Wêreld Van Môre

2y ago
7 Views
2 Downloads
538.87 KB
28 Pages
Last View : 1m ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Asher Boatman
Transcription

Mei - Junie 2007Wêreld van MôreWant die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.Vol. 6, No. 2Vertalings saamgestel uit vroeër gepubliseerde Tomorrow's World-tydskriftePersoonlikDeur Roderick C. Meredith, HoofredakteurBybel-onkunde:’n Werklike probleem!Miljoene mense, regdeur die Westersewêreld, het The Da Vinci Code gelees. Miljoenemense het onlangs die fliek gesien wat op dienovelle gebaseer is. Dit rig 'n uitdaging aan diegeloof van baie kerkgangers, en dit verwarmiljoene mense oor wat die Bybel werklik sê!Soos die Charlotte Observer skryf: “Die debatoor 'The Da Vinci Code'-boek en rolprent, hettalle nuuskierige Amerikaners laat besef hoeonkundig hulle aangaande Bybelgeskiedenis is.In plaas van om hierdie onkundigheid te betreuren die boek se verdraaiings aan te val, sien baiekerke dit as 'n geleentheid om te leer. Uitgewersgryp ook die geleentheid aan. Ten minste 45boeke betwis of verduidelik die baie punte in DanBrown se godsdienstige moordraaisel. Vir 'nkerk wat sukkel met onkunde aangaande dieSkrif en die publiek se selftevredenheid kom diegeleentheid voor as byna wel, uit die hemel” (5Junie 2006).Hierdie wêreld en sy “algemeneChristendom” verkeer duidelik in grootverwarring – en honderde predikante engodsdiensskrywers erken dit openlik. Hulle isbewus daarvan dat die meeste kerkgangers niedie vaagste benul van die Bybel het nie en dus“vatbaar” is vir allerlei godsdienstige idees. Selfsdie “kerk” is nie een verenigde liggaam nie. Inplaas daarvan, is dit 'n verwarrende mengelmoesvan honderde verskillende denominasies wathulself “Christen” noem, wat almal teen mekaarme ed in g. El ke en va n hu ll e he t ie tw atverskillende leringe en gebruike. Die wêreld isverward. Wat van u?Die meeste mense bestudeer byna nooitwerklik die Bybel soos mens 'n wetenskap-,wi sk un de - of ge sk ie de ni sh an db oe k sa lbestudeer nie. Hulle lees gewoonlik net 'n paaruitgesoekte “bemoedigende” teksverse wat hulleken. Die res van die Bybel laat hulle as 'n soortlugleegte uit en is totaal onkundig daaroor.Soos die U.S. News & World Report 'n paarjaar gelede uitgewys het: “Meer as driekwart vanAmerikaners verwys na die nasie segodsdienstige diversiteit as 'n bron van krag;minder as een-derde dink dit maak dit moeilikerom die nasie te verenig . Intussen glo meer as 3uit 4 Amerikaners dat alle godsdienste ten minste'n gedeelte van die waarheid bevat – hoewel minmense sê dat hulle veel van ander godsdienstebehalwe hul eie weet. Bykans 70 persent vanmense dink dat geestelike ondervindings diebelangrikste deel van godsdiens is. 'As iemandse godsdiens meer oor indiwiduele identiteit asoor leerstelling of geloof gaan, is dit baie maklikerom verdraagsaam te wees,' sê Egon Mayer, 'nsosioloog by die Nagraadse Sentrum van dieStadsuniversiteit van New York. Gallup sê die

