AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN 2016

3y ago
523 Views
51 Downloads
796.05 KB
17 Pages
Last View : 10d ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Adele Mcdaniel
Transcription

Parktown Boys’ High SchoolDepartement:AFRIKAANSGRAAD 12AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 1PUNTE : 80TYD: 2 UURHierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.EKSAMINATORMODERATOR: Mnr. W. Swart: Me. M. WatsonBladsy 1 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 1INSTRUKSIES EN INLIGTING:1.Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIPAFDELING B: OPSOMMINGAFDELING C: TAAL(30 PUNTE)(10 PUNTE)(40 PUNTE)2.Lees ALLE instruksies baie goed.3.Beantwoord AL die vrae.4.Begin elke afdeling op ‘n NUWE bladsy.5.Trek ‘n streep na elke afdeling.6.Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestelgebruik is.7.Laat ‘n reël oop na ELKE antwoord.8.Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie.9.Beplan jou tyd só:AFDELING A: 50 minuteAFDELING B: 30 minuteAFDELING C: 40 minute10. Skryf netjies en leesbaar.Bladsy 2 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 1AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIPVRAAG 1TEKS A: INTERNETARTIKELLees die artikel op die volgende bladsy en beantwoord die vrae wat volg.SJEFJAN-HENDRIK VAN DER WESTHUIZENBladsy 3 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 1‘N MICHELIN-STER VIR JAN-HENDRIK1.’n Suid-Afrikaanse sjef en eienaar van die restaurant JAN in Nice, Frankryk, beweeg nou in dieselfdekringe as wêreldbekende sjefs soos Gordon Ramsey.2.Jan-Hendrik van der Westhuizen se restaurant is met ’n Michelin-ster beloon en hy is die eersteSuid-Afrikaner om dié eer te ontvang. “Dit is ongelooflik,” sê Van der Westhuizen.3.JAN is een van meer as 50 restaurante om die Michelin-ster in 2016 te ontvang.4.Van der Westhuizen en Pascal Szafranski het die restaurant in 2013 geopen en kombineer Fransekookkuns en Suid-Afrikaanse gunstelinge soos mosbolletjies, biltong, rooibos, Amarula en andergeregte wat deur sy ouma geïnspireer is. “Ons bedien Suid-Afrikaanse geregte wat ons so effe virdie Franse aanpas, soos mosbolletjie-brioche, melktert-croquembouche, malvapoedingtruffels en ’ngedekonstrueerde bobotie,” sê Van der Westhuizen.5.Van der Westhuizen is ’n plaasseun wat in Middelburg, Mpumalanga, grootgeword het.6.Hy het die meeste van sy tyd in die kombuis en tuin deurgebring en sy liefde vir kos en die kunstehet gou duidelik geword. “My ouers dink daar moes iets in Middelburg se water gewees het, maar ekdink dis al die plaasmelk wat ek as kind gedrink het,” sê Van der Westhuizen tong-in-die-kies.7.Ná skool het hy kulinêre kuns en toegepaste ontwerp aan die Universiteit Stellenbosch (US)gestudeer. As deel van sy studie het hy ’n internskap by die tydskrif ELLE gedoen waarna hy na huloorsese kantoor in Parys, Frankryk, gestuur is. Dit is hier waar hy die konsep ontwikkel het om SuidAfrikaanse kos met Franse kookkuns te kombineer.8.Van der Westhuizen is nie net ’n sjef nie, maar ook ’n fotograaf, stilis, kreatiewe konsultant enskrywer. Sy eerste boek, The French Affair, is “resepte wat grootliks deur sy ma en ouma engrootwordjare in Suid-Afrika geïnspireer is,” sê Linda de Villiers, uitgewer by Penguin Random HouseStruik.9.Sy tweede boek JAN: A Breath of French Air, wat in Julie in Suid-Afrika bekend gestel gaan word,handel oor die restaurant en die kos wat Van der Westhuizen bedien. “Daar is nie baie sjefs wat sotalentvol soos hy is nie. Jan-Hendrik ontwikkel al sy resepte, hanteer die ontwerp en neem dit af,” sêDe Villiers.10. Van der Westhuizen se raad aan jong Suid-Afrikaners wat droom van ’n beter toekoms is om kanseaan te gryp. “Dit is heeltemal oukei om foute te maak, leer uit dit, vat kanse en bly glo in waarvoor jystaan.”