GRAAD: 6 VAK: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE

2y ago
445 Views
42 Downloads
813.95 KB
13 Pages
Last View : 6d ago
Last Download : 1m ago
Upload by : Ronnie Bonney
Transcription

GRAAD: 6VAK: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIEKWARTAAL EENFORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1Naam:Klas: Datum:Skool: er sepunt30Leerder %

“Naam van Skool”Natuurwetenskappe en TegnologieFormele AssesseringstaakPraktiese Ondersoek: Nr. 01Kennisafdelings: Lewe en lewende dinge & ProsesseringKwartaal: 1Inhandigingsdatum:Onderwerp: Toets voedsel vir styselNaam van leerder:Punte: 30Graad: 6.KlasInstruksies1.2.3.4.5.Jy sal die aktiwiteit in die klas onder toesig doen.Voltooi alle instruksies in jou NWT oefeningboek.Nommer al die afdelings in jou oefeningboek soos op hierdie taakblad.Gebruik ’n pen om jou antwoorde te skryf.Alle sketse moet in potlood gedoen word.Hoof Proses en Ontwerp Vaardighede:*Toegang tot inligting *Herroep van Inligting *Waarneming *Vergelyk *Meet *Sorteer *Klassifiseer*Identifiseer probleme *Vra van vrae *Voorspelling *Hipotese stelling *Beplan Ondersoek *Uitvoervan ondersoek *Aanteken van Inligting * Interpretasie van Inligting *Kommunikasie (Plot ’nstaafgrafiek, Teken ’n tabel, waarnemings)* Evalueer (Stel EEN manier voor hoe die ondersoekverbeter kan word om meer akkurate resultate te kry)Agtergrond Inligting Stysel is ’n poeierige, wit vaste stof wat in die lewende selle van groen planteaangetref word. Stysel is ’n koolhidraat, en koolhidrate is baie belangrik want dit is die liggaamse belangrikste en mees toeganklike energiebron vir ons. Wanneer plante voedsel vervaardig deur fotosintese, gebruik die plant sonligom koolstofdioksied en water om te skakel na glukose en suurstof. Die glukoseword dan omgeskakel na stysel. Stysel word gestoor in verskillende plantorgane bv. sade, blare, stingels en wortels. Mieliepitte, koring are, rys, asookdie stingels, wortels en knolle van die aartappel, bevat almal stysel. Tans is die hoof koolhidraat bronne vir Suid-Afrikaners brood, rys, mieliepap,koeldrank, beskuitjies en koeke (insluitend doughnuts), suiker /stroop / konfyten aartappels. Wetenskaplikes gebruik jodium oplossing om vir die teenwoordigheid vanstysel in voedsel te toets. Jodium oplossing is ’n oranje of bruin vloeistof.Wanneer stysel teenwoordig is, sal die jodium oplossing verander na ’nblou-swart kleur. Die blou-swart kleur word donkerder soos daar meer stysel in die monsterteenwoordig is. Jy gaan in hierdie ondersoek monsters van sommige kosse, bv. brood, pap enmelk, toets vir die teenwoordigheid van stysel. Gekookte kos monsters sal donkerder blou-swart gee as rou monsters,aangesien die kookproses help om die selwande af te breek en die stysel vry testel.Gr. 6 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 1

