Die Bybel En Selfliefde - Grace Fellowship

2y ago
26 Views
2 Downloads
431.32 KB
30 Pages
Last View : 1y ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Carlos Cepeda
Transcription

Die Bybel en SelfliefdeWord Christene beveel om hulself lief te hê?Joel JamesKopiereg Joel James, 2019Word of the Crossi

Die boekie mag in gedrukte of elektroniese vorm versprei word onder dievolgende voorwaardes: Die verspreiding moet gratis wees Geen veranderinge mag aan die teks aanbring word nie Alle kopieë moet die volgende bevat:Die Bybel en Selfliefde;Word Christene beveel om hulself lief te hê?Kopiereg Joel James, 2019.Gebruik met toestemming.Indien u die boekie vir ander redes wil gebruik, moet toestemming verkryword vanaf Word of the Cross.Oorspronklike uitgawe:The Bible and Self-Love; Are Christians Commanded to Love Self? Joel James, 2004.Skrifaanhalings geneem uit:Die Bybel in Afrikaans. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. 1933, 1953.Gebruik met toestemming.Die 1983 Bybelboek-name is gebruikUitgegee deurWord of the CrossPosbus lowship.co.zaii

InhoudsopgaweInleiding . 1Waar kom Selfliefde vandaan? . 2Vanuit die Wêreld tot in die Kerk . 4Nege Probleme in die Selfliefde-leerstelling. 8Probleem 1: Oorsprong . 8Probleem 2: Definisies . 9Probleem 3: Stilte . 12Probleem 4: Instruksie . 12Probleem 5: Aanbidding . 15Probleem 6: Vergelyking . 17Probleem 7: Eie-roem . 18Probleem 8: Vrees vir Mense . 20Probleem 9: Teenstrydigheid . 21Slotwoord . 23iii

iv

InleidingWat is werklik belangrik in ‘n Christen se lewe? Jesus het ditduidelik gestel in die merkwaardige woorde:Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en metjou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eersteen groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan:Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie tweegebooie hang die hele wet en die profete.Matteus 22:37 – 39Rekenkunde in die Christen se lewe is eintlik maklik: mensmoet slegs tot twee kan tel. Daar is egter in ons tyd ‘n derdegebod gevoeg by dit wat Jesus ons beveel het: diesogenaamde gebod om onsself lief te hê. Voorstaanders vandie sogenaamde nuwe Christelike rekenkunde beweer datJesus ons beveel het om onsself eers lief te hê voordat onsander mense kan liefhê. Met ander woorde, liefde vir onsselfhet de facto, die eerste gebod in die Christen se lewegeword.Dit is dan nie verrassend nie dat selfliefde en ‘n goeieselfbeeld vir menige Christene die een-pil-vir-alle-kwale-kuurgeword het vir elke geestelike en emosionele probleem.James Dobson, ‘n bekende skrywer en radio-aanbieder hetgesê: “As ek ‘n voorskrif vir die vroue in die wêreld sou konskryf, sou dit ‘n gesonde porsie eiewaarde en ‘n goeie1

selfbeeld bevat Ongetwyfeld is dit hulle grootste nood.”1 Is‘n goeie selfbeeld of selfliefde ons grooste behoefte? Sou diestemme wat herhaaldelik roep om onsself lief te hê in dieBybel voorkom? Is die sogenaamde nuwe rekenkunde geldig:drie goddelike gebooie in plaas van twee?Waar kom Selfliefde vandaan?Die geskiedenis van ‘n leerstelling, in hierdie geval dieselfliefde-leer, gee dikwels waardevolle insigte. Voor dievyftiger jare het geen Christelike literatuur oor dienoodsaaklikheid van selfliefde verskyn nie. ‘n Stroompie indie vyftiger jare het tot ‘n rivier tydens die sestiger jare en ‘nstortvloed in die sewentiger jare ontwikkel. Die verskyningvan Christelike boeke oor selfliefde het binne twee dekadesvanaf die onbelangrike tot ‘n toonaangewende hoogtepuntgestyg. Vir tweeduisend jaar is niks daaroor geskryf nie, waarkom hierdie vreemde leerstelling nou vandaan?Alhoewel dit ‘n nuutjie in die Christelike lewe is, is selfliefdenie nuut nie. Die vader van die selfliefde-teorie was dieAmerikaanse filosoof en sielkundige William James (1842 1910). Hy beskryf twee tipes selfliefde: een is“selfingenomenheid” (goeie gevoelens ten opsigte van dieself) en die ander, “selfbehoud” (ons natuurlike neiging omonnodige ongemak, pyn en lyding te vermy).James Dobson, What Wives Wish Their Husbands Knew About Women(Wheaton, Illinois: Tyndale House Publishers, Inc., 1975), p. 35.12

