Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) - Best Education

1y ago
9 Views
2 Downloads
518.52 KB
72 Pages
Last View : 30d ago
Last Download : 3m ago
Upload by : Azalea Piercy
Transcription

LANDBOUWETENSKAPPENasionale Kurrikulumverklaring (NKV)Kurrikulum- enassesseringsbeleidsverklaringVerdere Onderwys- en OpleidingsfaseGraad 10-12

KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARINGGRAAD 10-12LandbouwetenskappeKABV

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-12Departement van Basiese OnderwysStrubenstraat 222Privaatsak X895Pretoria 0001Suid-AfrikaTel: 27 12 357 3000Faks: 27 12 323 0601Pleinstraat 120 Privaatsak X9023Kaapstad 8000Suid-AfrikaTel: 27 21 465 1701Faks: 27 21 461 8110Webtuiste: http://www.education.gov.za 2011 Departement van Basiese OnderwysIsbn: 978-1-4315-0601-9Ontwerp en uitleg deur: Ndabase Printing SolutionGedruk deur: StaatsdrukkeryKURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-12VOORWOORD VAN DIE MINISTERDie nasionale kurrikulum is die hoogtepunt van ons poging oor ֹ’n tydperk van 17jaar om die apartheidskurrikulum wat ons geërf het, te hervorm. Sedert die aanvangvan demokrasie het ons gepoog om die kurrikum op die waardes deur die Grondwet(Wet No. 108 van 1998) geΪnspireer, te skoei. Die Aanhef van die Grondwet verklaardie doelstellings van die Grondwet soos volg: Die verdeeldheid van die verlede te heel en ’n samelewing gegrond opdemokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte teskep; Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elkemens te onsluit; Die grondslag te lê vir ’n demokratiese en oop samelewing waarin regeringgebaseer is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die regbeskerm word; en’n Verenigde demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as soewereine staat in die gemeenskapvan nasies inneem.Onderwys en die kurrikulum het ’n belangrike rol om in die verwesenliking van hierdie doelstellings te vervul.Uitkomsgebaseerde onderwys, wat in 1997 ingestel is, was ’n poging om die verdeeldheid van die verlede te heel,maar die ondervinding van implementering het as aansporing vir ’n kurrikulumvernuwing in 2000 gedien. Dit hettot die eerste kurrikulumvernuwing, naamlik die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring (2002) en die NasionaleKurrikulumverklaring Graad 10-12 (2002), gelei.Deurlopende implementeringsuitdagings het tot ‘n volgende kurrikulumvernuwing in 2009 gelei, naamlik diehersiening van die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring (2002) en die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad10-12 (2002) wat tot die ontwikkeling van hierdie dokument gelei het.Sedert 2012 is die twee onderskeie nasionale kurrikulumverklarings, naamlik diè vir Graad R-9 en Graad 10-12in ’n enkele dokument, wat voortaan slegs as die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12, bekend sal staan,gealmalgameer. Hoewel die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 sy vertrekpunt in die vorige kurrikulumvind, het daar wel vernuwing ingetree wat ten doel het om groter duidelikheid oor dit wat op ’n kwartaal-tot-kwartaalgrondslag onderrig en geleer moet word, te verskaf.Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 is ’n beleidsverklaring met betrekking tot onderrig en leer in SuidAfrikaanse skole en is in die volgende dokumente vervat:(a)Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklarings vir alle vakke in hierdie dokument opgeneem;(b)Nasionale beleid met betrekking tot die program-en bevorderingsvereistes van die NasionaleKurrikulumverklaring Graad R-12; en(c)Nasionale Protokol vir Assessering Graad R-12.MEV ANGIE MOTSHEKGA, LPMINISTER VAN BASIESE ONDERWYSKABV

