'n Reis Deur Die Psalms

9m ago
17 Views
1 Downloads
778.86 KB
41 Pages
Last View : 1d ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Fiona Harless
Transcription

1 ‘n Reis deur die Psalms Bybelstudie handleiding vir N G Kerk Meiringspark Maart 2011 U is welkom om die Bybelstudie af te laai vanaf die webwerf en in u eie gemeente te gebruik. Psalm 1 Psalm 8 Psalm 23 Psalm 46 Psalm 51 Psalm 84 Psalm 91 Psalm 100 Psalm 121 Psalm 136 Psalm 139 Psalm 146 Die regverdige en die goddelose. Wat is die mens dat U aan hom dink. Die Herder en die Tafelheer . Bedaar , God is daar ‘n Vaste vesting is ons God . O Heer vat my sonde weg. Hoe lief het ek U woning Here ! Hy wat by die allerhoogste skuiling vind . Dien die Here met blydskap. My hulp van die Here. Sy liefde hou nooit op nie. Die Here ken my deur en Deur Prys die Here van die Heelal

2 BELANGRIKE GEGEWENS DOEL: Om in poësievorm uiting te gee aan klagtes, lof, aanbidding en belydenis SKRYWERS: Aan Dawid word 73 psalms toegeskryf; aan Asaf twaalf; aan die Koragiete nege; aan Salomo twee, en aan Heman (saam met die Koragiete), Etan en Moses elk een. Daar is 51 anonieme psalms in die Bybel. Volgens die Nuwe Testament word twee van die anonieme psalms (2 en 95) ook aan Dawid toegeskryf (vgl Hand 4:25; Heb 4:7). Die verwysings na Dawid, Salomo en ander beteken nie noodwendig dat hulle die skrywers daarvan was nie, maar moontlik dat dit uit ’n versameling uitkom wat hulle naam dra. ONTSTAANSTYD: Tussen die tyd van Moses en die tyd van die Babiloniese ballingskap (586 vC) AGTERGROND: Die meeste psalms is nié historiese beskrywings nie. Daar is egter heelwat parallelle tussen die psalms en historiese gebeure en periodes, soos byvoorbeeld die tyd toe Dawid vir Saul moes vlug asook sy owerspel met Batseba. KERNVERS: ‘Laat alles wat asem het, die Here prys! Prys die Here!’ (150:6). BELANGRIKE PLEK: God se heilige tempel OORSIG: ’n Mens kan slegs jou ware self openbaar as jy eerlik sê hoe jy voel en wat jy dink. Dan eers kan hulp op ’n diep geestelike vlak verleen word. Die oppervlakkige kommunikasie wat by so baie mense ’n lewens patroon geword het, kenmerk dikwels ook ons omgang met God. Ons rammel die woorde wat ons al soveel dekades ken, vinnig af, of sê ’n paar geykte dinge — en noem dit dan gebed. Natuurlik hoor en verstaan Hy ook ons floue pogings, maar as ons, ons kommunikasie met Hom in so ’n mate vervlak, kortwiek ons ook ons verhouding met ons Vader. Hy ken ons en wil hê dat die kommunikasie tussen ons en Hom eg en betekenisvol moet wees. As ’n mens jou Bybel naastenby in die middel sou oopslaan (middel aan die dikte gemeet en nie ten opsigte van die aantal boeke nie), sal jy dit waarskynlik by Psalms oopmaak. Hierdie grootste versameling liedere en gebede is ’n weerspieëling van die menslike hart en siel. Die hele spektrum van die mens se ervaringsveld kom daarin tot uiting. Hierdie boek bevat nie geykte woorde nie — nee, die skrywers stort hulle ware gevoelens hier uit en skets daardeur vir ons die dinamiese, kragtige en lewensveranderende verhouding wat hulle met God het. Die psalmdigters bely hulle sondes, gee uiting aan hulle twyfel en vrees, vra God se hulp in tye van nood en loof en prys Hom. Lees hierdie boek en hoor in jou gedagtes hoe gelowiges uit die dieptes van wanhoop tot God roep. Maar hoor ook hoe hulle hom in hulle feesvieringe loof. Of hulle woorde egter van wanhoop of lof getuig, die psalms bly deurgaans uitinge van die opregte emosies van God se kinders. Omdat dit so ’n eerlike boek is, kom mense deur die eeue heen steeds terug daarheen vir troos in tye van nood