BELANGRIKE VEILIGHEIDSMAATREËL: Jodium oplossing is giftig, moet dus nie aan dit proe nie. (Dit sal ook jou vel enklere vlek, alhoewel dit nie skadelik is vir jou vel nie) Jy moet asseblief beskermende kleredrag en veiligheidsbrille dra. Moenie die voedsel monsters wat jy gaan toets, of enige ander chemikalie, eetnie en moenie jou vingers aflek nie. Die stysel-toets is baie sensitief, wanneer jy dieselfde houer, bv. ’n proefbuis,meer as een keer moet gebruik, maak seker dat jy die houer goed skoonmaakmet water en seep, tussen die verskillende monsters, anders kan oorblyfselsvan die vorige monsters jou waarneming beïnvloed. Die vylsel en stamper moet ook tussen elke toets deeglik gewas word. Moenie oor die kos hoes of nies nie. Vee altyd alle stortings van chemikalieë onmiddellik op.Ondersoek Toets kos vir die teenwoordigheid van stysel.1.DoelDOEN (Individueel)Skryf ’n antwoord neer vir elk van die volgende vrae: Wat is die doel van hierdie ondersoek? Waarom dink jy, sal ’n wetenskaplike wil toets of voedsel stysel bevat? Stel EEN manier voor hoe ’n wetenskaplike die inligting verkry uit die styseltoets, kan gebruik. Noem nog EEN ander feit oor voedsel wat wetenskaplikes dalk moet weet?2.(1)(1)(1)(1)VoorspellingDOEN: (In Groepe) 3.Bestudeer die gemerkte kossoorte wat deur jou onderwyser verskaf is envoorspel watter kossoort sal stysel bevat.Wat dink jy, sal gebeur as jodium oplossing by die meel gevoeg word?Hipotese – (raai die antwoord) Bespreek in pare en besluit op ’n gepaste hipotese.DOEN: (individueel) Formuleer ’n gepaste hipotese vir hierdie ondersoek. Skryf jou hipotese so:Wanneer .[ek dit doen], ,sal , .[iets] .gebeurGr. 6 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES(3)Bladsy 2

4.Beplan die ondersoekLys van chemikalieë, stowwe en apparaatTwaalf (12) klein monsters van onbekende voedsel, gemerk: A, B, C, D, E, F, G, H,I, J, K & L.NB: Monster A is gewone kraanwater.WaterJodium Oplossing OF Jodiumtinktuur (beskikbaar by jou plaaslike apteek)Skoon pipet / medisyne drupper / spuitSkoon houers, bv.: proefbuise en proefbuis rakke, klein wit bakkies / Ysblokkiebakke (aanbeveel), pierings, klein flessies, ens.Skoon tangetjie (tweezers)Glasstaaf OF ’n houer tandestokkiesSkoon vylsel en stamperSkoon spatels of teelepels vir elke kos-monsterPenne om monsters te merkProefbuis borselKlein messieMetodeInstruksies aan die onderwyser Berei ’n paar stasies in die klaskamer waar die leerders in groepe kan werk. Verdeel die leerders in groepe van twee tot vier in ’n groep. Plaas al die kos-monsters en toerusting by die verskillende stasies Herinner die leerders aan die veiligheidsmaatreëls wat hulle moet volg tydensdie ondersoek.NB: Sommige van die kos-monsters moet voorberei woord voor hulle getoets kanword. Moenie met jou kaalhande die kos-monsters hanteer nie. Gebruik ’n tangetjie(tweezers) om die monsters in hulle verskillende genommerde toets houers teplaas, bv. proefbuise en proefbuis rakke, klein wit bakkies / Ysblokkie bakke(aanbeveel), pierings, klein flessies, ens. Gebruik dan die tangetjie (tweezers) omdie volgende te doen: Skeur die kos-monster in klein repies. Maak die kos-monster fyn. Druk die monster plat.DOEN: (individueel) Teken die onderstaande tabel oor in jou oefeningboek. Voltooi die tabel deurdie name van die kos-monsters wat jy gaan toets, in die eerste kolom te skryf.Onthou, monster A is skoon water. Dui aan of die kos-monster stysel bevat deur die voorgestelde opskrifte in dietabel hieronder te gebruik.Gr. 6 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 3

