Graad 5 Kwartaal 1: Week 7 & 8 Informele Aktiwiteite

1y ago
15 Views
2 Downloads
1.29 MB
8 Pages
Last View : 8d ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Mariam Herr
Transcription

Afrikaans Eerste Addisionele TaalGraad 5Kwartaal 1: Week 7 & 8Informele aktiwiteiteAfrikaans 1AT Graad 5: Kwartaal 1 week 7 & 8: Leerders1

Luister na instruksiesLuister na die instruksies wat jou onderwyser vir jougaan lees oor hoe om ‘n heerlike vrugte enjelliepoeding te maak. Beantwoord die vrae in jouwerkboek.1.Noem twee bestandele wat in die jellie moet kom.(2)2.Waarom moet jy die jelliepoeier eers met kookwater gemeng word?(1)3.Wat moet jy by die jelliemengsel gooi nadat jy die kookwater ingegooi(1)het?4.Wat is die heel laaste stap wat jy met die jelliemengsel moet doen?(1)5.Wat moet jy met die vrugte doen?(2)6.Jou onderwyser gaan vir jou drie dinge beskryf wat jy in jou werkboekmoet teken.(3)[10]Speel ‘n taalspeletjieJou onderwyser gaan vir jou ‘n taalspeletjie verduidelik waarin julle vir mekaarinstruksies gaan gee.Afrikaans 1AT Graad 5: Kwartaal 1 week 7 & 8: Leerders2

Diegogga-parade?Wat wir-r so?Wat tjir-r so?Wat klap-p so?En kir-r so?Sien ek reg? O, genade!Dis die gogga-parade.Is dit waar? Ag nee, blikners!Oor my piekniekkombers.Met min buig en min barskom die goggas se mars.Oor die beet- en groenteslaai,die boerewors vir die braai.Hulle vat, sonder vra,tot die poeding en die vla!Hierdie gogga-hoofwegdra my hele piekniek weg!Uit: KroonsteenVertel eie nuusVoer ‘n klasgesprek met jou onderwyser en maats oor iets wat jy gemaak het.Bespreek die stappe wat jy moes volg. Daar is altyd stappe om te volg om ietssoos ‘n speelding te maak, ‘n prent te teken of lekker kos te maak. Bespreek dievolgende: Wat het jy al vir jouself gemaak? Hou seuns en meisie daarvan om dieselfdegoed te maak?Afrikaans 1AT Graad 5: Kwartaal 1 week 7 & 8: Leerders3

Watter stappe moes jy volg om dit te maak? Wat sal gebeur as jy nie die instruksies in dieregte volgorde uitvoer nie?Lees en kyk: Instruksie (prosedure) teks Instruksie en prosedure teks verduidelik die stappe wat jy moet volg as jyiets wil maak of ‘n proses wil beskryf. Dit bestaan uit twee dele “Benodigdhede – Jy gaan die volgende nodighê” en die “Metode – So maak ‘n mens”. Elke stap van jou “Metode” moet met ‘n werkwoord begin. Skryf in die teenwoordige tyd (present tense).Lees die prosedure teks en beantwoord die vrae.Maak jou eie goggasBenodigdhede - Jy het die volgende nodig:Leë eierhouersSkêrKwasPypskoonmakersVerfGomMetode – So maak mens:1. Neem soveel eierhouers soos jy nodig het.2. Verf die eierhouers die kleur van die gogga.Verf oë, ‘n mond, strepe en kolle.3. Laat die verf goed droog word.4. Maak gaatjies in die eierhouers vir poteen voelers.5. Plak die voelers en die pote vas met gom.0Afrikaans 1AT Graad 5: Kwartaal 1 week 7 & 8: Leerders4

1.Kyk na die titel en die prente. Waaroor dink jy gaan die teks?(1)2.Skryf die woord uit die titel neer wat vir jou die opdrag gee.(1)3.Wat is die opdrag?(1)4.Uit hoeveel dele bestaan die prosedure teks?(1)5.Noem die dele.(2)6.Hoeveel items het jy nodig om dit te maak?(1)7.Noem twee van die items.(2)8.Hoeveel stappe word gegee om dit te maak?(1)9.Wat is die eerste stap wat jy moet doen?(1)10.Wat is die laaste stap van die proses?(1)11.Waarom dink jy moet die eierhouers eers geverf word voordat dieander stappe gevolg word?(1)12.Watter gogga sou jy graag wou maak? Motiveer jou antwoord.(2)Skryf en aanbied: Die verslagDie doel van ‘n verslag is om aan die einde van ‘n prosedure of gebeurtenispresies te weet wat gebeur het. Was dit goed of was dit sleg?Onthou die volgende as jy ‘n verslag skryf: Gee jou verslag ‘n naam wat pas. Skryf in die eerste paragraaf waaroor die verslag gaan. Jy moet presies verduidelik wat gedoen is. Jy moet alles vertel wat gebeur het. Die laaste paragraaf moet alles opsom. Dit moet baie kort wees. Moenie woorde soos “ek” of “ons” gebruik nie. Gebruik verbindingswoorde soos eerste, volgende, laaste. Jy kan ‘n prentjie teken om beter te verduidelik.Afrikaans 1AT Graad 5: Kwartaal 1 week 7 & 8: Leerders5

Gebruik die volgende skryfraam om jou verslag te skryf:Verslag oor die maak van vrugte en jelliepoedingInleiding: Op (datum ) het (sê wie ) in (plek ) gewys om (hier sê jy watgedemonstreer is).Prosedure:Bestandele: (Noem die bestandele)Stappe van die prosedure: (Skryf die prosedure (metode) oor, maar gebruikverbindingswoorde soos: eerste tweede derde daarna dan laaste)Gevolgtrekking en aanbevelingDie poeding het (lekker / sleg / of enige ander woorde wat by die poeding sal pas)geproe en dit was ‘n groot (sukses / mislukking).Ek kan dit dit (aanbeveel / nie aanbeveel nie).Afrikaans 1AT Graad 5: Kwartaal 1 week 7 & 8: Leerders6

