ORIËNTERINGSHANDLEIDING VIR ONDERWYSERS Julie

2y ago
183 Views
23 Downloads
1.65 MB
43 Pages
Last View : 2d ago
Last Download : 2d ago
Upload by : Kaden Thurman
Transcription

NKV KABVSENIOR FASEGraad 7-9SKEPPENDE KUNSTEORIËNTERINGSHANDLEIDING VIRONDERWYSERSJulie 2013

Geagte OnderwysersWelkom by die NKV KABV SF Skeppende Kunste-oriënteringsessie. Die doel hiervan isom vir jou ’n oorsig te gee van die vereistes vir Skeppende Kunste soos in dieKurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) gestipuleer. Die aktiwiteite sal joubekendstel aan die inhoud en progressie van vaardighede oor Graad 6-10 enbeplanning vir onderrig, leer en assessering.Die fokus van hierdie oriëntering sal op praktiese aktiwiteite wees om dieonderwerpe, inhoud en vaardighede in elke kunsvorm te ondersoek. Die praktiesebenadering tot Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste behoort onderwysers in staatte stel om ingeligte besluite te neem met die seleksie van die kunsvorms wat vanaf2014 in skole onderrig moet word.Die WKOD is groot dank aan die leieronderwysers verskuldig wat ure bestee het omvir hierdie sessie voor te berei. Ons bedank hulle vir hulle bydrae. Dit word nie vanleieronderwysers verwag om al die antwoorde op vrae wat jy mag hê, te ken nie. Jyword aangemoedig om jou vrae via die leieronderwyser aan die vakadviseur te rig,wat dit so gou doenlik sal beantwoord.Hierdie handleiding is deur die Direktoraat: Kurrikulum AOO en die ondersteuning vandie Kurrikulumbeplanners vir Dansstudies, Musiek en Visuele Kunste in die Direktoraat:Kurrikulum VOO van die Wes-Kaap Onderwysdepartement saamgestel. Die isgebaseeropdieopleidingsmateriaal wat deur die Nasionale Departement van Basiese Onderwysontwikkel is.NKV KABV SF Graad 7 - 92SKEPPENDE KUNSTE

INHOUDSESSIE 1: INLEIDING TOT SKEPPENDE KUNSTEAktiwiteit 1(60 minute)Generiese oorsig en oorsig van Skeppende Kunste in die Senior FaseAktiwiteit 2Oorweging van onderwerpe en inhoud per kunsvorm(30 minute)Aktiwiteit 3Volg progressie oor die fases per kunsvorm(30 minute)SESSIE 2: WAT DIE KLASKAMER BETREFAktiwiteit 4(50 minute)Ondersoek Dans – onderwerpe, sleutelbegrippe en progressie oor fases,inklusiwiteitAktiwiteit 5(50 minute)Ondersoek Drama – onderwerpe, sleutelbegrippe en progressie oor fases,inklusiwiteitAktiwiteit 6(50 minute)Ondersoek Musiek – onderwerpe, sleutelbegrippe en progressie oor fases,inklusiwiteitAktiwiteit 7(50 minute)Ondersoek Visuele Kunste – onderwerpe, sleutelbegrippe en progressieoor fases, inklusiwiteitAktiwiteit 8Begrip van assessering in Skeppende Kunste(40 minute)Bylae 1 - 5NKV KABV SF Graad 7 - 93SKEPPENDE KUNSTE

