Ouerinligtingstuk Graad 6 - Irp-cdn.multiscreensite

1y ago
12 Views
2 Downloads
1.24 MB
15 Pages
Last View : 10d ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Harley Spears
Transcription

OuerinligtingstukGraad 62021

AfrikaansHuistaalJuf. Karen Robertskroberts@tygies.co.zaJuf. Alishia van Niekerkavanniekerk@tygies.co.zaJuf. Carlien Rascras@tygies.co.za

AfrikaansBeste graad 6-ouer- Welkom by Afrikaans graad 6 (2021). U het nou al reeds van u kind se skrifte en handboeke ontvang vir die jaar,dankie vir die oortrek daarvan.- Elke Huistaalskrif het ‘n werkswyse wat u kind voor in sy /haar skrif geplak het, lees asb. deur die werkswyse enteken dit sodat daar geen verwarring is sou u kind afwesig wees of van die klaswerk mis nie.- Leerders se boeke sal gereeld gekontroleer word met ‘n stempel. Dit is egter belangrik dat leerders hul memo’s ennasorg deeglik neerskryf aangesien baie van hul voorbereiding vir formele assesserings ook uit hul skrifte salgeskied.- U kind sal ook aan die begin van elke kwartaal ‘n assesseringbeplanning ontvang wat voor in hul skrif geplak salword sodat u sal weet wanneer assesserings plaasvind. Kyk gerus daarna sodat u kind met selfvertroue envoorbereid waar nodig, by die skool sal instap.- U as ouer word ook vriendelik versoek om gereeld deur u kind se skrif te blaai. Leerders sal soms ‘nouerhandtekening-stempel ontvang as hul werkstukke nie voltooi het nie en hulle van die werk moet inhaal.- Die week se werk word ook aan die einde van die week op Google Classroom gelaai sodat leerders verlore werkkan inhaal.- Hou asb. altyd in gedagte dat ‘n georganiseerde leerder ‘n gelukkige leerder is.Ons sien uit na ‘n voorspoedige 2021 en positiewe samewerking tussen ouers en onderwysers.U graad 6-Afrikaanse personeel:Me. K. RobertsMe. C. RasMe. A. van Niekerk

Engels EersteAddisionele TaalJuf. Hannelie Vlokhvlok@tygies.co.zaJuf. Denise Bishopdbishop@tygies.co.za

EngelsHierdie vak bestaan uit assesserings vir: ---Oral (Reading aloud)Writing an essayReading Comprehension TestLanguage TestDie datums en wat die leerlinge moet leer is voor in hul “Workbook” geplak. Leerlinge werk uit ‘n handboek(Solutions for All,) die Departement se werkboek (DBE) en ‘n algemene gids met inligting en oefeninge(Language Skills; Hints and Tips) U as ouer moet asb. deeglik na die assesseringsdatums kyk en verstaan dat ukind op daardie dae voorbereid by die skool moet wees.Blaai asb. gereeld deur u kind se werkboek. U sal opmerk dat werk gereeld gemerk word en dat wenke virverbetering aangedui word. U kind sal van tyd tot tyd huiswerk kry en dit behels gewoonlik werk wat nie in dieklas afgehandel is nie, asook leerwerk. Leerlinge moet netjies in lopende skrif skryf.Dit is uiters belangrik dat u kind boeke en tydskrifte in Engels moet lees. Wees asb. bedag op swak uitspraak entaalgebruik soos in TV-programme, flieks en sekere boeke. Ons volg Suid-Afrikaanse- of Britse Engels seuitspraak, spelling en grammatika.Sterkte vir die jaar!Mev. H. Vlok en Me. D. Bishop

WiskundeJuf. Lizemarie Smithlsmith@tygies.co.zaJuf. Rachelle van Deventerrvdeventer@tygies.co.za