In die 1900’s het William James se self-gevoelens-teoriesaamgesmelt met eksistensialisme. Eksistensialiste soos JeanPaul Sartre het voorgestel dat elke mens sy eie waarheid,realiteit en goedheid bepaal. Natuurlik is selfliefde dan ‘nlogiese gevolg indien die mens sy eie realiteit bepaal. Sartrehet dit as volg uitgedruk: “Ander mense is die hel”. Metander woorde, die hemel is die self – selfstandig, eie plesier,selfliefde.Hierdie filosofiese regverdiging vir selfbeheptheid vloei saammet die evolusie-teorie. Indien die mens op die boonste trapvan die leer staan vanaf die oertoestand tot by diehoogtepunt van goddelikheid, volg dit vanselfsprekend datons onsself moet liefhê. Ons is inderdaad die beste wat daaris. In die middel van die 1900’s is hierdie idees by die teorieëvan ‘n sielkundige, Eric Fromm gevoeg. Fromm het in syteorie verklaar dat selfliefde ‘n basiese noodsaaklikheid in diemenslike bestaan is. Sy gevolgtrekkings was nie op strengwetenskaplike studie van menslike gedrag gebaseer nie; ditwas filosofiese bespiegelinge.Navorsing het verbasend genoeg, nog nooit bewys datselfliefde belangrik vir ‘n stabiele suksesvolle lewe is nie.Thomas Scheff van die Universiteit van Kalifornië skryf:“Duisende studies oor selfbeeld en eiewaarde is sedert dietweede Wêreldoorlog gedoen, maar die resultate was almalonoortuigend.”2 Studies toon dat sommige mense hulleAanhaling uit Martin en Deidre Bobgan, Prophets of Psychoheresy II (SantaBarbara, California: Eastgate Publishers, 1990), p. 124.23

wangedra omdat hulle minderwaardig voel, maar ook datsommige wel baie goed voel oor hulself. Ter doodveroordeelde gevangenes het dikwels ‘n baie hoë dunk vanhulself.Ten spyte van die afwesigheid van getuienis om Eric Frommse bewerings te ondersteun, het Carl Rogers (nog ‘n godheidin die sielkundige pantheon) Fromm se selfliefdebespiegelings in ‘n prakties uitvoerbare sielkundige sisteemgeorganiseer. Sy sienings draai om die as van die mens segoedheid. Rogers meen dat mense inherent goed en wys isen hulle pad in die lewe kan vind indien hulle sou leer omhulself te aanvaar en lief te hê. Ons kan met veiligheidaanneem dat Rogers sy siening nie uit God-geïnspireerdeboeke soos Romeine (die mens is inherent goed?) en Spreuke(die mens is inherent wys?) geneem het nie.Vanuit die Wêreld tot in die KerkAlhoewel selfliefde nooit in die kerk voorgestaan is nie, is dieteorieë van Rogers, Fromm (en ander soos Maslow en Adler)ingebring in die kerk deur Christene wat aan universiteiteSielkunde gestudeer het. Die resultaat was ‘n golf boeke indie sewentiger jare wat die kerk oorspoel het met ‘nvreemde leer naamlik dat selfliefde die sleutel is tot liefde virGod en ander.Selfliefde het die kerk soos ‘n storm getref. Bykans alleemosionele, geestelike en morele probleme is omskryf interme van ‘n persoon se slegte selfbeeld ofminderwaardigheidsgevoel. James Dobson het byvoorbeeld4

in 1970 oor die agteruitgang van die modern samelewinggeskryf:Dus, waar ookal die sleutels tot eiewaarde op die oog afbuite die bereik van die meeste mense is, soos in dietwintigste eeuse Amerika, sal wydverspreide“sielsiektes” soos neurose, haat, alkholisme,dwelmverslawing, geweld en sosiale wanorde definitiefvoorkom.3Dit is ‘n belangrike herdefiniëring van die samelewing seprobleme: sosiale chaos spruit nie voort uit ‘n blatanteverontagsaming vir God se glorie nie, maar uit ‘n tekort aanselfliefde.Die skuif vanaf ‘n God-gesentreerde siening ten opsigte vanons swak gedrag na ‘n mens-gesentreerde siening was slegsdie begin. Robert Schuller was ‘n ander steunpilaar wat diekerk uit die wildernis van veronderstelde onkunde tenopsigte van menslike probleme wou red. In 1982 hetSchuller, ‘n Amerikaanse televisie-evangelis, ‘n boek SelfEsteem: The New Reformation geskryf. ‘n Welgesteldeondersteuner het geld bewillig sodat die boek gratis aan elkepredikant in die VSA geskenk kon word. Schuller het ookvoorgestel dat die kerk ‘n hervorming dringend nodig hetsoortgelyk aan die Protestantse hervorming van die 1500’s.Nou, egter, eerder as die slagspreuk Sola Scriptura ofredding deur geloof alleen, is die slagspreuk: “Ons moetJames Dobson, Hide and Seek, rev. ed. (Old Tappan, New Jersey: Fleming H.Revell Company, 1979), p. 12-13.35