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-12KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-12INHOUDAFDELING 1: INLEIDING TOT DIE KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING. 31.1Agtergrond. 31.2Oorsig. 31.3Algemene doelwitte van die Suid-Afrikaanse Kurrikulum. 41.4Toekenning van tyd. 61.4.1 Grondslagfase. 61.4.2 Intermediêre Fase. 61.4.3 Senior Fase. 71.4.4 Graad 10-12. 7AFDELING 2. 82.1 Wat is Landbouwetenskappe?. 82.2 Oorsig oor onderwerpe. 10AFDELING 3: Jaarlikse Onderrigplan. 133.1Graad 10 Kwartaal 1. 133.2Graad 10 Kwartaal 2. 163.3Graad 10 Kwartaal 3. 183.4Graad 10 Kwartaal 4. 223.5Graad 11 Kwartaal 1. 243.6Graad 11 Kwartaal 2. 273.7Graad 11 Kwartaal 3. 303.8Graad 11 Kwartaal 4. 343.9Graad 12 Kwartaal 1. 383.10 Graad 12 Kwartaal 2. 453.11 Graad 12 Kwartaal 3. 483.12 Graad 12 Kwartaal 4. 52KABV1

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-12AFDELING 4. 534.1Inleiding. 534.2Informele of daaglikse assessering. 534.3Formele assessering. 544.3.1 Formele assesseringstake. 544.4 Program van assessering. 574.4.1 Graad 10 en 11. 574.4.2 Graad 12. 584.4.3 Eksamens. 604.5Rekordering en rapportering. 614.6Moderering van Assessering. 624.7Algemeen. 624.8Bylae. 622KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-12AFDELING 1INLEIDING TOT DIE KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING1.1AgtergrondDie Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 bepaal beleid ten opsigte van kurrikulum en assesseringsaangeleenthede in die skoolsektor.Ten einde die implementering van die Nasionale Kurrikulumverklaring te verbeter, is dit aangepas en die aanpassingstree in Januarie 2012 in werking. 'n Enkele samevattende Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring is vir elkevak ontwikkel om die ou Vakverklarings, Leerprogramriglyne en Vakassesseringsriglyne in Graad R-12 te vervang.1.2 Oorsig(a)Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 (Januarie 2012) is 'n beleidsverklaring vir leer en onderrig inSuid-Afrikaanse skole en bestaan uit die volgende dokumente:(i)Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklarings vir al die goedgekeurde vakke in hierdie dokumentopgeneem;(ii)Nasionale beleid met betrekking tot die program- en bevorderingsvereistes van die NasionaleKurrikulumverklaring Graad R-12; en(iii)(b)Nasionale Protokol vir Assessering Graad R-12 (Januarie 2012).Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 (Januarie 2012) vervang die huidige twee NasionaleKurrikulumverklarings, naamlik:(i)Nasionale beleid met betrekking tot Algemene Onderwysprogramme: Die Hersiene NasionaleKurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole), gepromulgeer in Staatskoerant No. 23406 van 31 Mei 2002; en(ii)Nasionale kurrikulumverklaring Graad 10-12 Staatskoerante, No. 25545 van 6 Oktober 2003 en No.27594 van 7 Mei 2005.(c)Die Nasionale Kurrikulumverklarings, soos vervat in subparagrawe b(i) en (ii), wat uit die volgendebeleidsdokumente bestaan, word jaarliks toenemend deur die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12(Januarie 2012), gedurende die periode 2012 - 2014, herroep en vervang:(i)die Leerarea-/Vakverklarings, Leerprogramriglyne en Vakassesseringsriglyne vir Graad R-9 en Graad10-12;(ii)die beleidsdokument, Nasionale beleid ten opsigte van assessering en kwalifikasies vir skole in dieAlgemene Onderwys- en Opleidingsfase, gepromulgeer in Goewermentskennisgewing No. 124, inStaatskoerant No. 29626 van 12 Februarie 2007;(iii)die beleidsdokument, die Nasionale Senior Sertifikaat: ‘n Kwalifikasie op Vlak 4 van die NasionaleKwalifikasieraamwerk (NKR), gepromulgeer in Staatskoerant No.27819 van 20 Julie 2005;KABV3