Kos-monsterVoorspelling: Styselteenwoordig Stysel nieteenwoordig Weet nieBeskrywingvan die kosmonstervoordat dieJodiumoplossing /Jodiumtinktuur bygevoegis.Beskrywingvan die kosmonsternadat dieJodiumoplossing /Jodiumtinktuurbygevoegis.Uitslaevan dieEerstetoetsUitslaevan dietweedetoetsA - waterBCDEFGHIJKLAnder:5.Uitvoer van die OndersoekVoer die ondersoek uit en noteer die waarnemings:DOEN: (in jou groep) Werk by die stasie en groep soos die onderwyser toegeken het aan jou. Volg die volgende instruksies. VIR KOS-MONSTERS WAT FYNGEMAAK MOET WORDGebruik ’n skoon vylsel en stamper om ’n klein hoeveelheid van die kos fyn temaak. Wees versigtig om die kos-monsters nie te meng nie.Onthou om die vylsel en stamper na elke gebruik skoon te maak.StamperVylselGr. 6 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 4

Plaas elkeen van die fyngemaakte kos-monsters in skoon houertjies, deur dieskoon tangetjie (tweezers) te gebruik.Merk elke kos-monster.TweezersKos-monster Plaas ook een lepel van al die ander kos-monsters in die skoon houers.NB: Kos-monster A is suiwer , A, B, C, D, ens.Merk jou lepels ook A, B, C, D, ens. om te verseker dat die verskillende kosmonster nie gemeng word nie. Merk elke houer duidelik. Voeg twee druppels water by elke kos-monster. Gebruik ’n tandestokkie / glasstaaf om die kos-monster en die water deeglik temeng. NB: Maak seker dat jy elke keer ’n nuwe/skoon tandestokkie of glasstaafgebruik om die kos-monster en water te meng. Toets nou elke monster deur twee tot drie druppels Jodium oplossing /Jodiumtinktuur by te voeg deur ’n skoon pipet / medisyne drupper / spuit tegebruik.Voeg Jodium oplossing /Jodiumtinktuur by. Wag ’n paar minute om die veranderinge waar te neem.DOEN: (individueel) Tabelleer jou uitslae in die tabel wat jy in jou oefeningboek geteken het.DOEN: (in jou groep) Maak alle houers leeg en was die houers wat weer gebruik kan word. Ruim jou stasie opGr. 6 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 5

6.KommunikeerTabelleer jou waarnemingsDOEN: (individueel) Voltooi al jou waarnemings.7.EvalueringDOEN: (individueel)Interpreteer / vertolk jou waarneming Beskryf jou waarnemings van die ondersoek. Interpreteer en bespreek jou waarnemings. Gee redes waarom jou voorspellings dalk van jou waarnemings verskil. As jou voorspelling korrek is, verduidelik hoe jy jou voorspelling gemaak het. Aanvaar of verwerp jou hipotese deur die algemene gevolgtrekking na dieondersoek, neer te skryf.8.(2)(2)(2)Gevolgtrekking en verbeteringDOEN: (individueel)(a) Stel EEN manier voor waarmee jy die ondersoek kan verbeter om meerakkurate resultate te kry.(b) Hoe kan jy hierdie toets gebruik om uit te vind of ’n stof stysel bevat?(c) Wat is die hoofdoel van stysel by plante?(d) Waarom is die water ingesluit as ’n monster by die toets vir stysel?(e) Gee twee voorbeelde van stysel wat ons eet.(f) Was daar ’n verskil in die toets tussen die rou en gekookte aartappel?(g) Moet die hoeveelheid kos-monster baie akkuraat afgemeet word? Verduidelikjou antwoord.(h) Voltooi die self-assessering kontrolelys hieronder.(2)(1)(1)(1)(2)(1)(2)Self-assessering KontrolelysVermelde funksies Bereik?Ja, ofNee,?Verbeterings wat ek kan doenAlle instruksies is noukeurig gevolgAlle vrae is deur my beantwoord.Tabelle is geteken, korrek benoem envolledig ingevul.Ek het netjies gewerk en ’n skoonwerkstasie agtergelaat.Die werk in my oefeningboek is netjiesen volledig.Ek het al die vrae beantwoord.Gr. 6 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 6

