Lesse Wat Leef - FXit

3y ago
86 Views
2 Downloads
1.01 MB
9 Pages
Last View : Today
Last Download : 3m ago
Upload by : Helen France
Transcription

Lesse wat Leef9 handboeke vir die aanbiederElke boek bestaan uit drie komponente:Wenke en beginsels vir lewendige leer-ervaringsLes-programme (kort, eenvoudig, maklik om voor te berei)Visuele hulpmiddels (werkblaaie, uitdeelstukke, sketse)Hierdie inligtingstuk bevat die volgende:InhoudsopgaweBehoeftes en tendense van kleutersEffektiewe vorms van leerEen voorbeeldles, met visuele hulpmiddels1

INHOUDSleutels tot Lesse wat LeefDinamiese lesaanbieding . 3Ken jy ons . 4Hoe leer ons . 5Help ons om te glo . 6Hoe leer ons God ken . 7Die Woord moet beleef word . 8Die Woord moet reg uitgelê word . 9Vet pret met versies . 10Die lesse sal nie werk nie . 11Lesse wat Leef . 12Stories wat leef . 13Leer ons bid . 14Kom ons sing 15Evaluering . 16LesreekseElke les en elke lesreeks skakel met die volgende een,daarom word die lesse in hierdie volgorde aangebied:HOE IS GOD . 17GOD HET ALLES GEMAAK . 27GOD WYS DAT HY JOU LIEFHET . 35GOD HELP ALMAL WAT HOM LIEFHET 44GOD SORG VIR SY KINDERS . 54Indeks van visuele hulpmiddels . 63Hoe is God . 64-66God het alles gemaak . 67-69God wys dat Hy jou liefhet . 70-74God help almal wat Hom liefhet 75-81God sorg vir sy kinders . 82-872

Ons sien vir God 'n Kleuter se denke oor God word beïnvloed deur sy verhouding met ander mense.Hy dink mensvormig [konkreet] oor God. Hy "sien" Hom byvoorbeeld as 'n volwasse (of ou)man – kwaai en ongenaakbaar wat stout kinders straf, of vriendelik en liefdevol wat vir allemense sorg en omgee.Ons het name Die kleuter se ervaring van homself is gekoppel aan die gebruik van sy naam. Hy “is” sy naam.Wanneer iemand sy naam noem, styg sy eiewaarde en hy ervaar erkenning.Die eerste byeenkoms moet dus ken-aktiwiteite insluit.Noem elkeen se naam minstens een keer tydens elke les.Speel met ons Spel is die kortste pad na 'n kleuter se hart. As jy deel word van sy spel-aktiwiteite ervaar hydat hy vir jou belangrik is.Al is spel-aktiwiteite in die meeste lesse as leer-aktiwiteite ingebou, is dit soms ook nodig omsommer net te speel vir die lekkerte.Ons soek grense Kleuters soek duidelike grense en duidelike opdragte – saam met konsekwente optrede enregverdige hantering. Wees ferm, maar liefdevol.Dis wreed en onbybels om God as 'n dissiplinêre tool te gebruik: “Die Here gaan jou straf as jynie nou stilsit nie” of meer subtiel: “Jy maak Jesus se hart seer as jy die ander kinders so pla.”Ons kán nie. Hy kán nie lank op een aktiwiteit konsentreer nie, hy kán nie lank stilsit nie en hy’t 'n klompvrae en ander goed waarvan hy ontslae moet raak!Dis tog interessant dat die kleuter se konsentrasievermoë nie deurgaans as “kort” aangeduikan word nie. Wanneer die aktiwiteit hom interesseer, kan hy sy aandag relatief lank daaropfokus.Dis egter slim om aktiwiteite af te wissel: Teken, verf, legkaarte, bord- of kaartspeletjies,konstruksiespel [boublokke], kleiwerk, knip-en-plak, ens.Hy’s mal oor stories, en wanneer 'n storie “goed” vertel word, sal hy baie lank aandagtig sit enluister.3