Oriënteringsuitkomste:Aan die einde van hierdie oriëntering sal u in staat wees om: Die sleutelkenmerke van die vak Skeppende Kunste te verstaan ten einde ‟n ingeligtebesluit te neem oor die keuse van kunsvorms wat vanaf 2014 by u skool gevolg sal word. Die doel van Skeppende Kunste te verstaan. Die onderwerpe en inhoud vir Skeppende Kunste in die Senior Fase vir elke kunsvormte verstaan. Die begrippe en vaardighede in die onderwerpe te verstaan en in die klaskamer toe tepas. Die skakeling en oorgang van kennis en vaardighede vir elke kunsvorm van dieIntermediêre Fase na die Senior Fase en die Senior Fase na die Verdere Onderwys enOpleiding (VOO-fase) te verbind. Die tydstoekenning per week en per jaar vir elke kunsvorm te identifiseer. Die minimum fasiliteite en hulpbronne wat vir die vak Skeppende Kunste benodigword, te identifiseer. Aan praktiese aktiwiteite in Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste deel te neem teneinde vaardigheid en ‟n begrip van die konsepte in die vier kunsvorms te ontwikkel. Hulpbronne vir doeltreffende onderrig, leer en assessering te identifiseer. Die program vir assessering van Skeppende Kunste te verstaan. Die verskillende vorme van assessering wat vir elke kunsvorm gestipuleer word, teverduidelik. Te verduidelik hoe assessering in die Skeppende Kunste-vak opgeteken moet word.NKV KABV SF Graad 7 - 94SKEPPENDE KUNSTE

Oorsig van Skeppende Kunste in die Senior Fase30 minAktiwiteit 1 Generiese oorsig en oorsig van die vak (Bylae 1)Bespreking gelei deur fasiliteerderHulpbronne NKV Kurrikulum-en-Assesseringbeleidsverklaring (KABV): Skeppende KunsteHOOFBERIG!SKEPPENDE KUNSTE verskaf blootstelling aan en bestudering van ‟n reeks kunsvorms:DANS, DRAMA, MUSIEK en VISUELE KUNSTE(insluitend ontwerp en kunsvlyt) vanaf Graad R tot Graad 9.Die voorneme van die vak Skeppende Kunste is om: kreatiewe, uitdrukkingsvolle en innoverende individue en spanne te ontwikkel; leerders met blootstelling en ondervindinge in dans, drama, musiek en visuelekunste te voorsien; toegang tot basiese kunsopvoeding vir alle leerders te bied; kunstalent, aanleg en entoesiasme te identifiseer en te koester; leerders met die nodige basiese vaardighede toe te rus om sodoende verdere studiesin die kunsvorm van hulle keuse na te volg; ‟n bewustheid van die kunste van diverse kulture te ontwikkel; leerders aan ‟n reeks loopbane in die kunste bloot te stel; kunsgeletterdheid en waardering te ontwikkel; toekomstige gehore en kunsverbruikers te ontwikkel; en lewensvaardighede deur middel van die kunste te ontwikkel.(KABV: bl. 8, 9)NKV KABV SF Graad 7 - 95SKEPPENDE KUNSTE

JONGSTE NUUS!In graad 7, 8 en 9, word twee uur per week (vyfdagsiklus) aan Skeppende Kunstetoegeken.Leerders bestudeer slegs TWEE kunsvorms, maar skole kan VIER kunsvormsaanbied. Een uur per week word vir elkeen van die twee kunsvorms toegeken.Dit maak voorsiening vir diepte van studie en berei leerders voor vir vakkeuses in diekunste in Graad 10 tot Graad 12.Die kunsvorms moet dwarsdeur die jaar onderrig word en nie in halfjaar-modules nie.SELEKSIE VAN KUNSVORMS BY ELKE SKOOL: Word volgens die kriteria hieronder deur elke skool bepaal:oBeskikbaarheid van die minimum fasiliteite en hulpbronne wat vir elke vak benodigword.oBeskikbaarheid van onderwysers wat by die skool in die kunste spesialiseer oftoeganklik tot die skool is (bv. rondreisende onderwysers, ouers, kunstenaars in diegemeenskap).oLeerders se vermoëns/talente en voorkeure.Minimum vereistes per M FASILITEITEDansateljee/saal/dubbelklaskamer(oop ruimte verkieslik met ‟ngeveerde houtvloer)Groot klaskamer of saalHULPBRONNEMusiekstelsel met CD-speler/iPodNormale klaskamer en ruimte viroefenKunskamer of gepaste ruimteMusiekstelsel,musiekinstrumenteVisuele KABV, bl. 9-12)Wanneer skole kies watter kunsvorms om aan te bied, moet daar tydens die toewysing ofseleksie van leerders kennis geneem word van die EISE WAT DIE KUNSVORM STEL.Instruksie Deelnemers volg die Skeppende Kunste KABV-dokument volgens die bladsynommerswat deur die fasiliteerder aangetoon word. Kort kommentaar en bespreking deur deelnemers. Samevatting deur fasiliteerderNKV KABV SF Graad 7 - 96SKEPPENDE KUNSTE