Formele Assessering RubriekKriteria:PuntDoel van die ondersoek is korrekRedes waarom ’n wetenskaplike voedsel wil toets vir stysel?EEN wyse wat ’n wetenskaplike die inligting van die stysel-toetskan gebruik.EEN ander feit i.v.m. voedselsoorte wat ’n wetenskaplike sal wilweet?Korrekte voorspellingGepaste hipotese geformuleerWaarnemings / data korrek getabelleerWaarnemings van die ondersoek is korrek beskryfGronde waarop voorspelling gemaak isDie hipotese gestel, word aanvaar of verwerp deur diegevolgtrekking wat uit die ondersoek gemaak word.Hoe kan jy aflei dat ’n stof stysel bevat deur hierdie toets tegebruik?Die hoofdoel van stysel in plante is korrek beskryfWaarom is water as ’n voedsel-monster gebruik vir die styseltoets?Twee tipes koolhidrate wat ons gereeld eet, is geïdentifiseer.Die verskil tussen ’n rou en ’n gaar aartappel.EEN manier waarop die ondersoek kan verbeter word om meerakkurate resultate te kry.Moet die hoeveelheid kos wat gebruik word in die ondersoek,korrek afgemeet word? Verduidelik jou antwoord.Al die houers is leeggemaak en gewas. Die stasie en toerustingwat weer gebruik kan word, is skoongemaak.Opmerking:Handtekening: m:Punt:Gr. 6 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES/30Bladsy 7

STYSEL TOETSOPVOEDER NOTAS:InleidingHierdie is ’n eenvoudige toets wat bepaal of voedsel stysel bevat. Jodium oplossing wordgebruik om te toets vir die teenwoordigheid van stysel in verskillende kossoorte. Dit het ’ngeel-oranje of bruinerige kleur. Wanneer jodium oplossing met stysel gemeng word,verander die kleur van geel-oranje of bruin na ’n blouswart kleur. Jodium oplossing is ’nbaie sensitiewe toets. Dit gebruik klein hoeveelhede stysel. Skole kan Jodiumtinktuurinplaas van jodium oplossing gebruik. Dit is goedkoop en beskikbaar by apteke.Stysel vorm korrels in die lewende selle van plante. Jodium oplossing dring die sellemakliker binne as die selwande afgebreek is en die styselkorrels geswel is. Beide gebeurwanneer die plantvoedsel gaar is.Ons praat van ’n positiewe resultaat wat die teenwoordigheid van stysel aandui (d.i. diegeel-oranje of bruin jodium oplossing verander na blou-swart) of ’n negatiewe resultaat(wanneer daar geen kleurverandering plaasvind nie)Veiligheid wenkeDie Praktiese Taak moet onder toesig gedoen word. Jodium oplossing sal die vel enkleure vlek. Daar word aanbeveel dat die leerders die volgende dra: Veiligheidsbrille om die oë te beskerm ’n Voorskoot om hulle klere te beskermWas die areas op die vel onmiddellik as Jodium oplossing daarop gemors is. Dogtersmoet ook hul lang hare vasmaak voordat hulle met Jodium oplossing werk. Alle materialemoet baie versigtig gebruik word en die instruksies moet noukeurig gevolg word.Die opvoeder moet ook verseker dat die leerders: Nie enige van die kos-monsters eet nie, want Jodium oplossing is giftig Hulle hande was na elke aktiwiteit Nie eet of drink wanneer ’n eksperiment uitgevoer word nie Versigtig moet wees om nie enige stowwe in hul oë, neus of mond in te kry nie Nooit op hul eie eksperimenteer nie Skoonmaak en van stowwe veilig ontslae raak na elke aktiwiteit.Die stysel-toets is sensitief, dus moet leerders, wanneer hulle die houer vir meer as eentoets gebruik, seker maak dat hulle dit deeglik skoonmaak sodat daar geen reste van dieeerste monster oorbly nie. Hierdie reste kan dalk stysel bevat en ’n verkeerde resultaatgee.Die vylsel en stamper moet ook tussen toetse deeglik gewas word.Gr. 6 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 8