Wêreld van Môrehoë mate van godsdienstigeverdraagsaamheid weerspieëlgedeeltelik, 'nie net 'n gebrekaan kennis van andergodsdienste nie, maar ook 'nonkunde van 'n mens se eieg e l o o f . ' I n p a r t ymeningsopnames sê hy, 'het jyChristene wat sê, 'Ja, Jesus isdie enigste weg' en ook, 'Ja,daar is baie weë na God toe.' Ditis nie dat Amerikaners niks glonie; hulle glo alles” (6 Mei 2002).Geen wonder mense isverward nie! Geen wondermense is onseker oor wat dieBybel sê nie. Dit is omdat hullenie werklik die einsteopenbaring van hul Skepperbestudeer nie! Daarom kanhulle maklik besluit om bynaenigiets te “glo”. Hulle kanverkeerdelik aanvaar dat “allegodsdienste naastenbydieselfde is”. Intussen hetmiljoene mense beroemdeevangeliste hoor verkondig,“Die Bybel sê,” terwyl die Bybelin der waarheid duidelik presiesdie teenoorgestelde verkondig!Ons by die Wêreld van Môrewil u dus uitdaag om te leer om uBybel regtig te bestudeer! Leesnoukeurig en mediteer assebliefterwyl u die evangelies vanMattheus, Markus, Lukas enJohannes bestudeer. Merkbelangrike gedeeltes wat u lees.Bestudeer Handelinge dan opsoortgelyke wyse noukeurig –neem kennis daarvan dat dieoorspronklike Christenedieselfde dinge geglo entoegepas het wat Jesusonderrig en toegepas het.Let daarop dat Jesus na SyVervolg op bladsy 172Mei - Junie 2007Wêreld van ��Bybel-onkunde: ’nWerklike probleem!Dr. Roderick C. Meredith se persoonlike rubriekHoofartikelNoodsaaklike sleutels omprofesie te verstaan3Profesie beslaan meer as ’n kwart van u Bybel. Weet uhoe om duidelikheid daaroor te verkry? Daar isbeginsels wat God se Woord vir u kan duidelik maaken u kan help om te weet wat die waarheid aangaandeu toekoms en die toekoms van die ganse wêreld is!Vrees, frustrasie of geloof?8Is u bang? Is u gefrustreerd? Miljoene mense ervaardie stres van die alledaagse lewe as byna ondraaglik.Kan ons geloof hê te midde van uitdagings, gevare enbenoudhede? Ja, ons kan! God se Woord wys ons hoe.Europa: ’n Moderne Toringvan Babel12Onlangse ontwikkelings in Europa is belangrikestukkies in die eindtydse profetiese legkaart. Dit kan’n eertydse heerser, wie se poging om ’n ryk op diebeen te bring wat deur God Self platgevee is, totgeheue roep. U Bybel onthul wat Europese eenwording vir die toekoms inhou.Sal u die Aarde beërwe?18Sal u u eie wolk beërwe wanneer u sterf? Sal God vir u’n harp en bladmusiek gee? Of het Hy vir u iets veelmeer inspirerend beplan?Roderick C. MeredithRedaksionele DirekteurRichard F. AmesUitvoerende RedakteurWilliam BowmerBesturende RedakteurGary F. EhmanStreeksredakteursRod McNair (Filippyne)Bruce Tyler (Australië)Gerald Weston (Kanada)Rodney King (Europa)Rodney King (Suid-Afrika)NuusburoJune OlsenStreekkantoreVSA:P.O. Box 3810Charlotte, NC 28227 8010Tel: (704) 844 1970Faks: (704) 841 2244www.tomorrowsworld.orgAUSTRALIë:GPO Box 772Canberra, ACT 2601Tel: (07) 5546 0472Faks: (07) 5546 0768KANADA:P.O. Box 27202Toronto, Ontario, M9W 6L0Tel: (905) 671 3730Faks: (905) 671 9599NIEU-SEELAND:P.O. Box 2767Auckland, New ZealandTel/Faks: (09) 435 3592FILIPPYNSE EILANDE:MCPO Box 1774Makati City 1257, PhilippinesTel: 63 2 813 6538Faks: 63 2 867 1569BRITTANJE:GereeldP.O. Box 9092Motherwell, ML1 2YD ScotlandTel/Faks: 44 1698 263 977Vrae en Antwoorde21Profesie neem gestalte aan22Wêreld van Môre – Jeug24Die Wêreld van Môre in Engels op TV!Kyk gerus Sondagmiddag om halfses na die Tomorrow's WorldTV-program op M-Net se CSN-kanaal (kanaal 6 op die M-Netdekodeerder). Hierin sal Roderick Meredith en Richard Ames,met gasaanbieders Wallace Smith en Rod King, u meer vertelvan Bybelprofesie, hoe profesie met wêreldtoestande verbandhou, beginsels vir 'n Christenlewe en die wonderlike komendeKoninkryk van God!Onthou: Sondagmiddag, om 17h30 op M-Net se CSN-kanaal.SUID-AFRIKA:Privaatsak X 3016Harrismith, FS 9880Tel: 058 622 1424Faks: 058 623 1303Die Wêreld van Môre-tydskrif het geenintekenprys nie. Die gratis verspreiding vanhierdie tweemaandelikse tydskrif wordmoontlik gemaak deur tiendes enoffergawes van lidmate van die LewendeKerk van God, en van ander wat vrywilligmedewerkers geword het in dieverkondiging van Christus se wareEvangelie aan alle nasies. Bydraes iswelkom en word met dank erken.Die Wêreld van Môre-tydskrif word in SuidAfrika vertaal, gedruk en uitgegee deur dieLewende Kerk van God. Lewende Kerk van GodAlle regte voorbehouAlle Skrifverwysings is uit die OuVertaling (1933), tensy anders aangedui(NV, Nuwe Vertaling, 1983).