Oorweging van onderwerpe en inhoud per kunsvorm30 minAktiwiteit 2In groepe volgens die kunsvorms: Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste, lees dieOORSIG VAN DIE ONDERWERPE in die KABV (bl. 13-23).DANS (KABV bl. 13 - 14; uitgebreide lees bl. 24 - 35)Bespreek die stelling op bladsy 13 van die KABV en die implikasies daarvan virDans-onderrig by u skool.’n Danskurrikulum kan nie die behoeftes van elke dansvorm aanspreek nie. In lyn metinternasionale pariteit is hierdie kurrikulum met die drie populêrste dansvorms in SuidAfrika in gedagte geskryf: Afrika-dans, klassieke ballet en kontemporêre dans. Indienander dansvorms oorweeg word, moet die Departement van Basiese Opvoeding (DBO)met besonderhede van presies hoe die dansvorm aangepas sal word, voorsien word omdie vereistes van die kurrikulum na te kom.Onderwerp 1: DansuitvoeringGaan deur ‟n seleksie van sommige van die begrippe en vaardighede wat inOnderwerp 1 behandel word en voltooi die tabel om aan te dui hoe progressie vanGraad 7 na Graad 9 plaasvind. Gebruik voorbeelde om die progressie van graad nagraad te illustreer.Graad 7Graad 8Graad 9Danskonvensies: groet,Danskonvensies:Danskonvensies:gebruik van ruimte, beheer.Opwarming:Passies van ‟n SuidAfrikaanse dansNKV KABV SF Graad 7 - 97SKEPPENDE KUNSTE

Gewigsverplasing vankant tot kant, vorentoe enagtertoe.Afkoeling en strekkingOnderwerp 2: Dansimprovisasie en komposisieWatter elemente van Dans word in Graad 7-9 ondersoek? Dui in onderstaande tabelaan.Graad 7Graad 8Graad 9Onderwerp 3: DansteorieHoe word Dansgeletterdheid in Graad 7-9 behandel? Dui in onderstaande tabel aan.Graad 7Graad 8Graad 9Dansgeletterdheid - eie enander;hoe bewegings betekenisoordra.DRAMA (KABV bl. 15 - 16; uitgebreide lees bl. 36 - 48)Onderwerp 1: Ontwikkeling van dramavaardighedeIn pare, kies een oefening in Graad 7, 8 of 9 vir Stemontwikkeling of een oefening virFisiese Ontwikkeling. Verduidelik kortliks en/of demonstreer die oefening aan jou maat.Maak kort aantekeninge om die oefening uiteen te sit. Verander maats.Graad 7Graad 8Graad 9StemontwikkelingFisiese ontwikkelingNKV KABV SF Graad 7 - 98SKEPPENDE KUNSTE

Onderwerp 2: Drama-elemente in toneelskeppingBespreek die verskillende fokusareas van klaskamerdrama (toneelskepping) in Graad 7,8 en 9.Graad 7Graad 8Graad 9Onderwerp 3: Interpretasie en opvoering van „n keuse van dramatiese vormsLys die dramatiese vorms wat in Graad 7, 8 en 9 bestudeer word.Graad 7Graad 8Graad 9Onderwerp 4: Waardering en besinningDui aan hoe u sal verseker dat u leerders die inhoud en vaardighede kan aanleer wat inhierdie onderwerp beskryf word.Graad 7Graad 8Graad 9Onderwerp 5: Media en loopbaneIn watter graad word STEREOTIPERING behandel? Hoe word stereotipering in hierdieonderwerp aan drama gekoppel?StereotiperingMUSIEK (KABV bl. 17 - 20; uitgebreide lees bl. 49 - 60)Onderwerp 1: MusiekgeletterdheidIn hierdie onderwerp is die klem op hoe om musiek te lees en analiseer, asook hoe omeie musiek te skryf. Stel in die onderstaande tabel voor hoe lettername in die skryf vantoonlere ontwikkel, soos op bl. 17 (KABV) aangedui.NKV KABV SF Graad 7 - 99SKEPPENDE KUNSTE

