Graad 7 Kwartaal 1: Week 9 & 10 Informele Aktiwiteite

2y ago
121 Views
6 Downloads
319.81 KB
8 Pages
Last View : 11d ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Duke Fulford
Transcription

Afrikaans Eerste Addisionele TaalGraad 7Kwartaal 1: Week 9 & 10Informele aktiwiteiteAfrikaans EAT Graad 7: Kwartaal 1 week 9 & 10: Leerders1

Luister vir begripJou onderwyser gaan vir jou ‘n storie lees. Luister goed na die storie en bespreekdie vrae mondeliks in klasverband.1.Noem drie groot foute wat die hond in die storie gemaak het.2.Is dit reg om vir iets of iemand “dom” te noem? Gee ‘n rede vir jouantwoord.3.Was jy al ooit jaloers op iets wat iemand gehad het? Vertel vir jou klasmaatsdaarvan.4.Wat is die les wat ons uit hierdie storie leer?Lees & kykDie slim plan wat die son laat opkomLank gelede was daar ‘n ou man wat die helenag moes wakker bly, omdat hy die son moeslaat opkom. Hy moes elke nag in die middelvan sy hut sit, albei sy hande opsteek enaanmekaar sê: “Op, son, op.” Dit het altydgewerk. Die ou man het met die jare al hoeAfrikaans EAT Graad 7: Kwartaal 1 week 9 & 10: Leerders2

ouer geword, sy rug krommer en krommer en sy hare witter en witter. Die mensehet gesê hy kan nie meer baie lank lewe nie. Wat gaan gebeur as dit vir ewig nagbly? Ons sal nie meer kan sien om te werk te kan doen nie.Toe sê ‘n ander slim man: “Kom ons neem ‘n jong seun na die ou man. ‘n Sterkseun wat nog lank sal lewe.Hulle kies toe ‘n seun en vat hom na die ou man toe. “Leer asseblief dié seun wathy moet doen om die son te laat opkom. Dan sal ons almal rustig kan slaap enmooi drome in die nag droom.Die seun leer vining en na ‘n rukkie neem hy die ou man se werk oor. Nie lankdaarna nie is die ou man een nag dood.Eendag, toe die seun reeds op sy bed lê, sien hy ‘n mooi jong meisie verbystap.Sy stap so fyn soos ‘n steenbokkie. Hy is dadelik verlief op haar. Bedags as hymoet slaap volg hy haar oral waar sy gaan. Hy moet dan die hele nag wakker blyom die son te laat opkom. Een nag raak hy aan die slaap. Hy droom hy laat dieson in lug opspring.Vroeg die volgende oggend kry die mense hom vas aan die slaap. Hulle skud homwakker, maar hy wys vir hulle die son wat aan die opkom is.“Ek hoef nie die hele nag wakker te bly nie,” sê hy. “Ek moet maar net droom dieson kom op en dan kom die son op.”Die mense is baie bly. Hulle hoef nou nie meer bang te wees dat die son nooitweer gaan opkom nie. Die seun kan maar net daarvan droom en die son salopkom.Een nag droom die seun glad nie van die son nie. Hy droom van die meisie. Hydroom dat hy vir haar ‘n huis bou en sy maak mooi gordyne vir die huis. Toe hywakker word is hy bang dat die son nooit weer gaan opkom nie. Hy springverskrik op en hardloop buite toe. Hy sien toe dat die lug reeds ‘n pienk skynselshet en hy weet dat die son gaan opkom.Afrikaans EAT Graad 7: Kwartaal 1 week 9 & 10: Leerders3