onsself liefhê.” Inderdaad reken Schuller dat alle teologiehersien moet word in die lig van die selfliefde-leerstelling.Hier is ‘n paar voorbeelde hoe Schuller die teologie herskryfmet die selfliefde-pen. Sonde is nie meer rebellie teen ‘nheilige God nie. Dit is “enige gedagte of handeling wat my eieof enige ander mens van hulle selfbeeld ontneem”4. Die hel,volgens Schuller, is die verlies van hoogmoed watnatuurlikerwys volg wanneer mens jouself onttrek van God ‘n persoon is in die hel wanneer hy sy goeie selfbeeldverloor.5Eerder as vergifnis wat red uit God se wraak, sê Schuller:“Selfingenomenheid of ‘trots dat ek mens is’ is die enkelgrootste nood wat die menslike ras ondervind.” Hy voeg by:“Wat ons nodig het, is ‘n teologie van redding wat begin eneindig by die erkenning van elke persoon se honger naroem.”6 Dit is inderdaad ‘n selfliefde-hervorming; eintlik sourevolusie meer akkuraat wees.God is, sonder verskoning, uitgehaal uit die fokus vanteologie en die mens is in daardie plek geplaas. Schuller maakgeen geheim van sy skuif vanuit ‘n God-fokus na ‘n mensfokus nie.Robert Schuller, Self-Esteem: The New Reformation (Waco, Texas: WordBooks, 1982), pp. 14-15.45Ibid., p. 19.6Ibid., p. 11.6

Die ‘Menswaardigheid van die Persoon’ sou die volgendeteologiese maatstaaf wees Die kruis heilig die eie ek.7In die nuwe rekenkunde van die Christen se lewe het tweegebooie drie geword wat dan een geword het. Agting vir Goden die naaste het verdwyn in ‘n wolk van selfliefde. Is hierdieeienaardige leerstelling van selfliefde inderdaad Bybels?Robert Schuller, Self-Esteem: The New Reformation (Waco, Texas: WordBooks, 1982), p. 75. Schuller is een van die stigterslede van die“Kerkgroei” (Church Growth) beweging. Bill Hybels van Willow Creek hetdikwels gesteun op Schuller se Kerkgroei metodiek. Schuller se metodiek iseenvoudig: verseker dat mense elke Sondag goed voel oor hulself. Vulmense met warm en liefdevolle gevoelens teenoor hulself, en jou kerk gaangroei.77

Nege Probleme in die Selfliefdeleerstelling.Probleem 1: OorsprongDie eerste probleem met die idee dat selfliefde die sleutel tot‘n seëvierende Christelike lewe is, word duidelik gesien in diegeskiedenis daarvan. Die besmette fontein van die wêreldsewysheid is die oorsprong. Liefde vir self, selfingenomenheiden eiewaarde het nie uit die Bybel gekom nie. Dit kom vanuitdie wêreldse sielkunde met sy korrupte agtergrond: evolusie,eksistensialisme en die oortuiging dat die mens inherentgoed en wys is. God is nie stilswyend oor die feit dat daardieteologie gebou is op só ‘n oorsprong nie.Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur diewysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens dieoorlewering van die mense, volgens die eerste beginselsvan die wêreld en nie volgens Christus nie.Kolossense 2:8Die selfliefde-leerstelling se wêreldse oorsprong verdoem ditvan die begin af: dit is nie van, nie oor en nie volgens JesusChristus nie. Dit is vanuit die ewigdurende veranderendetradisies van die mens geneem, die filosofiese spekuleringvan die wêreld, en het niks te doen met Jesus Christus nie.Enige leer wat nie van, oor of volgens Christus is nie, moetnie onderrig word in die Christelike geloof nie.8