Graad 7Graad 8Graad 9Demonstreer hoe progressie vanaf die klap/speel van kort ritmiese frases tot dielees/speel van musiek in die sleutels plaasvind, soos vanaf Graad 7 tot 9 aangedui.Maak kort ondersteunende aantekeninge in onderstaande tabel.Graad 7Graad 8Graad 9Onderwerp 2: Musiekbeluistering‟n Sterk fokus van Musiek is die ontwikkeling van ‟n leerder se ouditiewe vermoë. Dit stelleerders in staat om verskillende elemente, instrumente en style van musiek teidentifiseer.Hoe sal jy leerders vanaf Graad 7-9 aan verskillende style van musiek bekendstel?Maak kort ondersteunende aantekeninge in die onderstaande tabel.Graad 7Graad 8Graad 9Instrumente word in families verdeel. Hoe sal u leerders onderrig om hierdie families teidentifiseer deur na opnames van musiek te luister? Maak kort aantekeninge inonderstaande tabel.Graad 7Graad 8Graad 9Onderwerp 3: Uitvoering/aanbieding en skepping van musiekStel voor hoe progressie van Graad 7 na 9 in die skepping van eie musiek plaasvind.Graad 7NKV KABV SF Graad 7 - 9Graad 8Graad 910SKEPPENDE KUNSTE

Visuele Kunste (KABV bl. 21-22; uitgebreide lees bl. 61-74)Onderwerp 1: Skep in 2DBespreek kortliks hoe die leerder se waarneming en interpretasie van sy/haar EIEvisuele wêreld in die drie grade uitgebrei word. Gebruik voorbeelde om die progressievan graad na graad te illustreer.Graad 7Graad 8Graad 9Onderwerp 2: Skep in 3DGee voorbeelde van die temas wat in Graad 7-9 in die skepping van 3D verken word.U kan na die voorbeelde in die KABV of na u eie ervarings verwys.Graad 7Graad 8Graad 9Onderwerp 3: Visuele geletterdheidDui in die tabel hieronder aan hoe die rol van die kunstenaar in die drie grade verkenword.Graad 7Graad 8Graad 9Lees die volgende aantekening op bl. 22 (KABV), Graad 8 Onderwerp 3:Beplanning en voorbereiding: met leiding, versamel hulpbronne, visuele inligting envoorlopige tekeninge en sketse vir voorbereiding vir die finale projekte. Bespreek hoeOnderwerp 3 by Onderwerp 1 en/of 2 in ‟n les geïntegreer kan word.Graad 8 Terugvoering deur deelnemersoElke groep stel ‟n skrywer aan en ‟n persoon om terugvoering aan die volle groep tegee, met die fokus op die inhoud en vaardighede wat in die onderwerp van hullegekose kunsvorm beskryf word.o Samevatting deur fasiliteerder.NKV KABV SF Graad 7 - 911SKEPPENDE KUNSTE

