SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE OPLEIDING

2y ago
433 Views
22 Downloads
752.29 KB
17 Pages
Last View : 28d ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Lucca Devoe
Transcription

Kurrikulum: Algemene Onderwys enOpleidingSkeppende KunsteSKEPPENDE KUNSTE: DRAMASENIOR FASE OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERSNOTA AAN DIE ONDERWYSER:Die take is ontwikkel in die vorm van ‘n stap-vir-stap riglyn aan leerders. Die aktiwiteiteword in die klas gedoen. Dit is belangrik dat onderwysers die verskillende stappe metdie kinders behandel om aktiewe, kreatiewe en kritiese deelname deur die leerders teverseker.FOKUSAREA – ONDERWERP 2: DRAMA-ELEMENTE IN TONEELSKEPPINGUITKOMS:Om ’n begrip van aspekte van IMPROVISASIE as die fokus van TONEELSKEPPING in Onderwerp 2 (Kwartaal 1 en 3) te ontwikkelToneelskepping word in Kwartaal 1 en 3 in Graad 7 – 9 verken. Dit vorder vanbaie informele klaskamerimprovisasies in Graad 7 tot beplande, gestruktureerde, afgeronde en gerepeteerde klaskameropvoerings in Graad 9.Wanneer TONEELSKEPPING in die Senior Fase benader word, is dit belangrikom kennis te neem hoe vordering plaasvind: kom ons raadpleeg die KABV!GRAAD 7Graad 7Kwartaal 1Kwartaal 3Toneelskepping/groepimprovisasie Kort geïmproviseerde dramas(2 – 4 leerders).(2 – 4 leerders).StimulusGebruik leidrade van mekaar sereaksies, temas wat met leerdersse lewens verband hou.Kulturele en sosiale geleenthede.OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA1

GRADE 8Graad 8Kwartaal 1Geskrewe skets of afgerondeimprovisasie – gegrond opnavorsing wat in die klas uitgevoeris.Kwartaal 3Afgeronde improvisasie gegrondop enige gespesialiseerde styl metgeïmproviseerde en/ofselfgemaakte tegniesehulpbronne.StimulusSosiale of omgewingskwessie.Enige stimulus, verken style –musiekblyspel, mimiek, poppekas,ens.GRADE 9Graad 9Kwartaal 1Afgeronde improvisasie watkulturele praktyke en prosesseverken.StimulusKulturele praktyke en prosesse(rituele, seremonies, simbole, ens.)Kwartaal 3Afgeronde opvoering metselfgemaakte en/ofgeïmproviseerde tegnieseelemente.Enige stimulus, fokus op dieteikengehoor en doel.OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA2

DRAMAGRAAD 7KWARTAAL 3ONDERWERP 2: DRAMA-ELEMENTE IN TONEELSKEPPINGFokus op karakterwaarneming, nabootsing en die verbeelding in verskeie kortgeïmproviseerde dramas in groepe van twee tot vier leerdersHULPBRONNE: Tromme/ tamboerynTYDSDUUR: 6 uur 30 minute per kwartaalInstruksie: Ontwikkel in groepe ‟n paar kort geïmproviseerde tonele met ‟nbegin, middel en einde.A.Ontwikkel ‟n bewustheid van BEGIN, MIDDEL en EINDE in ‟n improvisasie.Aktiwiteit 1: Voltooiing van die aksie Staan in „n sirkel van 6-7 leerders. Een persoon loop by die sirkel in en begin „n aksie/handeling deur mimiekuitbeeld wat kenmerkend van ‟n spesifieke plek is. Hou aan met hierdie aktiwiteit totdat dit duidelik is WAT gedoen word enWAAR dit gedoen word. ‟n Tweede persoon gaan die sirkel binne en dra tot die aktiwiteit by, sonderwoorde. Gebruik lyftaal en gebare duidelik om aan te dui WIE jy is en wat jouverhouding tot die eerste persoon is. Nadat dit vasgestel is, moet die tweede persoon een of ander soortkomplikasie/verwikkeling byvoeg. ‟n Derde persoon sluit by julle aan en vind ‟n manier om die komplikasie op telos. Julle moet vries wanneer julle voel dat die toneel tot ‟n einde gekom het. Bespreek of die toneel ‟n duidelike begin, middel en einde gehad het. Waarwas die klimaks van die aksie?Aktiwiteit 2: Standbeelde In groepe van vier: twee leerders is die beeldhouers en twee is die beelde. Die beeldhouers maak twee interessante beelde/standbeelde deur hullemaat se liggaam te vorm en dit in verhouding met mekaar te plaas.(Oorweeg die afstand tussen elkeen, hoeke in verhouding met mekaar,vlakke, ens.) Die twee beeldhouers bespreek WAT gebeur en WAAR dit gebeur. Die twee beelde/standbeelde word op ‟n sein lewendig en ontwikkel dieaksie/ handeling deur hul eie dialoog by te voeg. Op ‟n volgende sein vries die beelde/standbeelde. Die beeldhouers bespreek – is die toneel voltooi? Moet daar nog iets gebeurom ‟n bevredigende storie te skep? Indien wel, wat? Die beeldhouers gee weer ‟n sein vir die beelde/standbeelde om lewendigte word. Hierdie proses gaan voort totdat die natuurlike EINDE van die toneel bereik is. Daarna word ‟n bespreking gehou – waar was die klimaks van die aksie?Waarom het die einde soos ‟n einde gevoel? Ensovoorts.OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA3