3 en beproewing. Saam met psalmdigters word hulle dan ook van wanhoop tot blydskap opgehef as hulle die krag van God se ewige liefde en vergifnis ontdek. Laat die eerlikheid van die psalmdigters jou lei tot ’n dieper en egter verhouding met God. D. Die skrywers van hierdie groep psalms, wat ooreenstem met die boek Numeri, is meesal onbekend. Net soos Numeri handel oor die verhouding tussen Israel en die omliggende lande, handel heelwat van hierdie psalms oor die verhouding tussen God se koninkryk en volke. Ons is burgers van God se koninkryk, daarom kan ons altyd die gebeure en probleme op aarde in die regte perspektief sien. SKETSPLAN E. DIE VYFDE BOEK VAN PSALMS (107:1–150:6) A. DIE EERSTE BOEK VAN PSALMS (1:1–41:14) E. Volgens tradisie het Dawid die meeste van hierdie psalms geskryf. Net soos die boek Deuteronomium oor God en sy woord handel, is die meeste van dié groep psalms lof- en dankliedere vir God en sy woord. Die meeste het oorspronklik ook musiek by gehad. Ons kan die psalms vandag nog gebruik soos hulle in daardie tyd gebruik is, dit wil sê as ‘n boek vol lof- en aanbiddingsliedere. Dit is ‘n boek wat ons harte laat sing. A. Die psalms is nie volgens onderwerpe gerangskik nie, maar dit is nietemin insiggewend om die dominante temas in elke deel van die boek met die vyf boeke van Moses te vergelyk. B. DIE TWEEDE BOEK VAN PSALMS (42:1–72:20) B. Hierdie groep psalms wat hoofsaaklik aan Dawid en aan die Koragiete toegeskryf is, toon ooreenkomste met die boek Eksodus. Net soos Eksodus die volk van Israel beskryf, beskryf baie van hierdie psalms ook die verval en herstel van die volk. Die Here red ons net soos Hy Israel gered het. Ons hoef nie net aan die oplossings te dink nie, maar kan met ons probleme na Hom toe gaan en Hom vra om te help. C. DIE DERDE BOEK VAN PSALMS (73:1–89:53) B. Die meeste van hierdie groep psalms is aan Asaf toegeskryf en toon ooreenkomste met die boek Levitikus. Die tabernakel en die heiligheid van God is die tema van Levitikus, en hier gaan dit ook in die meeste gevalle oor die tempel en God se verhewenheid. Hy is almagtig, daarom kan ons Hom om verlossing vra. Hierdie psalms loof Hom omdat Hy heilig is en sy volmaakte heiligheid vra van ons aanbidding en eer. D. DIE VIERDE BOEK VAN PSALMS (90:1-106:48)

4 HOOFTEMAS Lof Psalms is lofliedere aan God as Skepper, Onderhouer en Verlosser. Om Hom te loof beteken dat ‘n mens sy grootheid in sy karaktertrekke en dade raaksien, waardeer en uiting daaraan gee. Ons moet ons gedagtes op God rig, dan sal ons Hom wil prys. Hoe beter ons Hom ken, hoe meer kan ons dít wat Hy vir ons gedoen het, waardeer. God se almag in nood God is almagtig en Hy tree altyd op die regte tyd op. Hy is soewerein oor elke situasie. Die wyse waarop Hy Hom in die skepping, deur die geskiedenis en in sy Woord openbaar, is tegelykertyd ook ‘n openbaring van sy mag. God kan ons help as ons magteloos voel. Sy krag is groter en meer as die wanhoop van pyn en beproewing. Ons kan altyd bid dat Hy ons sal beskerm, verlos en versorg. Vergifnis Baie van die psalms is dringende gebede om vergifnis. God vergewe ons as ons, ons sonde bly en laat staan. God vergewe ons, daarom kan ons eerlik en direk tot Hom bid. As ons sy vergifnis ontvang, beweeg ons nader aan Hom en kan ons skuld oorgaan in liefde. Dankbaarheid Ons is dankbaar teenoor God vir sy sorg, hulp en genade. Hy beskerm, lei en vergewe ons nie net nie, maar voorsien deur sy skepping ook in al ons behoeftes. As ons besef hoe belangrik dit vir ons is om God te ken, kan ons ook ons dankbaarheid teenoor Hom uitspreek. Ons moet Hom dikwels dank, dan word ons gebedslewe spontaan. Vertroue God is getrou en regverdig. Hy lat ons harte stil word as ons op Hom vertrou. Hy was dwarsdeur die geskiedenis getrou, daarom kan ons in tye van nood ook op Hom staat maak. Mense is soms onregverdig en vriende kan ons in die steek laat. Ons kan egter op God vertrou. As ons Hom ken, kom daar ‘n einde aan al ons twyfel, vrees en eensaamheid.