(Verwerk en aangepas uit: www.netwerk24.co.za)Bladsy 4 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 11.1 - Voltooi die volgende sin deur van die HAT-woordeboekinskrywing gebruik te maak.- Skryf slegs die vraagnommer en antwoord neer.sjef, (s) 1. Hoof, bestuurder: Die sjef van ‘n afdeling.2. Baas. 3. Hoofkok: Berei voedsel voor in ‘n eetplek ofonthaalarea se kombuis.‘n Sjef is iemand wat in die 1.1.1 van ‘n restaurant met 1.1.2 werk.(2)1.2 Watter WOORD sê vir ons dat die restaurant JAN in Nice, Frankryk aan Jan-Hendrikvan der Westhuizen behoort?(1)1.3 - Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord.- Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.Wat het Jan-Hendrik van der Westhuizen en Gordon Ramsey gemeen? HulleA.B.C.D.het albei ‘n restaurant in Nice, Frankryk.is albei wêreldbekende sjefs.is albei Michelin-ster sjefs.bedien albei Suid-Afrikaanse kos in hulle restaurante.(1)1.4 Jan-Hendrik van der Westhuizen se Michelin-ster is ‘n unieke prestasie vir Suid-Afrika.Gee ‘n rede hoekom hierdie stelling WAAR is.(1)1.5 Hoeveel restaurante wêreldwyd het in 2016 ‘n Michelin-ster ontvang?(1)1.6 Hoe sal jy die kos op die spyskaart in die restaurant JAN opsom?(1)1.7 Gee EEN voorbeeld van ‘n Franse nagereg op die restaurant JAN se spyskaart watdeur Jan-Hendrik van der Westhuizen se Suid-Afrkaanse wortels geïnspireer is?(1)1.8 - Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord.- Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.Wat was kenmerkend van Jan-Hendrik van der Westhuizen se grootwordjare in Middelburg,Mpumalanga?A.B.C.D.Sy liefde vir kos en die kunste.Die oorvloed plaasmelk wat beskikbaar was.Sy ouma se inspirerende resepte.Die sorgvrye plaaslewe op hulle familieplaas.(1)Bladsy 5 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 11.9 - Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.- Skryf slegs die nommer en antwoord neer.“ sê Van der Westhuizen tong-in-die-kies.” (paragraaf 6)As ‘n mens iets “tong-in-die-kies” sê, beteken dit dat jy dit (ernstig / grappenderwys)bedoel.(1)1.10 Watter posisie het Jan-Hendrik van der Westhuizen tydens sy studie aan dieUniversiteit Stellenbosch by die tydskrif ELLE beklee?Gee ‘n DEEL van ‘n WOORD.(1)1.11 Die tydskrif ELLE is tot die Suid-Afrikaanse mark beperk.Gee ‘n rede hoekom hierdie stelling ONWAAR is.(1)1.12 Jan-Hendrik van der Westhuizen dra nie slegs een hoed nie.1.12.1 Wat beteken hierdie uitdrukking?(1)1.12.2 Gee ‘n voorbeeld van een van die ANDER hoedens wat hy dra.(1)1.13 Hoe beskryf die uitgewer, Linda de Villiers vir Jan-Hendrik van der Westhuizen?Gee slegs EEN woord.(1)1.14 - Kies die KORREKTE antwoord om die stelling te voltooi.- Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.Jan-Hendrik van der Westhuizen raai jong Suid-Afrikaners aan omA.B.C.D.groot te droom.ook ‘n sjef te word.tersiêre studie ernstig op te neem.kanse aan te gryp.(1)1.15 Watter les kan die leser uit Jan-Hendrik van der Westhuizen se suksesstorie leer?(1)ENBladsy 6 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 1TEKS B: ADVERTENSIEBestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.JAN-HENDRIK SESy eerste kookboek, The French Affair, is resepte wat hy bymekaargemaakhet op sy reise van moedersknie tot nou aan die Franse Riviera en e French AffairJan-Hendrik van der WesthuizenHuman & RousseauFred Viljoen en Beverley Dodd20 (Uit: www.kalahari.com)1.16 Watter WOORD definieer Jan-Hendrik van der Westhuizen se verhouding metFrankryk en dié land se kookkuns?