GRAAD: 6 VAK:LEWENSVAARDIGHEDE - SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL . - Weebly

1y ago
60 Views
10 Downloads
774.47 KB
13 Pages
Last View : 12d ago
Last Download : 16d ago
Upload by : Aarya Seiber
Transcription

GRAAD: 6VAK:LEWENSVAARDIGHEDE –SKEPPENDE KUNSTEKWARTAAL EENFORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) teit/VormUitvoerende Kunste: Drama en Musiek OpvoeringLeerder sepuntLeerder %

LEWENSVAARDIGHEDE: SKEPPENDE KUNSTEFORMELE ASSESSERINGSTAAK: UITVOERENDE KUNSTEGRAAD 6KWARTAAL 1NOTA AAN DIE ONDERWYSER:Die Formele Assesseringstaak is ontwikkel in die vorm van „n stap-vir-stap riglyn aanleerders. Die aktiwiteite word in die klas gedurende die eerste kwartaal gedoen. Dit isbelangrik dat onderwysers die verskillende stappe met die kinders behandel om aktiewe,kreatiewe en kritiese deelname deur die leerders te verseker.ONTWIKKEL ‘N KORT DRAMA OM OP TE VOERVir hierdie aktiwiteit gaan jy „n drama ontwikkel wat gebaseer is op „n fabel. Terwyl jy joudrama, saam met jou groep, ontwikkel sal daar geleenthede wees wanneer jouonderwyser jou gaan assesseer. Daar gaan veral gekyk word of jy die drama elementesoos storielyn/intrige, karakter en ruimte verstaan en kan toepas.Lees die fabel hieronder wat bewys dat mens jou doel kan bereik as jy nie sommer goumoed opgee nie.'n Man met drie seuns het 'n koringland gehad. Elke nag is daar baie van die koringbesteel. Hy besluit toe dat sy seuns moet waghou by die koringland. Die oudste seunwas eerste aan die beurt. Hy het aan die slaap geraak en die volgende oggend is daarweer baie koringare skoonveld! Die tweede seun het nie veel beter gevaar nie en weer„n keer was daar van die boer se koring gesteel. Die jongste seun het sy pa gesmeekom ook wag te staan. Toe sy pa uiteindelik toestemming gee, het hy besluit om homselfbaie goed voor te berei. Hy het „n hangmat vol spelde en „n kitaar saam met homgeneem. Terwyl hy wag gestaan het, het hy op die kitaar getokkel om wakker te bly. Toehy aan die slaap raak in die hangmat het die spelde hom weer laat wakker skrik!Net voor dagbreek, het hy iets sien beweeg op die koringland. Hy gooi toe „n toudaarom en trek dit nader na hom toe. Dit was „n klein veelkleurige perd, wat hartseer nahom gekyk het en hom gesmeek het om hom nie dood te maak nie. “Ek is die Perd vanSewe Kleure. As jy my sal laat gaan, sal ek jou altyd help wanneer jy my nodig het.”GR 6 FAT1: LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1Page 1

