AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN - Western Cape

2y ago
378 Views
60 Downloads
692.24 KB
15 Pages
Last View : 10d ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Vicente Bone
Transcription

Direktoraat: Kurrikulum VOOGEMEENSKAPLIKE VRAESTELGRAAD 12AFRIKAANS HUISTAALVRAESTEL EENSEPTEMBER 2012PUNTE: 70TYD: 2 uurHierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Afrikaans Huistaal/ V1Gemeenskaplike Vraestel2WKOD/ September 2012INSTRUKSIES EN INLIGTING1.Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS:AFDELING A: Leesbegrip(30)AFDELING B: Opsomming(10)AFDELING C: Taal in konteks(30)2.Lees ALLE instruksies noukeurig deur.3.Beantwoord AL die vrae.4.Begin ELKE afdeling op ʼn nuwe bladsy.5.Trek ʼn streep na elke afdeling wat voltooi is.6.Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdievraestel gebruik is.7.Laat ʼn reël oop na elke antwoord.8.Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie.9.Skryf netjies en leesbaar.Blaai om asseblief

Afrikaans Huistaal/ V1Gemeenskaplike Vraestel3WKOD/ September 2012AFDELING A: LEESBEGRIPVRAAG 1: ARTIKEL EN GRAFIESE TEKSBestudeer die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.SA, jou ster!Die “Square Kilometre Array Radio Telescope” of SKA is die wêreld se grootsteradioteleskoop. Dit sal uit baie groot antennas bestaan. Die totale oppervlakte vandie antennas sal ongeveer een vierkante kilometer wees.1.Die “Square Kilometre Array Radio Telescope” (SKA) sal in ’n week waarskynlikmeer inligting insamel as wat die mensdom in sy bestaan al bymekaargemaak het.2.So het dr. Bernie Fanaroff, hoof van SKA-Afrika, gesê.3.Suid-Afrika het gister gehoor twee-derdes van die SKA-radioteleskoopprojek sal inAfrika gevestig word, met ’n derde in Australië en Nieu-Seeland.4.Prof. Justin Jonas, adjunkdirekteur van die Suid-Afrikaanse SKA-span, het gesê dieprojek is ’n nuwe era vir Afrika.5.Volgens Jonas werk sterrekundiges en ingenieurs in Suid-Afrika al tien jaar aanhierdie projek, in noue samewerking met die regering van die Noord-Kaap en anderbelangegroepe.6.“Ons het die kriteria vir die SKA-terrein in detail bestudeer en ons terrein uiterssorgvuldig gekies,” verduidelik hy. “Dit moes afgeleë genoeg wees vir radiostiltesodat die teleskoop optimaal kan werk, maar nie so ver verwyderd dat infrastruktuurte duur sou wees nie.”7.“Suid-Afrika het ’n baie deeglike bod ingedien, maar dit was veral die hoogte boseespieël van ons voorgestelde terrein – 1 000 m – en ons robuusteimplementeringsplan vir die SKA wat die skaal in ons guns laat swaai het,” het hygesê.8.Me Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, het gesê al is daar op die“gedeelde-terrein-oplossing” besluit, is daar baie redes om fees te vier.9.Sy het gesê die SKA se terrein-aanbevelingskomitee het Suid-Afrika by konsensusas die beter terrein gekies. Om inklusief te wees, het die organisasie ingestem omeen van die drie dele van die SKA in Australië te huisves.10. Op ’n vraag of dit ’n politieke besluit was, het sy gesê: “Dit is bekend dat Australiëgekla het (nadat die terrein-aanbevelingsverslag ingedien is).11. “My vraag is: Indien Australië deur die komitee aanbeveel is, sou iemand na Afrika seklagtes geluister het?”Blaai om asseblief