5 MESSIAANSE PSALMS WYSHEIDSPSALMS Sommige Psalms is in die verlede as Messiaanse psalms beskou omdat uitleggers daarin die voorspelling van die geboorte of die lyding van Jesus Christus gelees het. Hierdie siening is reeds deur Joodse eksegete gehuldig wat in die psalms trekke van die amp en werk van die Messias gesien het. En die skrywers van die Nuwe Testament het in Christus die direkte vervulling van hierdie psalms verstaan. Dit sluit in die tien koningpsalms (2,18,20,21,45, 72, 101, 110, 132 en 144) en Psalm 22, die lydingspsalm. Ons kan egter nie te gou die Ou Testament vanuit die Nuwe verklaar nie, maar moet dit in sy eie reg lees. Die koningspsalms handel immers in die eerste plek oor Israelitiese konings en Psalm 22 beskryf die lyding van ’n onbekende enkeling. Die koningspsalms is eintlik “politieke” psalms waarin Israel se geloof in God baie direk aan militêre sukses en aan die voortbestaan van die Dawids dinastie gekoppel is. Veral in die psalms waar Dawid se rol in die erediens so sterk in die opskrifte daarvan beklemtoon word, is godsdiens en eietydse politiek onlosmaaklik aan mekaar verbind. Die “gesalfde” (dit is wat “messias” letterlik beteken) koning verwys net in Daniël 9:25 na ’n toekomstige koning. Die idee van ’n messias was dus ’n nuwe gedagte in die tyd van die Nuwe Testament. Die Christelike messiasverwagting het heeltemal ’n ander oorsprong as die militêr-politieke, nasionale, Joodse verwagting. Dit hou verband met die profete van die Ou Testament wat ’n koning van vrede (Jes 9 en 11) verwag het, wat op ’n donkie ry (Sag 9:9). Later het die koning van vrede nog ’n eienskap bygekry: hy sou vrede en versoening bring deur sy plaasvervangende lyding (vgl Jes 53), Psalm 22 het hierdie gedagte versterk. Na die geboorte, lewe en lyding van Jesus het die Christene in Hom hierdie gesalfde (Messias-)koning herken. Ons moet daarom nie in hierdie psalms dadelik ’n voorspelling van Christus sien nie, maar weet dat dit ’n latere interpretasie is van die eerste Christene waarin ons vandag natuurlik mag deel. Lees Psalm 49:2–5 met aandag en let op dat hier van “wysheid” gepraat word. Gewoonlik dink ons aan Job, Spreuke en Prediker as wysheid boeke. En tog kom ons nou hier in die Psalmboek ook op die Wysheid af. Uitleggers verskil nog oor die aantal wysheid psalms. Ons is redelik seker oor Psalm 1,32,34, 37,49, 112, 127 en 128 maar twyfel ’n bietjie oor 73, 91, 94, 119, 133 en 139. Wysheid is nie intelligensie of geleerdheid nie, maar dit is praktiese vroomheid soos die digter in Psalm 111:10 sê: “Die hoofsom van die wysheid is ontsag vir die Here”, soos ons dit ook kan vertaal. Vergelyk Psalm 34:8, 10; 112:1; 128:1,4 waar van hierdie bekende uitsprake weergegee word met die “die Here dien”. Hoe herken ons dan nou ’n wysheid psalm? Aangesien hulle verwant is aan boeke soos Job, Spreuke en Prediker, dra hulle meer die kenmerke van die boeke as van die Psalmboek. ’n Paar van die kenmerkende uitdrukkings en verskynsels: “dit gaan goed met elkeen wat ” (1:1,2:12;32:1,2;33:12;ens.); beter as vergelykings (37:16;63:4;84:11;118:8–9,ens); vermaninge (32:9;34:10;37:3,ens); retoriese vrae (25:12) lett vert);34:13;49:67);vergelykings (1:4;32:9;37:2;20;49:13;127:4 ens.) Ons herken ook wysheid psalms aan die temas wat daarin behandel word: ontsag vir die Here (111:10;34:8,10,ens); eerbied vir die tora of die wet (1:2;37:31;119:15,47,ens); “twee weë” waar tussen die mens moet kies (1:6;25:8;12;32:8;37:14,ens);’n regverdige en goddelose lewenswyse (1:6;32:10–11, ens) vergelding soos dit in loon en straf uitgedeel word (1:6;34:17,23;37:10-11,20,22, 28-29,37-38;112:2,10). Omdat die wysheid boeke ons wil leer hoe om vroom te lewe, is praktiese raadgewing oor alledaagse optredes volop: die geselskap wat verkies (1:1) Vertroue in die Here (32:10;37:3,5,7,34); versigtigheid met jou woorde (34:14); vermy kwaad en doen goed (37:3;27); die najaag van vrede (34:15); die beteueling van jou humeur (37:8) betoning van sagmoedigheid (37:11); mededeelsaamheid (112:5,9);