Wêreld van MôreMei - Junie 2007Noodsaaklike sleutelsom profesie te verstaanDeur Roderick C. MeredithAmerika is nou by 'n keerpunt in sygeskiedenis. Respek vir die VSA neemwêreldwyd vinnig af. Selfs in die VSA isrespek vir sy eie President die laagste ooit. Diewaarde van die Amerikaanse dollar neemwêreldwyd af en die nasie loop die gevaar van 'nfin ans iël e katast rof e ind ien hul le nie hulekonomiese huis in orde kry nie. Die nasie semilitêre magte is baie yl gesaai weens dietoenemende verpligtinge regoor die wêreld.Intussen daag 'n magtige China die VSA opbaie fronte uit – ekonomies, polities en militêr.Namate troppe Chinese diplomate en sakemanneop Suid-Amerika, Afrika en die Midde-Oostetoesak, neem die krag van die Amerikaansediplomatieke en finansiële invloed in hierdiestreke af. Soos die Associated Press onlangsberig het: “China brei vinnig sy militêre reikafstanduit deur al hoe meer langafstand vliegtuie enwapens te koop wat hom sal in staat stel om metdie Verenigde State mee te ding en 'n potensiëlebedreiging vir ander lande in die streek in te hou,het 'n Pentagonverslag Dinsdag gelui. Die tempoen omvang van China se vordering in diemodernisering van sy weermag laat blyk dat ditverder as Taiwan kyk, volgens die jaarstudie”(Charlotte Observer, 24 Mei 2006).Dan is 'n volskaalse “Verenigde State vanEuropa” ook stilweg besig om reg onder onsneuse tot stand te kom, soos ons al vir baie jareberig! Uiteindelik, soos Bybelprofesie duidelikaantoon, is dit die mag wat ten laaste die grootstebedreiging vir die VSA, Kanada en Brittanje salinhou. Wat die meeste Amerikaners nie besef nie,is dat die bou van die Europese Ryk grootliks“stilletjies” geskied. Leidende lede van die Britseparlement het hul diep kommer uitgespreek. Soosdie London Daily Telegraph berig: “Die EuropeseKommissie het planne opgetrek om 'n Europesekuswag in te stel wat kritici vrees die slinksepoging deur Brussel is om 'n EU-vloot te skep metsy eie magte om verskeping te stop en tedeursoek. Lloyd's List, die dagblad wat dieseebedryf dek, het die kommissie verlede week in'n hoofberig daarvan beskuldig dat hulle poog omstilletjies ‘n vloot op te bou. 'Die konsep van 'nEuropese kuswag het 'n federalistiese sjarmedaaraan wat die oë oombliklik laat blink ondersamekomste van Eurofiele, wat moeg is vir dieeindelose gesprekke oor vis of landbou' het diekoerant gesê. 'Dit is soort van 'n Europese vlootwat by die agterdeur insluip.' Julian Brazier, diemin ist er v an s kee pva art sê: 'Di t is bai ekommerwekkende nuus. Dit blyk Brussel seambisies om ’n ryk te bou ken geen perke nie. Dieskuif na 'n EU-vloot moet gestaak word.' (25 Mei2006). 'n “Slinkse” Europese Ryk met 'n slinksevloot?Let asseblief daarop dat pas voor JesusChristus se Wederkoms, 'n groep van tien“konings” (leiers) hul mag en gesag aan 'ncharismatiese diktator, naamlik die “Dier” sal gee.Hierdie leiers en hul mense sal so mislei wees dathulle uiteindelik regstreeks sal oorlog voer teendie terugkerende Jesus Christus (Openbaring17:11-14)!Sjoe!Waarom het so baie van u dit nog nooit gehoornie? Omdat die meeste van u baie min van diekwart van die Bybel gehoor het wat uitgeïnspireerde profesie bestaan! U het meestalgehoor van die sentimentaliteite oor die “liewe3