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-12(iv)die beleidsdokument, ‘n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Senior Sertifikaat: ‘nKwalifikasie op Vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) met betrekking tot leerdersmet spesiale leerbehoeftes, gepromulgeer in Staatskoerant, No. 29466 van 11 Desember 2006,word geïnkorporeer in die beleidsdokument, Nasionale beleid met betrekking tot die program- enbevorderingsvereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12; en(v)die beleidsdokument, ‘n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Senior Sertifikaat: ‘nKwalifikasie op Vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) met betrekking tot die NasionaleProtokol vir Assessering Graad R-12, gepromulgeer in Goewermentskennisgewing, No. 1267, inStaatskoerant No. 29467 van 11 Desember 2006.(d)Die beleidsdokument, Nasionale beleid met betrekking tot die program- en bevorderingsvereistes van dieNasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 en die afdelings oor die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring soos in Afdeling 2, 3 en 4 van hierdie dokument vervat, beslaan die norme en standaarde van dieNasionale Kurrikulumverklaring Graad 10-12. Die uitkomste en standaarde wat behoudens artikel 6(A) van dieSuid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet No. 84 van 1996) bepaal is, sal die grondslag vorm vir die Minister vanBasiese Onderwys om die minimum uitkomste en standaarde, sowel as die prosesse en prosedures vir dieassessering van leerderprestasie wat van toepassing sal wees op openbare en onafhanklike skole, te bepaal.1.3Algemene doelwitte van die Suid-Afrikaanse Kurrikulum(a)Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 vorm die grondslag van wat beskou kan word as die kennis,vaardighede en waardes wat noodsaaklik is om te leer. Dit sal verseker dat leerders kennis en vaardighedeverwerf en toepas op maniere wat betekenisvol is vir hulle lewens. Hiervolgens bevorder die kurrikulum dieidee van begronde kennis binne plaaslike, bekende kontekste en terselfdertyd toon dit sensitiwiteit ten opsigtevan globale vereistes.(b)Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 het die volgende doelwitte: om leerders, ongeag hul sosio-ekonomiese agtergrond, ras, geslag, fisiese of intellektuele vermoë, toe terus met die kennis, vaardighede en waardes wat nodig is vir selfvervulling en betekenisvolle deelname indie samelewing as burgers van 'n vrye land;(c) om toegang tot hoër onderwys te verskaf; om die oorgang van leerders vanaf onderwysinstellings na die werkplek te fasiliteer; en om aan werkgewers 'n voldoende profiel van 'n leerder se vermoëns te verskaf.Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 is op die volgende beginsels gebaseer: Sosiale transformasie: Dit verseker dat onderwysongelykhede van die verlede aangepak word en datgelyke onderwysgeleenthede aan alle sektore van die bevolking voorsien word; Aktiewe en kritiese leer: Dit moedig 'n aktiewe en kritiese benadering tot leer aan eerder as om te leersonder om te begryp, en niekritiese leer van gegewe waarhede; Hoë kennis en hoë vaardighede: Dit is die minimum standaarde vir die kennis en vaardighede wat in elkegraad verwerf moet word, word gespesifiseer en stel hoë, bereikbare standaarde in alle vakke;4KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-12Progressie: Die inhoud en konteks van elke graad toon progressie van die eenvoudige tot die komplekse Menseregte, inklusiwiteit, omgewings- en sosiale geregtigheid: Die infasering van die beginsels en praktykevan sosiale en omgewingsgeregtigheid en menseregte soos dit in die Grondwet van die Republiek vanSuid-Afrika omskryf word. Die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R-12 is veral sensitief vir kwessieswat diversiteit weerspieël soos armoede, ongelykheid, ras, geslag, taal, ouderdom, gestremdhede en anderfaktore; Waardering vir inheemse kennissisteme: Om erkenning te gee aan die ryke geskiedenis en erfenisse vanhierdie land as bydraende faktore om die waardes in die Grondwet te laat gedy; en Geloofwaardigheid, kwaliteit en doeltreffendheid: Dit voorsien onderwys wat vergelykbaar is metinternasionale standaarde in terme van kwaliteit, omvang en diepte.(d)Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 stel in die vooruitsig dat leerders die volgende kan doen: identifiseer en los probleme op en neem besluite deur kritiese en kreatiewe denke; werk doeltreffend saam met ander as lede van 'n span, groep, organisasie en gemeenskap; organiseer en bestuur hulself en hulle aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend; versamel, ontleed en organiseer inligting en evalueer dit krities; kommunikeer doeltreffend deur middel van visuele, simboliese en / of taalvaardighede in verskillende vorme; gebruik wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing endie gesondheid van ander te toon; en begryp die wêreld is 'n stel verwante stelsels waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie.(e)Inklusiwiteit behoort 'n belangrike deel van organisering, beplanning en onderrig by elke skool te vorm. Dit kanalleenlik gebeur indien alle onderwysers deeglik begryp hoe om leerstruikelblokke te herken en aan te pak,asook hoe om vir diversiteit te beplan.Die sleutel tot die goeie bestuur van inklusiwiteit is die versekering dat struikelblokke geïdentifiseer enaangespreek word deur al die ondersteuningsisteme binne die skoolgemeenskap, insluitend onderwysers,distriksondersteuningspanne, institusionele ondersteuningspanne, ouers en spesiale skole wat kan dien ashulpbronsentrums. Om die leerhindernisse in die klaskamer aan te spreek, behoort onderwysers verskeiekurrikulêre strategieë vir differensiëring te gebruik soos uiteengesit in die Departement van Basiese Onderwysse Riglyne vir Inklusiewe Onderrig en Leer (2010).KABV5