B.GROEPERING, VORMING VAN RUIMTE EN ONTWIKKELING VAN TONELEAktiwiteit 1: Kyk sport as ’n groep Besluit in groepe van 6 tot 10 oor ‟n sport om te kyk en posisioneer julleselfsoos by ‟n sportwedstryd. Kyk saam na die spel sonder om te praat en gebruik leidrade in mekaar sereaksies om die ervaring saam op te bou. Probeer om terselfdertyd spanning te bou, te juig oor ‟n doel of punte wataangeteken word en julle span aan te moedig. Doen eers die aktiwiteit sonder enige dialoog en herhaal dit daarna metwoorde. Die oefening moedig eenheid in ruimte aan en daag leerders uit om nieverbale aanwysings te volg om realistiese toeskouers van ‟n sport te wees.Aktiwiteit 2: Tablo’s Leerders verdeel in groepe van 4 tot 6. Die onderwyser gee „n kaartjie aanjulle wqaarop ‟n ligging (plek) aangedui is wat julle moet uitbeeld in‟n tablo(gevriesde prent/stilbeeld). Skep ‟n stilbeeld van mense in die gegewe ligging (plek) op so ‟n manier datdit vir die kyker duidelik is. Idees vir liggings: winkelsentrum, strand, park, taxistaanplek, bushalte,vlooimark, ens. Sodra die keuse gedoen en die tablo gebou is, kyk die res van die klas naelke tablo om te bepaal of die ligging in elke geval duidelik aangetoonword.Ander faktore om in te sluit en bespreek: nabyheid van mense in verhouding tot mekaar, gebruik van vlakke, fokuspunt in die prent, ruimtelike plasing ten opsigte van waar/hoe die gehoor die prent sien(aan die einde, in die rondte, in die hoek, ens.) Wanneer julle die tablo uitgeklaar en daarop verbeter het, neem weer julposisie in en word lewendig in die toneel.Die toneel kan vir ‟n paar minute verder ontwikkel voordat daar weer ‟n seingegee word om te vries.Die kykers word nou gevra hoe die beeld in die tweede tablo verander het.Is die ligging steeds duidelik? Hoe het die verhoudings tussen karaktersverander?(Dieselfde oefening kan gedoen word waar foto‟s of ander visuele beelde as diebeginpunt vir die tablo gebruik word. Leerders moet die foto of skildery herskepen besluite neem oor die WIE, WAT, WAAR en WANNEER van die toneel. Hulleword lewendig, laat die toneel ontwikkel en vries dan in ‟n nuwe tablo. Diekeuses van karakters moet steeds duidelik aangetoon word.)OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA4