Wêreld van MôreJesus” of van “gee jou hart vir die Here” of van“hemel toe sweef” wanneer jy doodgaan en omdan blykbaar vir tallose miljarde jare daar rond tesit met bykans niks te doen nie!Die opwindende profesieë van u Bybel isgrootliks geïgnoreer of misverstaan. Die meestemense het die baie belangrike boodskap van dieeerskomende Koninkryk of regering van Godnagelaat. Daardie regering sal op hierdie aardeopgestel word, waar die ware heiliges van GodJesus Christus sal bystaan om die nasies teregeer (1 Korinthiërs 6:2-3; Openbaring 2:26-27;5:9-10). “Algemene Christelike kerke” het hierdiewaarheid geïgnoreer of verkleineer, hoewel ditiets is wat u Bybel duidelik onderrig. Dit is moontlikwaarom u nooit werklik Bybelprofesie verstaanhet nie en waarom u maklik daaroor mislei kanword.In hierdie artikel gaan ek vir u verskeie basiesesleutels gee om Bybelprofesie te verstaan. Ekdaag u uit om die geldigheid van hierdie sleutels tebewys deur dit te gebruik in u studie vanwêreldnuus. On th ou , na da t Hy ve rs ke ieeindtydse profetiese gebeure beskryf het, leerJesus Christus ons: “Waak dan en bid altyddeur,sodat julle waardig geag mag word om al hierdiedinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun vandie mens te staan” (Lukas 21:36).Ons nasionale identiteitNadat Hy beskryf hoe Hy die son, maan ensterre in hulle plek geplaas het, sê God: “Ashierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk,spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israelook ophou om 'n volk te wees voor my aangesigvir altyd. So sê die HERE: As die hemele daarbogemeet en die fondamente van die aardedaaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ookdie hele nageslag van Israel verwerp weens alleswat hulle gedoen het, spreek die HERE” (Jeremia31:36-37).Dit is 'n baie dramatiese stelling deur onsSkepper! Praat God egter net van die kleinoorblyfsel van die Joodse volk, soos baie menseaanneem? Stellig nie!God sê egter ook in dieselfde geïnspireerdeskrifdeel: “Kyk, daar kom dae, spreek die HERE,4Mei - Junie 2007dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda'n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbondwat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toeEk hulle hand gegryp het om hulle uit Egiptelanduit te lei nie my verbond wat húlle verbreek het,alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek dieHERE. Maar dit is die verbond wat Ek ná dié daemet die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE:Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit ophulle hart; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hullesal vir My 'n volk wees” (Jeremia 31:31-33).Hier beskryf die God van die Bybel duidelik inonomwonde taal twee verskillende dele van Syvolk, Israel. God het egter gesê Sy verbond sal“met die huis van Israel en die huis van Juda”wees. Tog is die meeste mense laat glo dat “Jood”Israel beteken en dat “Israel” Jood beteken!Hoewel hulle dit dalk nie vir u gesê het nie,erken alle geleerde teoloë dat die “huis van Israel”van Juda (die “Jode”) afgestig en 'n aparte volkgeword het. Die Bybel beskryf “Israel” dikwels inoorlog teen die “Jode”! Trouens, in die AfrikaanseOu Vertaling is die eerste plek waar die naam“Jode” genoem word, waar die konings van Siriëen Israel teen die “Jode” geveg het (2 Konings16:5-6).Waar IS die Huis van Israel?Waar is die huis van Israel dus vandag? NadatSalomo se seun Rehoboam koning van Judageword het, het hy op die tien stamme van Israeltoegeslaan. Daardie tien stamme het toe vanJuda afgestig en gesê: “Na julle tente toe, Israel!Kyk nou na jou eie huis, Dawid!” (1 Konings12:16). Die skrywer van 1 Konings maak dan dieafleiding: “So het die Israeliete dan van die huisvan Dawid afvallig geword tot vandag toe” (vers19). Hierna volg 'n tydperk van ongeveer tweeeeue van afwisselende vrede en oorlogvoeringtussen die huis van Israel en die huis van Juda(die Jode) – twee aparte nasies. Uiteindelik,rondom 721 v.C. het Assirië die tienstam huis vanIsrael in ballingskap weggevoer en “Israel”verdwyn klaarblyklik. Moderne geskiedkundigesskryf soms van die “Verlore Tien Stamme” vanIsrael.