Afrikaans Huistaal/ V1Gemeenskaplike Vraestel4WKOD/ September 201212. Pandor het gesê die SKA sal “honderde wetenskaplikes” na die SKA-terrein nabyCarnarvon in die Noord-Kaap lok, menslike kapitaal uitbou en wetenskaptoerisme nadie Noord-Kaap aanwakker.13. Die SKA-projek kan sorg vir ’n broodnodige ekonomiese inspuiting vir Suid-Afrika enveral vir die afgeleë Noord-Kaap, waar erge armoede heers en werk skaars is. Dieprojek sal na verwagting etlike duisende werkgeleenthede skep.14. Yolandi Groenewald skryf in City Press van 8 Julie 2012 dat Carnarvon iewerstussen êrens en nêrens geleë is.15. Maar hierdie ligging, skryf sy, is nou tot groot voordeel van die dorp: Carnarvon is indie hart van die SKA-terrein.16. Waarom juis Carnarvon? Want die wêreld se grootste radioteleskoop het stiltenodig. En die Karoolandskap rondom Carnarvon het dít in oorvloed.17. Gemeenskapsleiers van Carnarvon het die SKA-aankondiging verwelkom:18.Ellen Riley, ’n raadslid in die Kareeberg-munisipaliteit: “Ons wou dit graagalleen gehad het, maar dit is nie te versmaai as ons die bod met hulle(Australië) deel nie. Dit is ’n aanwins vir die Noord-Kaap, Carnarvon en dieKaroo. Ek glo dat ons hulle mettertyd sal verbysteek.”19.Danie van Schalkwyk, eienaar van die Meerkat Manor-gastehuis:”Dit gaanvir ons baie beteken, veral die geld wat die lande hier gaan belê. Ons kry klaartoeriste wat in dié soort ding belangstel, en ek dink dit gaan meer toeriste lok endit gaan ook meer werk skep.”20.Past. Quinton Liebenberg van die African Methodist Episcopal Church:“Die feit dat ons oorweeg is om die grootste deel van die SKA te huisves,beteken dat ons as ’n land van moontlikhede erken word. Ek dink die potensiaalvan Afrika word nou erken. Die feit dat ons die grootste deel kry, is ’noorwinning. Ek dink dit was ’n uitklophou vir Australië.”21. Mag Suid-Afrika se ster helder skyn in die internasionale wetenskaplike hemelruim.[Verwerk en vertaal uit: Beeld, 25 Mei 2012, Die Burger, 26 en 29 Mei 2012 en City Press, 8 Julie 2012]1.1 Is die sin in paragraaf 1 ‘n feit of ‘n mening? Motiveer jou antwoord.(2)1.2 Wat was die kriteria waaraan die SKA-terrein moes voldoen? Beantwoord ineen volsin.(2)1.3 Skryf ‘n woord uit die leesstuk neer wat “die beste” beteken.(1)1.4 Watter twee faktore het volgens prof. Jonas die deurslag gegee dat die bod aanSuid-Afrika toegeken is? ‘n Volsin is nie nodig nie.(2)1.5 Watter verklaring word in die leesstuk vir “gedeelde-terrein-oplossing”(paragraaf 9) gegee?(2)Blaai om asseblief

Afrikaans Huistaal/ V1Gemeenskaplike Vraestel5WKOD/ September 20121.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer wat beteken“ooreenstemming in menings”.(1)1.7Wat is die geïmpliseerde betekenis van die vraag in paragraaf 11?(2)1.8Die woord “ekotoerisme” verwys na toerisme met die doel om die natuur tebewaar. Hoe sal jy die begrip “wetenskaptoerisme” (paragraaf 12) verklaar?(1)Watter twee probleme wat die Noord-Kaap teister, sal moontlik deur dieSKA-projek aangespreek word? Skryf slegs twee woorde neer.(2)Herlees paragraaf 14. Wat was Yolandi Groenewald se aanvanklike houdingteenoor Carnarvon?(1)1.91.101.11Kies die korrekte antwoord uit die keuses hieronder en skryf slegs dievraagnommer en die letter (A–D) neer.Die uitdrukking “in die hart van die SKA-terrein” (paragraaf 15) beteken dat A.B.C.D.1.121.13die SKA-terrein alle dele van Carnarvon insluit.die SKA-projek se hoofkantoor in Carnarvon gesetel is.Carnarvon in die middel van die SKA-terrein geleë is.Carnarvon die enigste dorp is wat by die SKA-projek sal baatvind.(1)Wat is die ooreenkoms tussen die kommentaar van Raadslid Ellen Riley enPastoor Quinton Liebenberg (paragrawe 18 en 20)? Begin jou antwoord so:Albei verwys na .(1)Watter afleiding kan die leser oor mnr Danie van Schalkwyk maak naaanleiding van sy verwysing na “toeriste wat in dié soort ding belangstel”(paragraaf 19)?(1)ENBlaai om asseblief