Probleem 2: DefinisiesSommige verklaar dat selfliefde altyd in die Bybel voorgekomhet: predikante, kommentators en beraders het dit nettweeduisend jaar lank misgekyk.En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jounaaste liefhê soos jouself.Matteus 22:39 (klem bygevoeg)Daar is twee moontlike definisies vir die woord selfliefde. Eenis selfbehoud; die ander een is selfwaarde of toegeneëgevoelens vir myself. Watter een het Jesus bedoel?Voorstanders van die selfliefde-leerstelling beweer dat Jesusbedoel het dat liefde vir ander mense gebaseer is op liefdevir die self, eiewaarde of selfingenomenheid. Maar, diéveronderstelling is ‘n onaanvaarbare manier om die Bybel teinterpreteer. Kan ons beter doen? Ja, ons kan.Eerstens het Jesus ‘n gedeelte in die Ou Testament, Levitikus19:18, aangehaal. Levitikus 19 sal ons help om te bepaalwaarna Jesus verwys het, selfliefde of selfbehoud. Dit is ‘nlang gedeelte, maar lees dit noukeurig.En as julle die opbrings van julle land oes, moet jy diekant van jou land nie heeltemal afoes en die are wat val,nie versamel nie. Jou wingerd moet jy ook nie skoonafoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nieversamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jydit laat oorbly. Ek is die HERE julle God. Julle mag niesteel nie, en julle mag nie lieg nie, en julle mag die eendie ander nie bedrieg nie. En julle mag nie vals sweer bymy Naam en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek isdie HERE. Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie.9

Die dagloner se loon mag by jou nie tot die môre toe blynie. Jy mag 'n dowe nie vloek nie, en voor die blindegeen struikelblok lê nie; maar jy moet jou God vrees. Ekis die HERE. Julle mag geen onreg doen in die gereg nie.Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en dieaansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jyoor jou naaste oordeel. Jy mag nie as 'n kwaadsprekeronder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen dielewe van jou naaste optree nie. Ek is die HERE. Jy magjou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naastevrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde opjou laai nie. Jy mag nie wraakgierig of haatdraendteenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moetjou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.Levitikus 19:9-18 (klem bygevoeg)God het hierdie lys opdragte saamgevoeg in die woorde “Jymoet jou naaste liefhê soos jouself”. Wat sluit daardie liefdein? Voorsien vir die wat honger is. Geen bedrog, diefstal ofleuens in besigheid nie. Dit sluit ook meineed in die hof, geenonderdrukking, roof of onvoldoende betaling vir ‘nwerknemer in. Ook mag ons geen onmenslike voordeel trekuit swakkeres of gebreklikes nie, asook nie partydig wees inons oordeel nie. Liefde vir ons naaste verbied skinder, moord,haat, wraak neem en bitterheid. Die motief vir hierdienaaste-gefokusde gedrag is duidelik as gevolg van dieherhaling daarvan. God se glorie word versterk deur die dierefrein “Ek is die HERE.”Dus beteken “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself”inderdaad “Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan jullemoet doen, net so moet julle aan hulle ook doen” (Matteus7:12). Die liefde in hierdie gedeelte beteken doen-liefde,10

gemotiveer deur God se glorie en nie selfliefde nie. Die OuTestamentiese gedeelte wat Jesus aangehaal het, was oor dietoepassing van selfbewarende instinkte ten opsigte vaniemand anders, nie myself nie.Natuurlik was Matteus 22 nie die enigste plek waar JesusLevitikus 19:18 aangehaal het nie. In Lukas 10 het Jesus ‘nwetsgeleerde se vraag oor die ewige lewe geantwoord metdieselfde “Jy moet die Here liefhê en jou naaste soosjouself.” Om homself te regverdig het die man gevra: “En wieis my naaste?”As antwoord het Jesus die gelykenis van die BarmhartigeSamaritaan vertel. Nie alleen het Jesus se antwoord uitgespelwie ons naaste is nie, dit sê ook na watter soort liefde hyverwys: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Liefde vir dienaaste beteken ons moet ons tyd, wyn, olie en geldbeskikbaar stel om iemand anders in nood te help. Dieswaartepunt van die teks lê in die doen, in die aksie. Dieselfbewarende goedheid wat ons aan onsself gedoen wil hê,indien ons geslaan en gelaat is vir dood, moet ons aan onsnaaste bewys. Selfbewaring en selfgevoelens is opvallendafwesig.Dus, beide die Ou Testamentiese bron asook Jesus se gebruikvan dieselfde aanhaling in Lukas leer ons dat die liefde in “Jymoet jou naaste liefhê soos jouself”, ‘n selfbehoudendeliefde was, nie selfliefde nie. Ook is die feit belangrik dat dieGriekse woord vir liefde in Matteus 22:39 en Lukas 10:27 diewoord agapao is. Die Nuwe Testamentiese gebruik verklaardat dit ‘n aksie-woord en ‘n keuse is.11