.Kinders is.Om hulle aandag te behou, moet die les ook.Elke les bevat 'n aantal spel- en ander aktiwiteite.Woelige en rustiger aktiwiteite word afgewissel.Maak seker dat een aktiwiteit nie te lank aanhou nie.Uitkomste van spel- en ander aktiwiteite:Help om die kernboodskap [KB] te verstaanLê die bewoording van die KB vasStimuleer groepsbou en verhoudingsbouHelp met onthou en om die les te internaliseerFasiliteer die praktiese toepassingDien as evaluering om begrip te toetsElke les bevat eenaangedui as KB.KernBoodskap,Dis 'n kort sin of frase wat die kern of sentralewaarheid van die les opsom.Soms word een KB vir meer as een les in die reeks gebruik om ditbeter vas te lê en vanuit verskillende hoeke te belig.Oral waar die afkorting "KB" in die les voorkom, gebruik die aanbieder diebewoording van die kernboodskap.4

GOD HET ALLES GEMAAK [5 lesse]GOD IS 'n WONDER-GOD!Die doel van hierdie reeks is om die kind te motiveer tot verwonderingen dankbaarheid. Hy kyk met ander oë na elke faset van die skepping,ook na sy eie liggaam.Die skeppingsverhaal word nie chronologies aangebied nie. Dis nie sobelangrik wanneer God iets gemaak het nie, maar dat Hy dit gemaak het. Omdat hulle die son,maan en sterre [wat op die vierde dag geskep is] met lig assosieer, word dit byvoorbeeld saammet die skepping van lig [op die eerste dag] aangebied.Sommige lesse kan in ʼn tuin aangebied word waar hulle die natuur kan geniet, plantmateriaalversamel en soms selfs 'n bietjie in die grond rondkrap.KB of KERNBOODSKAPDie kernboodskap sluit telkens aan by die tema van die reeks: God het alles gemaak. In elke lesword 'n ander aspek van God se skeppingswerk in perspektief geplaas.Herhaling is 'n baie effektiewe leermetode, daarom moet die KB eintlik tot vervelens toe herhaalword. [Slegs die aanbieder kan dalk verveeld raak – beslis nie die kleuters nie!] Indien iemand nádie les vir die kleuter sou vra wat hy vandag geleer het, moet hy byvoorbeeld dadelik kanantwoord, “God was altyd daar." Die KB word telkens geblok om dit maklik herkenbaar te maak.MEMORISEERVERSE [Uiteensetting: bladsy 10] Gen. 1:1: In die begin het God die hemel en die aarde gemaak. Hierdie vers is eintlik 'n kort eneenvoudige opsomming van die totale leerinhoud van die reeks. Dis dus belangrik dat hulledaarmee goed vertroud sal wees. Ps. 139:14, vereenvoudig: Ek sê dankie Here, want U het my só wonderlik gemaak. [Dit wordslegs by les 5 gebruik, as Bybelse bevestiging van die les se kernboodskap.]OORSIGTABELKernboodskap [KB]Hoofaktiwiteit of –karakterSkrifgedeelte1God was altyd daar.Hemel/aarde, lig/donker aktiwiteiteGen. 1:1-8,14-162God het al die plante gemaak.Grond- en plante-aktiwiteiteGen. 1:9-133God het al die diere gemaak.Diere-identifikasie en –ondersoekGen. 1:20-254God het mense spesiáál gemaak.Adam en Eva. Chris en Paul-hondGen. 2:7-245God het jou wonderlik gemaak.Liggaamspel en legkaartePs. 139:145