(1)1.17 Watter kenmerkende kledingstuk dra Jan-Hendrik van der Westhuizen in die fotohierbo wat hom as ‘n sjef of kok identifiseer?(1)Bladsy 7 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 11.18 Hoe weet ons dat Jan-Hendrik van der Westhuizen in die foto by ‘n Franse restaurantsit en koffie drink?Gee TWEE bewyse.(2)1.19 - Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord.- Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.As watter genre word hierdie boek van Jan-Hendrik van der ernaalKookboekFotojoernaal(1)1.20 - Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.- Skryf slegs die nommer en antwoord neer.Nie alleen was Jan-Hendrik van der Westhuizen verantwoordelik vir die resepte indie boek nie, maar ook vir die (omslagontwerp / foto’s).(1)1.21 “ Jan-Hendrik van der Westhuizen, ‘n Suid-Afrikaanse fotograaf wat ‘n restaurantin Frankryk besit, ”Verduidelik die ironie in die aanhaling hierbo.(2)1.22 The French Affair is Jan-Hendrik van der Westhuizen se debuut kookboek.Gee ‘n rede hoekom hierdie stelling WAAR is.(1)1.23 Hoe weet ons dat sommige van die resepte in Jan-Hendrik van der Westhuizen seboek hul oorsprong uit sy jeug het?Haal TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE aan.(1)1.24 As die Euro / Rand wisselkoers 1 R17 is, hoeveel kos Jan-Hendrik van derWesthuizen se boek in Suid-Afrikaanse Rand?(1)1.25 By watter aanlynwinkel is Jan-Hendrik van der Westhuizen se boek beskikbaar?(1)1.26 Die Franse sal ook Jan-Hendrik van der Westhuizen se boek bruikbaar vind.Stem jy saam met hierdie stelling? Verduidelik jou antwoord.(1)TOTAAL AFDELING A: [30]Bladsy 8 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 1AFDELING B: OPSOMMINGVRAAG 2Lees die onderstaande teks deur en voer die instruksies uit.INSTRUKSIES1.2.3.4.5.Som Jan-Hendrik se SEWE stappe om ‘n entrepreneur te word op.Skryf die stappe PUNTSGEWYS neer.Nommer die stappe van 1 tot 7.Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.TEKS C: JAN-HENDRIK: SEWE STAPPE OM ‘N ENTREPRENEUR TE WORDJan-Hendrik van der Westhuizen, eienaar van die restaurant JAN in Nice, Frankryk, stel voor dat‘n entrepreneur die volgende stappe deurwerk wanneer hy of sy ‘n besigheid wil begin.“Kan ek dit finansieel bekostig om ‘n besigheid te begin? Moet ek nie eers van al my skuld ontslaeraak nie? Het ek genoeg geld om my deur ‘n skielike krisis te help?” As jy nie positief op hierdievrae kan antwoord nie, moet jy dalk eers jou planne uitstel.Vra jouself die vraag of jy jou sterk- en swakpunte ken. Stel ‘n lys op van al jou vaardighede enbelangstellings en kyk of jy dit kan gebruik om ‘n suksesvolle besigheid te begin.Jy kan nie ‘n besigheid begin as jy nie weet of daar ‘n behoefte vir jou produk is nie. Menigeentrepreneur het al in die stof gebyt omdat hy nie sy huiswerk vooraf behoorlik gedoen het nie.‘n Goeie sakeplan is ‘n moet as jy wil hê jou besigheid moet ‘n sukses wees. As jy byvoorbeeldbesluit om aan die Tour de France deel te neem, gaan jy definitief maande voor die tyd vir hierdiefietswedren moet begin oefen. Net so met besigheid, moet jy ‘n goeie basis daarstel voordat jykan begin.Jan-Hendrik stel voor dat jy kyk na watter hulpbronne beskikbaar is wanneer jy ‘n idee het.Daar is verskillende soorte ondernemings op die mark. Wanneer jy jou eie baas wil wees, kan jy‘n besigheid van nuuts af begin of jy kan ‘n bestaande besigheid koop. Jy kan ook inkoop in ‘nfranchise as jy wil.Die meeste mense wat ‘n besigheid begin, het ‘n passie vir hulle produk, maar hulle het nienoodwendig die kundigheid nie. Dit is nie ‘n slegte plan om met kundiges in die sakewêreld tepraat oor jou planne en idees nie.Geniet jou besigheid en maak ‘n sukses daarvan.