Wêreld van MôreVerlore?Wat dan van God se plegtige belofte dat Hynooit sou toelaat dat die volk van Israel “ophou om'n volk te wees” (Jeremia 31:36)? Het God Sybelofte versaak?Nee!In Genesis 49 vind ons 'n besielende profesieoor die stand van elk van die twaalf stamme vanIsrael in die “laaste dae” (vers 1). Juda sou die“septer” behou en die Messias voortbring – dieuiteindelike Koning oor die aarde (vers 10). Dieander nasies wat uit Jakob (Israel) se seunsvoortkom, word baie kortliks beskryf – behalweJosef. Slegs Josef – wat God kragtig gebruik hetom Egipte se graan te red en te produseer engroot dele van die wêreld te voed in 'n tyd vandroogte – word breedvoerig en met mooi woordebeskryf. In die “laaste dae” sou Josef baiegeseënd wees: “Van die God van jou vader, watjou help, en met die hulp van die Almagtige wat jouseën met seëninge van die hemel daarbo, metseëninge van die watervloed wat daaronder lê,met seëninge van borste en moederskoot. Dieseëninge wat jou vader ontvang het, oortref dieseëninge van die ewige berge, die kostelikegawes van die ewige heuwels. Dit sal wees op diehoof van Josef en op die hoofskedel van dieuitverkorene onder sy broers” (Genesis 49:2526).Vandag behoort dit voor die hand liggend tewees dat geen ander volke die seëninge vanwêreldwye mag ontvang het wat vergelykbaar ismet wat die VSA en Britse afstammelinge gedeelhet nie! Tesame het hierdie nasies elke grootoorlog vir die afgelope sowat twee eeue gewen.Hierdie twee nasies het meer voedsel, mediesevoorrade en geldelike hulp aan beleërde landegestuur as al die ander nasies op aarde saam!Hulle het beslis saam soos “broers” opgetree!Is hulle broers?Ja! Hoewel Amerikaners dikwels praat van hulBritse “neefs”, toon die Bybel dat hierdie tweenasies veel meer as net neefs is! Net voor diebeskrywing van die ontsagwekkende seëningewat “Josef” in die “laaste dae” sou ontvang,beskryf die Bybel hoe Israel (Jakob) Josef seseuns – Efraim en Manasse – die hande opgelêMei - Junie 2007en voorspel het dat hierdie twee kleinseuns vanIsrael sy naam sou dra. Hy het gesê: “Mag deurhulle my naam genoem word en die naam van myvad ers Abr aha m en Isa k, en mag hul levermeerder in die land in menigte” (Genesis48:16).Josef het probeer dat sy pa, Jakob, die groterseën aan Manasse, die oudste seun, gee. “Maarsy vader weier en sê: Ek weet, my seun, ek weet.Hy sal ook 'n volk word, en hy sal ook groot word;nogtans sal sy jongste broer groter wees as hy, ensý nageslag sal 'n menigte van nasies word. Sohet hy hulle dan dié dag geseën en gesê: Met jousal Israel 'n seën toewens, met die woorde: MagGod jou maak soos Efraim en soos Manasse! Sohet hy dan Efraim voor Manasse gestel” (verse19-20).Die jonger broer, Efraim, het die Britse volkgeword wat tot onlangs toe die grootste ryk inwêreldgeskiedenis beheer het. Op die kruin vanhul ryk het Brittanje beheer gehad oor Kanada,Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Indië, grootdele van Afrika en baie ander dele van die wêreld.Behalwe vir die Panamakanaal, het Brittanje feitlikal die wêreld se groot “seepoorte” beheer, wantGod het spesifiek beloof dat Abraham seafstammelinge “die poort van sy vyande in besit[sal] neem” (Genesis 22:17). God het hierdieontsagwekkende belofte deur Abraham se seun,Isak, wie se vrou profeties soos volg geseën is,uitgebrei: “Mag jou nageslag die poort van syvyande in besit neem” (Genesis 24:60).Op hierdie wyse het die Almagtige Godwêreldsake regstreeks gelei sodat die seuns vanJakob, wie se naam na Israel verander is, diegrootste nasies op aarde sou word. Die VSA hetin die laaste tyd die een “groot” nasie geword, metdie jonger broer Efraim, wat die groot “menigte” ofgemenebes van nasies geword het – die BritseRyk! God sê: “Jou naam is Jakob; jy sal verder nieJakob genoem word nie, maar Israel sal jou naamwees. En Hy het hom Israel genoem. Verder sêGod vir hom: Ek is God, die Almagtige. Weesvrugbaar en vermeerder. 'n Nasie, ja, 'n menigtevan nasies, sal van jou afstam, en konings sal uitjou lendene voortkom” (Genesis 35:10-11).Wanneer 'n mens eers hierdie noodsaaklike5