Die seun het geweet dat hy die son kan laat opkom, maak nie saak wat hy doennie. Hy vertel dit toe vir die ander mense en hulle sê: “Ons moet net nie dat dieseun iets oorkom nie!”Die seun dink toe aan ‘n plan. Dit is te gevaarlik as net een mens die son kan laatopkom. Al die mense moet saam help om dit te laat gebeur.Een nag gaan sit die seun in die middel van die dorp plat op die grond. Hy roep aldie mense om by hom te kom sit. Hy laat hulle almal sê: “Op son, op,” die hele naglank, en ja waarlik, die volgende môre kom die son op.Die tweede nag gaan lê hy plat op die grond en die mense lê saam met hom daar.Hy sê toe oor en oor vir hulle dat hulle moet droom dat die son opkom, totdat hulleaan die slaap raak – en die son het opgekom.Die derde nag kan almal maar net slaap en oor enigeiets droom, en ja waarlik, dieson kom op.Van daardie nag af tot vannag toe kan al die mense sommer maar net gaan slaapen die son sal opkom.Bespreek in klasverband hoe die son regtig opkom.Beantwoord die vrae skriftelik in jou werkboek.1.Hoe het die ou man die son laat opkom?A.Hy het gedroom dat die son opkom.B.Hy het elke nag gesê: “Op son, op.”C.Hy het gedroom dat die son nie gaan opkom nie.D.Hy het van ‘n meisie gedroom.Afrikaans EAT Graad 7: Kwartaal 1 week 9 & 10: Leerders4

2.Waarom het die mense die jong seun na die ou man geneem?A.Om hom te leer hoe om van die son te droom.B.Om hom te leer hoe om die hele nag wakker te bly.C.Om hom te leer om die son te laat opkom.D.Om hom te leer om ‘n huis te bou.3.Met watter dier vergelyk die seun die meisie?4.Waarom het die seun een nag aan die slaap geraak?5.Waarom het die seun een oggend gedink dat die son nie gaan opkom nie?6.Watter plan het die seun gemaak om seker te maak dat die son elke oggendsal opkom?7.Die volgende sinne is almal onwaar. Skryf die sinne oor en verander eenwoord in elke sin om die sinne waar te maak.7.1Daar was ‘n ou man wat die hele dag moes wakker bly om die son telaat opkom.7.2Die ou man keer die seun om die son te laat opkom.7.3Snags as die seun moet slaap, volg hy die meisie oral.7.4Almal kan net slaap en oor enigiets droom en die maan sal opkom.8.Wat is die agtergrond van die storie?9.Wie is die hoofkarakter in die storie?10. Gee ‘n beskrywing van hoe jy dink die ou man gelyk het.11. Dink jy dat die ou man en die seun regtig die son kon laat opkom? Gee ‘nrede vir jou antwoord.12. Sal jy bly wees as die son een oggend nie opkom nie? Gee ‘n rede vir jouantwoord.Afrikaans EAT Graad 7: Kwartaal 1 week 9 & 10: Leerders5

Lees die gedig en beantwoord die vrae:DagdroomMet net sy harde baarden ‘n lang skerp swaardveg hy soos ‘n dapper manmet ‘n baie slim planteen drake met tonge van vuuren reuse so hoog soos ‘n muur.Gou-gou vlug hul soos die wind,maar sy swaard het een se hart gevind.Dié skreeu met ‘n vreeslike geluidwat byna sy ore laat tuit.Dis toe maar net juffrou se kwaai stem:“Sit jy al weer en droom ou Ben!”baard - beardswaard - sworddrake - dragonstonge - tonguesvreelike - terribleN.S.C. Schoeman1.Waarmee veg die seun in die gedig?2.Wat was die vreeslike geluid wat sy ore laat tuit het?3.Waar speel die gedig af?4.Watter gevoel skep die gedig by jou? (woede / hartseer / humoristies /bang)5.Uit hoeveel strofes bestaan die gedig?6.Hoeveel versreëls is in ‘n stofe?7.Watter woorde rym met die volgende woorde?Afrikaans EAT Graad 7: Kwartaal 1 week 9 & 10: Leerders6

8.7.1Baard7.2wind7.3stemSkryf 3 vergelykings neer wat in die gedig voorkom. Waarom is ditvergelykings?9.Skryf ‘n voorbeeld van alliterasie uit die gedig neer.10.Het Ben letterlik of figuurlik met die drake baklei? Motiveer jou antwoord.11.Het jy van die gedig gehou? Gee ‘n rede vir jou antwoord.Skryf & aanbied: Beskrywende opstelDink aan die draak wat die Ben in sy dagdroom gesien het. As jy moet raai, watsal jy oor die volgende sê? Jou opstel moet 130 – 150 ( 3 – 5 paragrawe) wees.Hou die volgende ingedagte wanneer jy jou opstel skryf: Beskryf iemand/iets om die leser toe te laat om die onderwerp intens teervaar.Skep ’n prentjie in woorde sodat die leser hom kan verbeel hoe diepersoon/dier of plek lykGebruik beelde van sig, klank,gehoor, smaak en aanraking.Probeer al jou sintuie gebruik.Gebruik beeldspraak/stylfigure. Hoe groot is die draak? Watter kleur/e is die draak? Watter kleur oë het die draak? Wat kan jy sê oor sy lyf (pote, stert, nek, tande, ens.)? Is die draak kwaai of vriendelik?Waarom sê jy so?Afrikaans EAT Graad 7: Kwartaal 1 week 9 & 10: Leerders7