(Verwerk en aangepas uit: www.janhendrik.com)TOTAAL AFDELING B: [10]Bladsy 9 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 1AFDELING C: TAALVRAAG 3TEKS D Die taalvrae wat volg, is op die spotprent hieronder gebaseer. Voer die instruksies by elke vraag uit.(Uit: www.netwerk24.co.za)3.1 Hoe weet ons daar heers ‘n vrolike atmosfeer in die restaurant JAN?Noem TWEE goed.(2)3.2 Daar is ‘n musician wat die gaste in die restaurant vermaak.3.2.1 Gee die AFRIKAANSE woord vir musician.(1)3.2.2 Wat noem ons die instrument wat hy bespeel?(1)3.2.3 Watter kenmerkende hooftooisel dra die man wat tipies Frans is?(1)Bladsy 10 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 13.3 Watter bewys is daar in die spotprent dat JAN ‘n bekroonde restaurant is?(1)3.4 Noem TWEE geregte wat op die restaurant JAN se spyskaart sigbaar is.(2)3.5 - Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.- Skryf slegs die nommer en antwoord neer.Die glase op die twee Franse gaste se tafel in die restaurant JAN sê vir ons dathulle baie van (bier / wyn) hou.(1)3.6 - Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord.- Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.Die twee Franse gaste in die restaurant JAN dink dat hulle ‘n baie gesofistikeerdepalet het. Wat noem ‘n mens sulke mense?A.B.C.D.FranseSnobsGasteKlante(1)[10]Bladsy 11 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 1VRAAG 4TEKS E Die taalvrae wat volg, is op die boekbekendstelling hieronder gebaseer. ‘n Opsetlike spelfout kom voor. Voer die instruksies by elke vraag uit.Struik Lifestyle en Grand ProvenceWynlandgoed nooi jou na dieboekbekendstelling vandeur Jan-Hendrik van der WesthuizenSuid-Afrika se eersteMichelin-ster SjefDatum Sondag, 23 JulieTyd14:30PlekDie Jonkershuis, Grand ProvenceWynlandgoed, Hoof weg, FranschhoekRSVP Jean Fryer byjfryer@penguinrandomhouse.co.zaof 011-327 3550 teen 14 Junie-------------------GETALLE BEPERK – RSVP NOODSAAKLIK--------------------(Uit: www.randomstruik.co.za)4.1 Skryf die volgende sin oor in die LYDENDE VORM.Struik Lifestyle en Grand Provence Wynlandgoed nooi jou na die boekbekendstelling. (1)Bladsy 12 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 14.2 “ Suid-Afrika se eerste Michelin-ster Sjef.”4.2.1 Gee die AFKORTING vir Suid-Afrika.(1)4.2.2 Waarom word die woord “Michelin-ster” met ‘n KOPPELTEKEN geskryf?(1)4.3 Skryf die sin oor in die TOEKOMENDE TYD.Die boekbekendstelling vind op Sondag, 23 Julie plaas.(1)4.4 Skryf die sin oor in die INFINITIEF.Gaste moet betyds vir die boekbekendstelling opdaag.Begin só: Gaste behoort (1)4.5 Skryf die TYD tussen hakies uit.Die boekbekendstelling begin (14:30).(1)4.6 Skryf die woord wat verkeerd gespel is, korrek oor.(1)4.7 Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.Grand Provence Wynlandgoed is een van die borge.Die boekbekendstelling vind daar plaas. (dus)(1)4.8 Gee die ontbrekende VOORSETSEL.Jan-Hendrik van der Westhuizen sal van sy resepte die gaste deel.(1)4.9 Skryf die volgende sin oor en begin met die woorde tussen hakies.Jan-Hendrik van der Westhuizen poseer (met gevoude arms) vir die fotograaf.(1)[10]Bladsy 13 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 1VRAAG 5TEKS F Die taalvrae wat volg, is op die restaurant-rekening hieronder gebaseer. Voer die instruksies by elke vraag uit.(Uit: www.lefooding.com)5.1 Die kelner in die restaurant JAN vra vir die restaurantgas: “Kan ek die rekening bring?”5.1.1 Skryf die bostaande sin oor in die INDIREKTE REDE.(1)5.1.2 Gee die VROULIKE VORM vir die woord kelner.(1)5.2 Gee die KORREKTE VORM van die woorde tussen hakies.Jan-Hendrik van der Westhuizen het die hoofgereg self (berei voor).