Onderwerp 1 Finansiële Geletterdheid,

2y ago
187 Views
10 Downloads
2.53 MB
6 Pages
Last View : 17d ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Vicente Bone
Transcription

Week J 2-3SleuteltermeOnderwerp 1 Finansiële geletterdheid,1 InleidingkapitaalHierdieonderwerp is 'n inleiding tot finansiële geletterdheid, 'n belangrikebateslewensvaardigheid wat jy hierdie jaar sal begin leer. Hierdie onderwerp sal jouaan 'n paar basiese rekeningkundige begrippe bekendstel. Jy sal in die paartransaksiefinansiële rekordshoofstukke meer van hierdie nuwe taal van geld leer.Sommige van die basiese rekeningkundige begrippe waarvan jy sal leer, is:kapitaal, bates, laste, inkomste en uitgawes. Jy sal ook leer van die begrippevan wins en verlies en die basiese berekening daarvan. Ander terme waaraanjybekendgestel sal word, sluit in: begrotings, spaar, bankwese, finansiële rekordsentransaksies.Hierdie basiese rekeningkundige begrippe is belangrik, en dit sal die boublokkevirverdere studie in finansiële geletterdheid in Graad 8 en Graad 9 word.2 Rekeningkunde2.1 Die term "rekeningkunde"finansies - Geldsake.op te som - Soortgelyketransaksies wat saamgegroepeer word.Rekeningkunde is 'n stelsel wat inligting oor 'n sakeonderneming se finansiesopteken en beskikbaar stel. Hierdie stelsel help 'n sakeonderneming ombehoorlike rekords van al die finansiële aktiwiteite in die sakeonderneming te houen om hierdie finansiële inligting op te som. Dit beteken die eienaar kan besluiteneem oor hoe om die onderneming beter te bedryf. Dit is belangrik om die basiesebeginsels van rekeningkunde te ken. Daar word soms na rekeningkunde as die"taal van geld" verwys. Rekeningkunde speel vandag 'n belangrike rol in onssamelewing.2.2 Rekeningkundige begrippeJy moet die volgende belangrike rekeningkundige begrippe verstaan sodat jy diekennis en vaardighede kan ontwikkel om finansiële geletterdheid te bestudeer:kapitaal, bates, laste, inkomste, uitgawes. wins en verlies, begrotings, bankwese,spaargeld, transaksie en finansiële rekords.56Kwartaal 2 Week 2-3Onderwerp 1 Finansiële geletterdheid: Rekeninglcundigebegrippe

Rekeningkundige begrippeKapitaalWanneer'n eienaar 'n sakeonderneming begin, moet hy geld in die ondernemingstort. Dit is gewoonlik sy persoonlike spaargeld. Hy kan ook 'n paar van sypersoonlike besittings in die onderneming stort. Kapitaal is die geld of anderbesittings wat die eienaar in die sakeonderneming belê.BatesBates is al die besittings van die sakeonderneming. Hierdie items is waardevolen het waarde wat lank hou. Bates verhoog die rykclomvan 'n sakeonderneming.Voorbeeldehiervan is grond en geboue, toerusting, voertuie en geld.FIGUUR 2.2Die eienaar dra kapitaal byFIGUUR2.3 Bates van 'n sakeondernemingLaste'n Lasis geld wat die sakeonderneming aan ander mense of sakeondernemingsskuld. Laste word soms "skuld" genoem. Die sakeonderneming moet hierdieskuld stiptelik op die een of ander stadium in die toekoms betaal. Laste krimp ofverminder die rykdom van 'n sakeonderneming. Voorbeeldevan laste is om 'nlening by 'n bank aan te gaan of om goedere op rekening te koop.Week 2-3Onderwerp 1 Finansièle geletterdheid: Rekeningkundige begrippe Kwartaal 257