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-121.4 Tydstoekenning1.4.1 Grondslagfase(a)Die onderrigtyd vir vakke in die Grondslagfase is soos in onderstaande tabel aangedui:VAKHuistaalGRAADGRAAD 1-2GRAAD 3(UUR)(UUR)(UUR)108/78/72/33/4Eerste Addisionele (2)(2)(2)(2)(1)(1)(1)232325 Aanvangskennis Skeppende Kunste Liggaamlike Opvoeding Persoonlike en SosialeWelsynTOTAAL(b)Onderrigtyd vir Graad R, 1 en 2 is 23 uur en Graad 3 is 25 uur.(c)Onderrigtyd vir Tale in Graad R-2 is 10 uur en vir Graad 3 is 11 uur. 'n Maksimum tyd van 8 uur en 'n minimumtyd van 7 uur word aan Huistaal toegeken. Vir Addisionele Taal word 'n minimum tyd van 2 uur en 'n maksimumtyd van 3 uur vir Graad 1-2 toegeken. In Graad 3 word 'n maksimum van 8 uur en 'n minimum van 7 uur virHuistaal toegeken. 'n Minimum van 3 uur en 'n maksimum van 4 uur word in Graad 3 vir Addisionele Taaltoegelaat.(d)In Lewensvaardighede is die onderrigtyd vir Aanvangskennis in Graad R-2 net 1 uur en in Graad 3 is dit 2 uur.(Die aantal ure word in die tabel tussen hakies aangetoon.)1.4.2 Intermediêre Fase(a)Die onderstaande tabel dui die vakke en onderrigtyd in die Intermediêre Fase aan:VAKUURHuistaal6Eerste Addisionele Taal5Wiskunde6Natuurwetenskappe en Tegnologie3,5Sosiale Wetenskappe3Lewensvaardighede4 Skeppende Kunste Liggaamlike Opvoeding Persoonlike en Sosiale WelsynTOTAAL6(1,5)(1)(1,5)27,5KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-121.4.3 Senior Fase(a)Die onderrigtyd in die Senior Fase is soos volg:VAKUURHuistaal5Eerste Addisionele Taal4Wiskunde4,5Natuurwetenskappe3Sosiale Wetenskappe3Tegnologie2Ekonomiese Bestuurswetenskappe2Lewensoriëntering2Skeppende Kunste2TOTAAL1.4.4(a)27,5Graad 10-12Die onderrigtyd in Graad 10-12 is soos volg:VAKTYDSTOEKENNING PER WEEK (UUR)Huistaal4,5Eerste Addisionele Taal4,5Wiskunde4,5LewensoriënteringEnige drie keusevakke uit Groep B (Bylaag B TabelB1-B8) van die beleidsdokument, Nasionale beleid metbetrekking tot die program- en bevorderingsvereistesvan die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12,onderhewig aan die voorbehoudsbepalings soosuiteengesit in paragraaf 28 van die genoemdebeleidsdokument.TOTAAL212 (3 x 4 uur)27,5Die toegekende 27,5 uur per week mag slegs gebruik word vir die minimum vereistes vir vakke genoem in dieNasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 soos hierbo gespesifiseer, en mag dus nie gebruik word vir addisionelevakke gevoeg by die lys van minimum vakke nie. Indien ʼn leerder addisionele vakke wil aanbied, moet voorsieningvir bykomende tyd vir die aanbieding van hierdie vakke gemaak word.KABV7

