Via Afrika Lewenswetenskappe

2y ago
78 Views
2 Downloads
7.31 MB
291 Pages
Last View : 13d ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Axel Lin
Transcription

Byvoorbeeld, as ’n leerling by die klas uitloop en sê:“Dankie Juffrou, vir ’n wonderlike les.”Graad 10 OnderwysersgidsSommige van my grootste belonings is eenvoudig.— Suzanne Paulsen, Onderwyser1. Die reeks is volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (“CAPS”) geskryf. Kyk op bladsye 4-7hoe ons aan die vereistes van CAPS voldoen.2. ‘n Moontlike werkskedule is ingesluit. Kyk op bladsye 4-5 hoeveel tyd dit jou kan bespaar.3. Elke string begin met ‘n oorsig van wat onderrig word en die hulpbronne wat jy benodig. Kyk op bladsy 34 hoe dit joumet jou beplanning sal help.4. Daar is advies oor die voorgestelde pas wat jou sal help om die hele jaar se werk betyds af te handel. Bladsy 38 wys jouhoe dit gedoen word.5. Ons gee by elke onderwerp raad oor hoe om konsepte bekend te stel en hoe om leerders met steierwerk voor te bereien te ondersteun. Kyk op bladsy 39 vir ‘n voorbeeld.6. Al die antwoorde word gegee; jy bespaar dus tyd omdat jy nie die oefeninge self hoef uit te werk nie. Kyk op bladsy 72vir ‘n voorbeeld.7. ‘n CD propvol hulpbronne is ook ingesluit om jou met onderrig en assessering te help. Sien die binnekant van dievoorblad.Die bypassende Leerderboek bevat die volledige inhoud wat jou leerders moet bemeester. Dit is in toeganklike taalgeskryf wat dit vir leerders maklik maak om te leer. Die opwindende ontwerp en uitleg van die Leerderboek sal leerders sebelangstelling aanwakker, hulle inspireer om te leer en die onderrigtaak vir jou aangenaam maak.Ons wil graag hoor hoe dit met jou onderrig gaan. Stuur jou terugvoer per epos aan ons bylewenswetenskappe@viaafrika.com of besoek ons onderwysersforum by www.viaafrika.com.Language: Afrikaanswww.viaafrika.comGraad 10 StudiegidsM. Bowie, A. Johannes, R. Mhlongo, E. PretoriusVia Afrika LewenswetenskappeVia Afrika verstaan en waardeer jou bydrae as onderwyser en wil jou graag ondersteun. Jy het die belangrikste taak in dieonderwys, en ons besef dat jou verantwoordelikhede veel meer as bloot die onderrig van leerinhoude behels. Ons het onsbes gedoen om jou tyd te bespaar en jou lewe te vergemaklik. Ons is trots dat ons jou kan help om hierdie vak suksesvolaan te bied. Hier volg ’n paar kenmerke van hierdie nuwe reeks:Via AfrikaLewenswetenskappe

M. Bowie A. Johannes R. Mhlongo E. PretoriusStudiegidsVia AfrikaLewenswetenskappeGraad 10ISBN: 978-1-41546-326-0

InhoudInleiding tot Lewenswetenskappe. 1String 1 Lewe op molekulêre, sellulêre en weefselvlak. 7Oorsig. 7Onderwerp 1 Die chemie van lewe. 8Onderwerp 2 Selle: die basiese eenhede van lewe.25Onderwerp 3 Seldeling: mitose. 43Onderwerp 4 Plant- en dierweefsel.52Onderwerp 5 Organe.77Strand 2 Lewensprosesse by plante en diere. 86Oorsig. 86Onderwerp 6 Steun- en vervoerstelsels by plante. 87Onderwerp 7 Steunstelsels by diere. 105Onderwerp 8 Vervoerstelsels by soogdiere (mense). 126Strand 3 Omgewingstudies. 146Oorsig. 146Onderwerp 9 Biosfeer tot ekostelsels. 147String 4 Diversiteit, verandering en kontinuïteit. 177Oorsig. 177Onderwerp 10 Biodiversiteit en klassifikasie. 178Onderwerp 11 Geskiedenis van die lewe op Aarde. 190Antwoorde op vrae. 215Eksamenvraestel 1 en antwoorde.257Eksamenvraestel 2 en antwoorde. 270 Via Afrika » Lewenswetenskappe Graad 10ii