6 broederlike harmonie (133:1), en om niks sonder die Here te doen nie (127:1). As jy vroom is, sal jy so lewe. Vroomheid is die resultaat van ’n wyse en praktiese lewenswyse. Dit is nie iets abstrak of net ’n teorie nie. Eenvoudige, vroom mense is dikwels wyse mense al het hulle geen geleerdheid nie. Is jy ’n student, ’n professor, ’n vak kundige? Is jy hooggeleerd? Die eintlike vraag is egter Is jy wys? Wysheid is die begin van vroomheid. BEROU, BELYDENIS EN VERGIFNIS IN DIE PSALMS Gelowiges wat deur al die eeue heen tot die besef van hulle skuld en sonde gekom het, kon nog altyd troos en hoop in die psalms vind. Die psalmdigters het die volle omvang van hulle skuldbesef en hul berou voor God uitgestort, maar ook hulle vreugde oor sy vergifnis. Hulle het gejubel oor die wete dat sy vergifnis volkome is. Ons, wat aan die ander kant van Christus se kruis lewe, kan nog meer jubel, want ons verstaan soveel meer as die skrywers van die psalms. Die Here het vir ons gewys dat Hy gewillig is om ons te vergewe omdat die prys vir die sonde reeds deur Christus aan die kruis betaal is. Jy sal sien dat die psalmdigters ’n bepaalde patroon volg. (1) Hulle het eerstens hulle sonde en die neiging tot sonde besef; (2) hulle het ook verstaan dat die sonde ’n teken van opstandigheid teen God is; (3) hulle het hulle sondes voor Hom bely; (4) hulle het vertrou dat Hy hulle wil vergewe; (5) en in die laaste plek het hulle sy vergifnis aanvaar. Laat hierdie psalms jou daaraan herinner dat dit baie maklik is om van die Here weg te dwaal en sonde te doen. Hulle sê egter ook opnuut vir jou hoe jy die verhouding kan herstel. Hierdie temas is onder meer in die volgende Psalms vervat: 6, 14, 32, 38, 41, 51, 102, 103, 143. LEES DIE PSALMS SOOS GEDIGTE Omdat die psalms poësie is, kan ons hulle nie letterlik vertaal of verklaar nie maar moet ons met die volgende kenmerke van die digkuns rekening hou: Dit wil die basiese emosies en ervaringe van die mens weergee en verklaar, daarom handel dit oor onderwerpe waarin liefde/haat, veragting/waardering, smart/vreugde en twyfel/sekerheid die beslissende rol speel. Dit is ook die rede waarom ons so lief is vir die psalms- hulle gee uitdrukking aan ons smart en ons vreugde. Die digter se woorde word ons eie. Geen tussenganger is nodig nie. Poësie kommunikeer direk. Dit is intiem persoonlik. Dit werk met jou gevoel. Dit is subjektief, want die digter dra sy eie gevoelens op jou oor. Hy praat as’t ware met homself, maar dra in die proses sy gevoelens en beskouinge op jou oor. Hy vertel nie en hy knoop nie ’n argument aan om iemand te oortuig nie, maar verwoord bloot wat hy self ervaar. Vanweë hierdie uiterste subjektiwiteit kan jy ook nie met hom argumenteer nie. Hy wil jou in elk geval nie met argumente oortuig nie, maar jou op so ’n manier betrek dat jy sy eie subjektiewe ervaringe meemaak. Jy moet tot dieselfde gevogtrekkings as hy kom omdat jy dinge soos hy ervaar. Sy sekerheid word jou sekerheid en sy twyfel jou twyfel. Om jou gevoelens te raak moet hy op ’n ongewone manier van taal gebruik maak. Hy gebruik woorde, beelde en ritme op so ’n besondere manier. Digters maak gebruik van herhaling, alliterasie, rym, oordrywing, woorde wat met emosie belaai is, ensovoorts. Selfs die vorm en struktuur van die gedig speel ’n belangrike rol in die betekenis daarvan. Elke brokkie taal kry ’n funksie. Ten spyte van die ooreenstemming tussen alle poësie ten opsigte van genoemde algemene kenmerke, vertoon die Ou-Testamentiese poësie tog spesifiek eie kenmerke wat ons soos volg kan opsom: Die gebruik van parallelle gedagtes. Elke versreël het gewoonlik twee lede — kom ons noem dit “versbene” — wat ten opsigte