Week 2-3InkomstebiInkomste is al die geld wat die sakeonderneming verdien. 'n Handels.envervaardigingsonderneming se hoofinkomste bron sal uit verkopebestaan,'n diensonderneming se hoofinkomste uit 'n fooi vir dienste gelewer,sal bestaan.Ander soorte inkomste sluit in: rente-inkomste, afslag en huurinkomste.UitgawesFIGUUR 2.4Verkope is 'n Inkomste vir 'nsakeondernemingUitgawes is geld wat die sakeonderneming bestee om dit te kanbedryf. Uitgaweskan betaling vir dienste wees wat aan die sakeonderneming gebiedword, ofdie aankoop van items wat deur die sakeonderneming gebruiksal word; metander woorde, items sonder blywende waarde. Voorbeelde vanuitgawes istelefoonrekeninge, water en elektrisiteit, salarisse en lone, reklame,herstelwerkenskryfbehoeftes.Collage van rekeningkundige begrippeSkep 'n collage in jou werkboek of op papier deur prente uittydskrifte ofkoerante of jou eie tekeninge te gebruik om verskillende soortebates, laste,inkomste en uitgawes te illustreer. Jou prente moet byskrifte hêom hierdieverskillende begrippe te beskryf.FIGUUR2.5Wins en verliesSake.uitgawesWins is die verskil tussen inkomste en uitgawes wanneerinkomste meer asuitgawes is. Alle sakeondernemings wil graag 'n wins maak.Verlies is dieverskil tussen inkomste en uitgawes wanneer uitgawes meer as inkomste is. 'nSakeonderneming moet sy uitgawes beperk om te voorkom dathy 'n verlies ly.rente-inkomste - Geldontvang vir geld watin die bank gespaar ofbelê is.Inkorasee RI 000—R 700Inkoms&e R1 000—UtE9Qc»esR1 200s Wtns R300VerLtes (R200)FIGUUR 2.6FIGUUR 2.7'n Wins word gemaak wanneer inkomste uitgawes oorskry58Kwartaal 2 Week 2-3'n Verlies word gemaak wanneer uitgawes inkomste oorskryOnderwerp Finansièle geletterdheid: Rekemngkundige begrippe

Begrotings'n Begroting is 'n plan oor hoe omtoekomstige inkomste te bestee.Dit is 'n geskrewe dokumentRa coowat die beplande inkomste engeskatte - Beraamdeberekening.geskatte uitgawes van 'n persoonof sakeonderneming vir 'n spesifieketydperk in die toekoms aandui,byvoorbeeld 'n maand of 'n jaar.RtcoIndividue asook sakeondernemingsbehoort begrotings op te stel ten eindegeld verstandig te bestee en te bespaarwaar hulle kan.FIGUUR2.8Voorbeeld van 'n begrotingBankwese'n Bank is 'n finansiële instelling watinstelling—'nOrganisasie.individue en sakeondernemings kangebruik om hulle geld veilig te bewaar.Jy sal 'n bankrekening moet oopmaakom die dienste te gebruik wat bankeaanbied.'n Bankrekening kan gebruik word omgeld te deponeer en onttrek wanneergunstige —Om geld innodig. Jy sal rente op 'n gunstigebanksaldo verdien, maar jy sal renteop geld moet betaal wat jy by die bankjou bankrekeningte hé.geleen het. Banke leen geld uit aanmenseen sakeondernemings.ABSAFIGUUR2.9dienste'n Bank bied sy klante verskeieStandard BankFIGUUR 2.10Hierdie is die embleme van die grootste banke in Suid Afrika.Week 2-3Onderwerp Finansiële geletterdheid: Rekeningkundige begrippe Kwartaal 259

Week 2-3SpaargeldSpaar is die handeling om geld opsy te sit vir toekomstige gebruik. Jy kanslegsspaaras jy nie al jou inkomste bestee wat jy verdien het nie. Geld kan in 'n bankof byenigeander finansiële instelling gespaar word wat spaargeriewe aanbied. Deurminderaan sekere uitgawes te bestee of te probeer om onnodige uitgawes uit tesny, soosomminder water en elektrisiteit te gebruik, kan ook as 'n vorm van spaar beskouword.Transaksie'n Transaksie is 'n finansiële handeling of gebeurtenis wat in 'nsakeondernemingplaasvind. Wanneer twee partye aan 'n transaksie deelneem, doen hulle sakedeurgeld of iets waardevols te ruil. Byvoorbeeld:Die sakeonderneming verkoop goedere vir kontant aan 'n klant: Tweepartye: sakeonderneming en klant Sakeonderneming verruil goedere vir kontant.o Klant verruil kontantvir goedere.Die sakeonderneming koop goedere vir kontant by 'n verskaffer: Twee partye: Sakeonderneming en verskaffer Sakeonderneming verruil kontant vir goedere.o Verskaffer verruil goedere vir kontant.02FIGUUR 2.11 Transaksie tussen twee partye60Kwartaal 2 Week 2-3Onderwerp 1 Finansiéle geletterdheid: Rekeningkundige begrippe