Metode vir die STYSEL-TOETSJy benodigTOERUSTING EN MATERIALEProefbuiseProefbuis rakkeAlternatiewe apparaat i.p.v.proefbuise:- klein wit bakkies / Ysblokkiebakke (aanbeveel),- pierings,- klein flessies, ens.GlasstaafSpatels of lepelsBeker of bakkieBorseltjieEtikette of penne vir merkKlein messie vir sny of kerfTangetjie (Tweezers)TandestokkiesVylsel en StamperPipette / medisyne drupper/spuitJodium Oplossing / Jodiumtinktuur(beskikbaar by die apteek)Omtrent dertien (13) klein hoeveelhede van dievolgende kossoorte (of enige ander kossoortvan u keuse)- Aartappel (rou en gaar)- Piesang- Mieliemeel (rou en gaar)- Botter / margarien- Kraakbeskuitjies- Kaas- brood- Olie- Water- Gaar rys- Koek- of broodmeel- Suiker- Pasta- Maizena- Appel- Kropslaai- Maalvleis- Tee- Melk (1 teelepel)- Sjokolade- Lemoensap- Ui- Eierwit- Heuning- 1 teelepel graanvlokkies- ’n Stukkie doughnut- Onbekende voedsel monsterMetodeVersamel al die nodige toerusting, materiale en kos-monsters nodig vir die ondersoek.Besluit hoeveel stasies jy gaan opstel, afhangende van die klasgrootte, aantal leerders,beskikbare toerusting en materiale. Berei ’n plek / stasie voor waar die leerders in groepe gaan werk. Verdeel die leerders in groepe van twee tot vier. Plaas voedsel monsters en toerusting by elke stasie. Verseker dat alle toerusting skoon is. Gee leerders die geleentheid om die tabel in hul oefeningboeke te teken waarin huldie data versamel, gaan aanteken.NOTA: Sommige kosse moet gekook word voor toetsing. Die kos kan besoedel wordwanneer dit met die hande hanteer word. Gebruik ’n tangetjie (tweezers) om die kos inkleiner deeltjies of repies te maak. Gebruik ook die tangetjie (tweezers) om die voedselin die gemerkte toets-houers te plaas. Sommige voedsel het dalk ’n vylsel en stampernodig om dit fyn te maak. Maal, stamp of kap groot stukke voedsel kleiner.Gr. 6 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 9