C.KARAKTERS in ‟n bepaalde omgewing.Aktiwiteit 1: Die ritueel van wakker word Kies‟n karakter deur ‟n karakterkaart te neem. Die kaart gee ‟n paar beskrywings van ‟n karakter, bv. streng onderwyser,agterdogtige polisieman, senuweeagtige sakeman, lawaaierige tiener,sorgsame moeder. Verbeel jou dat jy in jou karakter se slaapkamer wakker word. Voer die karakter se bekende oggendritueel uit. Verken die manier waarop jou karakter moontlik sou aantrek, loop, praat eninteraksie met ander sou hê. Jou onderwyser sal verdere voorstelle maak soos die proses vorder. Bespreek daarna wat julle gedurende hierdie oggendritueel oor jullekarakters uitgevind het.Aktiwiteit 2: Die Wagspeletjie Besluit oor ‟n plek waar verskillende soorte mense kan wag, byvoorbeeld ‟nbushalte, ‟n hospitaal, ‟n tandarts se wagkamer, by ‟n werksonderhoud, ens. Neem beurte om die plek in karakter te betree. Vokale en fisiese karakterkeuses moet duidelik wees. Die karakters moet met mekaar kommunikeer. Al die karakters vries op ‟n sein. Die onderwyser gee ‟n instruksie soos “Wanneer julle weer ontvries, sal jullekarakters ‟n krisis in die gesig staar. Die gebou is aan die brand (of die bushet gaan staan, of die persoon wat ‟n onderhoud met jou moes voer, isafgedank, ens.).” Laat die karakters in hierdie krisis lewendig word. Hoe verander jul gedrag onder druk? Bespreek na die tyd of al die karakters duidelik uitgebeeld is en watterverhoudinge geskep is.D.Verdere aktiwiteite om karakterisering te ontwikkelAktiwiteit 1: In die warm stoel.Bou ‟n karakter deur die Warm Stoel-oefening: Die leerder wat die karakter gaan skep, sit omring deur ander lede van diegroep. Sy/hy is in die “warm stoel”. Die ander leerders vra een vir een vir hom/haar vrae. Elke leerder moet dink aan ‟n verskillende vraag om te vra. ‟n Karakter kom geleidelik te voorskyn uit sy/haar antwoorde. Die vrae word meer oorspronklik en kreatief en delf dieper soos die karakter‟n vorm aanneem. Die leerder in die warm stoel het geen vooropgestelde idees nie (buiten ditwat hy/sy van die scenario of storielyn weet). Die karakter ontwikkel slegs uit die vrae en antwoorde. Sodoende help die hele groep om die karakter te bou.OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA5

AKTIWITEIT VIR FISIESE KARAKTERISERINGAktiwiteit 2:Die fokus is op die fisiese eienskappe van die karakter. Elemente van die karakterwat ontwikkel kan word, is: Fisiese voorkoms Ouderdom Fisiese maniertjies Beserings Houding Doel Status Kostuums Rekwisiete NameAktiwiteit 3:Ten einde ‟n karakter se fisiese kenmerke uit te beeld, word leerders gevra omhulle waarnemingsvermoëns te gebruik deur na mense rondom hulle te kyk ensekere fisiese karaktertrekke na te boots wat moontlik gepas vir hul eie karaktersal wees. Staan in ‟n oop ruimte.Neem ‟n karakter aan.Die onderwyser stel aksies, emosies of situasies voor.Reageer, in karakter, op die verskeie tekens wat die onderwyser gee.Dit sal jou vanuit ‟n fisiese en emosionele oogpunt meer bewus van joukarakter maak.Onderwyser: Voer in karakter (of jy nou ‟n bekende popster, ‟n baie oudame, ‟n dinamiese politikus is) die volgende aksies uit:OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA6

Bolyf:Emosie:Kostuum:Voete en bene:Hande en arms:Gebare -druk in karakter uitAktiwiteit 4:Neem ‟n koue stort, sukkel in ‟n haelstormWys wanhoop, selfvertroue, angstigheid,ekstaseLoop asof jy te groot skoene, te kleinskoene, ‟n jas, aandrok/-pak draLoop kaalvoet oor doringagtige gras, op ‟nwarm pad, kniediep in die seeRaak aan pels, skraap koue pap uit ‟n potmet jou hande, sny jou vinger, plaas jouhand op ‟n jellievis“Bring dit hiernatoe”“Hoe kon jy!”“Ek is lief vir jou”“Kyk daar”“Kom dadelik hiernatoe”Die onderwyser fasiliteer die proses in die volgendegeïmproviseerde situasiesToneel 1 Jy is in besige straat vol mense; jy is angstig om te sien wat in diewinkelvensters vertoon word. Wys wat jy sien en of jy daarvan hou of nie. Vind dan iets wat jy jare lank reeds wil hê – besluit of jy dit gaan koop – wyswat dit is.Toneel 2 Jy sit in ‟n sel in afsonderlike opsluiting. Jy is reeds ‟n geruime tyd daar en isgewoond aan die stilte. Jou gemoed is een van wanhoop. Jy hoor ver weg ‟n geklop. Spanning en opwinding groei soos jy luister, ditraak stil, jy besluit dis net pure verbeelding.Toneel 3 ‟n Groep gaan op reis – wys die opgewonde afwagting, hoe hulle op dietrein klim, die aankoms, hoe hulle op ‟n boot klim, die beweging van dieboot, dit duik en rol, daar is ‟n storm en julle ly skipbreuk. Wys julle avonture daarna en hoe julle uiteindelik veilig terugkeer.Aktiwiteit 5: Die bou van ‟n standbeeld Vorm ‟n standbeeld van jou karakter wat die oorheersende stemming vandie karakter uitbeeld. Jou hele liggaam moet die karakter oordra – vanaf die gesig tot by dievoete. Die res van die klas bespreek sommige van die ongewone of innoverendestandbeelde:o watter soort karakter word uitgebeeldOPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA7