Die probleem met die selfliefde-leerstelling se interpretasievan Matteus 22:39 is ‘n kwessie van definisie. Niks dui aandat die liefde waarvan Jesus gepraat het, goeie gevoelens virdie self was nie. Alles dui daarop dat Jesus verwys het namense se instink om in ‘n selfbehoudende manier op te tree.Daardie instink is soos ‘n onderwyser wat ons leer hoe om tesorg vir ander.Probleem 3: StilteTen spyte van die verregaande aansprake dat die selfbeeld enselfliefde ‘n mens se grootse behoefte is, is die Bybelopvallend stil oor die onderwerp. Die Bybel veronderstel datdie mens selfbehoudend optree en bemoedig ons dat onsdieselfde doen ten opsigte van ons naaste. GeenSkrifgedeelte moedig ons aan om toegeneentheid teenooronsself te koester nie. Hierdie is inderdaad ‘n vreemde stilteindien liefde-vir-die-self ons grootste behoefte is.Probleem 4: InstruksieAlhoewel die Bybel nie liefde teenoor die self aanmoedig nie,is die Skrif nooit stil oor die onderwerp van die self nie. Inwerklikheid verbied al die opdragte ten opsigte van die self,die idee van selfliefde. As iemand agter My aan wil kom, moet hy homselfverloën en sy kruis opneem en My volg.Matteus 16:2412

Jesus het gesê dat wanneer ‘n mens ‘n Christen word, hydoelbewus onderneem om homself te verloën of afstand tedoen van homself. Jesus se volgelinge moet hul eiedoelstellings, wense en agendas ter syde stel. Daar is geenplek vir selfliefde in die gebod “.homself verloën en sy kruisopneem en My volg” nie. Jesus het nie ‘n aan-die-selfverslaafde Christenwees geleer nie.‘n Tweede gedeelte in die Bybel wat die selfliefde-leerstellingteenstaan, is te vinde in 2 Timoteus 3:1-4. Selfliefde is nie diemens se grootse behoefte nie, dit is juis sy allergrootsteprobleem.Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye salkom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees,geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars,ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers,bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers,roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot asliefhebbers van God 2 Timoteus 3: 1-4 (klem bygevoeg)Waarom sal die laaste dae ‘n tyd vol morele opskudding,rumoer en onstuimigheid wees? Omdat mense hulself salliefhê. Goeie gevoelens teenoor die self is juis soos ‘nafvoerpyp wat die afval van bogenoemde gedeelte wegvoer.Die woord liefde in bogenoemde Skrifgedeelte is ‘n anderwoord as wat Jesus in Matteus 22:39 gebruik het. Hierdiewoord was phileo. Terwyl agapao na doen-aksie verwys, duiphileo op goedgesindheid, vriendskap en toegeneentheid.Phileo is die Nuwe Testamentiese woord wat ‘n akkurate13

beskrywing vir die self-toegeneentheid in die hedendaagseselfliefde is.Ver verwyderd van die teorie dat ‘n gevoel vanminderwaardigheid óf ‘n slegte selfbeeld, óf ‘n tekort aanselfliefde, die oorsaak van wangedrag en die verval van diesamelewing is, leer 2 Timoteus 3: 1-4 juis dieteenoorgestelde. Die hedendaagse morele verval is juis diegevolg van die mens se liefde teenoor homself. Met anderwoorde, selfliefde-voorstanders verkondig as oplossing ofkuur dit wat God as oorsaak verdoem. Die ooreenkomstussen Paulus se woorde in 2 Timoteus 3: 2-4 en dié vanJames Dobson, soos voorheen genoem, is opvallend.Paulus:Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees,geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars,ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers,bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers,roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot asliefhebbers van God 2 Timoteus 3: 2-4Dobson:Dus, waar ookal die sleutels tot eiewaarde op die oog afbuite die bereik van die meeste mense is, soos in dietwintigste eeuse Amerika, sal wydverspreide“sielsiektes” soos neurose, haat, alkholisme,14