Wêreld van Môresleutel tot nasionale identiteite verstaan, kan jydie talle eindtydprofesieë wat beskryf wat met“Israel” gaan gebeur, makliker verstaan. Hoewelparty van hierdie profesieë die Joodse volk en dieklein Joodse staat wat homself Israel noem kaninsluit, is hierdie profesieë gewoonlik vantoepassing op al twaalf nasies wat van Israelafstam. So ook, wanneer die Bybel profeties praatvan die huis van Israel, verwys dit nooit net na“Juda” (die Jode) nie, maar ook na die andernasies wat uit Jakob se seuns voortgekom het.Aangesien Israel se “naam” spesifiek op Efraimen Manasse geplaas is, behels die groote i n d t y d p r o f e s i e ë d i e V S A e n B r i ts eafstammelinge. Dit is noodsaaklik om dit teverstaan wanneer eindtydprofesieë bestudeerword.Die TOEKOMS van die huis van IsraelDit is waarom die Amerikaanse en Britse volke'n groot volk en menigte van volke geword het. Ditis waarom hulle die grootste spit sal afbyt in dieeerskomende “Groot Verdrukking”! Want,ondanks al die fisiese seëninge wat hulle ontvanghet, het hulle hul gedistansieër van die ware Godwat hierdie seëninge gegee het! Dit is waarom die“tyd van benoudheid vir Jakob” in der waarheid die“Groot Verdrukking” is. Want dit is nie bloot 'n strafvir die klein Joodse nasie nie, maar 'n reuseverdrukking wat oor die ganse huis van Israelkom, insluitend veral die VSA en Britseafstammelinge (Jeremia 30:4-7).Tog, wanneer Jesus Christus terugkeer, saldaardie nasies diep verootmoedig wees. Dan,met die opstanding van die dode, sal God koningDawid laat opstaan om weereens oor al twaalfstamme van Israel te regeer (verse 8-9). Dawidsal natuurlik onder Christus, wat die Koning vankonings oor die hele aarde sal wees, dien(Openbaring 19:16). Hy sal hulle leer om God segebooie en Sy wette te gehoorsaam! Let op: “Enmy kneg Dawid sal koning oor hulle wees, en hullesal almal een herder hê; en hulle sal in myverordeninge wandel en my insettinge onderhouen daarna handel” (Esegiël 37:24).Esegiël se besielende profesie onthul dat God6Mei - Junie 2007op daardie tydstip weereens al twaalf nasies vanIsrael as een volk sal saamsnoer (Esegiël 37:1626)! Gedurende daardie tyd sal die volke vanBrittanje en Amerika leer om die Jode lief te hê –hulle sal uiteindelik leer dat hulle een nasie – eenvolk – is! “En Ek sal hulle een volk maak in dieland, op die berge van Israel; en een Koning sal virhulle almal koning wees; en hulle sal nie meertwee nasies wees nie en verder nie meer in tweekoninkryke verdeeld wees nie” (vers 22).Sodra 'n mens eers die profetiese sleutel totdie opspoor van hedendaagse Israel in eindtydprofesie verstaan, sal hierdie profesieë waarlik viru gestalte aanneem. Wanneer u koerant lees ofTV-nuus kyk, sal dit bykans 'n daaglikse sagaword van wat nou aan die gebeur is met Israel seafstammelinge en wat dit vir u en u geliefdes in dieonmiddellike toekoms beteken!Indien u nog nie geskakel of geskryf het vir uabsoluut gratis kopie van ons insiggewendeboekie, Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asookSuid-Afrika? nie, doen dit dadelik! Hierdie boekieverduidelik ten volle in duidelike terme dieBybelse en geskiedkundige bewyse van dienasionale identiteit van die VSA en Britseafstammelinge en wat dit vir u toekoms beteken!Skryf of skakel gerus om die boekie te versoek enbestudeer hierdie noodsaaklike sleutel om tebegryp wat in wêreldnuus om u aan die gang is.Die beginsel van TWEELEDIGHEIDNog 'n noodsaaklike sleutel tot begrip van dieBybel is om te erken dat God dikwels die beginselvan tweeledigheid aangewend het toe HyBybelskrywers geïnspireer het. Sekere profesieëhet beide 'n vroeë vervulling en 'n laterevervulling.Jesaja het voorspel dat Babilon vernietig souword weens hul baie towery en sondes (Jesaja13). Vandag word 'n hedendaagse “Babilon”beskryf as 'n godsdiens-politiese stelsel wat ookvernietig sal word – hierdie keer met Christus seWederkoms (Openbaring 18:1-4).Jer emi a vo ors pel ook die val van 'nhedendaagse “Babilon”. Hy beskryf dat beideIsrael en Juda bevry sal word uit die slawerny wat