ooowat is die geslagdie ouderdomdie stemming en die houding van die standbeeld.Aktiwiteit 6: AKTIWITEIT VIR STEMKARAKTERISERINGStemkarakterisering verwys na hoe jy jou stem gebruik om jou karakter tekarakteriseer.Leerders verken die verskillende vokale aspekte van spraak en raak bewus vanspraak- en dramaterminologie. Hulle kies ‟n reël wat hulle karakter tydens dieopvoering sal sê, bv. “Wat doen jy?”Sê hierdie lyn en fokus op: projeksie karakterisering asemhaling toonhoogte artikulasie stemming gesigsuitdrukking oogkontakLeerders besin oor hoe hierdie elemente die karakter se spraak verander.Aktiwiteit 7: Dialoog van toepassing op die karakter pas die volgende aan na aanleiding van die karakter: stemtoon, die gebruikvan woordeskat en die manier van praat. Kies een reël uit hulle drama. „n Leerder staan in ‟n sirkel en beweeg oor na ‟n ander leerder deur sy/haarkarakter se lyftaal en postuur te wys. Sê die reël vir hierdie leerder en gebruik die stemtoon en houding van diekarakter. Die leerder moet fyn luister en dan herhaal wat hy of sy nou net gesien hetdeur die postuur, lyftaal, houding, stem, dialoog, ens. na te boots. Sy/hy verander dan terug na die oorspronklike karakter se lyftaal en postuur. Sy/hy beweeg in die sirkel en kies iemand anders aan wie sy/hy die reël kanopvoer. Dit word herhaal totdat almal in die groep hul eie karakter gedemonstreer eniemand anders in die groep se karakter nageboots het.OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA8

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA9

ONDERWERP 2: DRAMA-ELEMENTE IN TONEELSKEPPINGGRAAD 8 EN 9KWARTAAL 3Fokus op geskrewe skets of afgeronde improvisasieHULPBRONNE: Tromme/ tamboerynTYDSDUUR: 6 uur 30 minute per kwartaalLAAT ONS BEGIN VERKEN DEUR ’N BIETJIE NAVORSING TE DOEN!1. Navorsing en besprekingLeerders werk in groepe van ses tot agt en elke leerder kies en skryf ‟n sosiale,omgewings- of politieke kwessie op ‟n stuk papier neer. Die kwessie wat deurleerders gekies word, moet relevant en van belang vir hulle wees! Dit moet ietswees wat hulle lewens of gemeenskappe direk of indirek raak . Leerders neembeurte om te verduidelik (en dit aan die ander te verkoop!) waarom die kwessievir hulle belangrik is. Elke groep besluit oor een kwessie wat hulle vir die drama salgebruik – hulle kan soortgelyke kwessies kombineer, maar dit is gewoonlikmakliker om by een kwessie te hou.2.Visbak-aktiwiteitLeerders in elke groep dink aan ten minste drie vrae oor die gekose kwessie. Elkeleerder skryf ‟n antwoord op die vrae en plaas dit in ‟n houer. Die houer worddan in die groep aangegee en elke persoon neem ‟n stuk papier daaruit, leesdie antwoord hardop en gee sy of haar reaksie op die antwoord. Die reaksiemoet nie langer as een minuut duur nie. As ‟n groep, identifiseer waaroor jullesaamstem en verskil.Leerders doen navorsing in groepe. Leerders moet die gekose kwessie inonderafdelings verdeel. Elke leerder doen navorsing oor ‟n onderafdeling. Ditsluit aspekte soos die oorsake, gevolge, impak, mense se ervarings en moontlikeoplossings in. Leerders moet verskillende bronne vir die drama raadpleeg, bv.: statistiek oor enige relevante kwessie/sanekdotiese navorsingeie ervaringartikels in koerante en tydskriftegedigte, liedere, slagspreukevideo‟s en rolprenteopnames van onderhoude met vriende, gemeenskapslede, ens.OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA10