GOD HET ALLES GEMAAK - 1KB [kernboodskap]DoelSkrifgedeelteHulpmiddelsGod was altyd daar.Om God te leer ken as die Een wat van ewigheid af bestaan en wat diehemel en aarde gemaak het.As agtergrond: Gen. 1:1-8; 14-16. Memovers, Gen. 1:1: In die begin hetGod die hemel en die aarde gemaak.Kombers of seil [Slotaktiwiteit]. Uitdeelstukke: Inkleurprent van son, maanen sterre, met Gen. 1:1.AANVANGSAKTIWITEIT: VERSKIL TUSSEN LIG/DONKER EN HEMEL/AARDEVerduidelik hoe die speletjie werk: Almal staan in 'n kring. Die aanbieder noem die aksie en diegroep voer dit uit. Begin stadig en doen dit al vinniger. Hulle hoef nie die woorde te memoriseernie, maar dis belangrik dat hulle die beginsel van dag/nag, lig/donker en hemel/aarde begryp.Ons hou ons ogies styf toe – dis donker soos die nag.Dan maak ons ons ogies oop – dis lig soos in die dag!Ons gooi ons handjies in die lug – die hemel is daarbo.Ons vingertjies raak op die grond – die aarde is hier onder.KB: GOD WAS ALTYD DAARLank, lank, báie lank gelede, in die begin, was God daar. God was altyd daar. Toe daar nog nikswas nie, was God reeds daar. God was altyd daar. Kyk om jou, wat sien jy? [Gebruik die antwoorde om die niks te verduidelik wat in die beginwas, deur dikwels In die begin was daar géén nie, maar God was altyd daar te herhaal, bv.]:In die begin was daar géén mense nie, maar God was altyd daar. In die begin was daar as/honde nie, maar God was altyd daar.TEKSMEMORISERING VAN GEN 1:1Kyk, die Bybel het ook 'n begin [wys Genesis 1:1]. Hierdie héél eerste boek in die Bybel se naambegin met geen, want in die begin was daar géén mens of dier of klip of boom nie. Génesisbeteken begin. [Almal sê “Genesis” saam.] Kan jy raai wat staan hier in die begin van Genesis? [Die vraag sal hulle belangstelling prikkel.Luister na die insette. Lees Gen. 1:1 deur “geskep” met “gemaak” te vervang – dis meerbekend in hulle woordeskat. Hulle herhaal die bewoording dan 'n paar keer.]EVALUERING: HEMEL/AARDE; LIG/DONKER God was altyd daar. Maar die hemel en die aarde was nie altyd daar nie. Wie het dit gemaak? Hemel/aarde: Waar is die hemel en waar is die aarde? [Herinner hulle aan die aanvangsaktiwiteit-rympie se laaste twee reëls. “Die hemel” verwys na die sterrehemel of hemelgewelf.]Lig/donker: Is jy nuuskierig hoe dit gelyk het voordat die hemel en die aarde daar was? Luistermooi wat staan in Genesis 1: [Vereenvoudig Gen. 1:2-3 bv. só]: Dit was pikdonker, en oral was netdiep, diep waters. Niemand kon daar leef nie. Toe sê God: “Laat daar lig wees!” En daar was lig! In die dag is dit lig. Wat het God gemaak om lig te gee? [Hulle kyk na buite en sien die sonlig.] In die nag is dit donker. Wat het God gemaak om snags in die hemel te skyn? [Die maan]6

Opsioneel: Gooi 'n kombers of digte seil oor 'n tafel. Laat almal dan in die donker sit. Hulle vertelhoe die donker lyk of voel. Haal die seil dan vinnig af met die woorde: “Laat daar lig wees!”Gebed: Almal sê saam: “Dankie Here vir die lig!” [Gebed: bladsy 14]SLOTAKTIWITEIT OM KB TE VERSTERK Rympie: Luister wat doen God nadat Hy die lig gemaak het. [Lees Gen. 1:5a. Hulle doen weerdie aanvangsaktiwiteit se rympie om die beginsel in te skerp.] Inkleur-aktiwiteit: Hulle kleur die sketse op die werkblaaie in. Hulle kan dit vir die mense bydie huis gaan wys en vir hulle vra om vir hulle te help om die rympie wat daarop aangebring is,te leer as herinnering aan hierdie les se kernboodskap. Een van die gesinslede kan hulle helpom Gen. 1:1 op die werksblad te lees.GOD HET ALLES GEMAAK - 2KB [kernboodskap]DoelSkrifgedeelteHulpmiddelsGod het al die plante gemaak.Om God te leer ken as die Een wat die plantelewe geskep het.Gen. 1:9-13 as agtergrond. Memovers: Gen. 1:1.Leë blikkie of houer vir elk. [Sien Slotaktiwiteit vir ander hulpmiddels.]AANVANGSAKTIWITEIT: HERSIENING EN TEKSMEMORISERING [bladsy 10]Baie, baie lank gelede, in die begin, was net God daar. God was altyd daar [KB, les 1]. God was indie begin, Eerste van alles.In die begin van die Bybel, in die Eerste boek, staan wat in die begin gebeur het. Dit staan in diehéél eerste versie van die Bybel in die héél eerste boek in die Bybel. Kan jy onthou wat die boek se naam beteken? [Genesis beteken “begin”. Doen teksmemorisering van Gen. 1:1 met behulp van die moontlikhede op bladsy 10.]In die begin was dit pikdonker, soos wanneer jy jou ogies styf toeknyp. [Almal hou hulle oë toetotdat hulle die woord "lig" hoor.] Daar was niks. Alles was donker en oral was water. [Lees dieantwoorde uit die Bybel]: Kan jy onthou wat sê God toe? [Gen. 1:3]: “Laat daar LIG wees!” En daar was lig! [Hulle maakhulle oë oop.] Wat het God die lig genoem? [Dag – Gen. 1:5] En wat het Hy die donker genoem? [Nag – Gen. 1:5][Hulle kan nou die volgende rympie, wat op les 1 se uitdeelstukke was, ritmies klap en/of sing]:In die dag is dit lig, in die nag is dit donkerDie hemel is daarbo en die aarde is hier onder.[Slegs die eerste deel van les 2]7