Wêreld van Môredeur hierdie moderne diktatorskap opgelê gaanword (Jeremia 30:4-8) en dat hulle sal terugkomom God op te soek met 'n gesindheid van beroutot bekering na Christus se Wederkoms (Jeremia50:1-5). Baie profesieë oor die straf van antiekeIsrael – soos gesien in hul Bybelse konteks –het 'n duidelike oorbrugging na 'n hedendaagsevervulling net voor of net na Jesus Christus seWederkoms.Ander voorbeelde sluit in die profesieë vanHosea, Amos en Miga. Hoewel hierdie boekeduidelik gerig is aan die antieke huis van Israel, isdaar keer op keer besliste verwysings na eindtydstrawwe op moderne “Israel” weens soortgelykesondes en situasies in vandag se samelewing.Regdeur Hosea praat God oor die sondes vanowerspel, dronkenskap en vals godsdiens inantieke Israel. Dan beskryf die skrywer meteensdie laaste samekoms van Israel met Christus seWederkoms (Hosea 3:5).Namate ons tot die besef kom dat die Bybeldie “gedagtes van God” op skrif is, is dit ookbelangrik om te verstaan hoe God besluit om onste help om Sy plan en Sy wil te verstaan deurtweeledigheid regdeur Sy geïnspireerde Woordaan te wend.Die Bybel vertolk sy eie simboleDie Bybel gebruik baie simbole, veral in dieprofetiese boeke. Daniël gebruik verskillendestelle simbole om die groot Heidense Ryke tebeskryf. Hy beskryf byvoorbeeld 'n groot “beeld”wat die vier groot wêreldoorheersende koninkrykesimboliseer wat mekaar opvolg tot en metChristus se Wederkoms (Daniël 2:32-34).Sonder die Bybel se eie vertolking, sou onswonder wat hierdie beeld kon voorstel, maarDaniël sê vir koning Nebukadneser “ú is die hoofva n go ud ” (v er se 38 -4 0) . By ka ns al leBybelgeleerdes en selfs geskiedkundiges watbelangstel, stem saam dat Daniël duidelik diewêreldregerende koninkryk, Babilon, wat toe aanbewind was, as die “kop van goud” beskryf. Hulleerken dat Daniël die volgende groot koninkrykebeskryf wat op die wêreldtoneel sou kom: Die Rykvan die Mede en Persiërs, die Grieks-Mei - Junie 2007Macedoniese Ryk van Alexander die Grote enuiteindelik die magtige Romeinse Ryk wat eeuena Daniël se dood 'n opgang sou maak.Laastens het God Daniël geïnspireer om dieKoninkryk van God te beskryf, uitgebeeld deurdie “rots” – Jesus Christus – wat uiteindelik al dieoorlogvoerende, wêreldse koninkryke salverbrysel en “self sal dit vir ewig bestaan” (vers44).Die boek Openbaring beeld die lewendeJesus Christus uit – wat tans aan die regterhandvan God in die hemel sit – te midde van “sewekandelare” (Openbaring 1:13), met “sewe sterre”in Sy regterhand (vers 16). Weereens, sonder omons eie idees in die Bybel in te lees, moet ons dieBybel toelaat om homself te vertolk. God seWoord verduidelik: “Die verborgenheid van diesewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, endie sewe goue kandelaars: die sewe sterre is dieengele van die sewe gemeentes, en die sewekandelaars wat jy gesien het, is die sewegemeentes” (vers 20).Een belangrike simbool om te verstaan is datdie woord “vrou” soms 'n kerk verteenwoordig –hetsy God se ware Kerk of 'n groot vals kerk. Dieapostel Paulus skryf aan Christene in Korinthe:“Want ek is jaloers oor julle met 'n goddelikejaloersheid, want ek het julle aan een manverbind, om julle as 'n reine maagd aan Christusvoor te stel” (2 Korinthiërs 11:2). Hier word diekerk verteenwoordig as 'n vrou – die verloofde“bruid” van Christus.In Ef es ië rs 5: 22 -3 3 ge br ui k Pa ul usherhaaldelik die versinnebeelding of simboliekvan die Kerk as die vrou van Jesus Christus:“M aa r s oo s d ie ge me en te aa n C hr is tu sonderdanig is, so moet die vroue dit ook in allesaan hul eie mans wees” (vers 24).Die apostel Johannes is geïnspireer omdieselfde simboliek te gebruik ter beskrywing vandie groot vals kerk – wat binnekort in ons tyd tothaar volle mag en invloed sal opgang maak. Letdaarop hoe hierdie ganse heidense stelsel as 'n“vrou” beskryf word – hoewel, trouens, 'n “gevalle”vrou – 'n groot hoer. Johannes is geïnspireer omte skryf: “Ek het 'n vrou sien sit op 'n skarlakenrooidier, vol godslasterlike name, met sewe koppe enVervolg op bladsy 277

Wêreld van MôreMei - Junie 2007Vrees, frustrasieof geloof?Deur Richard F. AmesOns leef in 'n wêreld vol uitdagings, gevare en stres.Kan geloof ons frustrasies oorwin?Mil jo en e me ns e wê re ld wy d ly aa nangsverwante stoornisse. 'n Belangrikenuustydskrif vra: Hoeveel van ons“bekommer ons siek”?Daardie artikel merk op: “Daar is beslis baievrese wat die rondte doen. Angsverwantestoornisse – dit wat gesondheidskennersidentifiseer as enige vrees wat so blywend is dat ditinmeng met die alledaagse lewe – is die meesalgemene geestesiekte in die VSA. In syverskillende vorme, wat strek van baie spesifiekefobies tot algemene angsverwante stoornisse,teister dit 19 miljoen Amerikaners (“UnderstandingAnxiety”, Time, 10 Junie 2002, bl. 48).Ba ie me ns e on de rv in d se lf s er ns ti ge rg e e s t e l i k e g e s o n d h e i d s u i td a g i n g s , w a tangsaanvalle of -stoornisse insluit. Die NasionaleInstituut vir Geestesgesondheid berig: “Sowat 2,4miljoen volwasse Amerikaners tussen dieouderdom 18 en 54 jaar, of nagenoeg 1,7 persentvan die mense in hierdie ouderdomsgroep in 'ngegewe jaar, ly aan angsverwante stoornisse”(When Fear Holds Sway, 9 April 2004). Miljoenevan ons ervaar vrese wat inbraak maak op onsnormale leefwyse. Die stres van ons daaglikselewe alleen, kan ons dood veroorsaak. Ons pendelte midde van strawwe verkeer. Ons kom inaanraking met omgekrapte, twissieke mense. Onstrotseer finansiële, maatskaplike en persoonlikeprobleme.Die Bybel bied ons strategieë om onsbekommernisse, frustrasies en vrese te oorwin,maar ons materialistiese wêreld trek ons aandag af8van geestelike prioriteite. Jesus het Sy luisteraarsbestraf wat hulle oor kos en klere bekommer het.Hy sê: “As God dan die gras van die veld, watvandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, sobeklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?”(Mattheus 6:30).Tog laat baie van ons toe dat ons onsselfbekommer. Ons word vreesagtig en beangs. Watis Amerikaners se grootste vrese? 'n Gallupmeningspeiling in 2001 het Amerikaansevolwassenes se mening ingewin oor hul vrese. Diegrootste vrees was vir slange (51%), die tweedegrootste vrees was om in die openbaar te praat(40%), gevolg deur hoogte (36%); klein ruimtes(34%), spinnekoppe en insekte (27%), naalde eninspuitings (21%), muise, (20%), om te vlieg(18%), donderweer en weerlig (11%), honde(11%), skare mense (11%), doktersbesoeke (9%)en die donker (5%).God ken ons vrese. Jesus sê u Vader ken uintiem. Jesus gee ons hierdie bemoedigendeperspektief en opdrag: “Word vyf mossies nie virtwee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle isvoor God vergeet nie. Maar selfs die hare van jullehoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julleis meer werd as baie mossies” (Lukas 12:6-7).Namate u God se Woord – die Bybel – lees enbe st ud ee r, s al u t e w et e k om va n S yontsagwekkende liefde en wonderlike beloftes aanu. U sal afkom op gedokumenteerde gevalle waarGod in menselewens ingegryp het. Hy beloof ookdat Hy in u lewe sal ingryp! Lees maar net Jesus sewoorde in Mattheus 5-7, wat dikwels die

