetersLengte van ontkiemde boontjiesaad oor ‘n periode van 13 daeblootgestel aan (bv.geen water, sonlig & warm en donker kas)water en yskaswater en skaduweesonlig, water en warmteDag 3Dag 5Dag 7Dag 9Dag 11Dag 13DaeGr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 15

6.EvalueringDOEN: (individueel)Interpreteer Waarneming Beskryf jou waarnemings gedurende die ondersoek. Interpreteer jou waarnemings Aanvaar of verwerp die gekose hipotese deur ‟n algehele gevolgtrekking van dieondersoek te skryf 7.Gevolgtrekking en VerbeteringDOEN: (individueel)(a) Stel EEN manier voor hoe jy hierdie ondersoek sal verbeter om meer akkurateresultate te kry.Deur die ondersoek ‟n paar keer te herhaal en aan dieselfde grond, water ensaailinge aan dieselfde toestande bloot te stel (b) ‟n Leerder het sade op ‟n klam handdoekpapier in ‟n petribakkie gesit. Nog ‟npetribakkie is gevul met water en sade. Die petribakkies is bedek en aandieselfde toestande as die eksperiment blootgestel. Na ‟n paar dae, het dieleerder waargeneem dat die sade wat in die water gelê het, nie ontkiem het nie,maar die sade wat in die handdoekpapier was, het wel ontkiem. Wat is die besteverduideliking wat jy kan gee vir hierdie resultate?Die sade wat in die water gelê het, het nie genoeg suurstof ontvang nie. (c) As 5 uit die 10 sade ontkiem het, watter persentasie van die sade het ontkiem?5/10 X 100 50% Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 16

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE - KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 1 "Naam van Skool" Natuurwetenskappe en Tegnologie Formele Assesseringstaak Kwartaal 1 Praktiese Taak nr. 01 Inhandigingsdatum Kennisafdelings: Lewe en Lewende dinge & Strukture Punte: 30 Graad 4 Onderwerp: Toestande wat nodig is vir sade om te ontkiem

Related Documents:

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE - KWARTAAL 1 TOETS Bladsy 5 WKOD NWT Graad 4 Kwartaal 1 – Maart MEMORANDUM 1. 1.1 D - beweeg 1.2 C – beweging 1.3 D - saad jong plant volwasse plant 1.4 A - Water, lug en sonlig. (4) 2. 2.1 D 2.2 E 2.3 A 2.4 B (

Afrikaans lê die ATKV na aan die hart en ons en die Beter Afrikaans-span nooi jou uit om jou liefde vir en kennis van Afrikaans met dié kompetisie te vier. KATEGORIEË Afrikaans Huistaal Graad 3 Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7 Graad 8 en 9 Graad 10 tot 12 Volwassenes Afrikaans

8 en 9. Graad 7 Graad 8 Graad 9 Onderwerp 3: Interpretasie en opvoering van „n keuse van dramatiese vorms Lys die dramatiese vorms wat in Graad 7, 8 en 9 bestudeer word. Graad 7 Graad 8 Graad 9 Onderwerp 4: Waardering en besinning Dui aan hoe u sal verseker dat u leerders die inhoud en vaa

VAK en GRAAD SOSIALE WETENSKAPPE – GRAAD 4 KWARTAAL 2 Week 5 SKAKEL MET ONDERRIG- EN ASSESSERINGSPLAN Leer van leerders Wat is die eienskappe van ‘n goeie leier? DOELSTELLINGS VAN LES Leerders toe te rus met die kennis, vaardighede en waardes noodsaaklik vir selfvervulling en deelname in ‘n gemeenskap as ‘n burger van ‘n vry land.

Graad 10: 1. Vak Registrasie: 2. Leerder Registrasie: R145 per vak R181 per Leerder Graad 11: . GRAAD 4 to 6: GRAAD 7 to 9: Afrikaans (Huistaal) Afrikaans (Huistaal) . English (First Additional Language) Wiskunde Wiskunde Lewensoriëntering Lewensoriëntering Natuurwetenskap Natuurwetenskap

Gr. 6 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 2 BELANGRIKE VEILIGHEIDSMAATREËL: Jodium oplossing is giftig, moet dus nie aan dit proe nie. (Dit sal ook jou vel en klere vlek, alhoewel dit nie skadelik is vir jou vel nie) Jy moet asseblief beskermende kleredrag en veiligheidsbrille dra.File Size: 813KB

C Skryfbehoeftes vir die teorie-eksamens (iv) D Hernasien, Punteverslag en Eksaminatorsverslag (iv) NOTAS TOV SOLFANOTASIE: Voorgraad 1 – Graad 3 (v) VOORGRAAD 1 1 . GRAAD 1 4 . GRAAD 2 9 . GRAAD 3 14 . GRAAD 4 20 . GRAAD 5 26

Abrasive water jet can do this with quality results but, generally is too expensive compared to plasma, laser or punching. 5. Cut Geometry Abrasive waterjet cuts have straight edges with a slight amount of taper. Kerf width is controlled by the orifice/nozzle combination. Cuts in thicker materials generally require larger combinations with more abrasive usage. The kerf width can be as small as .