Afrikaans Huistaal/ V1Gemeenskaplike Vraestel6WKOD/ September 2012[Uit: Volksblad, 28 Mei 2012]1.14Hoe sluit die opskrif van die spotprent by dié van die koerantberig aan?(1)1.15Wat is die doel van die blokkie regs onder in die spotprent?(1)1.16Waarom is dit gepas dat die spotprent juis ‘n donker agtergrond moet hê?(1)1.17In die lig van die inhoud van die meegaande koerantberig, wat word deurdie vyf voorwerpe wat in die spotprent voorkom, voorgestel?(1)1.18Wat kan ‘n mens uit die meerkatte se liggaamshouding aflei?(1)1.19Dink jy die skole in Carnarvon behoort by die SKA-projek betrek te word?Motiveer jou antwoord.(2)ENBlaai om asseblief

Afrikaans Huistaal/ V1Gemeenskaplike Vraestel7WKOD/ September 2012SKA-TYDLYN201320142013-2015 Gedetailleerde ontwerp, pre-konstruksie2015201620172016-2019 Fase 1-konstruksie201820192018-2023 Fase 2-konstruksie20202020 Volledige wetenskap met fase 120212022202320242024 Volledige wetenskap met fase 2Bron: Elsabe Brits, Jaco Grobbelaar, Grafika241.20Hoeveel jaar gaan die totale konstruksie van die SKA duur?(1)1.21Watter aktiwiteite gaan volgens die tydlyn oorvleuel?(2)1.22Watter aanduiding is daar op die tydlyn dat die SKA-projek deeglikbeplan word?(1)TOTAAL AFDELING A: [30]Blaai om asseblief

Afrikaans Huistaal/ V1Gemeenskaplike Vraestel8WKOD/ September 2012AFDELING B: OPSOMMINGVRAAG 2In die teks hieronder word SEWE MANIERE genoem om vetsug onder kinders tevoorkom. Som hierdie sewe wenke puntsgewys in volsinne op. Jou opsomming mag niemeer as 90 woorde wees nie. Dui die getal woorde wat jy gebruik het, aan.BEWEEG SA: Kry jou kind van die rusbank afVetsug onder kinders het kenners wêreldwyd bekommerd. Hulle eet dikwels verkeerd ensit te veel voor die TV en rekenaar.Pasella se Dieter Voigt sê sport was sy wegspringblok na sukses. Vandag moedig diérolmodel kinders aan om te beweeg.Mense neem vetsug onder kinders steeds te ligtelik op, sê prof. Hans de Ridder van dieNoordwes-Universiteit. Hy waarsku dat ons ’n “siek generasie kweek”.Hans sê jong kinders moet minstens ’n uur per dag speel en hardloop. Fisiekeontwikkeling het ’n regstreekse invloed op hoe kinders op skool vorder, sê Adelita Botha,‘n sportwetenskaplike. Dis noodsaaklik vir dinge soos liggaamskoördinasie en balans.Dieter meen daar moet meer dissipline en ’n vaste roetine vir huiswerk en oefening wees.Jou kind kan rekenaarspeletjies speel én oefen. Maar balans is belangrik. En jy as ouermoet daarvoor sorg.Hy sê ook skole maak ’n te groot ophef van kinders met sporttalent. “Net húlle krypositiewe erkenning. Die outjie wat nie in sport uitblink nie, voel later hy is net goedgenoeg om voor die TV te sit. Maar sport is nié net vir eerstespan-spelers nie.”Volgens hom moet die positiewe uitwerking van sport meer beklemtoon word. Eers sal diekind weerstand bied, maar as dit vir hom lekker raak, gaan hy die voordele ervaar.Hans sê kinders wat nie in sport presteer nie, wat die meerderheid is, moet ook betrokkeraak by speel en oefen. Hy reken Liggaamsopvoeding op skool is die belangrikste manierhoe dit gedoen kan word.Bekendes, soos Michelle Obama in Amerika, moet as rolmodelle optree, meen hy. Dieouer kan praat tot hy blou is, maar die kind sal net sy ore spits as ’n bekende presiesdieselfde ding sê.Snoepwinkels by skole is ook ’n groot probleem. Net 18% hou gesonde drankies en jogurtaan. En die gewildste items is aartappelskyfies en vleispasteitjies.Volgens Dieter moet snoepwinkels aanpas. “Daar is niks verkeerd met peuselgoed nie,maar dit moet gesond wees, soos biltong en neute pleks van tjips en lekkers.”So leer ons elke dag, en leefstyl-aanpassings is nooit te laat nie.[Verwerk uit: SARIE, Februarie 2012]TOTAAL AFDELING B: [10]Blaai om asseblief