Die perd het „n klein fluitjie aan hom gegee en het belowe om onmiddelik na hom te komas hy die fluitjie sou blaas om hulp. Die seun het die tou toe los gemaak en die Perd vanSewe Kleure laat gaan. Toe die pa sien dat daar geen skade aan die koringlandaangerig is nie, het hy sy jongste seun geprys en met die ouer seuns geraas oor hulonbevoegdheid. Die twee ouer seuns het skaam gevoel hieroor en besuit om eerder hulouerhuis te verlaat.Terwyl hulle hul perde opgesaal het, het die jongste seun gesmeek om saam met hullete gaan, maar hulle het weggery sonder hom. Onverskrokke, het die jongste kos vir homingepak en hulle te voet agterna gesit. Na „n hele dag en nag het hy hulle ingehaal.Hulle was glad nie ingenome om hom te sien nie, maar hulle het die kos gesien wat hyingepak het. Hulle het die kos van hom gavat en hom vasgebind en hom in die slootlangs die pad gelos.Nadat hy vir „n baie lang tyd in die sloot gelê het, met geen hulp in sig nie, het die seunonthou van die fluitjie wat die Perd van Sewe Kleure aan hom gegee het. Hy kon ditregkry om die fluitjie uit sy sak te wikkel en daarop te blaas. Onmiddellik het die Perdvan Sewe Kleure verskyn en die seun bevry van die toue . Maar die seun wou ook dieperd se hulp hê om sy broers in te haal. Toe hulle saam by die volgende dorp aankom,sien hulle dat die broers aan „n wedstryd deelneem om die hand van die prinses te wenen met haar te trou. Haar pa, die vors van die provinsie, het al die jong mans uitgedaag:die jong man wat „n appel kan gooi van sy gallopende perd af sodat dit op die prinses seskoot val, sal onmiddelik met haar kan trou. Die prinses het boonop op „n hoë balkongesit.Al die jong manne in die koninkryk het probeer om hul geluk so te vind, ook die tweebroers. Toe die jongste die prinses sien, was dit liefde met die eerste oogopslag, en washy vasbeslote om ook „n kans te kry om ook die appel te gooi. Hy het die Perd van dieSewe Kleure aan sy belofte herinner en die perd het hom belowe dat hy akkuraat salgooi. Nadat al die ander jong mans in hul pogings misluk het, het die jongste seun dieappel regoor die balkon in die skoot van die prinses laat val terwyl hy op die rug van diePerd van Sewe Kleure gery het.En so het die die jongste seun die hand van die prinses gewen en met haar getrou. Bydie huwelikseremonie wat „n groot fees was, het die jongste seun aangekondig dat hy sybroers vergewe het dat hulle hom in die sloot laat lê het. Hy het hulle, saam met sy pa,genooi om by hom en sy prinses in die paleis te kom woon.Die Perd van die Sewe Kleure het gesê dat sy skuld terugbetaal is en afskeid van dieseun geneem en verdwyn.Uit: Latin American Folktales deur John BierhorstGR 6 FAT1: LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1Page 2

STORIELYN/ INTRIGE – Wat gebeur in die storie?Instruksies1. Verdeel in groepe van vyf tot sewe groeplede. Sit in „n sirkel of bymekaar as „ngroepie.2. In jul groep, vertel die storie vir mekaar – een sin op „n keer. Elke groeplid kry „nkans om „n sin te sê en dan gaan die volgende groeplid aan met die storie.3. Teken „n breinkaart in jou klaswerkboek. Jy moet die volgende beantwoord oor diestorie wat julle sopas in jul groepe vertel het: Wat is die kern (hoof-)oomblikke in die storie? Wat gebeur aan die begin van die storie? Hoe eindig die storie? Wie is die karakters in die storie? Waar vind die storie plaas?GR 6 FAT1: LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1Page 3

Kernoomblikkein die storie.Begin van diestorie .Hoe eindig diestorie?Die Perdmet SeweKleureKarakters.GR 6 FAT1: LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1Waar vind diestorie plaas?Page 4