dwelmverslawing, geweld en sosiale wanorde definitiefvoorkom.8Daar is nie regtig ‘n verskil tussen die twee standpunte nie,behalwe ten opsigte van die oorsaak van die sosialeagteruitgang. Alkoholisme en dwelmverslawing is ‘nonbeheerbare liefde vir plesier. Sosiale wanorde (welgedeeltelik) is “ongehoorsaamheid teenoor die ouers.”Ondankbare, onversoenbare en verraderlike persone wat diegoeie haat en geen beheer oor hulleself het nie, word asgeestelik versteurd geklassifiseer. Die “sosialewanordelikheid” wat Dobson in die hedendaagse Westersesamelewing waarneem, is die morele mêlée wat Paulusvoorspel het. ’n Tekort aan selfliefde is die sondebok beweerdie sielkunde. God sê die teenoorgestelde. Altwee kan niekorrek wees nie.Probleem 5: AanbiddingDie vyfde probleem is ‘n aanbiddings-probleem. Mense isskepsels wat aanbid, maar as gevolg van sonde het ons ‘nslegte gewoonte om die verkeerde te aanbid. Ons is geneigom die skepsel eerder as die Skepper te aanbid.Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaasgeword en die heerlikheid van die onverganklike Godverander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘nverganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende8Hide and Seek, rev. ed., p. 12-13.15

diere hulle wat die waarheid van God verruil het vir dieleuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper watgeprys moet word tot in ewigheid (Romeine 1: 22-23,25).Dit is juis selfliefde se probleem: dit is mens-aanbidding.Selfliefde-voorstanders bevorder natuurlik hulle argumenteom die mens-verheerliking te verdedig. Hulle dui vinnigdaarop dat die mens na die beeld van God geskape is. Dit isverseker korrek. Maar leer die Bybel enigsins dat die mens nadie beeld van God geskape is, sodat dit ‘n rede is om op diemens self te fokus?Hierdie logika herskryf Psalm 139 se “Ek loof U omdat ek sowonderbaarlik geskape is” na “Ek loof Myself omdat ek sowonderbaarlik geskape is.” Jy mag dink dat hierdie oordryf is,maar let op die volgende uitlating van Robert Schuller:“Selfliefde is die goddelike bewus-wees van die persoonlikewaardigheid. Dit is wat die Grieke genoem het “eerbied virdie self.” Dit is ‘n standhoudende geloof in jouself.” 9 Eerbieden geloof is verplaas van God na die self. Dit is aanbiddingvan die skepsel.Die argument dat ons onsself moet verlustig in eiewaardeomdat Jesus vir ons gesterf het, is foutief. Die idee datChristus vir sondaars gesterf het omdat hulle kosbaar is, is nieBybels nie. Inderdaad, Romeine 3:12 sê spesifiek datsondaars “onbruikbaar” of “waardeloos” was. Het GodRobert Schuller, Self-Love: Dynamic Force of Success (New York:Hawthorne Books, Inc., 1969), p. 32, aangehaal deur Paul Brownback in TheDanger of Self-Love (Chicago: Moody Press, 1982), pp. 129-130.916

waarde vir geld gekry toe Sy seun jou met sy lewe gekoophet? Die feit dat Jesus vir jou gesterf het, sê niks oor jou nie,maar alles oor God. Niks minder as die lewe van Christus asprys kon God se oneindige geregtigheid betaal nie.Paulus skryf oor redding in Romeine 3:27 “Waar is dan dieroem? Dit is uitgesluit.” Is dit nou ingesluit? Kan ons spog oorons waarde, ons verdienstelikheid wat die aandag op die selfvestig omdat Christus vir ons gesterf het? Dit is ook skepselaanbidding eerder as om die Skepper te aanbid, die gereddein plaas van die Redder.Probleem 6: VergelykingSelfliefde, ‘n goeie selfbeeld en hoë eiewaarde berus almalop vergelyking. “Ek kan iets beter doen as ander mense;daarom is ek waardevol en hou van myself.” Dit is diebelangrike strategie in James Dobson se selfliefde-teorie.Indien jou kind sukkel met sport, moedig hom aan om klavierte speel sodat hy homself met die atlete kan vergelyk en danmeerderwaardig voel. Dobson noem dit “kompensasie” enbeskou dit as die beste wapen om die gevoel vanminderwaardigheid in jou kind te beveg. (Net om die woord“minderwaardig” te gebruik, dui alreeds op vergelyking, niewaar nie?)Die Bybel beskryf ‘n uitstekende voorbeeld van hoe ‘n mensmeerderwaardig kan voel: die Fariseër in die Tempel.17