Plaas een teelepel fyngemaakte voedsel in die toets-houers. Om te verhoed dat dievoedsels meng, gebruik verskillende teelepels vir die verskillende teelepels.NOTA: Monster A moet suiwer water wees.Gee leerders genoeg tyd om: ’n Tabel te trek Die name van die kossoorte in die eerste kolom van die tabel in te skryf. Te voorspel watter voedsels sal stysel bevat en dit in die tabel aan te teken.VIR VOEDSELS WAT FYNGEMAAK MOET WORD: Gebruik ’n skoon vylsel en stamperom ’n klein hoeveelheid van die voedsel fyn te maak. Maak die vylsel en stamper skoonna elke proses.Los die kos-monsters op in ongeveer twee druppels water voor die toets uitgevoer word.Meng die water met die kos deur dit te roer met ’n tandestokkie of glasstaaf. Gebruik ’npipet / medisynedrupper / spuit om drie druppels Jodium oplossing by die monster tevoeg. Neem enige kleurveranderinge waar en noteer dit in die tabel. Herhaal die prosesmet elkeen van die kos-monsters.NOTA: Suiwer water bevat geen stysel. Die water sal geel-oranje bly want daar is geenstysel in water nie. Wetenskaplikes noem dit ’n negatiewe kontrole omdat dit ’nnegatiewe toets vir stysel gee. Wetenskaplikes gebruik kontroles in eksperimente sodathulle weet wat om te verwag wanneer onbekende stowwe getoets word.SKOONMAAK!!!!!1. Verpligtend vir alle leerders.2. Was ALLE houers DEEGLIK met seep, water en ’n proefbuis-borsel. Plaasonderstebo om droog te word.3. Raak ontslae van die kossoorte deur dit in die vullisdrom te plaas.4. Maak die werkstasie skoon en vee met ’n droë lap af.Resultate:Die water sal geel-oranje bly want daar is geen stysel in water nie. Wetenskaplikesnoem dit ’n negatiewe kontrole omdat dit ’n negatiewe toets vir stysel gee.Wetenskaplikes gebruik kontroles in eksperimente sodat hulle weet wat om te verwagwanneer onbekende stowwe getoets word.Kossoorte wat stysel bevat sal wys hoe ’n positiewe toets vir stysel lyk. Omdat ons dusweet wat die positiewe resultaat is, noem ons dit ’n positiewe kontrole.Gr. 6 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIESBladsy 10

Moontlike / voorgestelde antwoorde op sommige vrae: Wat is die doel van hierdie ondersoek?Om voedsel wat stysel bevat, te ondersoek Redes waarom ’n wetenskaplike voedsel wil toets vir stysel?Om kennis te hê oor die relatiewe inhoud van verskillende voedselgroepe. Enige ander relevante antwoord EEN wyse waarop ’n wetenskaplike die inligting verkry vanuit die styseltoets kan gebruik:Maak aanbevelings van diëte vir mense met verskillende omstandighede, bv. mense wat aanwanvoedings-verwante siektes lei, soos kwasjiorkor. ’n Wetenskaplike kan voedsel wat ryk is aanstysel, maar geen proteïene bevat nie, identifiseer en wat dus nie geskik is vir ’n stapeldieet virjong kinders nie. EEN ander feit wat wetenskaplikes moontlik wil weet van voedsel-monsters?o Die relatiewe hoeveelhede van ’n voedselgroep en of dit teenwoordig of afwesig is.o Die vitamien inhoudo Die energie waardeo Die minerale soute teenwoordigo Die persentasie veselo Enige ander relevante antwoordDit is belangrik om ’n verskeidenheid kosse te eet wat die selle voed, herstel selle, groei en om dieimmuunstelsel te versterk Enige een Voorspelling korrek gemaak en neergeskryf ’n Gepaste hipotese is korrek geformuleer en neergeskryf Waarnemings / data korrek getabelleer. Waarnemings tydens die ondersoek is korrek beskryf Gronde waarop voorspellings gemaak is, is beskryf. Die gekose hipotese is aanvaar of verwerp deur die maak van ’n algemene gevolgtrekking uit dieondersoek Stel EEN manier voor hoe die ondersoek kan verbeter word om meer akkurate resultate te kry.Deur herhaling van die ondersoek verskeie kere, deur dieselfde tipe en hoeveelheid kossoorteen Jodium oplossing / Jodiumtinktuur te gebruik. Wat is die hoofdoel van stysel in plante?Stoor voedsel vir die plant Hoe kan jy, deur hierdie toets te gebruik, bepaal of ’n stof stysel bevat?As oranje-geel of bruin Jodium oplossing gebruik word om vir stysel te toets, verander die kleur nablou-swart Waarom, dink jy, is water ingesluit as kossoort om vir stysel te toets?Dit is gebruik as ’n kontrole in die ondersoek om uit te vind wat om te verwag as daar ’nonbekende stof getoets word. Noem twee tipes koolhidrate wat ons eet.Suikers en stysels Watter verskil, indien enige, het jy waargeneem tussen die rou en die gaar aartappel se toets?Gaar kos-monsters het ’n donkerder blou-swart gekleur as die rou monsters Want kook help dieselwande afbreek en stysel vrystel Moes jy die g