4. In jou groep, maak drie tablo‟s (gevriesde standbeelde, gebruik liggaam engesigsuitrdukking) – een vir die begin van die storie; een vir die einde van die storie;een vir die klimaks (of punt van meeste spanning in die storie). Wys die askiepunte (begin, klimaks/hoogtepunt en die einde van die storie)duidelik deur die tablo‟s.Maak seker dat jy die plek waar die drama afspeel duidelik uitbeeld deurliggaamstaal (bv. as dit afspeel in „n grot, sal julle gebukkend staan en naby aanmekaar om te wys dat dit „n klein ruimte is).As „n groep, bespreek wat moet gebeur om die storie te laat loop vanaf die eerstetablo na die tweede en dan na die finale een aan die einde. Improviser nouelkeen van hierdie aksiepunte. Maak seker dat elke toneel net die basieseelemente uitbeeld. Sny alle onnodige handeling uit.Skryf „n kort opsomming in jou werkboek waarin jy beskryf wat by elke tablogebeur.Jou onderwyser sal jou dan assesseer om te kyk na hoe julle die storielyninterpreteer.4-5Voldoen ten volleDie leerder demonstreer „ngoeie begrip van die storie sestruktuur. Daar is „n duidelikebegin, middel en slot. Dieklimaks is duidelikwaarneembaar. Die struktuurword d.m.v die tablo‟s metoortuiging oorgedra.Struktuurvanstorielyn2-3Voldoen gedeeltelikDie toneel het nie genoegsameen duidelik waarneembarebegin, middel en slot nie. Dieklimaks realiseer nie ten vollenie. Die struktuur word nie metoorgawe en duidelikheidoorgedra nie.1Voldoen nog nieDaar is geen struktuurwaarneembaar nie, geenaanduiding van begin, middle enslot nie. Die klimaks word nieuitgebeeld nie. Die struktuur wordonoortuigend en met geen aandagoorgedra.KARAKTER – Wie is in die drama?4. Identifiseer die karakters in die drama.In jou groep, bespreek die volgende en maak notas in jou klaswerkboek.Hoeveel karakters is daar in die drama? Julle kan besluit om karakters by tevoeg, karakters te verander om die groeplede te pas (manlike karakters kanGR 6 FAT1: LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1Page 5

byvoorbeeld verander word in vroulike karakters, ens.) en selfs „n storievertellerin te voeg, ens.Bespreek die verskillende karakters volgens die volgende aspekte:o rol/funksie in die dramao status en verhouding tussen die karakters5. Nou moet daar besluit word oor die rolverdeling in die drama. Besluit in jul groep wiegaan watter rol speel.6. Verbeel jou dat jy die karakter is. Hoe loop jou karakter? Hoe oud is jou karakter?Watter houding het jou karakter ten opsigte van die ander karakters in die drama?Meng met mekaar en groet op „n wyse wat hierdie houdings weerspieël, deur slegsdie woord “hallo” te gebruik. Fokus op stemtoon, liggaamstaal en gesigsuitdrukking.7. Skep„n collage van jou karakter in jou klaswerkboek vir huiswerk. Jy kan gebruikmaak van prente uit tydskrifte of jy kan prentjies teken van moontlike kostuumitems;prente van dinge wat jou karakter elke dag gebruik, of versamel, of van hou om nate kyk. Dit gee aan jou die geleentheid om die wêreld van die karakter te verken.8.Jou onderwysers sal jou klaswerkboek inneem en jou collage informeel assesseer.PLEK – Waar en wanneer vind die drama plaas?9. Besluit in jul groep waar die drama afspeel. Word daar meer as een plekbenodig?Indien wel, hoe moet die verhoogruimte opgestel word sodat dieaksie glad en maklik kan vloei van een toneel tot by „n ander? Gaan julle gebruikmaak van „n verteller om die verskillende plekke aan te kondig. Besluit of julle sekereobjekte wil gebruik om die ruimte aan te dui, bv „n fluitjie om aan te dui dat julle op „nsportveld is, ens.10. Maak seker dat julle slegs items gebruik wat iets met die wêreld van die drama tedoen het en dat die karakters dit sal gebruik. Julle kan skere handelinge deur mimiekof beweging wys om aan te dui waar julle is. Bespreek hierdie vrae en skryf jullegevolgtrekking in jul klaswerkboeke neer onder die opskrif, PLEK.11. Kep „n KLANKBAAN vir die drama wat pas by die drama wat aangebied gaan word,en wat die atmosfeer en plek vir die gehoor skep. Skep die klankbaan deur dieGR 6 FAT1: LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1Page 6