En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleselfvertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdiegelykenis vertel. Twee manne het na die tempelopgegaan om te bid, die een ‘n Fariseër en die ander ‘ntollenaar. En die Fariseër het gaan staan en by homselfso gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die andermense is nie—rowers, onregverdiges, egbrekers, of ooksoos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week,ek gee tiendes van alles wat ek verkry. En die tollenaarhet ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemelophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God,wees my, sondaar, genadig! Ek sê vir julle, hierdie laasteeen het geregverdig na sy huis gegaan eerder as dieeerste een; want elkeen wat homself verhoog, salverneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoogword.Lukas 18:9-14Die Fariseër is ‘n uitstekende Bybelse voorbeeld van dieselfliefde. Hoe het hy sover gekom in sy hoë selfagting? Hyhet homself vergelyk met ander mense. So ‘n selftevredevergelyking is sonde. Jesus sê dat hulle wat hulself met Godvergelyk en besef dat hulle onwaardig is, word gered. Maarhulle wat hulself met ander mense vergelyk en ‘n goeieselfbeeld ontwikkel, word nie gered nie.Probleem 7: Eie-roemGoeie gevoelens ten opsigte van die self asook ‘n goeieselfbeeld volg nie alleen op die sonde om te vergelyk nie,maar ook op die sonde van eie-roem. Dit mag moontlik nie18

oor sy lippe kom nie, maar om gedurig sy goeie selfbeeld instand te hou, moet die persoon wat homself lief het, gedurigop self-verheffende gedagtes konsentreer: “Ek is wonderlik.Ek is aantreklik. Ek is oulik.” So ‘n positiewe selfgesprek isniks minder as geheime eie-roem nie.In die Bybel is nog ‘n voorbeeld van goeie selfbeeld, hoëeiewaarde en “selfgesprek”. Sy naam was Nebukadnésar. “Isdit nie die groot Babel wat ek opgebou het tot ‘n koninklikeverblyf, deur die sterkte van my vermoë, tot verheerlikingvan my majesteit nie?” (Daniël 4:30). Dit het die koning vanBabel ontgaan dat God ook geweet het wat hy hardop gedinkhet.Terwyl die woord nog in die mond van die koning was,val daar ‘n stem uit die hemel: ‘Koning Nebukadnésar,jou word aangesê - die koningskap word jou ontneem’.Daniël 4:31LW: In die 1983 vertaling lees ons die volgende in vers 31: “Daar isbesluit, koning Nebukadnesar, dat jy uit jou koningskaponthef gaan word.”Laat ‘n ander jou prys en nie jou eie mond nie; ‘nvreemde, en nie jou eie lippe nie.Spreuke 27:2Selfliefde-voorstanders moedig openlik mense aan omhierdie vers te ignoreer en om eie-roem te bevorder: “Ek kandit doen. Ek is spesiaal. Ek glo in myself.” God vereis ietsheeltemal anders.19

So sê die Here: Laat die wyse hom nie beroem op sywysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op systerkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdomnie; maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dathy verstaan en my ken, dat Ek die Here is watgoedertierenheid, reg en geregtigheid op die aardedoen; want in dié dinge het Ek ‘n behae, spreek die Here.Jeremia 9:23,24Probleem 8: Vrees vir MenseIn Spreuke 29:25 lees ons “Die vrees vir die mens span ‘nstrik.” Dink aan sommige Jode wat wel Jesus gevolg het, maarnie wou hê dat ander daarvan weet nie. “Want hulle het dieeer van mense meer liefgehad as die eer van God” (Johannes12:42). Die vrees vir mense is geestelik vernietigend. Godverdoem die begeerte na aanvaarding deur ander mense.Tog moedig die voorstanders van selfliefde dié begeerte (watGod verdoem) vir die goedkeuring van mense, willens enwetens aan.James Dobson skryf: “Ons selfbeeld word gevoed deur watons in ander mense se oë ten opsigte van onsselfgereflekteer sien.”10 Met ander woorde, almal om my isverantwoordelik om my selfbeeld in stand te hou. Self-Robert Schuller, Self-Love: Dynamic Force of Success (New York:Hawthorne Books, Inc., 1969), p. 32, aangehaal deur Paul Brownback in TheDanger of Self-Love (Chicago: Moody Press, 1982), pp. 129-130.1020