Onderwerp XXInleiding tot LewenswetenskappeLewenswetenskappe handel oor hoe lewe op die Aarde voorkom: die beginselsvan lewe, hulle onderling verwante stelsels en die instandhouding van ’n stabielebalans van lewe in die biosfeer. Dit skakel met ander vakgebiede byvoorbeeldfisiologie, landbou, aardwetenskappe, fisiese wetenskappe, wiskunde, tegnologie,gemeenskapsgesondheid, geneeskunde, bevolkings- en omgewingstudies, argeologie,antropologie en paleontologie.Die Lewenswetenskappe het ’n aantal teorieë wat probeer om verskynsels en gebeurewat op die Aarde plaasvind, te verduidelik. Modelle word gebruik om te verduidelik hoeprosesse werk en om probleme op te los met behulp van die aanvaarbare basiese reëls(wette) van oorsaak en gevolg wat deur die jare beproef is.Sekere wetenskaplike metodes, instrumente en tegnieke is belangrik vir die ondersoekvan verskynsels in die Lewenswetenskappe en word dikwels in ondersoeke enwaarnemings gebruik. Dit is wat die studie van Lewenswetenskappe so opwindendmaak. Jy kan self Lewenswetenskappe-ondersoeke doen – by die skool en tuis – om joueie vrae te beantwoord.Hierdie studiegids werk met die aktiwiteite, praktiese take en oefeninge wat in dieLeerdersboek verskyn.Die studiegids help jou om jou begrip van die beginsels van die Lewenswetenskappete kontroleer, om jou wetenskaplike vaardighede te oefen en om moderneLewenswetenskappe-probleme en -kwessies op te los met dit wat jy weet. Sodoendeberei dit jou voor vir jou klastoetse en eksamens.As jy probeer om die vrae in hierdie studiegids te beantwoord, help dit jou om die tipevrae wat gevra kan word, te herken. Dit daag jou ook uit om moeilike vrae te oefen,probleme op te los en die kwessies te herken – hoe hulle nie net vir jou raak nie, maarook die lewe rondom jou op die planeet Aarde wat gedurig verander. Via Afrika » Lewenswetenskappe Graad 101

1 Doel van die studie van LewenswetenskappeOm Lewenswetenskappe die beste te verstaan, sal jy vrae moet oefen wat met dievolgende geassosieer word:1 Wetenskaplike kennis en begrip2 Wetenskaplike prosesvaardighede (wetenskaplike ondersoeke)3 Begrip van die rolle van wetenskap in die gemeenskap.1.1 Ken en verstaan wetenskaplike kennisHierdie oogmerk word bereik deur:1.1.1 Verwerwing van kennisIn die proses om kennis te verwerf, moet jy: toegang kry tot inligting in ’n verskeidenheid bronne sleutelgedagtes selekteer feite herroep konsepte, prosesse, verskynsels, meganismes, beginsels, teorieë, wette en modellein die Lewenswetenskappe beskryf.1.1.2Verstaan, begryp, tref verbande tussen idees en konsepte om sin te maak vanLewenswetenskappeIn die proses om sin te maak en begrip te kry, moet jy: ’n konsepsuele raamwerk van wetenskapidees bou kennis organiseer of herorganiseer om nuwe betekenis te kry opsommings skryf vloeikaarte, diagramme en breinkaarte opstel patrone en neigings herken.1.1.3 Pas kennis van Lewenswetenskappe in nuwe en onbekende kontekste toeJy moet in staat wees om: kennis op nuwe en onbekende kontekste toe te pas inligting op ’n nuwe manier te gebruik.1.1.4 Ontleed, evalueer en sintetiseer wetenskaplike kennis, konsepte en ideesIn die proses om wetenskap te leer, moet jy in staat wees om: inligting/data te ontleed verwantskappe tussen bestaande kennis en nuwe idees te herken wetenskaplike inligting krities te evalueer aannames te identifiseer inligting te kategoriseer. Via Afrika » Lewenswetenskappe Graad 102