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-12AFDELING 22.1 Wat is Landbouwetenskappe?Landbouwetenskappe is 'n studie van die verwantskap tussen grond, plante en diere in die produksie en prosesseringvan voedsel, vesel, brandstof en ander landboukommoditeite wat 'n ekonomiese, estetiese en kulturele waarde het.Die tabel hieronder dui die hoofonderwerpe in die Landbouwetenskappe-kurrikulum aan.1. Grondkunde2. Plantestudies3. Dierestudies4. Landbou-ekonomie5. Basiese Landbouchemie6. Basiese Genetika en Biologiese Konsepte7. Volhoubare Natuurlikehulpbron-benutting8. Landbou-ekologieIn Landbouwetenskappe sal leerders: 'n bewustheid van die bestuur en versorging van die omgewing, natuurlike hulpbronne en die menslikebehandeling van diere ontwikkel deur die toepassing van wetenskap en verwante tegnologie. meganismes vir probleemoplossing binne die konteks van landbouproduksie-, Land bouekonomielandbouverwerkings- en landboubemarkingspraktyke ontwikkel; bewus word van die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van die samelewing as geheel deurpersoonlike ontwikkeling in kommersiële- en bestaansboerderyondernemings; ingeligte en verantwoordelike burgers in die vervaardiging van landbouprodukte word, wat vir die omgewingomgee en kwessies van sosiale geregtigheid aanspreek; bewus word van inheemse landboukennis en -praktyke deur Landbouwetenskappe binne historiese ensosiale kontekste te verstaan;Tydtoekenning vir Landbouwetenskappe in die kurrikulumDie onderrigtyd vir Landbouwetenskappe is 4 ure per week.Vereistes vir die aanbieding van Landbouwetenskappe as 'n vakTegniese toerusting en ander hulpbronne wat benodig word om Landbouwetenskappe meer doeltreffend aan te biedas 'n vak is die verantwoordelikheid van die skool.1.Elke leerder moet 'n handboek hê.2.Die skool moet toegerus wees met 'n Landbouwetenskappe-laboratorium waar verskeie praktiese werk eneksperimente uitgevoer of gedemonstreer kan word.8KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-12Vakkombinasies wanneer Landbouwetenskappe as 'n vak aangebied wordDit word sterk aanbeveel dat Landbouwetenskappe met Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en/of Lewenswetenskappegekombineer word.Skakels met ander vakkeLandbouwetenskappe is 'n geïntegreerde wetenskap. Dit kombineer kennis en vaardighede van Fisiese Wetenskappe,Lewenswetenskappe, Sosiale Wetenskappe, Aardwetenskappe, Ingenieurswese, Wiskunde en Ekonomie. Hierdievak moet gesien word binne die holistiese wetenskapsraamwerk eerder as 'n geïsoleerde wetenskap.KABV9