Wêreld van MôreMei - Junie 2007“B er gp re di ka si e” ge no em wo rd . Ek wa sverwonderd toe ek daardie woorde vir die eerstekeer gelees het, toe ek omtrent 12 jaar oud was. Ekhet daardie woorde ernstig opgeneem en dit hetbegin om my lewe

Deur Roderick C. Meredith, Hoofredakteur Bybel-onkunde: ’n Werklike probleem! Miljoene mense, regdeur die Westerse van honderde verskillende denominasies wat wêreld, het The Da Vinci Code gelees. Miljoene hulself “Christen” noem, wat almal teen mekaar mense het onlangs die fli

Related Documents:

die Boedelwet, 1965, ten einde die Kabinetslid verantwoordelik vir die . die aanstellingstermyn van lede van die Raad van Regshulp Suid-Afrika verder te reel; en . artikel3 van Wet 104 van 1996, artikel 3 van Wet 66 van 1998, artikel 1 van Wet 62 van 2000, artikel 1 van Wet 28 van 10 . 6 No. 41018 Act No.8 of 2017

V AN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA REPUBLIC OF SOUTH AFRICA . GOVERNMENT GAZETTE . . Tot wysiging van die Boedelwet, 1965, om sekere bedrae te . Wysiging van artikel 35 van Wet 66 van 1965. Wysiging van artikel 80 van Wet 66 van 1965. Wysiging van artikel 102 van

Geographic Location of Van Nuys in Los Angeles City Figure 2. Van Nuys Neighborhood Council Figure 3.!Founding of Van Nuys in 1911 Figure 4. Original Van Nuys Hotel, Van Nuys, Calif., on Van Nuys Blvd. Figure 5. Van Nuys Population Trends 1970-2010 Figure 6. Population Trends in Race/Ethnicity, 1980 - 2010 Figure 7. Van Nuys Land Use Figure 8.

Vlaamse Regering van 19 maart 2010 betreffende de organisatie van de fokkerij van de voor de landbouw nuttige huisdieren; Gelet op het ministerieel besluit van 26 juli 2011 tot erkenning van centra voor varkens ter uitvoering van artikelen 35 en 59, par. 2, van het Fokkerijbesluit van 19 maart 2010;

YOGA VASISTHA SARA (De essentie van Yoga Vasishtha) Śrī Ramana Maharṣi 1 - Onthechting 2 - Onwerkelijkheid van de wereld 3 - Kenmerken van de bevrijde 4 - Het oplossen van de geest 5 - Het uitwissen van de onbewuste denk- en voelpatronen. 6 - Meditatie van het Zelf 7 - Methode van Zuivering 8 - Verering van het Zelf

De rol van facilitator van leerprocessen De mogelijkheden van de didactische inzet van ICT om het onderwijs te verbeteren vraagt ook om beleidsbeslissingen en het ondersteunen van veranderprocessen. Het opschrijven van een visie op de inzet van ICT in het onderwijs is daarbij stap één, het motiveren en stimuleren van docenten om ICT te .

1965 (Wet No. 66 van 1965), aangestel, wat ten opsigte van daardie aangeleentheid, goed of boedel met regsbevoegdheid beklee is; ,,Ministerv die Minister van Landbou; [Omskrywing van ,,h1inisterv vervang deur a. 1 (a) van Wet No. 45 van 1968, deur a. 1 (c) van Wet No. 73 van 1981, deur a.

1. Het borgen van de kwaliteit van de toetsing. 2. De coordinatie van en controle op examens en tentamens. 3. Het bekrachtigen van tentamenresultaten. 4. Het vaststellen van richtlijnen binnen het kader van het OER om de uitslag van examens vast te stellen. 5. In overleg met de betreffende discipline, verlenen van vrijstelling. 6.