Gr. 6 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 2 BELANGRIKE VEILIGHEIDSMAATREËL: Jodium oplossing is giftig, moet dus nie aan dit proe nie. (Dit sal ook jou vel en klere vlek, alhoewel dit nie skadelik is vir jou vel nie) Jy moet asseblief beskermende kleredrag en veiligheidsbrille dra.File Size: 813KB

Related Documents:

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE - KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 1 "Naam van Skool" Natuurwetenskappe en Tegnologie Formele Assesseringstaak Kwartaal 1 Praktiese Taak nr. 01 Inhandigingsdatum Kennisafdelings: Lewe en Lewende dinge & Strukture Punte: 30 Graad 4 Onderwerp: Toestande wat nodig is vir sade om te ontkiem

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE - KWARTAAL 1 TOETS Bladsy 5 WKOD NWT Graad 4 Kwartaal 1 – Maart MEMORANDUM 1. 1.1 D - beweeg 1.2 C – beweging 1.3 D - saad jong plant volwasse plant 1.4 A - Water, lug en sonlig. (4) 2. 2.1 D 2.2 E 2.3 A 2.4 B (

Afrikaans lê die ATKV na aan die hart en ons en die Beter Afrikaans-span nooi jou uit om jou liefde vir en kennis van Afrikaans met dié kompetisie te vier. KATEGORIEË Afrikaans Huistaal Graad 3 Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7 Graad 8 en 9 Graad 10 tot 12 Volwassenes Afrikaans

8 en 9. Graad 7 Graad 8 Graad 9 Onderwerp 3: Interpretasie en opvoering van „n keuse van dramatiese vorms Lys die dramatiese vorms wat in Graad 7, 8 en 9 bestudeer word. Graad 7 Graad 8 Graad 9 Onderwerp 4: Waardering en besinning Dui aan hoe u sal verseker dat u leerders die inhoud en vaa

VAK en GRAAD SOSIALE WETENSKAPPE – GRAAD 4 KWARTAAL 2 Week 5 SKAKEL MET ONDERRIG- EN ASSESSERINGSPLAN Leer van leerders Wat is die eienskappe van ‘n goeie leier? DOELSTELLINGS VAN LES Leerders toe te rus met die kennis, vaardighede en waardes noodsaaklik vir selfvervulling en deelname in ‘n gemeenskap as ‘n burger van ‘n vry land.

Graad 10: 1. Vak Registrasie: 2. Leerder Registrasie: R145 per vak R181 per Leerder Graad 11: . GRAAD 4 to 6: GRAAD 7 to 9: Afrikaans (Huistaal) Afrikaans (Huistaal) . English (First Additional Language) Wiskunde Wiskunde Lewensoriëntering Lewensoriëntering Natuurwetenskap Natuurwetenskap

C Skryfbehoeftes vir die teorie-eksamens (iv) D Hernasien, Punteverslag en Eksaminatorsverslag (iv) NOTAS TOV SOLFANOTASIE: Voorgraad 1 – Graad 3 (v) VOORGRAAD 1 1 . GRAAD 1 4 . GRAAD 2 9 . GRAAD 3 14 . GRAAD 4 20 . GRAAD 5 26

Brian Nicholas Harris, CC Citizen and Glazier . Barbara Anne Bear Citizen and Musician Maureen Sutherland Smith a Public Relations Consultancy Chairman 78 Hamilton Terrace, St Johns Wood, Westminster The Rt Hon The Lord Mayor Barbara Anne Bear Citizen and Musician Michael John Henesy a Meat and Fish Specialist 49 Hatton House, St Georges Estate, Stepney, Tower Hamlets Susan Margaret Hughes .