gebruik van jul stemme, ritmiese patrone deur liggaamperkussie (klappe, klikke,kloppe ens.) en enige geïmproviseerde instrumente wat julle kan opspoor (bv.sleutels, liniale, potlode, papier, „n koffiebeker ens.). Julle kan byvoorbeeld „ndonderstorm, groot kompetisie, strand, sokkerwedstryd, die veld in die nag, ens.slegs deur klanke uitbeeld. Wys „n dirigent in die groep aan wat julle wys wanneerom te begin en te eindig, wanneer om harder en sagter te gaan, ens. Maak sekerdat julle die aksiepunte in ag neem.Indien leerders „n melodiese instrument kan bespeel, kan „n melodiese frase in CMajeur geskep word deur interessante ritmiese patrone te gebruik.12. REPETISIEJulle gaan nou repeteer aan jul drama. Jul onderwyser sal jul repetisies dophou ensal julle help om te fokus op verskillende aspekte soos wat julle oefen.FINALE OPVOERINGStel julle opvoerruimte op voor die opvoering. Maak seker dat julle jul stemme voorafopgewarm het en dat julle gefokus is op die opvoering.Geniet die opvoering! Jul onderwyser sal julle assesseer en hierdie punt sal deel vormvan jul Lewensvaardighede punt. Voltooi die volgende vrae in jul klaswerkboek oor dieopvoering:GR 6 FAT1: LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1Page 7

VRAELYS1. Wat het jy geniet van die opvoering wat jy gesien het?2. Wat het gebeur in die drama? (Dink aan storielyn, karakters, temas, plek, rekwisiete,klankeffekete, ens.)3. Was daar enigiets wat onduidelik was in die drama? Brei hierop uit.4. Watter voorstelle sou jy wou gee om die opvoering duideliker en meer effektief etnie?GR 6 FAT1: LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1Page 8

KRITERIA: DRAMA OPVOERING4-52-31TotaalStruktuur van die storielyn (reeds geassesseer)Vokale (stem) karakteriseringFisiese karakteriseringVerhoogsin – gebruik van ruimteInteraksie – luisterGebruik van gepaste vertellingstegniekeGebruik van ritmiese patrone om ‘nklankbaan vir die opvoering te skepGebruik ‘n trom / perkussie of melodieseinstrument om die handeling te ondersteun enom spanning of ‘n karakter aan te dui, ens./40GR 6 FAT1: LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1Page 9