Afrikaans Huistaal/ V1Gemeenskaplike Vraestel9WKOD/ September 2012AFDELING C: TAALLees die tekste hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae.VRAAG 3: ADVERTENSIE132014[Uit: Lig, Mei 2012]Blaai om asseblief

Afrikaans Huistaal/ V13.13.23.3Gemeenskaplike Vraestel10WKOD/ September 2012Dink jy dat die skrif- en lettertipe van Glip weg gepas is? Motiveer jouantwoord.(2)Identifiseer EEN tegniek wat gebruik word om die slagspreuk“Meer plesier vir minder” te beklemtoon?(1)Verander die onderstaande sin in ’n vraagsin deur net van die woorde watin die sin voorkom, gebruik te maak:ATKV-oorde is die perfekte wegbreekplek vir jou en jou gesin.3.4(1)Watter soort werkwoord is die woord is in die onderstaande sin?ATKV-oorde is die perfekte wegbreekplek vir jou en jou gesin.3.5Skryf die stam van die woord aktiwiteite neer.3.6Skryf die gesegde van die onderstaande sin neer:(1)(1)Verskillende verblyfopsies, uitstekende fasiliteite en opwindende aktiwiteiteverseker ‘n unieke ervaring.(1)3.7In die laaste sin word oorredingstaal gebruik.3.7.13.7.2Haal ’n frase aan wat ‘n voorbeeld van oorredingstaal is.Motiveer die geslaagdheid van die frase wat jy by VRAAG 3.6.1 genoemhet.(1)Waarvoor staan die afkorting ATKV?(1)3.8(1)[10]Blaai om asseblief

Afrikaans Huistaal/ V1Gemeenskaplike Vraestel11WKOD/ September 2012VRAAG 4: STROKIESPRENTE2Hägar die Verskriklike1[Uit: Die Burger, datum onbekend]4.1Gee die intensiewe vorm van gelukkige (raam 1).4.2Skryf in die ontkennende vorm:4.3(1)Jy het al lekker en slegte pap gemaak.(1)Skryf die betekenis van die premorfeem in die woord beloon (raam 2) neer.(1)EN2Hägar die Verskriklike1[DB 10102008][Uit: Die Burger,10 Oktober 2008]EN4.44.5Gebruik die homofoon van raad (raam 1) in ‘n verklarende sin.(1)'n Jafel vra die veearts om sy hond se stert af te sny. "Nou hoekom dan?" wil die veearts weet.Wat is die geïmpliseerde betekenis van die woorde in raam 2.(1)"Wel," sê die jafel, "my vrou se ma kom volgende maand kuier en ek wil nie hê sy moet enigietssien wat haar welkom sal laat voel nie."StereotiperingEN1.Die strokiesprent en die grappie bevat dieselfde vorm van stereotipering.1.1.1 Identifiseer die streotipering in die strokiesprent en die grappie.1.1.2 Verduidelik kortliks hoe jy die strokiesprent sou verander om die stereotipering uit teskakel.2.Wat is die verskuilde betekenis van die woorde ‘my vrou se ma’ in die grappie?Blaai om asseblief