7 van inhoud en vorm sterk ooreenstem. Hierdie versbene hou ook mekaar in ewewig soos die twee arms van ’n weegskaal en gee saam die volle gedagte weer. Ongelukkig is daar baie van hierdie parallelle gedagtes in sommige Bybelvertalings nie meer sigbaar nie. Ou-Testamentiese poësie is godsdienstige poësie. Die poësie in die Bybel handel oor God. Die digters is nie net liefhebbers van poësie nie, maar ook liefhebbers van God. In die wette en die profetiese gedeeltes van die Ou Testament is dit God wat die mens aanspreek. In die poësie is dit die mens wat God aanspreek. Dit gee ook uitdrukking aan die gedagtes en die gevoelens van die mens oor God. Ons kan sê dit is die mens se antwoord op God se Woord. Die mens kan natuurlik ja of nee antwoord, daarom gaan dit in die ontwerp van die psalms hoofsaaklik oor goed of kwaad. KONINGSPSALMS Psalms 2, 18, 20, 21, 45, 72, 110, 132 en 144 word gewoonlik as koningspsalms gereken. Hierdie tien psalms handel in die besonder oor die koning en word daarom koningspsalms genoem. Aangesien die koning beskou is as verteenwoordiger van die Here het hy ’n besonder belangrike plek in die verhouding tussen God en sy volk beklee. In Israel het die koningskap maar eers met Dawid werklik erkenning begin geniet. Gevolglik het Dawid aanvanklik ’n besondere plek in die koningspsalms ingeneem. Verskeie geleenthede uit die amptelike lewe van die konings vorm die historiese agtergrond van hierdie psalms, byvoorbeeld die kroning (2, 72, 110), ’n huwelik (45), oorlogsondernemings (18, 20, 21, 44), en die herdenking van die instelling van die Dawiddinastie (132). Hierdie psalms is hoofsaaklik in tye van voorspoed gebruik.

8 DIE KLAAGLIED Die bidders in die psalms roep in hulle nood, wanneer hulle swaarkry, in ’n klaaglied tot die Here. Somtyds praat die digter namens homself, maar in ander gevalle tree hy as segsman vir die volk op. Hiervolgens verdeel ons die klaagliedere in twee soorte, naamlik die klaaglied van die enkeling en die klaaglied van die volk. Die rede vir alle nood van die psalmdigter lê daarin dat hy ver van God verwyder voel. Verder lyk dit ook vir hom of God nie kan of selfs nie wil help nie (vgl 22: 2). Die mens is egter totaal afhanklik van God vir hulp, en daarom bring hy sy nood in gebed na God toe. Dit bestaan uit konkrete sake soos siekte (38: 1–11), vervolging en skinderveldtogte (120:2), verwoesting van die heiligdom (74), en ballingskap en verdrukking (137). Die enkeling stort sommer sy nood uit by die plek van swaar kry. Hiskia kla byvoorbeeld net daar op sy bed oor sy siekte (Jes 38:2,20), en Dawid hef ’n klaaglied op die slagveld aan oor die dood van Jonatan en Saul (2 Sam 1:17–27). Hanna (1 Sam 1) gaan kla in die heiligdom by die Here oor haar kinderloosheid. Die eintlike plek vir die klaaglied is volgens 102:1 “voor die Here.” Die volk gaan gewoonlik na die heiligdom toe met hulle klag, waar hulle ’n spesifieke klaagritus volg soos blyk uit Joël 1 en 2. Dit sluit onder andere in: vas, ween, die skeur van die klere, as op die hoofde gooi en die aantrek van sakke vir rouklere. Die aanleidende oorsaak van volk se klaagliedere is gewoonlik as gevolg van vyandelike bedreiging, droogte en sprinkaanplae. Die Israeliete het selfs op die puin van die stad die val van Jerusalem beklaag, soos blyk uit Sagaria 7:3–7. Die meeste liedere bestaan gewoonlik uit ’n inleiding, hoof deel en slot. Die klaaglied het altyd min of meer dieselfde vorm al verskil die rede vir die klag. Dit lyk kortliks soos volg: Die inleiding bestaan uit ’n aanroeping van die Naam van die Here. Die hoofdeel het die volgende elemente: Die klag bevat die probleme wat die bidder ervaar, soos siekte (88:3–9), vervolging (140: 1-5) en vals beskuldigings (109: 2-5). Daar is ruimte vir elkeen om sy eie persoonlike nood te verwoord. ’n Gevoel van verlatenheid van God oormeester dikwels die noodlydende (22:1-2, 6-8, 12-18). “Waarom?” (22:2;74:1,11;88:15) en “Hoe lank?” (13:2,74:10;79:5) is die tipiese vrae van die wanhopige bidder. in die smeekgebed pleit die bidder om verlossing uit sy nood. Die smeekgebed h et gewoonlik twee dele: eerstens, die bede dat God moet help, en tweedens, die bede dat God die vyande moet straf. ’n Belydenis van vertroue in God wat op twee gronde gebaseer is: eerstens, die bidder se eie persoonlike ervaring (22: 10–11), en tweedens, God se verlossing van Israel in die verlede (22: 5-6). Die psalms waar vertroue die belangrikste element is, noem ons vertroue psalms. Daar is nie altyd ’n vaste slot nie, maar die klaaglied eindig wel gewoonlik met seënspreuk (5: 13; 28:9), ’n nuwe belydenis van vertroue (17: 15; 140:14), of met danksegging (7:8; 13:6; 109:30). Swaarkry en hoop gaan in die Ou Testament hand aan hand en vind in die klaagpsalms volle uitdrukking. Die verskillende elemente van die klaaglied gee geleentheid aan die klaer om deur sy leed te werk en dit te internaliseer.