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-122.2 Oorsig oor onderwerpeOnderwerpGrondkundeInhoudGraad 10Graad 11 Grond as 'n begrip Die basiese komponente van grond Grondminerale en die vorming van rotsmateriaal Verweringsprosesse Die hoof-grondvormingsprosesse en -faktore Die fisiese en morfologiese eienskappe van die grond Grondtekstuur Grondstruktuur Grondwater Grondporieë Grondtemperatuur Grondprofiel Grondklassifikasie en -evaluering Die chemiese en kolloïedale eienskappe van die grond Organiese materiaal in die grond (lewend en nie-lewend)Graad 12PlantestudiesGraad 10Graad 11Graad 1210Geen Algemene klassifikasie, belangrikheid en ekonomiese waarde van plante Geskiktheid van gewasse gebaseer op die heersende klimaatstoestande en hullegrondvereistes Akkerbougewasse Tuinbougewasse Weidingsgewasse Woude Fotosintese Water en voedingstowwe Minerale voedingsvereistes Die kernminerale of -elemente wat deur plante benodig word vir optimale groei enproduksie Organiese en anorganiese kunsmisstowwe Voedingstofaanvullings vir plante en die ontleding die plantvoedingstatus Die verskillende voortplantingsmetodes van plante Bevrugting Vrugset Saadontkieming Plantverbetering en biotegnologie Plantsiektes en beheer Plantplae en beheer Geïntegreerde plaagbestuur en biologiese beheer Plantonkruide en beheerGeenKURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD dGraad 10 Algemene belangrikheid, ekonomiese waarde en klassifikasie van plaasdiere Diereverspreidings en aanpassings by verskeie klimaatsgebiede Beesrasse Skaaprasse Bokrasse Varkrasse Pluimveerasse Perderasse WildGraad 11GeenGraad 12 Voedingsvereistes, vertering en die spysverteringskanale van plaasdiere Die noodsaaklike voedingskomponente insluitend die minerale/elemente watbenodig word deur diere vir optimale groei en produksie Wetenskaplike voeding, mineraal- en rantsoenaanvulling vir diere, berekening vandie verteerbaarheid van voere en voervloeiprogramme Tipes diereproduksiesisteme Skuiling, beskerming en behuising van diere Gedrag en hantering van plaasdiere Voorplantingsorgane van plaasdiere Sisteme en prosesse van voortplanting by plaasdiere Die mees algemene veesiektes, hoe om hulle te voorkom en te beheer Die belangrikheid van die landbounywerhede Grondverdeling, -ontwikkeling en eienaarskap Die ekonomiese waarde van verskeie diere en plante Waarde van inheemse kennissisteme (IKS) Die uitwerking van sekondêre en tersiêre landbouontwikkeling in Suid-Afrika Landbouorganisasies LandbouwetgewingGraad 10Graad 11GeenGraad 12 Die vraag en aanbod na landbouprodukte Die bemarkingstelsels wat algemeen in die landbou gebruik word Prysbepaling van landbouprodukte Landbouproduksiefaktore Risiko’s in die Landbou Die begrippe: bemarkingsketting of vraag-en-aanbodketting, entrepreneur,entrepreneurskap en besigheidsplan11