1.2Ondersoek verskynsels in die LewenswetenskappeHierdie oogmerk word bereik deur ’n reeks vaardighede wat verband hou met die doenvan praktiese werk in Lewenswetenskappe. Jy moet in staat wees om die volgende tedoen:1.2.1 Volg instruksies – tydens ondersoeke1.2.2 Hanteer toerusting of apparate – gebruik laboratoriumtoerusting ofgeïmproviseerde toerusting op ’n gepaste manier en veilig1.2.3 Doen waarnemings – doen op verskillende maniere verskillende soortewaarnemings en teken dit op: sketse; beskrywings; groepering volgensooreenkomste en verskille; afmetings; vergelykings van materiale voor en nabehandeling; waarneming van resultate; tel en opteken van inligting op ’ngepaste manier1.2.4 Teken inligting of data op – maak sketse; beskrywings; eenvoudige tabelle;enkelgrafieke1.2.5 Meet – weet wat om te meet, hoe om dit te meet, het ’n gevoel van die mate vanakkuraatheid wat nodig is vir: volume; temperatuur; massa/gewig; tel getalle enmaak skattings1.2.6 Interpreteer – weet hoe om inligting van een vorm na ’n ander om te skakel –data in tabelle na ’n gepaste grafiek; doen gepaste eenvoudige berekeninge;ontleed en onttrek inligting uit tabelle en grafieke; pas kennis van teorie toe oppraktiese situasies; herken patrone en/of neigings; waardeer die beperkings vaneksperimentele prosedures; maak afleidings op grond van bewyse1.2.7 Ontwerp of beplan ondersoeke of eksperimente – beplan of ontwerp ’neenvoudige ondersoek of eksperiment: identifiseer ’n probleem, formuleer ’nhipotese; kies apparaat of toerusting en/of materiale; identifiseer veranderlikes;stel maniere voor om veranderlikes te kontroleer; beplan ’n eksperiment; stelmaniere voor om resultate op te teken; verstaan die behoefte aan replisering enverifiëring.1.3 Waardeer en verstaan die geskiedenis, belangrikheid entoepassings van Lewenswetenskappe in die samelewingHierdie oogmerk word bereik deur:1.3.1 Verstaan die geskiedenis en belangrikheid van sekere wetenskaplikeontdekkings – ken spesifieke ontdekkings of wetenskaplikes wat met dieonderwerpe en inhoud geassosieer word1.3.2 Verstaan die verwantskap tussen inheemse kennis en Lewenswetenskappe –ken, verstaan en waardeer die verskillende kulturele kontekste waarin inheemsekennisstelsels ontwikkel is, wat deur verskillende wêreldsienings vorm gegee is,en wat met moderne wetenskap en tegnologie vergelyk word1.3.3 Verstaan die waarde en toepassing van Lewenswetenskappe-kennis in Via Afrika » Lewenswetenskappe Graad 103

nywerheid, ten opsigte van loopbaangeleenthede en in die daaglikse lewe –ken, verstaan en waardeer die toepassings en belangrikheid wat kennis vanLewenswetenskappe in verskeie aspekte van die samelewing wat met dieonderwerpe en inhoud geassosieer word, het.2 Konsepkaarte (grafiese organiseerders)’n Grafiese organiseerder of konsepkaart is ’n nuttige instrument vir opsommings en omte verstaan hoe onderwerpe waarvan geleer word, met mekaar verband hou. Dit stel jouook in staat om die inligting wat geleer is, in verband te bring met nuwe inligting watverkry word deur die nodige skakels en assosiasie te skep.Terwyl jy deur die geassosieerde onderwerpe werk, skep en/of voltooi die konsepkaartewat verskaf word om ’n studie-opsomming van die onderwerp of string te kry.Konsepkaarte en grafiese organiseerders is ook nuttig vir die strukturering vanantwoorde op paragraaf- en opsteltipe vrae.3 Formele assesseringstake vir die jaarJy sal die volgende assesseringstake gedurende die jaar moet voltooi: Praktiese ondersoeke Navorsingsopdragte Klastoetse Junie-eksamen November-eksamen Praktiese eksamen in November.4 Verstaan assesseringstake en vraeJy moet nie bang wees vir klastoetse, praktiese toetse en ondersoeke en eksamens nie.Voorbereiding vir assesseringstake behels: verstaan wat die taak van jou verlang herken watter soort denke elke vraag toets herken die vraagwoorde en wat hulle verlang.Dit alles kan bereik word deur gereelde oefening om in staat te wees om te herken wat ’nvraag vir jou vra. Die volgende inligting word verskaf om jou te help om te verstaan watelke vraag in enige assesseringstaak van jou verlang. Via Afrika » Lewenswetenskappe Graad 104