9 SIONSLIEDERE Dawid het Jerusalem verower en dit sy politieke hoofstad gemaak, het dit ook die godsdienstige hoofstad geword. Die geloof van die Judeërs het nou op drie pilare gestaan, te wete die koning (2Sam 7:10–14), die stad Jerusalem, die Dawidstad en Sion, die tempelberg. Die dubbele funksie van Jerusalem as politieke en godsdienstige setel het twee tradisies laat ontstaan, te wete die Sions tradisie en die Dawids tradisie wat veral in jesaja se prediking na vore gekom het (vergelyk Jes 14:32 vir Sion en Jes 9:6; 16:5; 22:22 vir Dawid). Die Judeërs het Jerusalem Sion genoem wanneer hulle na die godsdienstige funksie daarvan verwys het. Sion het ’n besondere plek gekry in die godsdienstige liedere van die volk, in die psalms. Hierdie psalms wat oor die tempel en oor die Sionsberg handel, noem ons Sionsliedere. Dit sluit in Psalm 46, 48, 76, 84, 87, en 122. Die digters besing in hierdie liedere God se konkrete bystand aan sy bedreigde volk in die loop van die geskiedenis. Sion is byvoorbeeld ’n oninneembare bastion (vgl 48:8, 12) om Israel teen die omringende vyandige volke te beskerm. Die Sionsliedere besing die sentrale plek van Sion (Jerusalem) in die godsdienstige lewe van die volk. Die bedoeling was om daarmee eintlik die aandag op die God van Israel wat op Sion in die tempel woon, te vestig, Daarom word dit God se “heilige berg” (48:2), “die stad van God” (46:5; 48:2), die stad van die here, die Almagtige” (48:9; 84:2), en “die heilige woonplek van die Allerhoogste” genoem (46:5) . Mettertyd het die klem van hulle geloof van God af na die koning, Jerusalem en die tempel as sodanig verskuif. Dit het gelei tot oormatige selfvertroue. Hulle het geleef soos hulle wil, want God het mos in die tempel op Sion gewoon en sy gesalfde, die koning het oor hulle regeer. Dit het gelei tot die valse geloof dat God hulle nooit aan die vyande sal oorlewer nie. Hierdie geloof is verpletter met die Babiloniese ballingskap toe Jerusalem verwoes is, die tempel afgebreek is en hulle koning saam met hulle in ballingskap weggevoer is. Sodra ons godsdiens nie meer om die Here self sentreer nie, maar om allerlei ander dinge, verloor ons die kern daarvan en word dit net godsdiens- sonder God.

10 Na elke Bybelstudie oor die spesifieke Psalm is daar ‘n gedeelte gemerk”Vir die voorganger”. Die deel is bedoel vir die groepleier . Daarin is meer agtergrondinligting soos in die “Die Bybel in Praktyk” verkry is uit Logos Bible software. Indien elke groeplid ‘n Bybelstudie handleiding kry word die agtergrond inligting uitgelaat. In elke Bybelstudie is die vrae genommer. Bespreek dit in nommervolgorde.

11 ‘N VERSKEIDENHEID PSALMS VIR BESONDERE BEHOEFTES Op soek na? Lees troos Psalm 23 om God intiem te ken Psalm 103 om ‘n nuwe gebed te leer Psalm 90 om ‘n nuwe lied te leer Psalm 33 om meer omtrent God te leer Psalm 24 om jouself beter te verstaan Psalm 8 om te leer hoe om elke dag tot God te nader Psalm 5 om vergiffenis van sonde te vind Psalm 51 om te voel dat jy iets beteken Psalm 139 om te verstaan waarom jy die Bybel moet lees Psalm 119 om God te loof Psalm 145 om te weet dat God in beheer is Psalm 146 om God te dank Psalm 136 om God te behaag Psalm 15 om te weet waarom jy God moet aanbid Psalm 104 God se Woord is daar sodat ons dit kan bestudeer, verstaan en toepas. Die boek Psalms leen homself op ‘n besondere manier tot toepassing. Ons verstaan die psalms des te beter as ons hulle toelaat om soos reënwater oor ons te spoel. Ons blaai dalk na die Psalms om iets te vind, maar dan ontmoet ons Iemand. Hoe meer ons die woorde van die psalms memoriseer, hoe meer sal ons besef dat hulle alreeds deel van ons is. Ons diepste seer, verlange, gedagtes en gebede word hier verwoord en die psalms lei ons sagkens daartoe om te wees wat God wil hê ons moet wees: mense wat Hom liefhet, vir Hom lewe en Hom prys.