DRAMA EN MUSIEKOPVOERING4-5Voldoen ten volleVokale karakteriseringFisiese karakteriseringVerhoogsin – gebruik van ruimteDie leerder kommunikeer die persoonlikheid,agtergrond en status van die karakter. Hy/sy is instaat om ‘n teks te interpreteer, gepaste keuses tenopsigte van karakterisering te maak. Hierdiekaraktereienskappe kan die volgende insluit:toonhoogte, intonasie, omvang, ritme, aksent,infleksie en kwaliteit, ten einde die stem van hulkarakter suksesvol en op gepaste wyse oor te dra.Die leerder demonstreer die vermoë om hul liggaamaan te pas ten opsigte van postuur, energie, gewig,grootte en kwaliteit van gebare ten einde ‘n gepastefisikaliteit vir sy/haar karakter op suksesvolle engepaste wyse oor te dra.Die leerder demonstreer die vermoë om dieverhoogruimte op gepaste en interessante wyse aante wend, sodat die aanbieding duidelik met diegehoor kommunikeer. Alle beweging is gemotiveerd.Interaksie – luisterDie leerder demonstreer die vermoë om in karakterte bly wanneer hulle nie praat, of nie die fokus vandie aandag is nie; hulle reageer op en luister ten alletye na die ander karakters op die verhoog.Gebruik van vertellingstegniekeDie leerder is ten alle tye oortuigend binne diekonteks van die fabel – hetsy in die rol van vertellerof karakter.Die leerders was suksesvol in die skep van ‘noorspronklike klankbaan en ‘n verskeidenheidopwindende ritmiese patrone om die opvoering teondersteun.Die leerders was suksesvol in die skepping vanoorspronklike en opwindende klankbaan wat diedrama op ‘n dinamiese manier geïnterpreteer het.Gebruik van ritmiese patrone om‘n klankbaan vir die opvoering teskepGebruik ‘n trom / perkussie /melodiese instruments om diehandeling te ondersteun & omspanning / karakter aan te dui.TOTAAL2-3Voldoen gedeeltelik1Voldoen nog nieDie leerder is gedeeltelik suksesvol in die skep envolhou van ‘n vokale karakterisering, of daar magmoontlik tekens van vokale spanning/ooreising wees.Sekere aspekte van die karakterisering mag moontlikonvanpas vir die betrokke karakter of konteks wees.Die leerder is onsuksesvol in die skep en volhouvan ‘n vokale karakterisering, of daar isdeurlopende vokale spanning/ooreising in dieaanbieding. Die vokale karakterisering isonvanpas vir die betrokke karakter of konteks.Die leerder is gedeeltelik suksesvol in die skep envolhou van ‘n fisieke karakterisering, of daar magtekens van onnodige spanning wees. Sekere aspektevan die karakterisering mag moontlik onvanpas vir diebetrokke karakter of konteks wees.Die leerder is gedeeltelik suksesvol in die aanwendingvan die verhoogruimte op gepaste en interessantewyse. Dit mag wees as gevolg van selfbewustheid,maskering van hulself of ander, onseker bewegings, ofongemotiveerde bewegings met tye.Die leerder is inkonsekwent in terme vankarakterisering wanneer hulle nie praat, of nie diefokus van die aandag is nie; reaksies op en die luisterna ander karakters word nie volgehou deur die toneelnie.Die leerder is nie ten alle tye oortuigend binne diekonteks van die fabel nie –hetsy in die rol van vertellerof karakter.Die leerders was gedeeltelik suksesvol in die skep van‘n klankbaan en ritmiese patrone om die opvoering teondersteun.Die leerder is onsuksesvol in die skep en volhouvan ‘n fisieke karakterisering, of daar is oormatigeonnodige spanning regdeur die aanbieding. Diefisieke karakterisering is onvanpas vir die betrokkekarakter of konteks.Die leerder is onsuksesvol in die aanwending vandie verhoogruimte op gepaste en interessantewyse. Hulle is deurgaans selfbewus, maskeerhulself en ander, is onseker en beweeg dikwelssonder motivering.Min of geen bewys word gelewer vankarakterisering wanneer hulle nie praat, of nie diefokus van die aandag is nie; daar is min reaksie opdie ander karakters en min of geen tekens dathulle luister.Die leerder is nooit oortuigend binne die konteksvan die fabel – sy/hy voer nie die rol van vertellerof karakter uit nieDie leerders was on suksesvol in die skep van ‘noorspronklike klankbaan met min/geen ritmiesepatrone wat nie die opvoering te ondersteun nieDie leerders was gedeeltelik suksesvol in die skeppingvan ‘n oorspronklike klankbaan wat die dramageïnterpreteer het.Die leerders was onsuksesvol in die skepping vandie klankbaan. Daar was weining interpretasievan die drama te bespeur. ./ 40GR 6 FAT1: LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1Page 10

GEÏNTEGREERDE LEER- EN ASSESSERINGSTRATEGIE:Die leerproses en assesseringsproses is geïntegreerd. Die assessering is deurlopend enformatief waar die onderwyser die vordering van die opvoering observeer, kontroleer enopbouende leiding gee. Die uitendelike opvoering word formeel geassesseer.Vorm vanassesseringInformeel: FormatiefMetode elf-/portuur/onderwyserassesseringInformeel: FormatiefInformeel: nformeel: FormatiefFormeel: SummatiefFormeel: SummatiefTegniek vanAssesseringBreinkaart inklaswerkboekAssesseringinstrumenteKlaslys (slegs afmerkwerk is gedoen)Opsomming vantablo‟s inklaswerkboekKlaslys (slegs afmerkwerk is gedoen)Beskrywende nota‟soor karakters inklaswerkboekCollage van karaktersKlaslys (slegs afmerkwerk is gedoen)Aanbieding van tablo‟sFinale OpvoeringRubriekRubriekKlaslys (slegs afmerkwerk is gedoen)VERSPREIDING VAN KOGNITIEWE VLAKKEOnthou en VerstaanToepas en AnaliseerEvalueer en SkepDrama- en Musiekbegrippe:storielyn, karakter, plek,klankbaan, ritmiese patrone,perkussie en melodieseinstrumente, ens.Toepassing van begrippe intablo‟s en opevoeringDeurlopende kritiesenabetragting en toepassingom opvoering deurgaans teverbeter.Skepping en aanbieding vantablo‟s en opvoering,evaluering van opvoering.(volgens Aangepaste Blooms Taksonomie, 1990)GR 6 FAT1: LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 1Page 11