WiskundeWat kan verwag word hierdie jaar:oOnder die datum en opskrifte is die aktiwtiteite wat die leerders gaan doen.oLeerders ontvang elke dag ‘n voorbeeldpapier waar die werk verduidelik word saam hulle.oKlaswerk wat nie voltooi is nie, moet asseblief by die huis voltooi word.Werkswyse, uitleg en gebruik van boekeooDie Wiskundewerkswyse is voor in boek 1 en 2 van die leerders se skrifte. ( Ouers en leerders moet dit leesen teken.)Daar is 3 boeke asook ‘n DBE:Boek 1 en 2 word die meeste gebruik vir elke dag se klaswerk.Boek 3 word vir ekstra notas, heronderrig en hersiening gebruik.DBE word selektief gedoen. Ekstra oefening kan hierin gedoen word.oDie Pramaths handboek kan die leerders gebruik om uit te leer en hersiening te doen.Assesserings van die jaar, kwartaal en gewigteoLeerders ontvang ‘n afbakening wat hulle agter in boek 1 plak. ( Dit moet asseblief geteken word.)§ Wiskunde bestaan uit 5 konsepte waarvan elke konsep ‘n ander gewigswaarde het.

Sosiale WetenskapMnr. Steps Erasmussteps@tygies.co.zaMnr. Marius Carniemcarnie@tygies.co.za

Sosiale WetenskapBaie welkom by 2021 se SW-klas.Die leerders het alreeds albei hulle SW-skrifte en handboek ontvang. Dankie vir diegene wat dit alreeds oorgetrekhet.Die rooster maak voorsiening vir 1x periode vir SW per dag. Skrifte en handboek dus elke dag by die skool, asb!!Aangesien ons eintlik 2x vakke (Geografie en Geskiedenis) per kwartaal bestudeer sal ons eers in Kw 1 Geskiedenisen dan Geografie, in Kw 2 Geografie dan Geskiedenis, in Kw 3 eers Geskiedenis en dan Geografie en in Kw 4Geografie en dan Geskiedenis doen.Die aktiwiteite wat in die skrifte gedoen word per dag is relatief kort en leerders behoort in die klas dit te kan voltooi- indien nie word dit outomaties huiswerk.Die Assesseringsbeplanning vir die hele jaar is op die tweede bladsy van die Geografieskrif geplak. ‘n Formeleeksamen word in kw 2 en 4 geskryf en in Kw 1 en 3 toetsreekse en praktiese opdragte.Die werk wat per week in die klas behandel word, word die vorige Do op “Classroom” gelaai. Die memorandums isdan ook die vorige week se aktiwitiete s’n.Indien u kind afwesig is kan hy die spesifieke dag se werk op “Classroom” vind. Let daarop dat dit die leerder severantwoordelikheid bly om verlore werk in te haal. Dieselfde geld vir die nasorg.Mnr’e Carnie en Erasmus onderrig u kind vanjaar in die SW-klas.

NatuurwetenskapJuf. Lizemarie Smithlsmith@tygies.co.zaMnr. Jacques du Plessisjduplessis@tygies.co.zaMnr. Waldo Prinsloowprinsloo@tygies.co.za

NatuurwetenskapBeste Gr 6 ouer/sBaie welkom by Gr 6 Natuurwetenskap en Tegnologie. Ons sien uit na die jaar van 2021.Ons het 2 x skrifte in NW waar daar in kwartaal 1 & 2 in die groen skrif gewerk word en kwartaal 3 & 4 in oranje skrif.Leerders moet asb elke dag hulle skrifte by die skool hê. Hou asb ook elke week Google Classroom dop vir enigeinligting vanaf die NW-personeel. Aktiwiteite in die klas is kort, maar indien leerder dit nie voltooi nie is dit huiswerk.Indien ń leerder afwesig was is dit die leerder se verantwoordelikheid om die werk op te vang. Leerders moet asbvolledige nasorg in potlood doen by hulle aktiwiteite omdat memorandums nie in die boeke geplak gaan word nie.Vir alle toetse en eksamens is dit belangrik dat leerders uit hulle skrifte en hanboeke moet leer.Die assesserings vir die jaar lyk soos volg: Kwartaal 1 & 31 x Toets - 40 punte1 x Ondersoek - 20 punte Kwartaal 21 x Ondersoek - 20 punte1 x Eksamen - 60 punte Kwartaal 41 x Eksamen - 60 punteMoet asb nie huiwer om ons te e-pos indien daar enige navrae is nie.Groete van die Gr 6-personeelMev L SmithMnr J Du PlessisMnr W Prinsloo

LewensvaardighedeMnr. Juan Annandalelogistiek@tygies.co.zaMnr. Jimmy Krugerit@tygies.co.zaJuf. Nidia Coetzeekultuur@tygies.co.zaMnr. Marius Carniemcarnie@tygies.co.za