Afrikaans Huistaal/ V11Gemeenskaplike Vraestel122WKOD/ September 20123[Uit: Die Burger, datum onbekend]4.6Gee die meervoud van glimlag (raam 1).(1)4.7Gebruik die homoniem van hoop (raam 2) in ‘n sin sodat die betekenisduidelik na vore kom.(1)4.84.9Gebruik die woord gevolglik en vorm EEN sin van die twee sinne hieronder:Oom Leo het ‘n ongelukkie met die tandarts gehad.Hy glimlag nie meer nie.(1)Verduidelik die humor in hierdie strokiesprent.(2)[10]Blaai om asseblief

Afrikaans Huistaal/ V1Gemeenskaplike Vraestel13WKOD/ September 2012VRAAG 5: KOERANTBERIG EN RESENSIEKOERANTBERIGPous skakel ‘kersboom’ aan1.VATIKAANSTAD. – Pous Benedict XVI het’n tabletrekenaar gebruik om vanuit sywoonplek ’n reuse-liginstallasie in Umbria aan te skakel wat in Italië bekend staanas “die wêreld se grootste kersboom”.“Ek hoop hierdie sal ’n lig in die donker wees,” het die pous gesê.5.Die “boom” is gemaak uit 400 groot veelkleurige ligte en is geïnstalleer op ’n heuwelbo die prentjiemooi Middeleeuse dorp Gubbio. Dit is 750 m hoog en het ’nmaksimum breedte van 450 m.Die (skiet) ster bo op die heuwel is gemaak uit 250 ligte en bedek ’n gebied vanmeer as 1 000 m².10.Gubbio het ’n historiese verbintenis met Sint Francis van Assisi en het in 1981 metdie liginstallasie begin.Die verbinding met die ligte is met behulp van ’n internetdiensverskafferbewerkstellig en die geleentheid is deur die openbare televisiestasie Rai Unouitgesaai.[Verwerk uit: Die Burger, 9 Desember 2011]5.1Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter(A – D) neer.Die woord tabletrekenaar (reël 1) is deur nganalogie(1)Skryf in die indirekte rede:“Ek hoop hierdie sal ’n lig in die donker wees,” het die pous gesê.(1)Blaai om asseblief

Afrikaans Huistaal/ V15.3Gemeenskaplike Vraestel14WKOD/ September 2012In die woordeboek word die volgende inligting oor installeer (reël 5)gegee:in stal leer ׳ ww. (geïnstalleer) 1 (w.g.) Iemand plegtig in ‘n amp ofbediening bevestig; instel: ‘n Burgemeester, kanselier van ‘n universiteit ,‘n president installeer. 2 (soms refleks.) (Jou) êrens vestig; plaas laatneem; inrig: Ons het ons in die voorkamer geïnstalleer.’n Gas in ‘nleunstoel installeer 3 Aanlê, oprig, monteer: ‘n Verwarmingstoestel, ‘n TVstel in ‘n huis installeer. Geïnstalleerde masjiene. [L. installare in-²(b) stallum stal] installering[Uit: HAT, 2010]5.3.1 Skryf die lettergreep wat by die uitspraak van die woord installeerbeklemtoon word, neer.(1)5.3.2 Watter betekenis van die woord geïnstalleer is in die leesstuk (reël 5) vantoepassing?(1)5.4Skryf die korrekte teenwoordige deelwoord van skiet (reël 8), neer.(1)5.5Die woorde verbintenis (reël 10) en verbinding (reël 12) het dieselfdestam en word dus . eme(1)Skryf in die bedrywende/aktiewe vorm:Die geleentheid is deur die openbare televisiestasie Rai Uno uitgesaai.(1)ENBlaai om asseblief