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-12OnderwerpInhoudBasieseGenetika enBiologieseKonsepteGraad benuttingDie strukture of organelle in plant- en dierselle Seldelingsprosesse (mitose en meiose)GeenGraad 12 Genetika en oorerwing Mendel’s se wette van oorerwing Variasie en mutasie Seleksie en telingsprosesse Die oorerwingpatroon wat tot verskillende fenotipes lei Die begrip: oorerflikheid en atavisme Genetiese modifikasie/enginieursweseGraad 10GeenGraad 11 Basiese chemiese terme wat belangrik is in die Landbou: materie, atome,molekule, ione, valens, isotope, elemente, verbindings en mengsels Die gebruik en interpretasies van die periodieke tabel van elemente Chemiese binding Vorming van organiese en anorganiese stowwe en hulle molekulêre strukture Alkanes en alkohole Vetsure Vette (Lipiede) Proteïen KoolhidrateGraad 12GeenGraad 10 Landbouhulpbronne Volhoubare benutting van natuurlike hulpbronne in Landbou Grondbewaring en -bestuur Waterkwaliteit en -bestuur Landboubesoedeling Landbouwetgewing vir die beskerming en bewaring van die omgewing Bodemopnamens en -grondbeplanning Volhoubare benutting van water in die Landbou Beheerde landbouproduksiesisteme Grondklassifikasie en -evaluering vir landboukundige doeleindesGraad 1212Die plant- en dierselle Graad 11Graad 11Landbouekologie Graad 10Geen Die begrippe: bioom, ekologie, ekosisteem, aanpassing en ekologiese piramide Komponente van die ekosisteem (op die ekologiese piramide) Die biome van Suidelike Afrika Weidingsekologie en veld/weidingsbestuur Boerderysisteme wat landbou-ekologiese beginsels gebruik (organiese boerdery, Geïntegreerde boerdery, biologiese boerdery, alternatiewe landbou, ens.) Klimaatsverandering of effekte van verskillende weerverskynselsGraad 11GeenGraad 12GeenKURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV)

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-12AFDELING 3Jaarlikse Onderrigplan3.1Graad 10 Kwartaal 1WeekOnderwerp(4 ure/Inhoudweek)1Landbou-ekologie Ekologie en landbouekologieDie begrippe: ekologie, vlakke van organisasie (individu, spesie, bevolking,gemeenskap, ekosisteem, bioom, biosfeer) ; Die begrippe: landbou-ekologie, landbou-ekosisteme; Komponente van ekosisteme (biotiese en abiotiese faktore) ; Die biotiese en abiotiese faktore/komponente wat 'n ekosisteem beïnvloed:-- Abiotiese faktore: Fisiografiese faktore (helling, aspek, hoogte bo seespieël) ;Klimaatsfaktore (sonlig, temperatuur, reënval en wind) en Edafiese-/grondfaktore(grondtekstuur, gronddiepte, grondwater, grondvrugbaarheid) ; en-- Biotiese faktore, produsente, verbruikers en ontbinders.234Interaksies inekosisteme enekologiese boerderyWeidingsekologieWeidings- ofveldbestuur Energievloei in ekosisteme (voedselkettings, voedselwebbe en voedselpiramides) Voedingstofkringlope in ekosisteme (waterkringloop, koolstofkringloop,stikstofkringloop) Wisselwerking tussen organisms in ekosisteme (kompetisie, predator-prooi,mutualisme, kommensalisme en parasitisme) Boerderysisteme wat Landbou-ekologiese beginsels gebruik (organiese boerdery,bewaring, wild, biologiese boerdery, volhoubare alternatiewe landbou, ens.) Weidings (natuurlike en aangeplante) Weidingsekologie (ekologiese suksessie in grasveld en aanpassings vanweidende diere deur wildsoorte voor landbou, selektiewe en nie-selektiewebeweiding, geen beweiding) Optimale beweiding (drakrag/weidingskapasiteit, veebelading) Veldtipes van Suidelike Afrika (soetveld, suurveld en gemengde veld) Eienskappe van weidingsplante (weidingswaarde in terme van smaaklikheid,voedingswaarde en die weerstand teen beweiding en ekologiese status) Wetenskaplike benadering tot weidingsevaluering en monitering (metodes gebruikom die toestand van weidings te bepaal) Belangrikheid van weidings vir die veebedryf in Suid-Afrika Verwantskap tussen weidingsbestuur en weidingtoestand Veldbestuurspraktyke:-- Beladingstempo;-- Veeverhouding; en-- Weidingstelsels (stadige wisselweiding, aanhoudende, wildsboerdery enkommunale boerdery en brand van veld) .KABV Veldbestuurstelsels (gebruik van kampe en plaaseenhede) Voordele en nadele van die onderskeie weidingstelsels Die weidingsveldbestuurspraktyke wat lei tot swak weidingtoestande13