Progressie oor die fases30 minAktiwiteit 3In groepe volgens die kunsvorms: Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste:1) kyk na die ONDERWERPE in elke kunsvorm in die Senior Fase (tabel hieronder)2) kyk na die lys onderwerpe in u gekose kunsvorm (Bylae 2) oor die fases: Intermediêre Fase na die Senior Fase Senior Fase na die Verdere Onderwys en Opleiding (VOO-fase)3) bespreek hoe progressie in elke onderwerp tussen die grade en fases plaasvind.SKEPPENDE KUNSTE: SENIOR FASE-ONDERWERPEDANSDRAMAMUSIEKVISUELE KUNSTEOnderwerp 1Onderwerp 1Onderwerp 1Onderwerp 1DansuitvoeringOntwikkeling vanMusiekgeletterdheidSkep in 2DdramavaardighedeOnderwerp 2Onderwerp 2Onderwerp 2Onderwerp 2Dansimprovisasie enDrama-elemente inMusiekbeluisteringSkep in 3DkomposisietoneelskeppingOnderwerp 3Onderwerp 3Onderwerp 3Onderwerp 3DansteorieInterpretasie enUitvoering/aanbiedingVisuele geletterdheidopvoering van „nen skepping vankeuse vanmusiekdramatiese vormsOnderwerp 4Waardering enbesinningOnderwerp 5Media en loopbane Terugvoering deur deelnemersoElke groep stel ‟n skrywer aan en ‟n persoon om terugvoering aan die volle groep tegee, met die fokus op die onderwerpe van hulle gekose kunsvorm.o Samevatting deur fasiliteerder.NKV KABV SF Graad 7 - 912SKEPPENDE KUNSTE

Aktiwiteit 4Ondersoek die begrippe en inhoud van Dans50 minBespreking gelei deur fasiliteerder Die drie onderwerpe, die gewigstoekenning en hoe dit geïntegreer is om tyd optimaalte benut. Die sikliese aard van dansonderrig en die behoefte om ten minste twee keer ‟n week teoefen om fiksheid en geheue van bewegings te bou.Onderwerp 1: Danskonvensies10 minAktiwiteit deur die fasiliteer gelei om begrippe en vaardighede te demonstreer:beheermeganisme in dansStel kontroles vir “vries” Loop vinnig na enige plek in die kamer om ‟n oop ruimte te vind. Fasiliteerder sê “vries”of gebruik handkontrole (hou hand hoog in die lug en wag vir rustigheid en stilte) nadatdeelnemers vir ‟n rukkie geloop het. Die deelnemers moet op die sein van die fasiliteerder ophou beweeg en vries waarhulle is. Herhaal nog ‟n paar keer en wissel dan die lokomotoriese bewegings af deur rigtings,vlakke en vorms te gebruik, bv.o Loop agteruit, vries op ‟n lae vlak.o Galop sywaarts, vries deur ‟n ronde vorm te maak.o Hardloop in diagonale lyne, vries op ‟n hoë vlak en maak ‟n driehoekige vorm, ens.Ontwikkeling van ruimtelike bewustheid Loop agter ‟n maat en handhaaf deurentyd dieselfde afstand. Loop langsaan ‟n maat en bly in pas met mekaar; gebruik periferiese sig, kyk vorentoemaar sien maat deur kant toe te kyk. Terugvoering deur deelnemers oor hulle ervaring en wat hulle in die oefening geleerhet. Samevatting van begrippe deur fasiliteerder:o Danskonvensies verskaf struktuur vir dissipline in die klas.NKV KABV SF Graad 7 - 913SKEPPENDE KUNSTE