Leerders bied hulle bevindings na ‟n week vir die res van die groeplede aan.Hulle skryf belangrike idees neer en luister goed na enigiets wat vir die dramavan belang kan wees – veral anekdotiese getuienis en ervaring in die werklikelewe.Na afloop van die navorsing, word ‟n dinkskrum oor ‟n moontlike scenario opgrond van onderstaande vrae gehou:Wat: Wat gebeur, wat is my storielyn, hoe sal dit ontwikkel, wat sal die begin,middel en einde wees? Wat sal die klimaks wees? Is die storie interessant, is daardramatiese spanning?Wie: Wie is die karakters? Wat is hulle verwantskap aan mekaar? Hoe sal dit deurliggaam en stem aangetoon word? Wat is die houding en funksie van elk vandie karakters? Hoe sal ‟n spesifieke rol gekarakteriseer word, het hy/sy enigespesifieke maniertjies, spraakpatrone? Wat is die geskiedenis van die karakter?Ouderdom? Fisiese eienskappe?Waar: Waar vind die aksie plaas? Wat is die ligging? Watter uitwerking sal dit hêop die manier waarop leerders optree? Is dit by die skool, in die kerk?Wanneer: Wanneer vind die storie plaas? Is dit laat in die aand, in die verlede?Aan wie: Wie sal die gehoor wees? Vriende en mense van ons ouderdom? Ouersen bekende volwassenes? Jongmense? Skares op straat?Op hierdie stadium teken die leerders hulle dinkskrum in hulle werkboek op asopsommende notas of as ‟n teks sodat dit verder ontwikkel kan word.3. As groeplede, vertel leerders die storie EEN SIN OP ‟N SLAG. Hulle maak in diewerkboeke aantekeninge waarin hulle die volgende vrae beantwoord: Wat is die belangrike gebeure in die storie?Wat gebeur aan die begin van die storie?Hoe eindig dit?Wat is die belangrike oomblikke of tonele met konflik in die storie?4. Leerders maak in groepe drie tablo‟s (gevriesde standbeelde deur dieliggaam en gesigsuitdrukking te gebruik) – een vir die begin van die storie,een vir die klimaks van die storie en een vir die einde van die storie. Toon duidelik die aksiepunte (die begin, die klimaks en die einde van diestorie) deur die tablo.Maak seker om uit te beeld waar die storie plaasvind. (As dit byvoorbeeldin ‟n grot plaasvind, kan julle miskien almal saambondel omdat ruimtebeperk is, ens.)OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA11

Ander faktore om in te sluit en te bespreek tydens die ontwikkeling van dietablo, is:o nabyheid van mense in verhouding tot mekaar,o gebruik van vlakke,o fokuspunt in die prent,o ruimtelike ooreenkomste ten opsigte van waar/hoe die gehoor dieprent sien (aan die einde, in die rondte, in die hoek, ens.) As ‟n groep, bespreek wat moet gebeur om die drama vanaf die eerstetablo, dan na die tweede en uiteindelik tot die einde te ontwikkel. Improviseer nou die aksie wat elkeen van die tablo‟s koppel. Maak sekerdat julle slegs die belangrikste elemente van die aksiepunte wys. Skryf in leerderboeke neer wat elke tablo oordra.Die onderwyser sal op hierdie stadium die leerders informeel assesseerdeur waar te neem wat hulle doen en kommentaar te lewer oor hoe hulledit beter kan doen.6.KarakterontwikkelingAktiwiteit 1:Die ritueel van wakker word Oorweeg die karakter in die klaskamerdrama. Deelnemers verbeel hulle dat hulle in die karakter se slaapkamer wakkerword. Hulle voer die karakter se oggendritueel uit. Verken die manier waarop die karakter miskien sou aantrek, loop, praaten interaksie met ander sou hê. Onderwyser maak verdere voorstelle soos leerders deur die proses gaan. Bespreek daarna wat hulle gedurende hierdie oggendritueel oor hullekarakters uitgevind het.Aktiwiteit 2:Die wagspeletjie Besluit oor ‟n plek waar verskillende soorte mense kan wag, byvoorbeeld‟n bushalte, ‟n hospitaal, ‟n tandarts se wagkamer, vir ‟n werksonderhoud. Elke leerder neem beurte om die ruimte as sy of haar karakter te betree. Vokale en fisiese karakterkeuses moet duidelik wees. Die karakters kommunikeer met mekaar. Al die karakters vries op ‟n sein. Die onderwyser gee ‟n instruksie soos “Wanneer julle weer ontvries, sal jullekarakters ‟n krisis in die gesig staar. Die gebou is aan die brand (of die bushet gaan staan, of die persoon wat ‟n onderhoud met jou moes voer, isafgedank, ens.).” Laat die karakters in hierdie krisis lewendig word. Hoe verander hulle gedrag onder druk?OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA12