Afrikaans Huistaal/V1Gemeenskaplike Vraestel15WKOD/ September 2012RESENSIEThe N4 Bookdeur Peter DelmarR104 by Parkview Presswww.parkviewpress.co.za1. Op Google Earth het iemand ‘n foto van die N4 net verby Bronkhorstspruit opgelaai,met dié onderskrif: ”Die verveligste stuk pad in Suid-Afrika.”Ja, baie mense sien nou maar eenmaal die N4 as ‘n noodsaaklike euwel as jy vanGauteng af Krugerwildtuin of Maputo toe moet ry.5. Al daai mense moet dié boekie kry. The N4 Book is vol inligting oor dorpe,natuurverskynsels, fabrieke en plase waar jy verbyry in die volgorde wat jy hulleteëkom.Jy kan onder meer leer oor die goudstormloop op die platorand rondomPelgrimsrus.10. Weg sê: Hierdie boekie behoort die wysneuse op die agtersitplek stil te hou.[Verwerk uit: Weg, September 2011]5.7Gee die vergrotende trap van verveligste (reël 2)5.8Brei die onderstaande sin uit met ’n bywoordelike bepaling:5.9(1)Al daai mense moet dié boekie kry.(1)Wat word met die idiomatiese benaming wysneuse (reël 10) bedoel?(1)[10]TOTAAL AFDELING C: 30GROOTTOTAAL: 70

Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 4 Blaai om asseblief 12. Pandor het gesê die SKA sal “honderde wetenskaplikes” na die SKA-terrein naby Carnarvon in die Noord-Kaap lok, menslike kapitaal uit

Related Documents:

Common Examination Vraestel 1 Begrip, Opsomming en Taal November 2011 AFRIKAANS EAT GRAAD 10 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. GDO JOHANNESBURG GROEP AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 10 NOVEMBER 2011 VRAESTEL 1 INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Maak seker dat jou vraestel volledig is. 2. Hierdie vraestel .

GRAAD 11 NOVEMBER 2019 AFRIKAANS HUISTAAL V2 PUNTE: 80 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye. *IAFRHL2* 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds-opgawe .

EKSAMEN-STUDIERIGLYNE: JUNIE 2018 GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL LEERWERK: Vraestel I: 11 Junie (70) Taalgids, ou vraestelle in lêer Vraestel II: 7 Junie (80) Poësie - Nog in my laaste woorde Vincent van Gogh ‘n Vigslyer sterf . Vraestel I en II Al die graad 11- en 12 werk.

GRAAD 8 AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 JUNIE 2019 PUNTE: 50 TYD: 2 UUR . Hoe sluit par. 7 en 8 van TEKS A aan as hulp vir die leiers van die spanne in TEKS B? (2) (5) (20) . Afrikaans HT V2 7 VS/Junie 2019 Kopiereg voorb

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 10 JUNIE-EKSAMEN Vraestel 1 DATUM: 01 JUNIE 2017 Punte: 80 Tyd: 2 ure Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye . AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: LEESBEGRIP (30 PUNTE) .

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 10 JUNIE-EKSAMEN Vraestel 1 DATUM: 01 JUNIE 2017 Punte: 80 Tyd: 2 ure Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye . AFRIKAANS EAT GR. 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2017 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: LEESBEGRIP (30 PUNTE) .

Graad 8 Afrikaans EAT November 2015 Vraestel 1 Bladsy 1 Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 8 VRAESTEL 1 Eksaminator: Mnr. D. Koen Tyd: 2½ UUR Moderators: Mnr. T. Scholtz Totaal: [100] Me. M. Muller November 2015 Me. T. Bakkes

An Introduction to Literary Criticism and Theory Before we begin our examination and study of literary theory, it is important that we define exactly what literary theory is and is not, identify some of the main characteristics of such, as well as identify some of the key differences between traditional “literary criticism” and “literary theory.” While literary criticism since the late .