4.1Verstaan watter soort denke assesseringstake meetElke assesseringstaak wil vasstel of jy:inligting wat jy geleer het ken en kan onthou die inligting wat jy geleer het verstaan en kan verduidelik alledaagse probleme kan ontleed en oplos met behulp van dit wat jy geleer het inligting kan ontleed en integreer om die oorsaak en effek van veranderinge teverstaan en of jy inligting kan evalueer vir beperkings, akkuraatheid en vooroordeel. Jou eksamenvraestel sal hierdie gebiede dek soos hieronder aangedui.Gewig van denkvlakke vir assessering en die geassosieerde werkwoorde wat invrae gebruik wordKen wetenskapVerstaan wetenskap Toepassing vanwetenskaplikekennis40%25%20% gee noem benoem lys definieer beskryf identifiseer meeten ander voorspel pas toe gebruik kennis demonstreer bepaal/los op implementeer oordeel skaten ander Denkvlakke% van eksamenvraestelWerkwoorde watin vrae gebruikwordverduidelikvergelykherrangskikgee ’n voorbeeldvan illustreer bereken maak ’n veralgemening gee ’n raamwerk kontrasteer stel ’n tabel open ander Ontleed,sintetiseer, evalueerwetenskaplikekennis15% kiesonderskeiontleedlei afstel voorbespreekkategoriseer/klassifiseer evalueeren ander Dit is belangrik dat jy vrae oor al die denkvlakke moet oefen. Baie vrae strek verder asom bloot feite te onthou om te kyk of jy probleme kan oplos wat jy gedurende jou leeftydsal teëkom. Via Afrika » Lewenswetenskappe Graad 105

4.2 Algemene werkwoorde wat in assesseringsvrae eninstruksies vir Lewenswetenskappe gebruik wordDie woordelys op bladsy 15 tot 17 is op Lewenswetenskappe van toepassing en sal virjou leiding gee om te verstaan wat ’n eksaminator van jou verwag wanneer jy toets- ofeksamenantwoorde neerskryf.Nog ’n paar woorde en uitdrukkings wat jy in formele assesseringstake kan teëkom,verskyn hieronder – maak seker dat jy weet wat hulle beteken sodat jy kan weet wat vanjou verwag word: kategoriseer – groepeer of organiseer volgens ooreenkomste of verskille; gebruikkriteria onderskei – gebruik verskille om kategorieë te kwalifiseer gee ’n voorbeeld van – vereis ’n bondige antwoord met min of geen ondersteunendeargumente implementeer – gebruik benoem – identifiseer op ’n diagram of skets veralgemeen – gee ’n oorsigstelling wat ’n neiging verduidelik of ’n algemeneopmerking verteenwoordig noem – identifiseer herrangskik – herorganiseer op ’n logiese manier volgens sekere kriteria selekteer – kies los op – bepaal of vind gebruik kennis – gebruik gegewe inligting om ’n resultaat uit te werk, ’n uitkoms tevoorspel of ’n waarneming te verduidelik Via Afrika » Lewenswetenskappe Graad 106