12

13

14 Vir die voorganger: Psalm 1 TEMA: Daar is twee weë — dié van die regverdiges en die van die goddeloses. Daar is twee paaie waartussen ons kan kies: God se pad van gehoorsaamheid, of die pad van opstand en vernietiging. Wanneer jy die pad kies wat jy gaan loop, kies hy ook jou ewige bestemming. Psalm 1 is bedoel as ’n inleiding tot die hele Psalmbundel. Dit is gepas om die boek met ’n wysheidspsalm in te lei. Lees die verduideliking onder WYSHEIDSPSALMS”. Psalm 1 vergelyk twee groepe mense na wie daar baie in die psalms verwys word: “regverdiges” en “goddeloses”.Die psalmis ontwikkel sy gedagtes in drie stadia: eerstens kontrasteer hy die twee weë (1:1-2), tweedens gebruik hy die twee beelde om die aard en die waarde van die godvresendes en van die goddeloses aan te dui (1:3-4), en derdens word God se oordeel uitgespreek (1:5-6). 1:1–2 Die eienskappe van die gelukkige mens met wie dit goed gaan, word eers negatief en dan positief beskryf. Negatief word gesê dat hy nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan nie en nie met ligsinniges saamspan nie. In vers 2 sê die digter positief van die mens dat hy in die Woord van die Here sy vreugde vind en dit dag en nag oordink. In die Hebreeus gebruik die digter die woord “tora” (wet) wat hier vertaal word met “die woord van die Here”. “Wet” beteken in werklikheid die onderrig wat ’n gelowige mens van die Here ontvang of sy openbaring aan die mens. 1:3–4 Die digter gebruik twee beelde: ’n boom en kaf. Hy vergelyk die regverdige mens met ’n boom langs ’n waterstroom wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Dié mens is voorspoedig in alles wat hy onderneem. Die goddelose daarenteen is soos kaf wat deur die wind weggewaai word. 1:5–6 Die digter se gevolgtrekking is: die goddelose voldoen nie aan die eise van die Here nie en daarom kan hy homself nie handhaaf wanneer daar reggespreek word nie. Hulle word veroordeel in die finale regsaak op die dag van die Here, die eindoordeel. By hierdie geleentheid sal die regverdiges, diegene wat die woord van die Here aanneem, as gemeente van God bymekaar wees soos hulle altyd in die tempel saamgekom het. Die regverdige het ’n toekoms, want God bepaal dit, ken dit en lei hom op sy lewenspad. Daarteenoor is die goddelose se einde dit wat hy vir die regverdige toewens. Die goddelose het baie smarte, want hulle het hulle lewens sonder enige betekenis deurgebring. Vers 6 vorm die hoogtepunt en samevatting van die psalm. Hierdie psalm roep op tot: 1. om opnuut ‘n geloofkeuse te maak 2. verskil tussen die goddelose en die regverdige 3. goeie dade, nie wettiese dade nie maar dank baarheid dade 4. dankbaarheid van die gelowige 5. positiewe, vreugdevolle verhouding met die Here.

15 Psalm 1 Wat maak ou gelukkig ? Lees die psalm deur & dink wat daar staan Laat iemand na ‘n paar oomblikke van oordenking dit weer deurlees 1. Hoe is die geseëndes (regverdiges) en hoe is hulle nie? b. Waarmee sal ons die regverdiges in hedendaagse taal beskryf ? c. Hoe leef jy as regverdige? Sal dit altyd met jou goed gaan? 2. Wat is die vergelyking met ‘n boom? Wat gebeur as die waterstroom opdroog? 3 Hoe is die goddeloses en hoekom ? 4. Is daar ‘n spanning tussen die goddelose en die geseëndes? Is daar ‘n derde weg? Hoekom? 5. Wat was die Woord van die Here in Dawid se tyd 1 Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, 2 maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. 3 Hy is soos ’n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak. 4 So is die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word. 5 Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie en sondaars nie ’n plek hê in die vergadering van regverdiges nie. 6 Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang. 6. Hoe kan jy dit so lank mediteer? 7. Hoe moet mense in vandag se tyd geluk vind? Hoe reageer jy as jy getoets word? 8. Het jy al geluk gesoek? En hoe het jy dit gevind? 9. Wat is die wet van die Here vir jou en hoe vind jy tyd om dit te oordink? 10. Wat dink jy is die hoogtepunt van die Psalm? 11. Lees ook Kol 2:7 en Joh 15:5 12 Wat beteken dit vir ‘n Christen om by waterstrome geplan te wees? Wat is die boodskap van Psalm 1 vir jou? Dien en volg jy die Here vir die liefde van die here self of vir die “voordeel”?