Finansiële rekordsAlle sakeondernemings moet daagliks finansiële transaksies in dierekeningkundige stelsel van die sakeonderneming opteken. Dit word die byhouvan finansiële rekords genoem. Elke finansiële transaksie moet op 'n ordelikeen sistematiese wyse opgeteken word. Dit word boekhouding genoem. Bedrae,datums en bronne van elke transaksie word om die volgende redes korrek in 'nrekeningkundige stelsel opgeteken en opgesom:o oosistematies -Om 'nspesifieke stelsel ofmetode te gebruik.om te verseker dat die sakeonderneming daagliks doeltreffend bedryf wordom te bereken of die sakeonderneming 'n wins gemaak of 'n verlies gely hetom vir die toekoms te beplanom te bepaal hoeveel geld aan ander partye geskuld word.FIGUUR 2.12Hou rekeningkundige rekordsAktiwiteit 2Besoek 'n sakeondernemingJulle moet in pare enige sakeonderneming in julle gemeenskap besoek eninligting oor die volgende insamel: voorbeelde van verskillende soorte transaksies wat daagliks in diesakeonderneming plaasvind hoe hulle hul finansiële transaksies opteken - watter soort rekeningkundigestelsel hulle gebruik.Gee terugvoering aan die klas in die vorm van 'n kort mondelinge voorlegging,Week 2-3Onderwerp 1 Finansiële geletterdheid: Rekeningkundige begrippe Kwartaal 261

verdere studie in finansiële geletterdheid Graad 8 en 9 word. 2 Rekeningkunde 2.1 Die term "rekeningkunde" Rekeningkunde is 'n stelsel wat inligting oor 'n sakeonderneming se finansies opteken en be

Related Documents:

Wiskundige Geletterdheid 1 NOORD-KAAP DEPARTEMENT VAN ONDERWYS WISKUNDIGE GELETTERDHEID LOCK IN LEERDER NOTAS FEBRUARIE 2020 . Wiskundige Geletterdheid 2 . BTW in Suid-Afrika het met ingang van 1 April 2018 na 15% verhoog. Die volgende toon hoe die handelaar die nuwe verhoogde BTW verkeerd bereken het:

Unit XX Via Afrika Uitgewers » Wiskundige Geletterdheid Graad 10 2 Basiese Vaardighede Onderwerp 1 Basiese Vaardighede Getalle en berekeninge met getalle

WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL 1 HALF JAARLIKSE EKSAMEN NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT . 1.4 In Suid Afrika word vleis per kilogram (kg) verkoop. Herlei die volstruis fillet se gewig wat nodig is om die resep te maak, na kilogram. Gebruik die volgende: 1 kg 32,274 oz.

Geografie Via Afrika Geografie Gr11Lb Caps Geskiedenis Verken Geskiedenis Gr11Lb Caps IGO Ingenieursgrafika&Ontwerp Gr11Lb hse Caps Ontwerp Ontwerp Gr11Lb Caps (PJ Olivier) . Wiskundige Geletterdheid Platinum Wiskundige Geletterdheid Gr11Lb Caps . Neem asseblief kennis van die volgende:

2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (EC/NOVEMBER 2019) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae. 2 Gebruik die aangehegte ANTWOORDBLAD om VRAAG 5.7 te beantwoord. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4.

WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11 100 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS 'n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n 'n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar geen tyd aan verbonde nie. Gewoonlik sal 'n leerder 2 uur kry vir so 'n vraestel. Vir oefendoeleindes word dit aanbeveel dat

Wiskundige Geletterdheid gr. 12 KABV vraestelle met oplossings 2020 Wiskundige Geletterdheid gr. 12 via afrika Illustrasies internet

12 days F protect from light during storage 13 days F 1 g - 50 mL 1 g - 100 mL CEFAZOLIN7 Teva, Sandoz, Apo) NS CASPOFUNGIN1 (Cancidas ) 50 mg 10.5 mL SWFI 5 mg/mL AZTREONAM1,3 (Azactam ) 7 days F 24 hr F 30 days RT 500 mg/250 mL D5W MB D5W