GRAAD 6 KWARTAAL 1 NOTA AAN DIE ONDERWYSER: Die Formele Assesseringstaak is ontwikkel in die vorm van „n stap-vir-stap riglyn aan leerders. Die aktiwiteite word in die klas gedurende die eerste kwartaal gedoen. Dit is belangrik dat onderwysers die verskillende stappe met die kinders behandel om aktiewe,

Related Documents:

VAK GRAAD (UUR) GRAAD 1-2 (UUR) GRAAD 3 (UUR) Huistaal 10 8/7 8/7 Eerste Addisionele Taal 2/3 3/4 Wiskunde 7 7 7 Lewensvaardighede Aanvangskennis Skeppende Kunste Liggaamlike Opvoeding Persoonlike en Sosiale Welsyn 6. Besigheidstudies (BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 10-12 KABV---

GRAAD 4-6 LEWENSVAARDIGHEDE Die vak lewensvaardighede is die middelpunt van die holistiese ontwikkeling van die leerder. Die leerders word toegerus met die kennis, vaardighede en waardes wat benodig word om hulle volle potensiaal te bereik ten opsigte van fisiese-, intellektuele-, persoonlike-, emosionele-

Skeppende Kunste Dans Drama Musiek . LEWENSVAARDIGHEDE 25 MUSIEK KUNS REKENAARS LO T O T A A L 100 . MRP (PROSPEKTUS 2022) BLADSY 8 1.2 INTERSENFASE GRAAD 4 TOT 6 Vakke wat aangebied word: VAK AANTAL PERIODES GRAAD 4/5 AANTAL PERIODES GRAAD 6 WISKUNDE 09 09 AFRIKAANS 09 09 ENGELS 09 09 .

GR 5: FAT LV - Skeppende Kunste: Visuele Kuns: Kwartaal 2 6 B l a d s y KRITERIA 1-2 3-4 5-6 7-8 Die voltooide masker is 'n uitdrukkingsvolle, visuele ontwerp. Ontwerp nog nie suksesvol nie In staat om uitdrukkings-volle, visuele ontwerp te skep, maar het nog leiding nodig. Voldoen aan die kriteria om die uitdrukkingsvolle, visuele ontwerp te

TOERISME GRAAD 10-12 6 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV) Tydstoekenning 1.4.1 Grondslagfase (a) Die onderrigtyd vir vakke in die Grondslagfase is soos in onderstaande tabel aangedui: VAK GRAAD (UUR) GRAAD 1-2 (UUR) GRAAD 3 (UUR) Huistaal 10 8/7 8/7 Eerste Addisionele Taal 2/3 3/4 Wiskunde 7 7 7 Lewensvaardighede Aanvangskennis

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-12 6 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV) 1.4ydstoekenning t 1.4.1 Grondslagfase (a) Die onderrigtyd vir vakke in die Grondslagfase is soos in onderstaande tabel aangedui: VAK GRAAD (UUR) GRAAD 1-2 (UUR) GRAAD 3 (UUR) Huistaal 10 8/7 8/7 Eerste Addisionele Taal 2/3 3/4 Wiskunde 7 7 7 Lewensvaardighede .

GRAAD 5 KWARTAAL 3 In hierdie taak sal jy die volgende voltooi: karakterprofiel ’n draaiboek in dinkskrum-formaat ’n afgeronde van rolspel-opvoering reaksie op en besinning oor tekste AKTIW

(e.g. Kerala, Goa, Andhra Pradesh, Gujarat) N/a 95% average 90% average 85% average . Description / Offer making : . (with or without Maths), Social Studies, Arts or Science. Students normally take English plus an Indian language and a range of elective subjects. Exeter’s recognition is normally on the basis of a group of 5 or more subjects excluding the Indian language and subjects like .