o Dit is noodsaaklik om die danskonvensies en kontroles aan die begin van diejaar vas te stel en dit deur die loop van die jaar te versterk.o Fasiliteerder beklemtoon die belangrikheid van dissipline in die dansklas enverduidelik die reëls oor geen botsing, stoot of geselsery in die klas.Onderwerp 1: Opwarming en bou van vaardighede20 minRuggraatopwarmingInstruksies:10 min Staan met voete parallel onder die heupe, laat sak jou kop en verslap jou knieë. Voeldie gewig van jou kop soos jy vorentoe afrol. Wanneer jou kop af is, reik jou sitbene dak se kant toe. Doen die beweging omgekeerd en ontrol een werwel op ‟n slag. Jou kop lig laaste op. Herhaal die oefening twee keer op 8 tellings, twee keer op 4 tellings en vier keer op 2tellings, met spoed wat geleidelik toeneem.Swaaie en uitvalstande ("lunges")5 min Probeer verskillende maniere om jou arms te swaai: afsonderlik, saam, vorentoe enagtertoe, beweeg met 3 treë en van kant tot kant. Maak halfsirkels en volle sirkels met jou arms en buig die knieë met elke swaai; jybehoort baie ontspanne te voel.Uitvalstande (“lunges”) en uitreikbewegings (“reaches”) is maklike, vloeiende bewegingsom jou spiere en gewrigte op te warm.Instruksies: Staan met jou voete wyd uitmekaar (in tweede posisie) met voete gemaklik na buitegedraai.Buig een knie en verskuif jou gewig oor die gebuigde knie. Maak daardie knie reguit en buig die ander een, met jou gewig wat na die gebuigdeknie verskuif. Hou aan om hierdie bewegings te herhaal, met gladde verplasing van jou gewig van een knie na die ander.Voeg armbewegings by – reik uit in alle rigtings – vorentoe, sywaarts, agtertoe,opwaarts, afwaarts, oor jou koop, oor jou lyf.Kniebuigings en hakswewe ("rises")5 minStadige buiging van die knieë is baie goed vir die opwarming van alle beenspiere: die sterkkuit- en dyspiere en die knie- en enkelgewrigte. Knieë is baie kwesbaar; maak dus sekerom jou knieë in lyn met die middelste tone te bring sodat jy nie jou knieë verdraai nie.NKV KABV SF Graad 7 - 914SKEPPENDE KUNSTE

Instruksies: Staan met jou voete parallel, effens uitmekaar. Buig jou knieë gladweg; behou ‟n reguit rug. Maak jou bene reguit. Lig jouself op albei voete. Soos jy oplig, ervaar ‟n gevoel van teen die vloer vasdruk;maak seker jy hou jou gewig op jou groottone en hou die binnekant van jou enkels inlyn met jou groottone. Een manier om dit te doen, is om jou te verbeel dat jy ‟n lemoentussen jou dye vashou. Soos jy jou hakke grond toe laat sak, reik op bo jou kop om jou postuur te versterk. Herhaal dit vier keer en dan met die voete in 1ste en 2de posisie uitgedraai. Voeg armbewegings by om met die bene te koördineer.Terugvoering deur deelnemers: Bespreking waarom opwarming belangrik is.Samevatting deur fasiliteerder:o Maak in elke dansklas seker dat jy passies doen, heen en weer beweeg (“travellingmovements”) en dans-kombinasies doen.Onderwerp 2: Improvisasie: Inhoud en begrippe20 minInleiding tot metodologie vir die onderrig van improvisasie deur middel vannatuurlike beweging.Improviseer met ‟n rekwisiet5 minInstruksie: Kies enige rekwisiet, bv. stoel / tafel / hoed / stok / koerantpapier / boks. Improviseer oor, onder, rondom of binne die rekwisiet. Gebruik die rekwisiet as ‟n verlengstuk van jou liggaam. Gebruik die rekwisiet asof dit iets anders verteenwoordig, bv. ‟n gevangenis, ‟nwegkruipplek, klere, ‟n boot, ens.Ontmoet en verlaat5 minInstruksies: In pare, begin ver van mekaar af en beweeg na mekaar toe en verlaat mekaar danweer. Hou die aksies nie-verbaal. Voeg emosies of idees by, bv.oOntmoet vriendelik en verlaat kwaadoOntmoet stadig en hartseer en verlaat vinnigoOntmoet en verlaat mekaar asof julle vreemdeling/ beste vriende isNKV KABV SF Graad 7 - 915SKEPPENDE KUNSTE