LewensvaardighedeHierdie vak bestaan uit drie afdelings nl. Persoonlike- en sosiale welstand, liggaamlike opvoeding en skeppende kunste.Al drie afdelings se punte word saam verwerk uit ‘n punt van 100.PSW 30%Kwartaal 1 en 3 word een assessering in die klas gedoen en in kwartaal 2 & 4 word ‘n toets of eksamen geskryf.LO 30%In hierdie afdeling is deelname uiters belangrik! Dit tel 20% en dan word twee assesserings van 5 punte elk gedoen om dieander 10% te dek.SK 40%Een praktiese assessering word van 40 punte word in die klas geassesseer.‘n Afgerolde werksboek word in PSW en SK gegee waarin skriftelike werk gedoen word.

Slaagvereistes: Afrikaans Huistaal 50% Engels Eerste Addisionele Taal 40% Wiskunde 40% 40 % vir enige 2 van die oorblywende vakke

Baie dankie vir u tyd.Baie sterkte vir dieakademiese jaar!“If You are planning for a year, sow rice; if you are planning for a decade,plant trees; if you are planning for a lifetime, educate people”Chinese Proverb

Hierdie vak bestaan uit drie afdelings nl. Persoonlike- en sosiale welstand, liggaamlike opvoeding en skeppende kunste. Al drie afdelings se punte word saam verwerk uit 'n punt van 100. PSW 30% Kwartaal 1 en 3 word een assessering in die klas gedoen en in kwartaal 2 & 4 word 'n toets of eksamen geskryf. LO 30%

Related Documents:

Afrikaans lê die ATKV na aan die hart en ons en die Beter Afrikaans-span nooi jou uit om jou liefde vir en kennis van Afrikaans met dié kompetisie te vier. KATEGORIEË Afrikaans Huistaal Graad 3 Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7 Graad 8 en 9 Graad 10 tot 12 Volwassenes Afrikaans

8 en 9. Graad 7 Graad 8 Graad 9 Onderwerp 3: Interpretasie en opvoering van „n keuse van dramatiese vorms Lys die dramatiese vorms wat in Graad 7, 8 en 9 bestudeer word. Graad 7 Graad 8 Graad 9 Onderwerp 4: Waardering en besinning Dui aan hoe u sal verseker dat u leerders die inhoud en vaa

C Skryfbehoeftes vir die teorie-eksamens (iv) D Hernasien, Punteverslag en Eksaminatorsverslag (iv) NOTAS TOV SOLFANOTASIE: Voorgraad 1 – Graad 3 (v) VOORGRAAD 1 1 . GRAAD 1 4 . GRAAD 2 9 . GRAAD 3 14 . GRAAD 4 20 . GRAAD 5 26

Graad-gids vir ouers Graad 7 1 Graad 7 7.1 Ons visie vir graad 7 Hierdie gids vir Graad 7 is nie ‘n beleidsdokument nie.Elke klas is anders, verskillende onderwysers bied vakke verskillend aan, en

2019 HOëRSKOOL ELDORAIGNE PROSPEKTUS 2018. Inhoudsopgawe Algemeen 3-8 Visie, Missie, Erekode 3 Skoollied4 Simboliek van ons wapen 5 . Graad 10-12 In die graad 8 jaar voltooi al ons graad 8 leerders leervaardigheidstoets en in graad 9, aanleg- en belangstellingstoetse, om die vakkeuseproses te vergemaklik. .

Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n 12 bladsy-bylae. GRAAD 12 GEOGRAFIE V1 MODEL 2012 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10. Geografie/V1 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. .

BEVORDERINGSVEREISTES VIR GRAAD 4 - 6: 1. Graad- tot- graad- bevordering binne die toepaslike ouderdomsgroep sal die aanvaarde norm wees indien die leerder nie die gewenste vordering in die daarop volgende graad toon nie. 2. Die volgende dien as riglyne om ʼn leerder se vordering in graad 4 tot

Animal nutrition, with emphasis on dairy cows. Submitted by Alimuddin Naseri, Afghanistan: alimuddin.naseri@akdn-afg.org Page 6 Phosphorus (P) P is used in bone formation, in close association with Ca and vit.D. In addition, P has more known functions in the animal body than any other mineral element. Deficiency symptoms