God het alles gemaak, les 1. Uitdeelstukke: werkblad8In die begin het God die hemelen die aarde gemaak.(Genesis 1 vers 1)In die dag is dit lig.In die nag is dit donker.Die hemel is daar bo.Die aarde is hier onder.

In die begin van die Bybel, in die Eerste boek, staan wat in die begin gebeur het. Dit staan in die héél eerste versie van die Bybel in die héél eerste boek in die Bybel. Kan jy onthou wat die boek se naam beteken? [Genesis beteken “begin”. Doen teksmemori-sering van Gen. 1:1 met behulp van die moontlikhede op bladsy 10.]

Related Documents:

3 Struktuur komponente ‘n wat soos ‘n arm uitsteek vanaf die hoofstruktuur, e net aan die een kant ondersteun. Boë ‘n Boog is ‘n halfronde struktuur wat ‘n afstand oorspan en ‘n struktuur wat daarop rus ondersteun. In boë wat van stene gemaak is, is die sluitsteen die deel wat in die middel van die boog voorkom, en

leef en leefwyse 92 NATUURWETENSKAPPE hand- en werkboek - Graad 9Do Sientia 8.aarom bewe mense wanneer hulle koud kry? W _ _ _ 9. Watter gedeelte in die brein beheer termoregulering? _ 10. Verduidelik puntsgewys die verskil tussen die bloedvate in die

“Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele.” Lukas 9:26 . Antwoord: Elke man, vrou en kind wat leef met die wederkoms sal Jesus sien. Niemand sal kan wegk

vragen we je, om voor jezelf, een logboek bij te houden tijdens de opleiding. Je noteert wat je hebt geleerd, wat jouw visie op het vak is en wat je nog zou willen weten en leren. Hierdoor weet je straks nog beter wie jij bent en wat jij het communicatievak te bieden hebt. Hierdoor sta jij als communicatieprofessional sterker

Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: Fiela: Laat roep die bosvrou en laat sy hier voor baas kom sê wat haar kind die dag aangehad het toe hy weggeraak het. Watse klere. Ek sê vooruit en eenkant vir baas wat die een wat ek voor my deur gekry het, aangehad het,

9232-2522 21 FB 60 WT-232-1 K10-WAT D10-WAT 98-387-7 Blue Bird Brush Cutter OEM Part # Engine Model Walbro # Repair Kit Gasket Kit Metering Spring 331 510 M 27 WT-364C K10-WAT D10-WAT 98-304-7 331 470 N 45 E WYK-58-1 K21-WYK D21-WYK 98-31

Die struktuur verantwoordelik vir die trek van chromosome na die pole van 'n diersel tydens seldeling 'n Fase in die selsiklus wat voor seldeling plaasvind 'n Diagrammatiese voorstelling wat moontlike evolusionêre verwantskappe tussen verskillende spesies toon Die tipe visie wat ape en mense gemeen het en wat .

3 PRACTICE TEST 01 May 2004 Question 1-10 All mammals feed their young. Beluga whale mothers, for example, nurse their calves for some twenty months, until they are about to give birth again and their young are able to