(1)5.3 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.Die restaurantgas se (kies) van Gewurztraminer het sy maaltyd gekomplimenteer.(1)Bladsy 14 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 15.4 Skryf die volgende sin oor in die ONTKENNENDE VORM.Die restaurantgas het iets vir nagereg gehad.(1)5.5 - Gebruik die HAT-woordeboekinskrywing hieronder en kies die KORREKTEantwoord tussen hakies.- Skryf slegs die nommer en antwoord neer.restaurant, (-e, -s) (F.) Ook restourant. Openbare plekwaar voorbereide etes en drank bedien word.Die woord restaurant is oorspronklik ‘n (Engelse / Franse) woord.(1)5.6 Daar was slegs een restaurantgas by tafel (14).5.6.1 Skryf die GETAL tussen hakies uit.(1)5.6.2 Gee ‘n SINONIEM vir die woord slegs.(1)5.6.3 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.Die restaurantgas was die (een) persoon by tafel 14.(1)5.7 Restaurant JAN sal Franse en Suid-Afrikaanse gaste beïndruk.Hoe sal jy die belangrikheid van beide groepe gaste in die sin hierbo beklemtoon?(1)[10]Bladsy 15 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 1VRAAG 6TEKS G Die taalvrae wat volg, is op die internetartikel hieronder gebaseer. Voer die instruksies by elke vraag uit.JAN-HENDRIK IS MIDDELBURG SE TROTSJan-Hendrik van der Westhuizen se restaurant, JAN, is in Nice, Frankryk. Hy bedienSuid-Afrikaanse kos soos melktert en biltong.Die inspirasie vir sy oorspronklike disse word hoofsaaklik van sy ouma se geregtegekry. Hy moderniseer dit dan vir die Franse palet. Sy Frans was aan die begin maarberoerd.Die restaurant het in 2013 begin en die deure was skaars agt maande oop toe dieMichelin Guide JAN reeds in hulle gids genoem het.JAN is in 2015 as een van die wêreld se 15 beste restaurante 6.7 (aankondig). DieMichelin-ster is net die kersie op die koek.Jan-Hendrik is ’n oud-leerling van Hoërskool Middelburg.kosmaak gehou.Hy het nog altyd vanHy was nog altyd lief vir die mooi dinge in die lewe.Jan-Hendrik was altyd ’n energieke kind wat sy drome en idees nagejaag het. Hy hetaltyd die ekstra myl gestap en baie hard gewerk.(Uit: www.mobserver.co.za)6.1 Verander die STELSIN na ‘n VRAAGSIN waar die gedeelte tussen hakies die antwoord is.Jan-Hendrik van der Westhuizen se restaurant, JAN, is (in Nice Frankryk).(1)6.2 Die inspirasie vir sy oorspronklike disse word hoofsaaklik van sy ouma se geregtegekry.6.2.1 Haal ‘n SINONIEM vir geregte aan uit die sin hierbo.(1)6.2.2 Skryf die ADJEKTIEF in die sin neer.(1)6.3 Gee die PERSOONSNAAM vir die woord tussen hakies.Jan-Hendrik van der Westhuizen is ‘n (Middelburg) in murg en bloed.(1)Bladsy 16 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALJUNIE-EKSAMEN2016VRAESTEL 16.4 Skryf die sin oor in die DIREKTE REDE.Jan-Hendrik van der Westhuizen sê dat hulle melktert en biltong bedien.(1)6.5 Skryf die sin oor en vul die ontbrekende LEESTEKEN in.Toe Jan-Hendrik van der Westhuizen in Frankryk aangekom het het hy nieveel Frans verstaan nie.(1)6.6 “Die Michelin-ster is net die kersie op die koek.”“ die kersie op die koek.” is die anglisistiese uitdrukking vir die suiwerder AfrikaansDit span die kroon.Wat beteken hierdie idioom?(1)6.7 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.JAN is in 2015 as een van die wêreld se 15 beste restaurante (aankondig).(1)6.8 Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.Jan-Hendrik is ’n oud-leerling van Hoërskool Middelburg.Hy het nog altyd van kosmaak gehou. (en)(1)6.9 Skryf die sin oor in die TEENWOORDIGE TYD.Hy het altyd die ekstra myl gestap en baie hard gewerk.(1)[10]TOTAAL AFDELING C: [40]GROOTTOTAAL: [80]Bladsy 17 van 17