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-12Week(4

LANDBOUWETENSKAPPE GRAAD 10-12 6 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV) 1.4ydstoekenning t 1.4.1 Grondslagfase (a) Die onderrigtyd vir vakke in die Grondslagfase is soos in onderstaande tabel aangedui: VAK GRAAD (UUR) GRAAD 1-2 (UUR) GRAAD 3 (UUR) Huistaal 10 8/7 8/7 Eerste Addisionele Taal 2/3 3/4 Wiskunde 7 7 7 Lewensvaardighede .

Related Documents:

voorvereistes vir die toekenning van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) op Vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR). Die NSS sal toegeken word vir die bereiking van die uittreeleeruitkomste soos gestipuleer in die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Graad 10-12 (Algemeen). (2) Hierdie beleid is gebaseer op die norme en standaarde waaraan alle assesseringsliggame ingevolge .

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 10-12 KABV 3 AFDELING 1: INLEIDING TOT DIE KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING 1.1 Agtergrond Die National Curriculum Statement Grades R-12 (NCS) bepaal beleid oor kurrikulum en assessering in die skoolsektor. Ten einde die implementering van die Nasionale Kurrikulumverklaring te verbeter, is dit aangepas en die aanpassings

Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-9 (Skole), gepromulgeer in Staatskoerant No. 23406 van 31 Mei 2002; en Nasionale kurrikulumverklaring Graad 10-12 Staatskoerante, No. 25545 van 6 Oktober 2003 en No. 27594 van 7 Mei 2005. 3.2.3 Die Nasionale Kurrikulumverklari

AFRiKAANS EERSTE ADDiSiONELE TAAL GRAAD 10-12 KABV 3 AFDELiNG 1: iNLEiDiNG TOT DiE KURRiKULUm- EN ASSESSERiNGSBELEiDSVERKLARiNG 1.1 Agtergrond Die National Curriculum Statement Grades R-12 (NCS) bepaal beleid oor kurrikulum en assessering in die skoolsektor. Ten einde die implementering van die Nasionale K

nasionale senior sertifikaat-eksamen aanvullingseksamen - maart 2019 besigheidstudies: vraestel ii . nasionale senior sertifikaat: besigheidstudies: vraestel ii . nasionale senior sertifikaat: besigheidstudies: vraestel ii - aanvullingseksamen bladsy 4 van 5

nasionale senior sertifikaat-eksamen november 2019 besigheidstudies: vraestel i eksamennommer . nasionale senior sertifikaat: besigheidstudies: vraestel i bladsy 3 van 24 . nasionale senior sertifikaat: besigheidstudies: vraestel i bladsy 4 van 24

GEOGRAFIE GRAAD 10-12 KABV 3 AFDELING 1: INLEIDING TOT DIE KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING 1.1 Agtergrond Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 bepaal beleid ten opsigte van kurrikulum en assesserings- aangeleenthede in die skoolsektor.

CCSS Checklist—Grade 2 Writing 1 Teacher Created Resources Writing Text Types and Purposes Standard Date Taught Date Retaught Date Assessed Date Reassessed Notes ELA-Literacy.W.2.1 Write opinion pieces in which they introduce the topic or book they are writing about, state an opinion, supply reasons that support the opinion, use linking words (e.g., because, and, also) to connect opinion and .