Taalstukture & -konvensiesTydsvormeOns kry drie verskillende tydsvorme: Teenwoordige tyd (Present tense) Verlede tyd (Past tense) Toekomende tyd (Future tense)Teenwoordige tydVerlede tydToekomende tyd(vandag)(gister)(môre)Gebeur nouHet gebeurSal gebeurVoorbeeld:Teenwoordige tyd:Ek roer die jellie.Verlede tyd:Ek het die jellie geroer.Toekomende tyd:Ek sal die jellie roer.Afrikaans 1AT Graad 5: Kwartaal 1 week 7 & 8: Leerders7

Skryf die volgende sinne oor in die tydsvorme wat gevra word.1.Ek speel buite.Verlede tyd & toekomende tyd.2.My ma is siek.Verlede tyd & toekomende tyd.3.Ek het my huiswerk gedoen.Teenwoordige tyd & toekomende tyd.4.Hy sal roomys eet.Teenwoordige tyd & verlede tyd5.Pieter het ‘n hond gekry.Teenwoordige tyd & toekomende tyd.6.Sy vertel ‘n storie.Verlede tyd & toekomende tyd.7.Hy sal met sy maat praat.Teenwoordige tyd & verlede tyd8.Die hond het my gebyt.Teenwoordige tyd & toekomende tyd9.Thabo sal sy kos eet.Teenwoordige tyd & verlede tyd10. Ek eet ‘n appel.Verlede tyd & toekomende tyd.Afrikaans 1AT Graad 5: Kwartaal 1 week 7 & 8: Leerders8

Afrikaans 1AT Graad 5: Kwartaal 1 week 7 & 8: Leerders 5 . 1. Kyk na die titel en die prente. Waaroor dink jy gaan die teks? (1) 2. Skryf die woord uit die titel neer wat vir jou die opdrag gee. (1) 3. Wat is die opdrag? (1) 4. Uit hoeveel dele bestaan die prosedure teks? (1) 5.

Related Documents:

WISKUNDE _2021 WEEKLIKSE ONDERRIGPLAN_ GRAAD 4 KWARTAAL 1 Week 1 3 Dae Week 2 5 Dae Week 3 5 Dae Week 4 5 Dae: Week 5 5 Dae Week 6 5 Dae Week 7 5 Dae Week 8 5 Dae Week 9 4 Dae Week 10 . 9 Ure 6 Ure 12 Ure 6 Ure 6 Ure 6 Ure 3 Ure Onderwerp e, konsepte en vaardighed e OMTREK EN OPPERVLAKTE Omtrek

Afrikaans lê die ATKV na aan die hart en ons en die Beter Afrikaans-span nooi jou uit om jou liefde vir en kennis van Afrikaans met dié kompetisie te vier. KATEGORIEË Afrikaans Huistaal Graad 3 Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7 Graad 8 en 9 Graad 10 tot 12 Volwassenes Afrikaans

8 en 9. Graad 7 Graad 8 Graad 9 Onderwerp 3: Interpretasie en opvoering van „n keuse van dramatiese vorms Lys die dramatiese vorms wat in Graad 7, 8 en 9 bestudeer word. Graad 7 Graad 8 Graad 9 Onderwerp 4: Waardering en besinning Dui aan hoe u sal verseker dat u leerders die inhoud en vaa

KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4 VAN TOT VAN TOT VAN TOT VAN TOT 15/01 20/03 31/03 12/06 07/07 18/09 29/09 02/12 Gr. R het hul Gradeplegtigheid aan die einde van die jaar – daar is kostes aan verbonde vir die huur van die toga asook die Sertifikaat

(prorated 13/week) week 1 & 2 156 week 3 130 week 4 117 week 5 104 week 6 91 week 7 78 week 8 65 week 9 52 week 10 39 week 11 26 week 12 13 17-WEEK SERIES* JOIN IN MEMBER PAYS (prorated 10.94/week) week 1 & 2 186.00 week 3 164.10 week 4 153.16 week 5 142.22 week 6 131.28 week 7 120.34

GRAAD 7 AFRIKAANS HUISTAAL KWARTAAL 2 WERKBOEK 2 NAAM EN VAN_ 2 WEEK 2- BOEK 2 DELTA PRIMéRE SKOOL KWARTAAL 2 . 8. Verduidelik hoe die skrywer van die strokiesprent met die letterlike en figuurlike betekenis van . "Dis die tweede keer in die afgelope maand," sê Piet, "dat die senuweeagtige ou swaap moeilikheid

gr 6 fat: sw (geskiedenis) kwartaal 1 bladsy 4 graad 6 nasienriglyne (memorandum) vir kwartaal 1 sosiale wetenskappe: geskiedenis vroeË beskawings fat: brongebaseerd en paragraafskryf puntetotoaal: 40 let wel: enige ander relevante antwoord behoort oorweeg te word

Graad 5 EKSAMENAFBAKENING – KWARTAAL 2: 2017 Woensdag: 14 Junie 2017 Geografie Platinum Handboek . . (p 10 – 17) Kwartaal 2: Fisiese kenmerke van Suid -Afrika Eenheid 1: Suid-Afrika van bo af (fisiese kaart) (p 26 – 27) Eenheid 2: Fiesiese kenmerke (p 28 – 32) . NWT Platinum