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN 2016 VRAESTEL 1 Bladsy 4 van 17 ‘N MICHELIN-STER VIR JAN-HENDRIK 1. ’n Suid-Afrikaanse sjef en eienaar van die restaurant JAN in Nice, Frankryk, beweeg nou in dieselfde kringe as wêreldbekende sjefs soos Gordon Ramsey.

Related Documents:

Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Gr.12 3 2020 HERSIENING ONDERWERP AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (EAT) WEEK OU VRAESTELLE Gedigte: Verskuns vir Eerste addisionele Taal 1 Rondom my Dawie de Jager 3-4 Jun.2019 2 Palimpses Johann de Lange 5-6 Nov. 2017

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 10 JUNIE-EKSAMEN Vraestel 1 DATUM: 01 JUNIE 2017 Punte: 80 Tyd: 2 ure Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye . AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: LEESBEGRIP (30 PUNTE) .

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 10 JUNIE-EKSAMEN Vraestel 1 DATUM: 01 JUNIE 2017 Punte: 80 Tyd: 2 ure Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye . AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: LEESBEGRIP (30 PUNTE) .

afrikaans eerste addisionele taal graad 9 junie 2014 tyd: 2 uur totaal: 60 taak 3: vraestel 2 opsteller: r. toyer instruksies en inligting 1. hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings. afdeling a : leesbegrip (vraag 1) (20) afdeling b : taal in konteks (vraag 2,3,4) (30) afdeling c : opsomming (vraag 5) (10) .

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne Kopiereg voorbehou . AFDELING A: LEESBEGRIP . ASSESSERINGSRIGLYNE Spel- en taalfoute in antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is. Indien die leerder woorde uit ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn, 'n .

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 PUNTE: 50 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. *9AFAL2* 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/NOVEMBER 2017) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 GRAAD 10 PUNTE: 80 TYD: 1.5 UUR DATUM: MEI/JUNIE 2012 EKSAMINATOR: A. JACOBS INSTRUKSIES: Lees die volgende instruksies / opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

Anne Harris Sara Kirby Cari Malcolm Linda Maynard Renee McCulloch Maria McGill Jayne Grant Debbie McGirr Katrina McNamara Lis Meates Tendayi Moyo Sue Neilson Jayne Price Claire Quinn Duncan Randall Rachel Setter Katie Stevens Janet Sutherland Katie Warburton CPCet uK and ireland aCtion grouP members. CPCET Education Standard Framework 4 v1.0.07.20 The UK All-Party Parliament Group on children .