Ontwikkeling van bewegingswoordeskat: Natuurlike gebare10 minHierdie aktiwiteit is vir alle ouderdomme en is inklusief. Dit kan op ‟n stoel uitgevoer word.Instruksies:Bespreek wat ‟n natuurlike gebaar is. Verduidelik dat dit ‟n alledaagse beweging is wat ‟nidee of gedagte of emosie uitdruk. Ons gebruik almal die hele tyd natuurlike gebare,meestal sonder dat ons daarvan bewus is. Ons reageer ook op ander mense se gebare,want ons lees onbewustelik hulle liggaamstaal. Watter gebare gebruik jy daagliks? (Byvoorbeeld waai, byt jou naels, praat met jouhande (beduie), stamp liggies aan mense, stamp jou voet, sug en vou jou arms, ens.). Noem algemene natuurlike gebare en vra leerders om dit so realisties as moontlik uit tevoer, bv.owaaiogroet met ‟n handskudobedek jou gesigovee jou hand oor jou neusodraai ‟n lok van jou hareokrap jou kop Kies jou eie natuurlike gebaar wat jy gereeld doen. Oefen dit ‟n paar keer. Begin dit danabstrak te doen deur:odie beweging te oordryfodit met vertraagde beweging te doenodit teen dubbel die spoed te doenodie ritme van die beweging te verander Kies twee van die bewegings uit bovermelde lys wat goed gewerk het en skakel dit aanmekaar in ‟n bewegingsekwens. Hou aan om die sekwens te oefen sodat jy nie vergeetnie. Met ‟n maat, kombineer

8 en 9. Graad 7 Graad 8 Graad 9 Onderwerp 3: Interpretasie en opvoering van „n keuse van dramatiese vorms Lys die dramatiese vorms wat in Graad 7, 8 en 9 bestudeer word. Graad 7 Graad 8 Graad 9 Onderwerp 4: Waardering en besinning Dui aan hoe u sal verseker dat u leerders die inhoud en vaa

Related Documents:

Graad-gids vir ouers Graad 7 1 Graad 7 7.1 Ons visie vir graad 7 Hierdie gids vir Graad 7 is nie ‘n beleidsdokument nie.Elke klas is anders, verskillende onderwysers bied vakke verskillend aan, en

Julie of the Wolves (1973) In Jean Craighead George's absorbing novel, Julie of the Wolves, Julie's mother died when Julie was but four years old. The character of the mother and her impact on Julie are only briefly discussed. In a short passage that opens Part II of the novel, Julie recalls a walk with her father on the day of her mother's death.

10 - Miss Otis Regrets (standard key - Eb) 11 - I Get a Kick Out of You (standard key - Eb) 12 - I love Paris (standard key - C) 13 - It's D'Lovely (Ori's provided chart) 14 - Just One of those Things (Ori's provided chart) 15 - Anything goes (Ori's provid

Daar is 60 Loebi die drakie stories, 12 boekies vir elke ouderdomsgroep. Die stories is geskryf as voorlees stories vir kleuters, maar Graad 1 en Graad 2 maats geniet dit om die stories self te lees! Hierdie storie is storie 3 vir die 3-4 jarige kinders in ons aktiwiteitsklub. Koop vir julle Loebi stories hier

(b) Onderrigtyd vir Graad R, 1 en 2 is 23 uur en Graad 3 is 25 uur. (c) Onderrigtyd vir Tale in Graad R-2 is 10 uur en vir Graad 3 is 11 uur. ’n maksimum tyd van 8 uur en ’n minimum tyd van 7 uur word aan huistaal toegeken. Vir Addisionele Taal word ’

{2:32} Omhels jou kinders totdat ek kom en shew genade vir hulle: vir my putte loop, en my genade mag nie misluk. {2:33} ek Esdras ontvang 'n las van die Here op die Mount Oreb, wat ek moet gaan vir Israel; Maar toe ek vir hulle, hulle stel my aan nul, en

vir Micro soft, MTN en die Suid-Afrikaanse regering. Van Huyssteen is veral bekend vir sy bydrae as taalkundige in die ontwikkeling van tekstegnolo-gietoepassings en verskeie elektroniese hulpbronne vir Afrikaans, asook as konseptualiseerder, samesteller en beoordelaar van die kykNET-program Op die Spel. GERHARD VAN HUYSSTEEN is professor in .

Double Concept Modal Modal Concept Examples Shall (1) Educated expression Offer Excuse me, I shall go now Shall I clean it? Shall (2) Contractual obligation The company shall pay on January 1st Could (1) Unreal Ability I could go if I had time Could (2) Past Ability She could play the piano(but she can’t anymore) Can (1) Present Ability We can speak English Can (2) Permission Can I have a candy?