16 Vir die voorganger: Psalm 8 TEMA: Die mens is die toppunt van God se skepping — prys Hom daarvoor. Dit is een van die mooi lofliedere in die Psalmbundel. Om dit beter te verstaan moet jy die verduideliking onder aan die opskrif ’DIE LOFLIED” by Psalm 29 lees. 8:1 Die digter van Psalm 8 het waarskynlik baie nagte in die oop veld by sy skape deurgebring, oor die wonder van God se skepping nagedink (vgl 19:1-3) en toe hierdie mooi gedig daaroor geskryf. God se skeppingswerk hou ’n groot boodskap vir die digter in: dit vertel van God self en hierdie lofpsalm besing die eer van sy Naam. 8:2–3 Die digter roep vol eerbied God by sy verbonds naam aan: “here, ons Here” (88:2). In die Hebreeuse teks het ons eers die verbonds naam (Jahwe), en daarna die naam “Here” wat ook die gewone titel vir die koning is (vgl 1 Kon 1:11, 1933/53-vert). Hiermee bely die digter dat hy en alle mense, asook alles wat deur God geskep is, aan die Here behoort en aan Hom onderdanig moet wees soos aan ’n koning. Dit is veral die swakkes soos die kindertjies wat die Here loof (8:3) Lees ook die verduideliking oor die skeppingspsalms by Psalm 19. 8:4–9 As ons na die skeppingswonders kyk, kan ons nie anders as om te wonder hoe die Here nog kan omgee vir die mens wat Hom voortdurend teleurstel nie. En tog het Hy ons net ’n bietjie minder as die hemelse wesens gemaak. Dink hieraan as jy weer voel dat jy niks beteken nie en onthou dat jy vir God oneindig kosbaar is.

Psalm 1 Die regverdige en die goddelose. Psalm 8 Wat is die mens dat U aan hom dink. Psalm 23 Die Herder en die Tafelheer . Psalm 46 Bedaar , God is daar 'n Vaste vesting is ons God . . Psalm 121 My hulp van die Here. Psalm 136 Sy liefde hou nooit op nie. Psalm 139 Die Here ken my deur en Deur Psalm 146 Prys die Here van die Heelal .

Related Documents:

Psalms 107-113 (sub-group of 7 psalms – 4 nameless, 3 Davidic) Psalms 114-117 (4 nameless psalms) Psalms 107-117 (first sub-group of 11 psalms)1 Psalms 118-119 (2 nameless psalms) Psalms 120-134 (15 Songs of Ascents – 10 nameless, 4 Davidic, 1 Solomonic) Psalms 135-145 (11 psalms - 3 nameless

Baker Commentary on the old testament Wisdom and Psalms tremper longman iii, Editor Volumes now available Job, Tremper Longman III Psalms, vol. 1, Psalms 1–41, John Goldingay Psalms, vol. 2, Psalms 42–89, John Goldingay Psalms, vol. 3, Psalms 90–150, John Goldingay Proverbs, Tremper Longman III Ecclesia

Wednesday 9:00 – 12:00 Psalms of Praise and Thanksgiving 1:00 – 4:00 Psalms of Trust Psalms of Imprecation Thursday 9:00 – 10:30 Wisdom Psalms Torah Psalms 1:15 – 4:00 Royal Psalms Kingship of Yahweh Psalms The figure of David Friday 9:00 – 12:00

neergeskryf · uit die mededelings van Mnr. A. H. Wade deur W. C. W. Kamp: 2. Delwerye in die Ou Dae Saamgestel uit 'n Dagboek, deur W. C. W . Kamp. 3. Kleingoed van die· Vlaktes Kortverhale en sketse ,deur Sita. 4. Vergete Helde 'n Ware verhaal deur Willem C. W

1 skrifgebruik en skrifgesag inhoudsopgawe 1 ons lees die bybel nie in isolasie van ander nie 1 2 god oefen sy gesag uit deur die bybel 3 2.1 die bybel se gesag lÊ in god opgesluit 3 2.2 god kom aan die woord deur die bybel 3 2.3 die bybel is die geskrewe woord van god 4 2.4 god vestig sy koninkryk met die boodskap van die bybel

Kopieer die prente van Jesus en die wolk op ander karton en sny dit rofweg uit. Pons gaatjies oral waar sirkels aangedui is. Plak die middelpunt van die tou vas aan die agter-kant van die prent van Jesus. Die twee punte van die toue gaan deur die gaatjies aan die bo- en onderkante van die karton

Wet 66 van 1965. WET Tot wysiging van die Boedelwet, 1965, ten einde daardie Wet op die gebied Suidwes-Afrika van toepassing te maak; en om vir bykomstige aangeleenthede voorsiening te maak. (Engelse teks deur die Staatspresident geteken.) (Goedgekeur op 15 September 1970.) DAAR WORD BEPAAL deur die Staatspresident, die Senaat en die Volksraad .

2. IDC, “Emerging Tech and Modern IT: The Key to Unlocking your Data Capital,” 2018 – Document #US44402518 3. Based on ESG Research Insight Paper commissioned by Dell EMC and Intel, “How Organizations Unlock Their Data Capital with Artificial Intelligence” November 2019. Results based on a survey of 750 global IT decision makers.