OnderwerpString 1 XXLewe op molekulêre, sellulêre en weefselvlakOorsigONDERWERP 1 Bladsy 8–24Die chemie van leweONDERWERP 2 Bladsy 25–42Selle: die basiese eenhedevan leweSTRING 1Bladsy 7–85Lewe op molekulêre,sellulêre enweefselvlakONDERWERP 3 Bladsy 43–51Seldeling: mitoseONDERWERP 4 Bladsy 52–76Plant- en dierweefselONDERWERP 5 Bladsy 77–85Organe   Molekules vir lewe – anorganiese en organieseverbindings Anorganiese verbindings Organiese verbindings   Die aanbevole dieethoeveelheid (ADH) virvoedingstowwe   Die sel word met behulp van die mikroskoopontdek Plant- en dierselle Die selmembraan Die selkern en endoplasmiese retikulum Selsitoplasma en organelle Seldifferensiasie Die groei en verdeling van ’n selMitoseKanker WeefselsPlantweefselsDierweefselsI nheemse kennis en biotegnologie Plantorgane Plantblare   Strukture en verwante funksies van ’nplantblaar Beweging van stowwe na en van die blaarAlle lewende organismes bestaan uit atome wat kombineer om molekules te vorm,en dit vorm die basiese eenhede van lewe: selle. Selle word saamgegroepeer engeorganiseer om weefsels, organe en stelsels te vorm waaruit groot organismes bestaan.Elke deel verrig ’n spesifieke funksie vir die lewende organisme om dit lewendig te hou.Hierdie string stel die lewe op die molekulêre, sellulêre en weefselvlak aan jou bekend. Via Afrika » Lewenswetenskappe Graad 107

Onderwerp XX1Die chemie van leweOorsigLewende organismes is van anorganiese en organiese verbindings van die natuurlikeomgewing afhanklik as lewegewende hulpbronmateriale om hulle selle, weefsels,organe en liggaamsvorms te bou en in stand te hou.Molekules vir emeNukleïensureVitamiene1 Molekules – anorganiese en organiese verbindings Materie bestaan uit atome van die elemente.Atome word deur chemiese bindings verbind om molekules te vorm.’n Molekule is enige chemiese struktuur wat bestaan uit atome wat deur bindingsaanmekaar gehou word.’n Verbinding is ’n chemiese stof wat bestaan uit atome van twee of meer elemente.1.1 Materie bestaan uit organiese en nie-organiese stowwe Alle lewende en nie-lewende materiaal bestaan uit organiese en anorganiesestowwe.Anorganiese en organiese verbindings kom voor as mineraalelemente (soute) enmolekules; tafelsout is NaCl, ’n kombinasie van natrium (Na) en chloried (Cl). Via Afrika » Lewenswetenskappe Graad 108

Onderwerp12 Anorganiese verbindings Anorganiese verbindings word gevorm deur natuurlike geofisiese prosesse in dieomgewing.Hulle vorm in lewende organismes as deel van metabolisme, in metaboliese reaksies.Voorbeelde is water, koolstofdioksied, suurstof, swaeldioksiedgas ennatriumchloried (tafelsout).2.1WaterWater (H2O) word gebruik:om stowwe op te los (oplosmiddel) stowwe in die eksterne en interne omgewings te vervoer as ’n stof (medium) vir chemiese reaksies om in plaas te vind om temperatuur te beheer vir ondersteuning en struktuur in voortplanting. 2.2 Mineraalelemente vir diere en mense Mineraalelemente (minerale) is anorganies, en kom natuurlik as soute in dieeksterne omgewing voor.Makromineraalelemente – dié wat in groot hoeveelhede benodig wordMikromineraalelemente – dié wat in klein hoeveelhede nodig is (spoorelemente);wat as soute opgeneem word (ione)Makromineraalelemente wat mense nodig het: natrium (Na), kalium (K), kalsium(Ca) en fosfor (P)Mikromineraalelemente wat mense nodig het: yster (Fe), jodium (I)’n Gebrek aan makro- en mikrominerale kan siektes as gevolg van ’n tekortveroorsaak.2.3 Mineraalelemente wat plante nodig hetPlante het mineraalelemente nodig vir hulle metaboliese prosesse.Hulle word as soute (ione) uit die grond opgeneem.2.3.1 Makromineraalelemente Makromineraalelemente wat plante nodig het: stikstof (N), fosfor (P),kalium (K), kalsium (Ca), magnesium (Mg), swael (S) en yster (Fe)Stikstof en fosfor word as nitrate en fosfate opgeneem.Stikstof gaan die wortels as nitrate in grond binne – van die ontbinding van humus,diere se mis en urine, stikstoffiksering, die byvoeging van bemestingstowwe (nitrateof ammoniak).Fosfor gaan wortels binne as fosfate – uit die ontbinding van humus, diere se mis enurine, mineraliseringsprosesse van rotse, die byvoeg van fosfaatbemesting (fosfate). Via Afrika » Lewenswetenskappe Graad 109