Bespreek na die tyd of alle karakters duidelik uitgebeeld is en watterverhoudinge geskep is.Aktiwiteit 3:In die warm stoel.Bou ‟n karakter deur die Warm Stoel-oefening: Die leerder wat die karakter gaan skep, sit omring deur ander lede vandie groep. Sy/hy is in die “warm stoel”. Die ander leerders vra een vir een vir hom/haar vrae. Elke leerder moetaan ‟n verskillende vraag dink. ‟n Karakter kom geleidelik te voorskyn uit sy/haar antwoorde. Die vrae word meer oorspronklik en kreatief en delf dieper soos diekarakter ‟n vorm aanneem. Die leerder in die warm stoel begin sonder enige voorafgestelde idees(buiten dit wat hy/sy van die scenario of storielyn weet). Die karakter ontwikkel slegs uit

Toneelskepping word in Kwartaal 1 en 3 in Graad 7 – 9 verken. Dit vorder van baie informele klaskamerimprovisasies in Graad 7 tot beplande, gestruktu-reerde, afgeronde en gerepeteerde klaskameropvoerings in Graad 9. Wan

Related Documents:

GRAAD 7 SKEPPENDE KUNSTE Omdat kunsonderrig sirkulêr en liniêr is, word dieselfde onderwerpe gedurende die jaar, en in elke daaropvolgende jaar, met toenemende ingewikkeldheid, herhaal. Dit neem 'n lang tyd om vaardighede op te bou en dit verg gereelde oefening. Die aard

GR 5: FAT LV - Skeppende Kunste: Visuele Kuns: Kwartaal 2 6 B l a d s y KRITERIA 1-2 3-4 5-6 7-8 Die voltooide masker is 'n uitdrukkingsvolle, visuele ontwerp. Ontwerp nog nie suksesvol nie In staat om uitdrukkings-volle, visuele ontwerp te skep, maar het nog leiding nodig. Voldoen aan die kriteria om die uitdrukkingsvolle, visuele ontwerp te

Graad 9 (Afrikaans Huistaal) . Via Afrika Skeppende Kunste Graad 8 Leerderboek (PDF) Skeppende Kunste Grade 8 9781485400004 Via Afrika R60,53 Natuur Wetenskappe Gr 8: Teorie en Werkboek Natuurwetenskappe Grade 8 9780994683809 AmaniYah Publishers

www.rosemount.com Guida di installazione rapida 00825-0102-4593, Rev. BA Luglio 2009 Rosemount 1151 Inizio Fine Fase 1: montaggio del trasmettitore Fase 2: rotazione della custodia Fase 3: collegamento e accensione Fase 4: impostazione degli interruttori Fase 5: configurazione Fase 6: taratura del trasmettitore Certificazioni del prodotto

mm/día durante todo el ciclo del cultivo. Se obtuvo valores de coeficiente del cultivo (Kc) para cada fase del cultivo, siendo para la fase inicial un valor de 0.55, la fase de desarrollo 0.92, la fase intermedia 1.10 y la fase final del cultivo un valor de 0.83. El requerimiento total de agua fue de 363.30 mm, con un rendimiento total

Drama Experiences Drama Games Drama games can take many forms and are used for multiple purposes in school-based learning. In particular, drama games can be used: 1. As a warm up or cool down (to drama activities or for the day) 2. For relationship building 3. To motivate and engage students’ interest in a topic 4.

the genre of their drama, with a relevant reason. The candidate: Has identified the genre of the drama, with a relevant reason. If more than one genre is 2 marks Has identified the genre of the drama. 1 mark 2 Possible genres may include - comedy, tragedy, crime, dance drama, documentary drama, historical, kitchen sink drama,

Fe, asam folat dan vitamin B 12). Dosis plasebo yaitu laktosa 1 mg (berdasarkan atas laktosa 1 mg tidak mengandung zat gizi apapun sehingga tidak memengaruhi asupan pada kelompok kontrol), Fe 60 mg dan asam folat 0,25 mg (berdasarkan kandungan Fero Sulfat), vitamin vitamin B 12 0,72 µg berdasarkan atas kekurangan