liefhebbers raak verslaaf. Hulle kan nie sonder dieaanhoudende “Jy is wonderlik”-aanmerkings funksioneer nie.As jy sou waag om sonde of ‘n fout uit te wys, reageer hullein woede: “Jy bou my nie op nie.”Indien jou vrede, standvastigheid en goeie gedrag afhanklikvan ander mense is, dan word jy soos ‘n willenslose bal watheen en weer hop afhangende van die lof wat jy van andermense ontvang of nié ontvang nie. Jy is ‘n slaaf van jou vreesvir-mense; ‘n aanbidder wat kniel voor sy eie afgod, nl. dieaanvaarding deur mense. Vrees vir mense is sonde, nie ‘nmanier om deur die lewe te kom nie.Probleem 9: TeenstrydigheidTen spyte van Paulus se waarskuwing teenselfingenomenheid in 2 Timoteus 3:2, word ons wysgemaakom onsself éérs lief te hê vóórdat ons ander kan liefhê. Ditword as volg gestel: “Indien ons meer op ons self fokus, salons meer betrokke kan wees by dinge aangaande God en onsmedemens.” Dit is teenstrydig. Soos alle hartstogtelikeliefdes, word die selfliefde dan eksklusief en verterend. As ekvyftig persent van my aandag en toegeneentheid op myselfrig, dan het ek vyftig persent oor vir God en ander mense.Wanneer ek sewentig persent daarvan vir myself hou, het ekdertig persent oor vir God en ander mense. Indien ekhonderd persent aan myself wy, hoeveel bly oor vir God enander mense?Soos die skrywer Allan Bloom genoem het: “Dit wordverkondig dat die persoon wat op homself gefokus is, werklik21

besorg is oor ander mense.” Op hierdie uitlating kan ek asvolg antwoord: “Indien mens dít glo, kan jy enigiets glo.”1111Aangehaal in Prophets of Psychoheresy II, p. 136.22

SlotwoordJesus sê in Matteus 22:37

Sommige verklaar dat selfliefde altyd in die Bybel voorgekom het: predikante, kommentators en beraders het dit net tweeduisend jaar lank misgekyk. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Matteus 22:39 (klem bygevoeg) Daar i

Related Documents:

1 skrifgebruik en skrifgesag inhoudsopgawe 1 ons lees die bybel nie in isolasie van ander nie 1 2 god oefen sy gesag uit deur die bybel 3 2.1 die bybel se gesag lÊ in god opgesluit 3 2.2 god kom aan die woord deur die bybel 3 2.3 die bybel is die geskrewe woord van god 4 2.4 god vestig sy koninkryk met die boodskap van die bybel

In die begin van die Bybel, in die Eerste boek, staan wat in die begin gebeur het. Dit staan in die héél eerste versie van die Bybel in die héél eerste boek in die Bybel. Kan jy onthou wat die boek se naam beteken? [Genesis beteken “begin”. Doen teksmemori-sering van Gen. 1:1 met behulp van die moontlikhede op bladsy 10.]

LitNet Akademies Jaargang 17, Nommer 2, 2020, ISSN 1995-5928 359 Wat hou dit in dat die Bybel ’n kanon is? Pieter M. Venter Pieter M. Venter, Universiteit van Pretoria Opsomming Die begrip kanon word in die Christendom gebruik om die gesag van die Bybel aan te dui. Hie

Bewyse uit Bybel self Uitsprake ( 2 Tim 3:16; Heb 1:1; 2 Pet. 1:21) Vervulling van Profesieë Christus haal uit Ou Testament aan Vgl.Wat God sê en wat die Skrif sê ( Rom 9:17& Matt. 19:4) Opstanding weergawes Eenheid Bewyse buitekant die Bybel Ander bronne bevestig (Josefus) Bestaan

hulle eie dinge te doen. Hulle lees nie die Bybel nie en weet nie hoe God wil hê, ons dinge moet doen nie. Net soos Kobus, eindig dit dan ook baie sleg vir hulle. So ons gaan hierdie kwartaal meer van die Bybel leer, en j

Deel van die sukses van Kleuterkerk is die veiligheid van roetine vir die kleintjies. Veral as die leidsters . Bybel en ons weet dat die Bybel die waarheid is. Doentyd & Leertyd: Vandag gaan ons ’n Bybelversie leer. . Laat hulle ook die prente inkleur en huis toe neem.

ons uit die Bybel en uit die voorbeeld van Bybelkarakters hoe om na die Here te luister en dan nuut te gaan leef. CD met aanbiedersgids 0-5 groepleiers in die gemeente PRYS: R350,00 6 en meer groepleiers in die gemeente PRYS: R400,00 Junior Werkboek Graad 1-3 Die tweede

E hub length D 1 with brake disc D.B.S.E D 2 w/o brake disc B 1 overall length with brake disc B 2 overall length w/o brake disc F H AGMA gear coupling size