Onderwerp12.3.2 Mikromineraalelemente wat plante nodig hetMikromineraalelemente wat plante nodig het: boor (B), koper (Cu), yster (Fe),chloor (Cl), mangaan (Mn), molibdeen (Mo) en sink (Zn).2.4 Bemestingstowwe Kunsmis voorsien plantvoedingstowwe of hulle korrigeer die vrugbaarheid vangrond waar jare se boerdery of oorbenutting voedingstowwe verwyder het.Kunsmis is die doeltreffendste manier om die opbrengs van gewasse en die gehaltevan voedsel en voer te verbeter.D

Lewenswetenskappe-probleme en -kwessies op te los met dit wat jy weet. Sodoende berei dit jou voor vir jou klastoetse en eksamens. As jy probeer om die vrae in hierdie studiegids te beantwoord, help dit jou om die tipe vrae wat gevra kan word, t

Related Documents:

LEWENSWETENSKAPPE . EKSAMENRIGLYNE . GRAAD 12 . 2017 . Hierdie riglyne bestaan uit 17 bladsye. Lewenswetenskappe 2 DBE/2017 Eksamenriglyne Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief . INHOUDSOPGAWE . Bladsy 1. INLEIDING 3 2. SPESIFIEKE DOELWITTE VIR GRAAD 12

(EC/JUNIE 2016) LEWENSWETENSKAPPE 3 Moenie aanvaar nie. 12. Spelfoute Aanvaar as dit herkenbaar is, met die voorbehoud dat dit nie iets anders in Lewenswetenskappe beteken nie of as dit nie buite konteks is nie. 13. Indien gewone name gegee word in terminologie Aanvaar, ind

Grade 10 Study Guide C. Vermeulen, M. North, M. Bali, L.R. de Waal, A. Gilfillan, S.G. Ngobeni Grade 10 Teacher’s Guide Via Afrika Mathematical Literacy Via Afrika understands, values and supports your role as a teacher. You have the most important job in education, and we realise that your responsibilities involve far more than just teaching.

Grade 10 Study Guide. M.Bowie, A. Johannes, R. Mhlongo, E. Pretorius Grade 10 . Teacher’s Guide Via Afrika Life Sciences. Via Afrika understands, values and supports your role as a teacher. You have the most important job in education, and we realise that your responsibilities involve far more than just teaching.

Language: Setswana Via Afrika Setswana Puo ya Gae Mophato 11 Study Guide M.P. Mogapi, K.M. Mbonani, T.M. Aphane, B.P. Lekome, P.C. Mooa, K.M. Mohulatsi Mophato 11 Kaedi ya morutabana Via Afrika Setswana Puo ya Gae — Siyabonga Mvakwendlu, Morutabana Re naya baithuti ba rona bokgoni jo bo tshwanetseng gore ba kgone go itlhagisa sentle fa ba .

Geography Grade 11 Study Guide P.A.D. Beets, S. Gea r, A.W. Hambl y, J.A. Jacobs, K. Najjaar, G. Samaai, Z.P.L. Shabalala Grade 11 Teacher’s Guide Via Afrika Geography Via Afrika understands, values and supports your role as a teac

12 LEWENSWETENSKAPPE (SEPTEMBER 2012) 3.3 Die grafiek hieronder toon die ekologiese voetspoor (hulpbron vraag per persoon) en die bio-kapasiteit (hulpbron aanbod per persoon) in Suid-Afrika sedert 196

Anatomi tulang pada tangan, terdiri atas tulang lengan atas (humerus), pergelangan tangan (carpal), telapak tangan (metacarpal), dan jari-jari. Setiap lengan melekat pada tulang belikat (scapula), yaitu tulang segitiga besar di sudut tulang bagian atas setiap sisi tulang rusuk. Kerangka tubuh terdiri atas berbagai jenis tulang yang memiliki fungsi dan bentuk yang berbeda untuk menjalankan .