Afrikaans EAT Graad 7: Kwartaal 1 week 9 & 10: Leerders8

7.3 Snags as die seun moet slaap, volg hy die meisie oral. 7.4 Almal kan net slaap en oor enigiets droom en die maan sal opkom. 8. Wat is die agtergrond van die storie? 9. Wie is die hoofkarakter in die storie? 10. Gee ‘n beskrywing van hoe jy dink die ou man gelyk het. 11. Dink jy dat die ou man en

Related Documents:

WISKUNDE _2021 WEEKLIKSE ONDERRIGPLAN_ GRAAD 4 KWARTAAL 1 Week 1 3 Dae Week 2 5 Dae Week 3 5 Dae Week 4 5 Dae: Week 5 5 Dae Week 6 5 Dae Week 7 5 Dae Week 8 5 Dae Week 9 4 Dae Week 10 . 9 Ure 6 Ure 12 Ure 6 Ure 6 Ure 6 Ure 3 Ure Onderwerp e, konsepte en vaardighed e OMTREK EN OPPERVLAKTE Omtrek

Afrikaans lê die ATKV na aan die hart en ons en die Beter Afrikaans-span nooi jou uit om jou liefde vir en kennis van Afrikaans met dié kompetisie te vier. KATEGORIEË Afrikaans Huistaal Graad 3 Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7 Graad 8 en 9 Graad 10 tot 12 Volwassenes Afrikaans

8 en 9. Graad 7 Graad 8 Graad 9 Onderwerp 3: Interpretasie en opvoering van „n keuse van dramatiese vorms Lys die dramatiese vorms wat in Graad 7, 8 en 9 bestudeer word. Graad 7 Graad 8 Graad 9 Onderwerp 4: Waardering en besinning Dui aan hoe u sal verseker dat u leerders die inhoud en vaa

KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4 VAN TOT VAN TOT VAN TOT VAN TOT 15/01 20/03 31/03 12/06 07/07 18/09 29/09 02/12 Gr. R het hul Gradeplegtigheid aan die einde van die jaar – daar is kostes aan verbonde vir die huur van die toga asook die Sertifikaat

(prorated 13/week) week 1 & 2 156 week 3 130 week 4 117 week 5 104 week 6 91 week 7 78 week 8 65 week 9 52 week 10 39 week 11 26 week 12 13 17-WEEK SERIES* JOIN IN MEMBER PAYS (prorated 10.94/week) week 1 & 2 186.00 week 3 164.10 week 4 153.16 week 5 142.22 week 6 131.28 week 7 120.34

GRAAD 7 AFRIKAANS HUISTAAL KWARTAAL 2 WERKBOEK 2 NAAM EN VAN_ 2 WEEK 2- BOEK 2 DELTA PRIMéRE SKOOL KWARTAAL 2 . 8. Verduidelik hoe die skrywer van die strokiesprent met die letterlike en figuurlike betekenis van . "Dis die tweede keer in die afgelope maand," sê Piet, "dat die senuweeagtige ou swaap moeilikheid

gr 6 fat: sw (geskiedenis) kwartaal 1 bladsy 4 graad 6 nasienriglyne (memorandum) vir kwartaal 1 sosiale wetenskappe: geskiedenis vroeË beskawings fat: brongebaseerd en paragraafskryf puntetotoaal: 40 let wel: enige ander relevante antwoord behoort oorweeg te word

Graad 5 EKSAMENAFBAKENING – KWARTAAL 2: 2017 Woensdag: 14 Junie 2017 Geografie Platinum Handboek . . (p 10 – 17) Kwartaal 2: Fisiese kenmerke van Suid -Afrika Eenheid 1: Suid-Afrika van bo af (fisiese kaart) (p 26 – 27) Eenheid 2: Fiesiese kenmerke (p 28 – 32) . NWT Platinum